RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Demokratiese rewolusie 26.07.2012 20:07
Oudpresident FW de Klerk sê die nasionale beleid het 'n kruispad bereik. De Klerk het by 'n konferensie van die FW de Klerk-stigting gesê die keuse lê tussen die pad na ekonomiese groei en maatskaplike geregtigheid, of die pad van die sogenaamde nasionale demokratiese rewolusie. 'n Aantal sprekers by die konferensie het gister gewaarsku dat die ANC-regering se beheptheid met die nasionale demokrat...
Dwelms in die Vlakte 25.07.2012 4:47
Armoede, verdrukking en oorbevolking. Dis die kenmerke van die lewe op die Kaapse Vlakte die afgelope paar dekades. Ná 1994 het die dwelmbedryf buite beheer geraak en 'n kontantinspuiting gebied aan bendes in beheer van dié bedryf. Dit het dit net makliker gemaak vir bendes om wapens in die hande te kry en nog moeiliker vir die polisie om gesag af te dwing. Inwoners leef in konstante vrees weens b...
Toename in identiteitsdiefstal 25.07.2012 4:29
Daar is 'n geweldige toename in mense wat slagoffers van identiteitsdiefstal is. Die uitvoerende direkteur van Southern African Fraud Prevention Services, Carol Mcloughlin, sê die organisasie kry tot tien oproepe per dag van mense wat deurgeloop het, vergeleke met twee oproepe per dag, 'n jaar of twee gelede.
Kinderarbeid 24.07.2012 4:57
Die Suid-Afrikaanse regering behoort boere te help wat nie kan bekostig om hulle werkers se kinders skool toe te stuur nie. So sê die Suid-Afrikaanse Direkteur van die Internasionale Arbeidsorganisasie, Vic van Vuuren. Die laaste Departement van Arbeid-opname in 2010 toon dat meer as 250 000 kinders in die land onwettig as arbeiders gebruik is.
Gemeenskapsbenadering nodig om MIV te bekamp 23.07.2012 4:22
'n Navorser aan die Noordwes Universiteit, prof. Minrie Greeff, sê regerings moet ingryp om die stigma verbonde aan MIV teen te werk anders sal die siekte nooit bekamp word nie. Greeff is verbonde aan die universiteit se Afrika Eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing. Meer as 25 000 politici, gesondheidskenners en aktiviste is byeen vir die negentiende Internasionale Vigskonferensie in...
Kaaps 20.07.2012 14:59
Die universiteit van Wes-Kaapland in Bellville hou vandag 'n simposium oor Kaaps. Temas wat bespreek word, sluit in die ekonomiese bemagtiging in Kaaps en daar word ook gekyk na hoe Kaaps in rymkletsmusiek, in hip-hop en in die letterkunde neerslag vind. Cobus Bester praat hieroor met prof. Hein Willemse van die Afrikaans departement aan die Universiteit van Pretoria, Anastasia de Vries, boeke-red...
Hoe sou Dawie Roodt die ekonomie aanpak? 19.07.2012 15:20
Ekonome is mense wat ons in die media gereeld nader trek om vir ons 'n ontleding te gee van wat was en wat gaan wees. Maar hulle kry nie gereeld die geleentheid om te sê hoe hulle self sake sou aanpak om die ekonomie te laat gedy nie. Dawie Roodt van die Efficientgroep het gisteraand daardie geleentheid gekry by die Vryemarkstigting in Johannesburg. En hy het die geleentheid deeglik aangegryp onde...
Volg paleoantropologiese ontdekking op web 13.07.2012 3:41
Suid-Afrika sal vanoggend in Shangai, China, 'n belangrike aankondiging doen oor 'n wetenskaplike ontdekking. Prof Lee Burger van die Wits Instituut vir Menslike Evolusie kondig nege uur aan dat die navorsing op 'n belangrike paleoantropologiese ontdekking by Maropeng in Die Wieg van die mensdom regstreeks op die internet gevolg kan word.
Minderhede 13.07.2012 5:47
Die leier van die vryheidsfront Plus, dr. Pieter Mulder, sê dit is belangrik dat die probleme wat minderhede in Suid-Afrika ondervind nou in die buiteland bekend gestel word, al irriteer dit die ANC. Mulder was op 'n besoek aan België waar hy onder meer die veertiende vergadering van die UNPO-presidensie in Brussel bygewoon het. UNPO is 'n internasionale organisasie wat in belang van minderhede wê...
