RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
SA huidhoudings net so arm as in 1975 23.04.2013 2:30
Huishoudings in Suid-Afrika is net so arm as wat die geval in 1975 was as gevolg van die resessie van 2008-2009. Dit het aan die lig gekom in 'n studie deur die Eenheid vir Persoonlike Finanies by die Buro vir Marknavorsing aan Unisa. Die hoof van die eenheid, Bernadene de Clercq, sê dit het gebeur in weerwil daarvan dat huishoudelik inkomste sedert 1994 gemiddeld met sowat 1,75% per jaar gegroei...
Burgeroorlog is 'n groot gelykmaker 22.04.2013 9:24
Burgeroorlog is 'n groot gelykmaker. Dit het kollega Foeta Krige uitgevind toe hy 'n Katolieke kerk in die Chistendorpie Al-Asthy-da in die noorde van Sirië besoek het. Tien Moslem gesinne wie se huise deur regeringstroe vernietig is, het hier 'n heenkome gevind. Die dorpie is in 'n gebied wat swaar deurgeloop het onder gevegte tussen regeringstroepe en die Vrye Siriese Leër.
Burgeroorlog het vernietigende effek op inwoners van Sirië 19.04.2013 2:27
Die tweejaarlange burgeroorlog in Sirië het 'n vernietigende uitwerking op die inwoners van die land. Foeta Krige was by die Gift of the Givers se hospitaal in die noordelike dorpie Darkoush toe 'n soldaat van die Free Syrian Army 'n gewonde makker by die hospitaal afgelaai het. Die soldaat wou hom na die front neem om te gaan kyk hoe die gevegte plaasvind, maar die tolk het daarteen gewaarsku. Al...
Familie reis met veteraanmotor 16.04.2013 4:35
n Familie van ses oorkruis die afgelope 13 jaar die wêreld in 'n reuse 1928 Graham Paige-motor. Hulle het al 250,000 kilometer afgelê in 55 lande. Die ouers en hulle vier kinders, waarvan die jongste drie en die oudste tien jaar oud is, woon gereeld in die motor met sy hout wielvellings en speke, soms kamp hulle, of gaan by gasvrye mense tuis wat hulle op die reis ontmoet. Veronica Fourie het die...
SA dokters na Sirië 15.04.2013 5:56
Die Suid-Afrikaanse span dokters en mediese personeel wat saam met die noodwerkersorgansiasie, Gift of the Givers, na Sirië vertrek het, is steeds in die buurland Turkye en behoort vandag die grens na die oorloggeteisterde land oor te steek. Cobus Bester praat met Monitor se uitvoerende regisseur, Foeta Krige, wat die span vergesel.
BARCODE OF WILDLIFE 11.04.2013 9:52
BARCODE OF WILDLIFE... DEFENDING ENDANGERED SPECIES. Dit is die naam van 'n splinternuwe projek wat wetenskaplike navorsing met wetstoepassing gaan kombineer. Dr. David Shindel van die Smithsonian-instituut in Washington is tans in Suid-Afrika om die projek amptelik te begin. Die ander vyf deelnemende lande is Kenia, Nigerië, Mexico, Brasilië en 'n land in suid-oos Asië. Cobus Bester praat met dr....
Huldeblyke stroom in vir Ystervrou 09.04.2013 4:01
Huldeblyke stroom steeds in van dwarsoor die wêreld vir die eerste en enigste vroue eerste minister van Groot Brittanje, Barones Margaret Thatcher. Sy is gister in die ouderdom van 87 oorlede. Die Suid-Afrikaanse minister van Buitelandse Sake tydens haar bewind, Pik Botha, sê sy het konstruktief bygedra tot die aftakeling van apartheid.
Ystervrou se teenstanders het groot bewondering vir haar gehad 09.04.2013 3:38
Margaret Thatcher se ideologiese teenstanders het groot bewondering vir haar gehad. Mikhail Gorbatjof, die Russiese president wat verandering in Rusland teweeg gebring het in die laat jare tagtig, het met groot deernis en respek van haar gepraat. Hy het in 1990 die Nobelprys vir vrede ontvang.
Stryd teen renosterstropers al hoe meer gevaarlik 09.04.2013 1:42
Renosterstropers voer deesdae strooptogte met militêre presisie uit. Dit maak die teen-renosterstropery veldtogte, wat deur gewone veldwagters onderneem moet word, meer gevaarlik as in die verlede. En in hierdie stadium lyk dit nie of die oorlog in die Nasionale Kruger Wildtuin gewen word nie.
SA oudmodel sê Thatcher het haar geïnspireer 09.04.2013 2:14
Barones Margaret Thatcher, die eerste en enigste vroue premier van Brittanje, het voor haar dood versoek om nie 'n staatsbegrafnis te kry en in staatsie te lê nie. Sy gaan net soos die Koningin Moeder, 'n seremoniële begrafnis met militêre eer by die Sint Paul Katedraal in London kry. Daarna sal sy privaat veras word. Maar op 'n ligter noot vertel 'n Suid-Afrikaner wat in London gewoon het tydens...
