RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 31 Mei 2024 31.05.2024

Daar word voorspel die MK-party moontlik die derde grootste party in die parlement kan word.

Monitor 30 Mei 2024 30.05.2024

Suid-Afrikaners trek hulle kruisies by die stembus, maar laataand was daar nog lang toue. Die eerste uitslae is al bekend - met een of twee verassings. Die MK-party is amptelik op die telbord, en die vraag bly staan, wie sal die eerste onafhanklike kandidaat wees om ‘n setel in die nasionale vergadering te verseker. Algerië beoog 'n tweede resolusie in die Verendigde Nasies om die oorlog tussen Ha...

Monitor 29 Mei 2024 29.05.2024

Ons skakel oor na ons verslaggewers landwyd om te hoor hoe dit by die stembusse lyk. Wees op die uitkyk vir fopnuus. Ons kry in diepte ontleding oor wat ons vandag, en nadat die stemme getel is, kan verwag.

Monitor 28 Mei 2024 28.05.2024

Suid-Afrikaners wat vir spesiale stemme geregistreer het, gaan na die stembus. Uit die meer as 400 stemlokale in die Oos-Kaap waar daar gisteroggend probleme was, is daar ten minste 107 wat toe gebly het. Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee vergader om oor die rentekoers te besin.

Monitor 27 Mei 2024 27.05.2024

Die OVK sê hy's slaggereed vir kiesers wat vandag en môre spesiale stemme uitbring. Die nasionale gesamentlike operasionele intelligensiestruktuur, NATJOINTS, waarsku teen pogings om die verkiesing te destabiliseer. Reaksie op die president se toespraak gisteraand.

Monitor 24 Mei 2024 24.05.2024

Kommer oor die impak van klimaatsverandering op Suider-Afrika. Is 'n stem vir 'n kleiner party, 'n vermorsing van 'n stem? Nuwe visumregulasies maak dit baie makliker vir digitale swerwers om in Suid-Afrika te bly.

Monitor 23 Mei 2024 23.05.2024

Die Verkiesingskommissie stel die verkiesingsuitslagsentrum in Midrand amptelik in bedryf. Gun Free SA sê die gebrek aan politieke wil om vuurwapenbeheer behoorlik te pak, is kommerwekkend. Sekswerk-voorspraakgroepe sê dis tyd dat die wysigingswetsontwerp wat sekswerk dekriminaliseer, amptelik wet word.

Monitor 22 Mei 2024 22.05.2024

Die DA-strydros James Selfe is oorlede. Die Regterlike Dienskommissie beveel Mandisa Maya aan as hoofregter. Burgerregte-organisasies is nie tevrede met die paneellede wat die kiesstelsel moet hersien nie.

Monitor 21 Mei 2024 21.05.2024

Oudpresident Zuma mag nie vanjaar parlement toe nie. Wat is die implikasies van die aansoek vir lasbriewe vir die inhegtenisneming van die leiers van Hamas en Israel? Twee kenners gee antwoorde oor wie verantwoordelik is vir die veiligheid op boupersele.

Monitor 20 Mei 2024 20.05.2024

Die polisie ondersoek die dood van vier konstruksiewerkers op 'n bouperseel in Ballito in KwaZulu-Natal. Suid-Afrikaners stem in die buiteland. Kommer oor politieke geweld in aanloop tot die verkiesing.

Monitor 17 Mei 2024 17.05.2024

Verskeie wette word op die laaste oomblik deur die parlement goedgekeur. Suid-Afrikaners in die buiteland stem vandag en môre in die verkiesing. 'n Interessante nuwe konsep word by Nampo bekendgestel - 'n plaaskombuis met die doel om voedselsekerheid te bevorder.

Monitor 16 Mei 2024 16.05.2024

Die Nasionale Gesondheidsversekerings-wet onderteken, maar daar is hewige reaksie uit sekere geledere. Die verkiesing maak landbouers onseker.

Monitor 15 Mei 2024 15.05.2024

Werkloosheid styg in die eerste kwartaal van die jaar. Die president sal vanmiddag die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering onderteken. Die geregtelike doodsondersoek na Albert Luthuli gaan heropen word.

