RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Polisie glo onwillig om vemeende kinder-pornonetwerk te ondersoek 11.09.2012 3:56
Die polisie in Brits in Noordwes sal vandag bewysstukke van 'n vermeende kinderpornografienetwerk in hul omgewing ontvang nadat 'n liefdadigheidswerker al langer as 'n maand probeer om dit vir hulle te gee. Die liefdadigheidswerker, Mike Cronje, het op die netwerk wat glo onwelvoeglike halfkaal foto's van meisies so jonk as 13 vervaardig en versprei, afgekom toe hy gehelp het om 'n dogtertjie te s...
Skaliegas 10.09.2012 8:23
Die regering se besluit om die moratorium op gas-eksplorasie en ontginning in die Karoo op te hef, het die omstredenheid oor die kwessie van voor af laat opvlam. Beskuldigings word nou gemaak dat die regering se besluit voortydig is, dat 'n klomp mense wat regstreekse belang by die saak het geensins geraadpleeg is nie en dat die negatiewe ervaring met die hidro-brekingsmetode elders in die wêreld...
Liedjieskrywer Louis van Rensburg sterf 10.09.2012 5:10
Die 68-jarige komponis, musikant en sanger Louis van Rensburg is gister in Johannesburg aan 'n longkwaal oorlede. Een van sy jarelange vriende, die sanger en liedjieskrywer, Jannie du Toit, sê Van Rensburg sal veral onthou word vir die komposisies wat hy vir dramareekse soos Arende geskryf het.
Woolworths sê hy is nie rassisties nie 05.09.2012 2:29
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het mense onlangs warm onder die kraag gehad weens omstredenheid met werksaansoeke deur wittes. Nou gons dit weer op sosiale netwerke oor die kettingwinkel Woolworths wat in sy advertensies vir die werwing van nuwe personeel nie wittes insluit nie. Sommige mense op die netwerke het Woolworths daarvan beskuldig dat die maatskappy rassisties is. Maar Woolworths het hierd...
SA hoog geag in internasionale onderwyskringe 05.09.2012 4:03
Alle onderwysstelsels in die wêreld is onder geweldige druk en verandering vind nie maklik plaas nie. Suid Afrika is geen uitsondering nie en is selfs in baie gevalle beter daaraan toe as vele ander lande. Dis die mening van die algemene sekretaris van Educational International, Fred Leeuwen, wat 'n gasspreker was by die jaarlikse SAOU simposium vir skoolhoofde in Port Elizabeth. Veronica Fourie d...
Liplees vs gebaretaal 30.08.2012 3:38
Met doofheidbewustheidsweek fokus ons vanoggend op die debat in die dowegemeenskap tussen die voorstanders van liplees en die voorstanders van gebaretaal. 'n Menslike Hulpbronbestuurder van Bloemfontein, Bobby van Essen, sê hy is al so gewoond aan sy vrou se gehoorgestremdheid, dis eintlik vir hom normaal. Sy vrou, Astrid, liplees en gebruik glad nie gebaretaal om te kommunikeer nie. Van Essen sê...
Huldeblyk aan die ruimtevaarder Neil Armstrong 28.08.2012 3:40
Die Amerikaanse ruimtevaarder, Neil Armstrong, se dood is as 'n groot verlies vir ruimtewetenskap en verkenning beskryf. Armstrong het op 82-jarige ouderdom van komplikasies weens kardiovaskulêre chirurgie gesterf. Sy voormalige bemanningslid, Buzz Aldrin, sê dis hartseer dat al drie ruimtevaarders nie met die vyftigste herdenking van die maanlanding daar sal wees nie.
Omstrede Miss Julie weer in SA ná 30 jaar 28.08.2012 4:03
'n Klassieke Sweedse toneelstuk van die laat 1800s, wat opspraak verwek het toe dit in die middel jare tagtig tydens die politieke onstuimigheid in Suid-Afrika opgevoer is, is binnekort weer terug op eie bodem. Die opvoering van MISS JULIE het konserwatiewe Suid-Afrikaners sowat 30 jaar gelede geskok weens 'n toneel waar 'n witvrou en 'n swartman mekaar op die verhoog soen. Die Baxterteater in Kaa...
Blinde RSG-luisteraar se Paralimpiese droom word waar 28.08.2012 2:38
'n Blinde RSG-luisteraar van Riebeeck-Kasteel in die Wes-Kaap, die 39-jarige Jan Nehro, sê dis 'n droom bewaarheid om aan die Paralimpiese Spele in Londen deel te neem. Die Spele begin amptelik op 29 Augustus met die openingseremonie. Nehro, 'n langafstand-atleet en sy gids Duane Fortuin, neem aan die 5 000 meter vir mans deel. Dis Nehro wat blind is in beide oë, se eerste Paralimpiese Spele. Rine...
Medisyne vir verslaafdes? 23.08.2012 3:54
'n Heroiene en crack-verslaafde, Chris Lubbe, sê sy lewe het heeltemal verander. Dit het gebeur net voor hy homself met 'n oordosis van die dwelms wou doodmaak, nadat hy in al wat 'n rehabilitasiesentrum in die land was. Hy sê hy is gered toe hy Naltrexone begin gebruik het. Kundiges meen egter dat dit met omsigtigheid gebruik moet word.
Malema 20 Augustus 2012 20.08.2012 8:44
Die politieke ontleder Theo Venter praat oor Julius Malema se optrede by die Lonmin-myn op Marikana.
Mynkonflik 20 Augustus 2012 20.08.2012 10:02
Chris Jacobs praat oor die konflik tussen die partye by die Lonmin-myn op Marikana.
