RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 26 April 2024 26.04.2024 47:11
Die DA eis optrede van die Minister van Polisie, Bheki Cele, ná die dood van die driejarige Emilio Hutchinson. 'n Groep skepe met noodvoorraad vertrek vandag uit Turkye na Gasa. Die Menseregtekommissie wys die vinger na verskeie owerhede oor die Enyobeni-taverne-tragedie.
Monitor 25 April 2024 25.04.2024 47:21
Meer tamaties sal binnekort op die winkelrakke beskikbaar wees. Die Veelpartykoalisie stel voor dat die kindertoelaag ook aan swanger vroue toegeken word. Ons fokus op die aanloop tot Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing.
Monitor 24 April 2024 24.04.2024 49:20
Vordering met die herstel van spoorlyne en treinstasies. Ons praat met 'n psigiater oor die groot aantal Suid-Afrikaners met hoë spanningsvlakke en depressie. Die soeklig val op Suid-Afrika se 30 jaar van demokrasie.
Monitor 23 April 2024 23.04.2024 50:48
Die ANC sê hy gaan teen die MK-party se regsoorwinning appelleer. Die Kaapstad-metro bied 'n beloning van R250 000 aan vir inligting wat tot tot die inhegtenisneming van afpersers kan lei. Intelligente robotte word ingespan om mynwerk veiliger te maak.
Monitor 22 April 2024 22.04.2024 48:38
'n Groep Afrikaner-organisasies wil 'n kultuurverdrag met die regering sluit. Wisselvallige weerpatrone plaas druk op boere. 'n Spesiale SAUK-projek fokus op die afgelope drie dekades se suksesse en nederlae.
Monitor 19 April 2024 19.04.2024 49:58
Meer as 31 000 onderwysposte in openbare skole is vakant. Die Tshwane Metro het groot planne om sy finansies reg te ruk. In Iran word ontploffings gehoor in wat vermoedelik 'n Israelse aanval is.
Monitor 18 April 2024 18.04.2024 49:45
Agt mense die afgelope 24 uur in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte doodgeskiet. Nege-en-tagtig sake van geslagsgebaseerde geweld word oor 'n tydperk van ses maande van die hofrol verwyder. Verkope van gebottelde water styg skerp.
Monitor 17 April 2024 17.04.2024 49:41
Suid-Afrika verklaar 'n dispuut met die Europese Unie by die Wêreldhandelsorganisasie oor regulasies op sitrus. Die OVK moedig kiesers aan wat nie op stemdag kan stem nie, om aansoek vir spesiale stemme te doen. Die DA dien 'n nuwe privatelede-wetsontwerp in om koalisieregerings op munisipale vlak beter te bestuur. Die Patriotic Alliance mik om die DA in die Wes-Kaap te onttroon.
Monitor 16 April 2024 16.04.2024 49:00
'n Fratsoorstroming in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus eis vyf lewens. Die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, se persoonlike assistent, Moroadi Cholota, word in Amerika in hegtenis geneem. Landsburgers kan nou vrae en versoeke direk by die parlement indien.
Monitor 15 April 2024 15.04.2024 51:09
Iran se aanval op Israel verhoog die spanning in die Midde-Ooste - ons praat met 'n militêre kenner. Die IVP se KZN-premierskandidaat sê die skut van sy blouligkonvooi is polities gemotiveerd. Beleggers is versigtig om in Suid-Afrika te belê voor die verkiesing.
Monitor 12 April 2024 12.04.2024 50:12
Maart was wéér, vir die tiende agtereenvolgende maand, die warmste maand op rekord. Plantgebaseerde alternatiewe produkte vir vleis sal nou permanent op winkelrakke beskikbaar wees. Twee brandweermanne durf die Twee Oseane-halfmarathon met hulle volledige uitrustings aan - vir 'n goeie doel.
Monitor 11 April 2024 11.04.2024 48:26
Die stadsraad van Ekurhuleni in Gauteng kies na alle verwagting vandag ’n burgemeester. E-tol kom tot ’n einde, maar jy sal steeds jou agterstallige tolgeld moet betaal. Outisme-diagnoses neem toe.
Monitor 10 April 2024 10.04.2024 50:27
Oudpresident Jacob Zuma mag as kandidaat in die verkiesing staan. Die Hooggeregshof gevra om Zuma se private vervolging van Billy Downer en Karyn Maughan te skrap. Die Persombud tik Rapport en Media 24 oor die vingers.
