RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 25 Augustus 2023 25.08.2023

'n Tshwane-metro vergadering oor stakende werkers stort in duie. Dwaalkoeëls teister inwoners in die omgewing van die Wespark-begraafplaas in Johannesburg, waar bendeleiers en politieke figure dikwels met die skiet van vuurwapens begrawe word. Een van die slagoffers van die sogenaamde Springs Monster praat oor sy ervaring.

Monitor 24 Augustus 2023 24.08.2023

Russiese lugvaart-owerhede bevestig dat die Wagner-hoof op 'n vliegtuig was wat neergestort het. Indië maak geskiedenis met 'n maanlanding. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike en 'n ekonoom oor die BRICS-beraad.

Monitor 23 Augustus 2023 23.08.2023

Onderhoude word vandag gevoer met kandidate vir die amp van Openbare Beskermer. Die ondersoekende joernalis, Derek Watts, sterf. Stewige groei in die inkomste van restaurante en koffiewinkels. Zimbabwiërs trek vandag kruisies in die algemene verkiesing.

Monitor 22 Augustus 2023 22.08.2023

Twee-en-dertig vlieëniers van die Lugmag kon die afgelope twee jaar nie vlieg nie. Opposisiepartye grom oor die Reserwebank se Phala-Phala bevindings. Die Silwerskerm-fees skud sy vere reg.

Monitor 21 Augustus 2023 21.08.2023

Kommer oor die groot toename in moorde op polisielede. Meer as 20 lande het aansoek gedoen om by BRICS aan te sluit. Die UDF vier sy 40e bestaansjaar.

Monitor 18 Augustus 2023 18.08.2023

Landbou vra dat die minimumloon in toom gehou word. Opposisiepartye by die veelpartykonvensie bereik 'n ooreenkoms oor die verdeling van mag. Ons praat met 'n politieke ontleder hieroor. Meer as 20 000 Kanadese vlug voor verwoestende brande.

Monitor 17 Augustus 2023 17.08.2023

Die Solidariteit Navorsingsinstituut sê daar is nie genoeg geld in die fiskus om die Nasionale Gesondheidsversekering te befonds nie. Kommer oor die hoë werkloosheidsyfer, veral onder huiswerkers. Opposisiepartye gaan vandag voort met samesprekings om 'n voorverkiesingsooreenkoms te bereik. 'n Kragkrisis in Lichtenburg het 'n groot impak op die produksie van sonneblomolie.

Monitor 16 Augustus 2023 16.08.2023

Verskeie politieke partye is ontevrede met die verklaring van die ANC se nasionale dialoog oor koalisieregerings, en sal dit nie onderteken nie. Intussen vind 'n gesprek onder opposiepartye oor die DA se sogenaamde "moonshot pact" vandag plaas. Die drukgroep, Open Secrets, maak skokbewerings oor die Lady R Russiese vragskip-sage.

Monitor 15 Augustus 2023 15.08.2023

OUTA wil hê die Johannesburg Metro moet die verhoging in eiendomswaarde tot nege persent beperk. Die nasionale burgerlike organisasie ISANCO gaan deelneem aan die veelparty-konferensie. Afriforum eis optrede van die Ngwathe plaaslike munisipaliteit oor die rioolbesoedeling in die Vaalrivier. 'n Nuwe Covid-subvariant van belang is besig om wêreldwyd te versprei.

Monitor 14 Augustus 2023 14.08.2023

Talle onwettige buitelanders word in polisie-operasies in die middestad van Johannesburg vasgetrek. Die DA stel sy visier op die ANC, maar is dit as bondgenoot of aartsvyand? Niger se militere regering beoog om die afgesette president, Mohammed Bazoum, vir hoogverraad te vervolg.

Monitor 11 Augustus 2023 11.08.2023

Wat gebeur noudat Die taxistaking in die Wes-Kaap afgelas is? OUTA hou vol NSFAS het onreëlmatig tenders aan derdeparty-diensverskaffers toegeken. Iran is dalk binnekort 'n lid van die BRICS-groepering.

Monitor 10 Augustus 2023 10.08.2023

Julie was die aarde se warmste maand nóg, en die Suidpool se ys het tot sy laagste vlak gekrimp. Boonop sal Suid-Afrika dié somer 'n El Niño-stelsel beleef. Ons praat hieroor met 'n klimatoloog en 'n landbou-ekonoom. Nuwe navorsing beklemtoon die voordele wat stap inhou. 'n Totale aanslag teen dwelmhandel in Suid- en Sentraal-Amerika.