Christopher Bennett, 1942 - 2012 17.08.2012 6:28
'n Erediens en nagwaak sal vanmiddag vir die voormalige veteraanuitsaaier van die SAUK, Christopher Bennett, by Palm Beach aan die suidkus van Kwazulu-Natal gehou word. Die sewentigjarige Bennett is Sondag in Port Shepstone weens longongsteking en bronchitis oorlede. Sy uitsaailoopbaan strek oor drie dekades van 1960 tot 1994. Hy word beskou as een van die SAUK se beste radionuuslesers, aanbieders...
Nasionale Ontwikkelingsplan 16.08.2012 6:14
Minister Trevor Manuel se hersiene nasionale ontwikkelingsplan is gister aan president Zuma oorhandig. Die ambisieuse plan wil onder meer armoede teen 2030 uitskakel. Anita Visser praat hieroor met prof. Dirk Kotze van UNISA se Departement Politieke Wetenskap.
Taalkonferensie 15.08.2012 14:57
'n Afrikaanse stad as voorwaarde vir die blywende stabiliteit en groei van Afrikaans. Dis 'n idee wat gister by die taalkonferensie van die FAK en die Vereniging vir Regslui vir Afrikaans voorgehou is. Die man aan die woord was Koos Malan, professor in Publiekreg by Tukkies en 'n bestuurslid van die Vereniging vir Regslui vir Afrikaans. Nog 'n spreker was die voorsitter van die FAK-direksie, prof....
Swaziland wil grond terug hê van SA 15.08.2012 3:24
Swaziland kan moontlik slaag in sy aansoek by die Verenigde Nasies dat koloniale grense verander moet word. Willie Breytenbach, 'n politieke wetenskaplike verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch, sê dit is omdat daar reeds 'n presedent is waarvolgens koloniale grense in Afrika verander is. Swaziland wil die grond terugkry wat in die 1880's aan die Suid-Afrikaanse Republieke gegee is.
Geld = Olimpiese medaljes sê Tim Noakes 14.08.2012 2:49
Afrika, met 'n bevolking van meer as 'n miljard mense, kon slegs 31 medaljes by die Olimpiese Spele verower. Daarenteen het Frankryk, met 65 miljoen inwoners, vier medaljes méér as die hele Afrika-kontinent inpalm. Volgens 'n professor in sportwetenskap aan die Universiteit van Kaapstad, Tim Noakes, is prestasie egter direk eweredig aan die geld wat 'n land of vasteland aan hulle sportlui spandeer...
Hoekom vaar klein beter as SA in Olimpiese Spele? 14.08.2012 3:14
Die atletiek-statistikus en skrywer, Riël Haumann, sê dit is weens swak bestuur dat Suid-Afrika nie meer so goed in atletiek vaar nie waar ons tradisioneel uitgeblink het. Haumann bevraagteken die feit dat 'n land soos Jamaika, 'n eiland met minder as 3 miljoen mense, vyf plekke beter as Suid-Afrika op die Olimpiese medalje-leer geeindig het.
Onderhoudshowe 13 Augustus 2012 13.08.2012 4:59
Onderhouds-howe vir vroue sonder regshulp, het baie gebreke. Dit is die mening van 'n ma en maatskaplike werker, Cindy Grobelaar, wat twee kinders versorg. Sy sê behalwe dat daar nie genoeg personeel in die onderhoudshowe is nie, is daar ook heelwat ander probleme wat verhoed dat moeders van hul kinders se biologiese pa's 'n toelae ontvang.
Fliekrubriek 10 Augustus 2012 10.08.2012 4:15
Leon van Nierop bespreek die jongste rolprentuitreikings.
Mars foto's 9 Augustus 2012 09.08.2012 6:18
Monitor het vroeër die week berig oor die suksesvolle Mars landing van die Curiosity verkenningstuig van die Amerikaanse Ruinte-agentskap NASA. Sedertdien is daar data teruggestuur en ons praat nou met dr Japie Van Zyl, 'n mede-direkteur van Nasa se Straal aandrywingslaboratorium in Pasadena, Kalfornië.
Demokrasie 8 Augustus 2012 08.08.2012 15:02
Demokrasie: Is die swak prestasie van 'n regerende party 'n bewys dat die land se regeerstelsel as sodanig verkeerd is? Meer prontuit dan: As die ANC swak regeer, is dit 'n regverdiging van dit wat die huidige bestel voorafgegaan het?
Chad se laerskool bars van trots 02.08.2012 2:02
Die Penzance laerskool in Durban is trots op die prestasie van hulle voormalige leerling, Chad le Clos. Die 20-jarige Olimpiese goue medaljewenner het die wêreld verstom toe hy die Amerikaner, Michael Phelps, in die 200 meter vlinderslag met vyf honderdstes van 'n sekonde geklop het.
Le Clos slaggereed vir Rio 2016 02.08.2012 2:06
Die Suid-Afrikaanse swemmer, Chad Le Clos, sê hy sukkel om die werklikheid te verwerk dat hy die Amerikaner Michael Phelps in die 200-meter vlinderslag met vyf honderdstes van 'n sekonde geklop het. Hy sê hy is egter reg vir die volgende Olimpiese Spele wat in 2016 in Brasilië plaasvind.
Nadine Gordimer oor stand van sake in SA 31.07.2012 5:28
Die Nobel-pryswenner vir letterkunde, Nadine Gordimer, sê sy betreur die situasie van totale wanorde in Suid-Afrika se onderwysstelsel. Gordimer het in 'n ekslusiewe onderhoud met SAUK Radionuus haar verontwaardiging uitgespreek oor die handboek-skandaal wat die land teister. Wat vryheid van uitdrukking betref, glo sy dat president Jacob Zuma self verantwoordelik is vir enige beweerde aantasting v...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.