Is jy ingeënt teen hondsdolheid? 11.07.2012 7:29
Is jou hond ingeënt teen hondsdolheid? Net so belangrik: is jy ingeënt teen hondsdolheid. Die vraag het nou weer veral belangrik geword met die toenemende voorvalle van die siekte in stedelike gebiede. Feit is: jy moet nie net jou hond teen die siekte beskerm nie, maar ook jou en jou gesin teen die laksheid van ander honde-eienaars beskerm. Cobus Bester praat hieroor met dr. Therese Maarschalk van...
Is die ekonomie nog in die hande van wit mans? 11.07.2012 8:31
Die redakteur van Sunday times, Mondley Makhanya, het die naweek in 'n kommentaarstuk die Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerkstigting, Dave Steward, skerp bygekom oor wat hy bestempel het as weersinswekkende paternalisme. Makhanya se aanval het gevolg op 'n artikel waarin Steward 'n stelling van president Jacob Zuma bevraagteken het dat "die ekonomiese magsverhoudinge van die apartheidsera n...
Nuwe geskiedenisboek 10.07.2012 7:20
Daar pryk 'n splinternuwe boek oor die land se geskiedenis op die rakke. 'n Poging om 'n meer gebalanseerde weergawe van die land se ontstaan, ontwikkeling, wel en wee voor te hou aan skolier en student en sommer enigiemand wat belangstel. GESKIEDENIS VAN SUID-AFRIKA, VAN VOORTYE TOT VANDAG is saamgestel onder die redaksie van prof. Fransjohan Pretorius van die Universiteit van Pretoria.
Godpartikel gevind 05.07.2012 6:58
'n Span Suid-Afrikaanse fisici was betrokke by die deurbraak deur die Europese Organisasie vir Kernnavorsing in Geneve. Professor Simon Connell van die Universiteit van Johannesburg is een van die span wat gehelp het om die Higgs Boson, ook bekend as die Godpartikel, te vind. Die deeltjie verklaar basies hoekom die heelal massa het. 'n Woordvoerder by Cern, Joe Incandela, het gister vanuit Geneve...
Pippie oorgeplaas na rehabilitasiesentrum 04.07.2012 4:21
Die driejarige brandslagoffer, Pippie Kruger, wat bykans sewe maande in die Garden City hospitaal in Johannesburg deurgebring het, word vandag na 'n rehabilitasie-hospitaal verskuif. Pippie het erg gebrand toe vuurmaakjel ontplof het. Die bestuurder van die Netcare Rehabilitasiesentrum in Auckland Park in Johannesburg, Marietha van Vuuren, het aan Valda Jansen gesê brandslagoffers ontvang intensie...
Ontrekking van kos skaad armes 03.07.2012 4:54
Die kwesbaarste deel van die bevolking, die armes, lei die swaarste wanneer kos sonder enige aankondiging, van die mark onttrek word. Dit is die mening van die hoof van die Kosveiligheidsinisiatief van die Verbruikersraad, Ronel Burger. Elvis Presslin praat met haar hieroor.
Evolusie vs kreasionisme in Korea 29.06.2012 2:48
Die druk wat 'n groep van 30 Suid-Koreaanse evolusionêre wetenskaplikes en paleontoloë op die land se onderwysowerhede uitgeoefen het, het nou daartoe gelei dat die besluit om alle verwysings na voorbeelde van evolusie uit skoolhandboeke te verwyder, hersien gaan word. Anita Visser praat hieroor met Monitor se wetenskapkorrespondent, dr. George Claassen.
Alle oë ANC se beleidskonferensie 25.06.2012 6:00
Alle oë is vandeesweek gerig op die ANC se belangrike beleidskonferensie in Midrand in die aanloop tot die party se Mangaung-konferensie in Desember. Uitlatings deur die adjunkpresident van die ANC-jeugliga dat grondonteiening sonder vergoeding 'n uitgemaakte saak is, het die afgelope week hewig reaksie ontlok. Die sogenaamde tweede oorgang, soos president Zuma dit noem, is deel van die ANC se bes...