Monitor 9 Augustus 2023 09.08.2023

Hongersnood blyk 'n dringende probleem in die Oos-Kaap te wees, nadat 'n ma haar drie dogters en haarself om die lewe gebring het. 'n Ooreenkoms oor taxigeweld teen busse word in die Oos-Kaap bereik. Ons praat oor die politieke dimensie van die taxistakng in die Wes-Kaap.

Monitor 8 Augustus 2023 08.08.2023

Kaapstad kry 'n interdik teen die taxibedryf. Kommer oor ’n toename in plaasmoorde. Die Wêreldbeker Springbokgroep word vandag bekendgemaak.

Monitor 7 Augustus 2023 07.08.2023

Die taxistaking in Kaapstad gaan voort nadat gesprekke tussen SANTACO en die Wes-Kaapse regering misluk. Politieke partye besluit op 'n raamwerk om koalisies te bestuur. Onwettige mynwerkers en die Johannesburg metropolisie raak slaags aan die Wes-Rand.

Monitor 4 Augustus 2023 04.08.2023

EFF-leier Julius Malema se uitsprake oor Rusland en die boere wek opspraak in die buiteland. 'n Beraad van politieke partye oor koalisies begin vandag. Rusland bou 'n fasiliteit by die Hartebeesthoek-ruimtesentrum in Noordwes om ruimterommel waar te neem.

Monitor 3 Augustus 2023 03.08.2023

Agt vermeende onwettige myners sterf naby Kleinsee in die Noord-Kaap. Oudpresident Donald Trump is vandag weer terug in die hof. Suid-Afrikaners voeg hulle stem by 'n internasionale veldtog teen mensehandel.

Monitor 2 Augustus 2023 02.08.2023

Inwoners van Riverlea, suid van Johannesburg, vra vir deurlopende polisie-teenwoordigheid in die gebied om orde daar te herstel. Die agt lede van die presidensiële beskermingseenheid moet weer in September in die hof verskyn nadat die staat die hof nié kon oortuig om borgtog te weier nie. Daar was 'n afname in renosterstropery, maar dis nie alles goeie nuus nie.

Monitor 1 Augustus 2023 01.08.2023

Die DA wend hom tot die VN oor die EFF se Kill the Boer-singery. AGRI SA waarsku dat voorgestelde watergebruikwetgewing voedselsekerheid kan benadeel. Ontstoke inwoners van Riverlea eis dat die regering dringend ingryp by onwettige mynbedrywighede.

Monitor 31 Julie 2023 31.07.2023

Agri SA woedend oor EFF se sing van Kill the boer. Die oorlog in Oekraïne veroorsaak groot kunsmistekorte. Hoe relevant is die ANC Veteraneliga?

Monitor 28 Julie 2023 28.07.2023

Die EFF vier sy tiende bestaansjaar - ons praat met 'n ontleder oor dié party se politieke ontwikkeling. Die landboumuseum op Lichtenburg beleef nóg ’n terugslag. Banyana Banyana speel gelykop teen Argentinië in die Vroue Sokkerwêreldbekertoernooi - die droom van die uitklopfase lê nog nie aan skerwe nie.

Monitor 27 Julie 2023 27.07.2023

Johannesburg se middestad sal as 'n rampgebied verklaar word. Weermagoffisiere kondig 'n suksesvolle staatsgreep in Niger in Wes-Afrika aan. Die Ierse sanger, Sinead O'Connor, sterf in die ouderdom van 56.

Monitor 26 Julie 2023 26.07.2023

Die Wes-Kaapse regering maak 'n strategie vir die versnelling van ekonomiese groei in dié provinsie bekend. Infeksiebeheermaatreëls in Gauteng se staatshospitale is onder die soeklig nadat duisende pasiënte oor die afgelope jaar infeksies opgedoen het. Die ANC se verkiesings van die bestuurslede van sy jeug- en vroueligas is agter die rug - ons vra of die party werklik besig is om sy huis in orde...

Monitor 25 Julie 2023 25.07.2023

Die regering stel 'n meesterplan bekend vir die ontwikkeling van 'n hernubare energiebedryf. Afriforum wil hê die Verenigde Nasies moet Suid-Afrika se swak voorsiening van water ondersoek. Veiligheidsraadgewers van die Brics-groepering kom in Suid-Afrika byeen om onder meer die hervorming van die VN-veiligheidsraad te bespreek.

Monitor 24 Julie 2023 24.07.2023

Die ANC-Vroueliga het 'n nuwe president - hoe relevant is die liga nog? 'n Opname bevind dat Suid-Afrikaners toegegooi is onder die skuld. Durban se filmmark lok vervaardigers van dwarsoor die wêreld.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.