RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 5 Julie 2024 05.07.2024

Druk laai op téén oudregter John Hlophe se nominasie as lid van die Regterlike Dienskommissie. Die magsbalans verskuif in Beaufort-Wes ná 'n DA-oorwinning. Vroeë aanduidings dat Brittanje 'n nuwe Eerste Minister sal hê.

Monitor 4 Julie 2024 04.07.2024

Gauteng se premier Panyaza Lesufi kondig laatnag sy nuwe kabinet aan nadat onderhandelinge met die DA om 'n eenheidsregering te vorm vir die laaste keer skipbreuk gely het. Die raad bestaan nou uit sewe ANC--lede en drie lede uit die IVP, Rise Mzanzi en Patriotic Alliance. Intussen is die adjunkpresident en 75 ministers en adjunkministers beëdig - ons vra: Hoe verbonde voel hulle aan daardie eed w...

Monitor 3 Julie 2024 03.07.2024

Wéér geen ooreenkoms tussen die DA en ANC in Gauteng nie. Die VN bevind dat die aanhouding van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee onwettig is. Hoe volhoubaar is laer brandstofpryse?

Monitor 2 Julie 2024 02.07.2024

Onderhandelinge vir 'n nuwe provinsiale uitvoerende raad in Gauteng bereik 'n dooiepunt. Daar is intussen steeds baie reaksie op die nuwe kabinet wat Sondagaand aangekondig is. Kabeldiefstal in Ventersdorp in Noordwes is 'n ernstige probleem vir sakeondernemings en boere.

Monitor 1 Julie 2024 01.07.2024

Ons fokus ons op die nuwe kabinet, en praat met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom. Monitor is vandag 50 jaar oud.

Monitor 28 Junie 2024 28.06.2024

Verskeie stigtings stel 'n nasionale dialoog voor om die land te red, maar nie almal stem saam dat dit nodig is nie. Werkers wat die ineenstorting van 'n gebou in Mei oorleef het, sê dit gaan nou sleg met hulle. Solidariteit verskerp sy stryd teen afleggings by Media24.

Monitor 27 Junie 2024 27.06.2024

Instansies betreur die inhuldiging van parlementslede wat strafregtelik aangekla word. 'n Duidelike swaai na regs in Europese verkiesings. 'n Projek op die Kaapse Vlakte om die polisie te help om vermiste kinders te soek.

Monitor 26 Junie 2024 26.06.2024

Voormalige regter John Hlophe, wat weens beskuldigings van korrupsie van die regbank verwyder is, word as 'n MK-parlementslid ingehuldig. Onderhandelinge tussen die ANC en die DA is gister voortgesit, maar sal dit vandag lei tot die aankondiging van ‘n kabinet? Die Chinese bring maanrotse terug wat vir die eerste keer van die donker kant van die maan versamel is. Werkloosheid neem toe.

Monitor 25 Junie 2024 25.06.2024

Suid-Afrika sal vanjaar 600 dollarmiljoenêrs verloor. Vrae oor die Naspers-baas se R330 miljoen uitbetaling, terwyl werkers afgedank en koerante gesluit word. Kan die ANC met kleiner partye 'n nuwe regering saamstel, sonder die DA?

Monitor 24 Junie 2024 24.06.2024

Altesaam tien partye onderteken die Regering van Nasionale Eenheid se Verklaring van Voorneme, terwyl afwagting op die aankodiging van president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet bou. Rand Water sê sy beplande instandhoudingswerk sal waterverskaffing nie tot 'n stilstand bring nie, maar lae waterdruk en watertekorte sál oor die volgende paar weke ervaar word.

Monitor 21 Junie 2024 21.06.2024

Groothandelverkope neem toe. Die DA wen groot in tussenverkiesings in Beaufort-Wes. Daar is groot verwagtings van president Cyril Ramaphosa om sy kabinet binnekort aan te kondig.

Monitor 20 Junie 2024 20.06.2024

Die 7de administrasie is amptelik ingehuldig met die beëdiging van president Cyril Ramaphosa as hoof van die Regering van Nasionale Eenheid. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike en 'n ekonoom oor die president en die nuwe regering se uitdagings. 'n Gesoute koerantman bespreek die kwyn van gedrukte media.

