RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 16 Junie 2023 16.06.2023 47:44
Vakbonde bereik 'n historiese loonooreenkoms met ESKOM. Nóg koue fronte op pad na die Wes- en Noord-Kaap. Jeugdag word vandag gevier.
Monitor 15 Junie 2023 15.06.2023 48:34
Die aansoekproses begin vandag vir plasing van graad 1 en 8 leerlinge in Gautengse skole vir 2024. Die koste van die Nasionale Gesondheidsversekering is in die kollig. OUTA kritiseer die Gautengse regering vir sy gesloer met die afskaffing van die e-tolstelsel. Die Minister van Elektrisiteit gaan na China reis om met die ses grootste sonpaneelvervaardigers te vergader.
Monitor 14 Junie 2023 14.06.2023 47:14
Reaksie op die goedkeuring van die omstrede Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. Republikeine én Demokrate oorweeg dit nou om Suid-Afrika uit AGOA te skop. Die sardientjies begin loop.
Monitor 13 Junie 2023 13.06.2023 48:21
Suid-Afrika kry krag van Mosambiek. Ace Magashule is uit die ANC geskop. Daar is steeds 'n tekort aan teengif vir slangbyte. Agbiz is bekommerd oor die beplande raskwotas vir die toekenning van watergebruikslisensies.
Monitor 12 Junie 2023 12.06.2023 52:06
'n Geoloog verduidelik gister se aardbewing in Gauteng, en of 'n grote verwag moet word. 'n Projek wat bekostigbare kos verskaf, groei met rasse skrede. Hoe volhoubaar is die laer beurtkrag-fases? Ons praat met 'n kenner.
Monitor 9 Junie 2023 09.06.2023 49:12
TLU SA vra die president om die minister van polisie, Bheki Cele, af te dank. Honderde senior bestuurders in die staatsdiens het nie die nodige kwalifikasies vir hulle poste nie. Daar is 'n groot tekort aan bloedvoorraad. Drie lande word lede van die nuwe ontwikkelingsbank, wat deur die BRICS-groepering gestig is.
Monitor 8 Junie 2023 08.06.2023 47:13
Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, eis dat die voorsitter van die Artikel 194-komitee, Qubudile Dyantyi, bedank ná skokbewerings van omkopery waarby Dyanti en twee ander ANC-hoës betrek word. Die Jacob Zuma-stigting sê die voormalige president sal teen gister se hofuitspraak appelleer, wat sy private vervolging van advokaat Billy Downer en joernalis Karyn Maughan tersyde gestel het. Duise...
Monitor 7 Junie 2023 07.06.2023 49:27
Kommer oor beplande raskwotas en 'n moontlike uitvloei van vaardighede. ’n Resessie is vir nou eers afgeweer, maar ekonome waarsku oor die tweede kwartaal. Verskeie munisipaliteite gewaarsku oor die kwaliteit van drinkwater.
Monitor 6 Junie 2023 06.06.2023 51:42
Politieke Partye reageer op die dood van die LP en voormalige kabinetslid, Tina Joemat Pettersen. Johannesburg se toekoms word vandag duideliker met die lewering van die stadsrede. Eskom betrek ou ingenieurs om sy kragstasies aan die gang te hou. Suid-Afrikaanse onderwysers word oorsee gelok.
Monitor 5 Junie 2023 05.06.2023 50:12
Suid-Afrika oorweeg sy opsies vir die BRICS-beraad in Augustus. Die Suid-Afrikaanse boubedryf skud sy vere reg op Wêreld Omgewingsdag. 'n Bekende politieke ontleder sê die tekens is daar dat die ANC, nes die NP destyds, se einde in sig is.
Monitor 2 Junie 2023 02.06.2023 46:12
Die Motor van die Jaar is... 'n bakkie! Die Mzanzi Jeugkoor maak opslae in die VSA. 'n Projek om pappegaaie van uitwissing te red, help ook arm Oos-Kaapse gemeenskappe.
Monitor 1 Junie 2023 01.06.2023 49:36
President Cyril Ramaphosa word as 'n bedrieër beskryf, wat nie sy beloftes nakom nie. Die Minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, gee vandag meer besonderhede oor die regering se ingryping teen cholera in Tshwane. Die geskiedkundige figuur, Wolraad Woltemade, se heldedaad van 250 jaar gelede word herdenk.
Monitor 31 Mei 2023 31.05.2023 49:22
Nog gevalle van cholera in Hammanskraal aangemeld. Meer as 10 000 verkragtings is in die eerste drie maande van vanjaar by die polisie aangemeld. Die bevordering van entrepreneurskap is in die kollig, te midde van grootskaalse afleggings wat dreig. Buitelandse ministers van BRICS-lidlande vergader môre in Kaapstad oor die moontlike uitbreiding van dié groepering.