Monitor 9 April 2024 09.04.2024 48:25
Uitspraak word vandag verwag in die hofsaak om te bepaal of oudpresident Jacob Zuma op die stembrief sal verskyn. Nuwe riglyne word bekendgestel, wat beurtkrag tot op vlak 16 moontlik maak. Hoe voel jy oor 'n ANC/EFF-koalisieregering? Ons vind uit of dit kan gebeur.
Monitor 8 April 2024 08.04.2024 49:57
Skole is in drie distrikte van die Wes-Kaap gesluit weens stormweer. Brandbestryders van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het 'n paar brande suksesvol bekamp. Die ANC se adjunkpresident, Paul Mashatile, sê die ANC beplan om die DA in die Wes-Kaap te onttroon. Ons praat met die Cheetahs oor die groot vraag: Moet die Curriebeker voortgaan soos geskeduleer?
Monitor 5 April 2024 05.04.2024 50:43
Politieke partye beloof om die verkiesingsgedragskode te eerbiedig. Die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal weer op 4 Junie in die hof verskyn. NAVO vier sy 75ste bestaansjaar - wat hou die toekoms in vir dié verdagsorganisasie?
Monitor 4 April 2024 04.04.2024 50:56
Die EFF open 'n saak van crimen injuria by die polisie teen die DA-raadslid in Knysna, Sharon Sabbagh. Politieke partye is verlig oor die bedanking van Nosiviwe Mapisa-Nqakula as Speaker van die Nasionale Vergadering. Vier nasionale parke gaan vergroot word.
Monitor 3 April 2024 03.04.2024 47:02
Dit is onduidelik wanneer Nosiviwe Mapisa-Nqakula haarself aan die polisie sal oorgee, of in hegtenis geneem word. Die Inkomstediens het meer geld ingevorder as verwag. Die tweepot-stelsel vir aftreegeld is een tree nader daaraan om in werking gestel te word.
Monitor 2 April 2024 02.04.2024 49:58
Die renosterbedryf reageer op die regering se plan om die teel-in-aanhouding van renosters en ander wilde diere te stop. Ons praat oor fopnuus wat weer kop uitsteek. 'n Boek oor 'n Suid-Afrikaanse Mossad-agent sien die lig.
Monitor 1 April 2024 01.04.2024 51:31
Eskom se regstreekse kliënte sal van vandag af duurder betaal vir krag. Daar word voorgestel dat leefstyloudits op senior parlementariërs gedoen word. 'n Aantal senior ANC-lede in Noordwes verskyn nie op die party se provinsiale kandidaatlys nie.
Monitor 29 Maart 2024 29.03.2024 47:08
Die burgemeester van Ekhuruleni, Sivuyile Ngodwana, word uit sy amp verwyder. Duisende studente se toekoms hang in die weegskaal omdat vier privaat-kolleges se deure moet sluit. Die jongste toerismesyfers wys 'n toename in reisigers na en van Suid-Afrika. Boere in die Oos-Kaap vrees die ergste vir hulle mieliegewasse weens die provinsie se uitermatige droogte.
Monitor 28 Maart 2024 28.03.2024 47:17
Die repokoers word onveranderd gelaat. Die Tesourie is in die sop oor 'n onreëlmatige kontrak wat sowat tien jaar gelede toegeken is. Die Kaapstad Metro stel 'n verhoging in krag- en watertariewe voor.
Monitor 27 Maart 2024 27.03.2024 48:07
Statistieke Suid-Afrika sê indiensneming in die formele sektor het met meer as 10,7 miljoen mense afgeneem. Ladysmith in KwaZulu-Natal kry 'n nuwe naam. Die MK-party bly vir eers op die stembriewe.
Monitor 26 Maart 2024 26.03.2024 48:38
Suid-Afrika verwelkom die Verenigde Nasies se aanvaarding van 'n resolusie wat 'n skietstilstand in Gasa eis. Nog 'n beskuldigde in die Joslin Smith saak laat vaar haar borgtogaansoek. Bassirou Bioyome Faye, ’n voormalige politieke gevangene, moontlik die nuwe president van Senegal.
Monitor 25 Maart 2024 25.03.2024 49:58
Vier beskuldigdes verskyn in die hof in verband met Vrydagaand se terreuraanval in Moskou. Tagtig aasvoëls word in die Krugerwildtuin vergiftig. Die KKNK skop af.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.