Monitor 14 Mei 2024 14.05.2024

Die ouma van Joslin Smith pleit by Smith se ma vir meer inligting. Ons praat met die Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering oor die jongste in die George gebou-ramp. Solidariteit dien 'n petisie by die parlement in teen die beplande BELA-wetgewing.

Monitor 13 Mei 2024 13.05.2024

Die polisieminister sê die George-gebouramp sal deeglik ondersoek word. Die moordenaars van die vyf-jarige Ditebogo Junior Phalane word gesoek. Politieke moorde is in die kollig. Openbare skole sal binnekort verplig word om leerlinge voorlopig te skors wat van ernstige misdrywe aangekla word.

Monitor 10 Mei 2024 10.05.2024

'n Pa vertel hoe sy seun 25 uur lank onder die puin in George vasgevang was. Daar word gesoek na die ontwikkelaar van die George-gebou wat ingetuimel het. Wie het die Kanna-toekennings gewen?

Monitor 9 Mei 2024 09.05.2024

'n Hofgeding dreig oor die grondwetlikheid van die Wetsontwerp op Verkiesingsake. Reddingswerkers sal vandag met 'n soek- en herwinningsoperasie begin by die gebouramp in George. Eskom se stryd teen kabeldiewe is in die kollig.

Monitor 8 Mei 2024 08.05.2024

ActionSA se premierskandidaat in Gauteng, Funzi Ngobeni, en en nog 'n lid van die party, Hluphi Gafane, word ongedeerd uit 'n kapingsituasie gered. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê ondersoekbeamptes is reeds op die toneel in George waar 'n gebou Maandag ineengestort het. Intussen gaan die soektog na vasgekeerdes voort. ANC-veteraan Tokyo Sexwale vergelyk die regerende party met 'n huis wat b...

Monitor 7 Mei 2024 07.05.2024

Minstens vier dood en 51 steeds vasgekeer in die George gebouramp. Vrystaat Landbou vra boere om omsigtig te werk te gaan wanneer hulle werkers in diens neem. Hamas aanvaar 'n skietstilstandooreenkoms.

Monitor 6 Mei 2024 06.05.2024

Werknemers van die Johannesburg-stadsraad word verantwoordelik gehou vir verlede jaar se brand in die Usindiso-gebou wat 76 lewens geëis het. Die ANC is skynbaar ontspanne oor die moontlike bedreiging wat die MK-party vir hulle inhou. Verskeie ongeregistreerde partye wil die uitstel van die verkiesing in die Konstitusionele Hof afdwing.

Monitor 3 Mei 2024 03.05.2024

Aktiviste in Kimberley glo nie politieke partye se planne om geslagsgeweld te stuit, is genoeg nie. Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel Suid-Afrika sal vanjaar die grootste ekonomie in Afrika word. Wêreld Persvryheidsdag word vandag herdenk.

Monitor 2 Mei 2024 02.05.2024

Die RGN waarsku dat gegradueerdes nie voldoende gekwalifiseer is nie. Versoeke dat die regering die boubedryfmafia vasvat. 'n Brand onder een van Johannesburg se besigste snelweë deur vandalisme veroorsaak.

Monitor 1 Mei 2024 01.05.2024

Die SAUK ontken bewerings van inmenging deur die Staatsveiligheidsagentskap. Die polisie ondersoek bewerings dat die MK-party handtekeninge vervals het as deel van sy registrasie as 'n nuwe politieke party. Die kopermynbedryf in Namakwaland herleef.

Monitor 30 April 2024 30.04.2024

Die presidensie ontken dat die SAUK-groephoof van nuus en aktualiteit geteiken word in aanloop tot die verkiesing. Petrol om middernag duurder, maar diesel goedkoper. 'n Inentingspesialis verduidelik die voordele van 'n griepinspuiting.

Monitor 29 April 2024 29.04.2024

Die slagoffers van die aanval op die Highgate Hotel in Oos-Londen in 1993, verwelkom die heropening van die ondersoek na dié voorval. Die leier van die EFF, Julius Malema, sê die lewensomstandighede van mense in die tronk is beter as dié van die mense in Alexandra in Johannesburg. Die diep verdeeldheid in Israel se regering oor die Gasa-kwessie tree sterk na vore.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.