Monitor 30 Mei 2021 30.05.2023 50:04
Die Suid-Afrikaanse Weermag ontken dat hy wapens op die Russiese vragskip, Lady R, gelaai het. Nie-regeringsorganisasies wat kinderbeskermingsdienste lewer, kla omdat die regering hulle finansieel nie genoeg help nie. Is die Menseregtekommissie se beslissings afdwingbaar? 'n Hof sal nou daaroor besluit.
Monitor 29 Mei 2023 29.05.2023 47:39
Vakbonde verwerp Eskom se jongste loonaanbod. Die minister van elektrisiteit kry uiteindelik sy magte en pligte, maar kommer bestaan oor wat hy met dié nuwe bevoegdhede gaan doen. 'n Onafhanklike paneel is aangestel om die bewerings te ondersoek dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het. 'n Navorser sê rioolbesoedeling en die swak bestuur van afvalwaterstelsels dra by tot die cholera-krisis.
Monitor 26 Mei 2023 26.05.2023 48:00
Die eerste sterfte aan cholera word in die Vrystaat aangeteken. Afriforum neem watermonsters in die Vaalrivier waarvan een positief vir cholera toets. Rentekoerse styg met 'n verdere 50 basispunte. 'n Mosie van wantroue teen die burgemeester in die Nelson Mandela Metro, Retief Odendaal, word na verwagting vandag gedebatteer.
Monitor 25 Mei 2023 25.05.2023 43:31
Verbruikersinflasie is op sy laagste vlak in maande. Kommer oor 'n skerp styging in skole se eiendomsbelasting. 'n Eeu gelede het die eerste vrou onwettig aan die Comrades deelgeneem.
Monitor 24 Mei 2023 24.05.2023 47:33
'n Toename in gevalle van pampoentjies. Burgerregtegroepe glo konsepwetgewing oor die nasionale raad op geslagsgeweld is onvoldoende om dié misdaad te stuit. Verskeie lande oorweeg voorstelle om kunsmatige intelligensie te reguleer.
Monitor 23 Mei 2023 23.05.2023 46:40
Minstens 15 mense in Hammanskraal reeds aan cholera oorlede. 'n Kenner verduidelik wat die grondwet oor rasteikens en raskwotas sê. Watter impak het die oorlog in Oekraïne op boere in Europa? Ons praat met die voorsitter van die Duitse Boerevereniging.
Monitor 22 Mei 2023 22.05.2023 48:37
Kaapse Forum nader die Konstitusionele Hof om te verseker dat inwoners van die Wes-Kaap inspraak kry oor die bestuur van die polisiediens in dié provinsie. Fedsas sê spesialisopvoeders moet aangestel word om leerlinge in die grondslagfase te help om hulle leesvermoë te verbeter. Die Wêreld Landbou-organisasie hou vir die eerste keer sy jaarvergadering in Suid-Afrika. Die G7-lidlande vra China om g...
Monitor 19 Mei 2023 19.05.2023 53:59
Die land se kragnetwerk sal níé ineenstort nie, maar Eskom waarsku dat 'n uiterse moeilike winter voorlê. Die internasionale gemeenskap slaak 'n sug van verligting ná die verlenging van die Swartsee-graaninisiatief. En, ons skakel oor na die span by Nampopark in die Vrystaat vir die laaste dag van die Nampo-Oesfees.
Monitor 18 Mei 2023 18.05.2023 50:19
Bedrog is 'n al groter wordende probleem in Suid-Afrika. Die wêreld se beste olyfolie word in die Klein Karoo gemaak. Landbourolspelers vertel hoe die voedselwaardeketting verander, en hoe hulle daarby aanpas.
Monitor 17 Mei 2023 17.05.2023 50:16
President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor 'n voorgestelde Afrikasending om vrede tussen Oekraïne en Rusland te onderhandel, laat internasionale wenkbroue lig. 'n Rolprent oor die "verlore stemme" in die Afrikaanse musiekbedryf word by die Cannes-rolprentfees vereer. Dis vandag Wêreld Bloeddrukdag.
Monitor 16 Mei 2023 16.05.2023 49:34
President Ramaphosa sê Suid-Afrika hou by sy onafhanklike buitelandse beleid. Maar watter gevolge hou dit in? Marlinée Fouche vertel hoe Libanon en Sirië oorlog en aardbewings oorleef. By NAMPO praat Suzanne Paxton met Graan SA se bestuurshoof, en 'n ekonoom.
Monitor 15 Mei 2023 15.05.2023 50:42
President Cyril Ramaphosa lei 'n hoëvlak besoek aan die ANC in KwaZulu-Natal. Die voormalige Eskomhoof, André de Ruyter, verras met 'n onthullende boek oor Eskom. Die verhouding tussen Washington en Pretoria vertroebel ná bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.