Islamiste maak vooruitgang in Egipte 25.06.2012 3:52
Die Egiptiese Verkiesingskomitee het Mohamed Morsy van die Moslem Broederskap as die eerste demokratiese president verklaar. Hy het die voormalige generaal, Ahmed Shafic, met 51,7 % van die stemme gewen. Hy volg Hosni Moeburak op wat 16 maande gelede omver gewerp is in 'n populistiese opstand. Die militêre raad wat die land daarna beheer het, het dié maand die magte van die Presidensie ingeperk. D...
Fynbos vs bome 21.06.2012 9:01
Wetenskaplikes in die Wes-Kaap is in 'n heftige debat gewikkel oor die streek se fynbos en bosboubedrywighede. Die een skool wil dit hê dat bosbou, soos dit tans toegepas word, skadelik is vir die Kaap se unieke fynboskoninkryk. Bosbouwetenskaplikes sê, aikôna, kry julle feite reg, ons maak 'n positiewe bydrae, ook tot die ekonomie. Cobus Bester praat hieroor met die president van die Bosbou-insti...
ANC se tweede oorgang 21.06.2012 10:13
Die ANC se voorgestelde tweede oorgang word reeds druk bespreek en selfs op leierskapsvlak is daar verskillende standpunte oor die kwessie. Die voorstelle behels omvattende veranderinge ten einde die uitdagings van werkloosheid, ongelykheid en armoede te kan oplos. Die Tweede oorgang sal volgende week by die ANC se nasionale beleidskonferensie in Midrand, Gauteng, bespreek word. Maar sommige ANC-l...
Nog drie voëls in SA bedreig 20.06.2012 13:24
Die Internasionale Unie vir Natuurbewaring waarsku in die jongste opdatering van sy sogenaamde Rooidatalys dat die wêreld se voedselsekuriteit besig is om stadig maar seker agteruit te gaan. Drie voëls wat in die land voorkom se status is negatief aangepas tot bedreig. Dit is die witrugaasvoël, die mahem of gekroonde kraanvoël en die kroonarend. Cobus Bester praat hieroor met twee kundiges, die en...
Kruiper 'n hoë boom in liggaam van klein man 19.06.2012 4:19
Die Khomani San leier, Dawid Kruiper, sal op 30 Junie in die Kgalagadi-oorgrenspark begrawe word. Die 76-jarige Kruiper is op 12 Junie in Upington, waarskynlik aan tuberkulose, oorlede. Die eko-avonturier en gewese SAUK-omroeper, Patricia Glyn, sê Suid-Afrika en die wêreld het 'n baie hoë boom in die liggaam van 'n klein man verloor. Angie Kapelianis het met haar op Dawid Kruiper se plaas, Witdraa...
Pippie se nuwe vel heg goed 19.06.2012 4:54
Die drie-jarige Pippie Kruger se veloorplantingsoperasie was 'n sukses. Spesiale gekloonde vel is verlede Maandag van Amerika af na Johannesburg gebring en in die Garden City kliniek op haar oorgeplant. Die verbande is gisteraand afgehaal en die nuwe vel het goed geheg.
Pippie se ma verheug oor nuwe vel 19.06.2012 4:07
Die hele land het sedert verlede Maandag asem opgehou toe die veloorplanting in die Garden City kliniek in Johannesburg op die driejarige Pippie Kruger gedoen is nadat sy 80-persent brandwonde op haar lyf opgedoen het. Sy is die afgelope week onder verdowing gehou en die mediese span het gisteraand in die teater die gaas verwyder. Volgens haar dokter was die oorplanting suksesvol. Cobus Bester pra...
Oom Dawid Kruiper, groot leier van die Khomani San, sterf 14.06.2012 4:54
Dawid Kruiper, 'n tradisionele leier en geneser van die Khomani San van die Kalahari, het gisteroggend op Upington in die Medi-kliniek gesterf. Kruiper is gebore op 1 September 1935 in die Kalahari Nasionale Gemsbok Park, nou die Kgalagadi Nasionale Oorgrens Park. Anna Festus, die familie se woordvoerder en sy kleinniggie, sê Oom Dawid - soos hy bekendgestaan het - gaan in die Kalahari ter ruste g...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.