Monitor 19 Junie 2024 19.06.2024

Groot voorbereidings vir die inhuldiging van president Cyril Ramaphosa later vanoggend. Action SA kritiseer die DA se beweerde u-draaie oor sy ooreenkoms rakende die Regering van Nasionale Eenheid, terwyl Jacob Zuma se MK-party steeds die strydbyl swaai teen die verkiesingsuitslae. Meer as 300 kinders is in die eerste ses maande van die jaar deur dwaalkoeëls op die Kaapse Vlakte gewond. 'n Jong ba...

Monitor 18 Junie 2024 18.06.2024

Vyf partye is amptelik deel van die regering van nasionale eenheid. Die GATS-opname wys dat bykans 30% van volwassenes in Suid-Afrika tabakprodukte gebruik. Israel se oorlogkabinet ontbind.

Monitor 17 Junie 2024 17.06.2024

Jeugdagvieringe word oorskadu deur werkloosheid onder jongmense. Ons praat met kenners oor die uitdagings van die nuwe regering. Hulde aan Thys die Bosveldklong.

Monitor 14 Junie 2024 14.06.2024

Die EFF sê hy sal nié aan 'n regering van nasionale eenheid deelneem nie, terwyl die ANC nie veel uitlaat oor wie sy nuwe regeringsgenote is nie. Koerante soos City Press, Rapport, Beeld en Daily Sun sal vanaf Oktober glo nie meer gedruk word nie. Ons praat hieroor met 'n mediakenner. 'n Multimiljoen Rand asbeshofsaak word vandag in die Vrystaatse Hooggeregshof aangehoor. Gauteng se Polisiekommiss...

Monitor 13 Junie 2024 13.06.2024

'n Ooreenkoms tussen die IVP, ANC, DA en NFP in KwaZulu-Natal is op hande. 'n Waarskuwing oor A-pokke ná die eerste sterfgeval. Agri SA verwelkom 'n regeringsbesluit oor waterbestuur. Die Bulls sê hulle sal nie Saterdag kanse vat in die VRK halfeindstryd nie.

Monitor 12 Junie 2024 12.06.2024

Die vervaardigingsektor verbeter in April. Die Israel/Gasa-oorlog en die konflik in Oekraïne sal hoog op die agenda van die G7-beraad wees. Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê 'n minister van finansies wat nie aan 'n politieke party verbonde is nie, moet aangestel word.

Monitor 11 Junie 2024 11.06.2024

Parlementslede word Vrydag ingehuldig, maar laat dit genoeg tyd vir onderhangelinge vir 'n regering van nasionale eenheid? Die VN Veiligheidsraad aanvaar 'n konsepresolusie wat 'n driefase-stilstand tussen Israel en Hamas voorstel. Klein hoeveelhede ingevoerde klerasie sal voortaan belas word.

Monitor 10 Junie 2024 10.06.2024

Daar is uiteenlopende reaksie op die plan om 'n regering van nasionale eenheid saam te stel. Die Wêreldbank sê Suid-Afrika se hawens is van die swakste ter wêreld. Afriforum bring 'n dringende hofaansoek oor die verhogings in kragtariewe.

Monitor 7 Junie 2024 07.06.2024

Die ANC se NUK besluit om 'n regering van nasionale eenheid te vorm. Action SA verlaat die Veelpartyhandves. Die Wêreld Voedselprogram sê akute voedselonsekerheid is aan die toeneem in Haïti.

Monitor 6 Junie 2024 06.06.2024

Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, bedank te midde van sy hofverskyning op korrupsie-aanklagte. Terwyl die ANC 'n regering van nasionale eenheid voorstaan, gee MK die ANC 'n koue skouer. Sekere paaie in die Klein Karoo is steeds gesluit.

Monitor 5 Junie 2024 05.06.2024

Stormweer rig groot skade aan in KwaZulu-Natal, asook die Oos- en Suid-Kaap. Suid-Afrika se ekonomie het in die eerste kwartaal van 2024 ingekrimp. Op Wêreld Omgewingsdag word die kollig geplaas op die rehabilitasie van grond.

Monitor 4 Junie 2024 04.06.2024

Stormsterk wind, ontwrigtende reën en sneeu in groot dele van die land. Die MK-stigter voer aan dat hy onwettig verwyder is. Brandstof word om middernag goedkoper.

Monitor 3 Junie 2024 03.06.2024

Die OVK verklaar die sewende algemene verkiesing as vry en regverdig. Die president onderteken wetgewing om die tweepot-stelsel vir aftreegeld in werking te stel. Sakelui is onrustig oor Suid-Afrika se toekomstige koalisieregering.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.