Hip Hop 3 April 2013 03.04.2013 6:13
Die bekendmaking van statistiek deur die Instituut vir Rasseverhoudinge in Suid-Afrika dat meer bruin huishoudings Afrikaans praat as wit huishoudings, het die spreekwoordelike kat in die duiwehok losgelaat. Maar terwyl sommige mense stry oor watter groep Afrikaans die beste verteenwoordig en ander veg vir die behoud van Afrikaans, kry Kaapse kinders Afrikaanse poësie van kindsbeen af in. Weliswaa...
Eskom omgewing 1 April 2013 01.04.2013 3:24
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, NERSA, gaan binne die volgende paar weke openbare sittings hou om die omstrede kragverskaffings-ooreenkoms tussen Eskom en BHP Billiton te bespreek. BHP Billiton gebruik sowat nege persent van Eskom se totale kapasiteit om sy twee aluminiumsmelters aan die gang te hou. Monitor het intussen ondersoek ingestel en bevind dat dit nie net die verbruiker...
Afrikaanse gedy onder bruinmense 27 Maart 2013 27.03.2013 6:48
Is Afrikaans se toekoms in die hande van bruin mense? Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het statistiek bekendgemaak wat daarop dui dat Afrikaans die huistaal is van beduidend meer bruin as wit huishoudings. Beteken dit dat Kurt Darren se Kaptein span die seile binnekort plek moet maak vir Vullistuine van Hemelbesem op die treffersparade?
Afrikaans 25 Maart 2013 25.03.2013 4:45
Meer BRUIN as WIT Suid-Afrikaners praat Afrikaans. Volgens 'n bevinding van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, is bruin mense nou die TOEKOMS van die taal. Sowat 76 persent van bruin huishoudings teenoor 61 persent van wit huishoudings beskou Afrikaans as hul huistaal. Volgens die uitvoerende direkteur van kultuur by die ATKV, is bruin mense se bydrae tot die taal 'n on-ontginde g...
Water 22 Maart 2013 22.03.2013 9:40
Suid-Afrika moet op die bewaring van sy grondwaterbronne fokus. So sê een van Suid-Afrika se voorste kenners op die gebied van waterbestuur, Carin Bosman. Bosman wat 25 jaar lank by die Departement Waterwese gewerk het waar sy onder meer direkteur van waterbronbeskerming was, het 'n meestersgraad in omgewingsbestuur en werk nou as 'n onafhanklike konsultant.
Is die duiwel los in skole? 20.03.2013 7:03
Die Gautengse departement van onderwys werk saam met godsdiensleiers aan 'n strategie om satanisme in skole hok te slaan. Dit volg op 'n voorval by 'n Wesrandse skool, waar 'n meisie deur haar medeleerlinge met 'n mes toegetakel is. Kommer bestaan nou in sekere kringe dat sommige kinders onbillik gebrandmerk kan word.
Vrae oor nuwe pous 15.03.2013 3:47
Argentinië jubel, want die nuwe pous is teen alle verwagting in Argentyns en nie, soos deur baie voorspel, die Brasiliaan, Odilo Scherer nie. Maar alhoewel meeste Argentyne in die wolke is oor die feit dat die nuwe pous hulle landgenoot is, het die media 'n paar vrae gehad oor Pous Franciscus die Eerste se rol tydens die sogenaamde Vuil Oorlog van die jare sewentig en vroeë jare tagtig.
Nuwe Pous verkies 14.03.2013 4:17
Wit rook het gisteraand uit 'n skoorsteen in die Vatikaanstad geborrel - 'n aanduiding dat 'n nuwe Pous verkies is. Kardinaal Jorge Mario Bergoglio van Argentinie sal voortaan as Pous Franciskus die Eerste bekendstaan. Dis die eerste keer dat 'n kardinaal uit die Jesuït-orde en ook iemand wat nie 'n Europeër is nie tot hierdie posisie verkies is. Maar 'n Suid-Afrikaanse priester en akademikus, wat...
Ograwing van Lolo Sono en Siboniso Shabalala 13.03.2013 5:32
Die oorskot van twee vermeende polisie-informante is gister, ná 25 jaar opgegrawe. Die Nasionale Vervolgingsgesag se taakspan vir vermistes glo hulle het die oorskot van Lolo Sono en Siboniso Shabalala in die Avalon-begraafplaas in Soweto gevind. Terwyl die opgrawings voortgegaan het, het familielede van Sono en Shabalala 'n kerkdiens by die begraafplaas bygewoon.
Wat is die verband tussen geloof en geweld teen vroue? 01.03.2013 6:48
Die minister van vroue, kinders en gestremdes, Lulu Xingwana, het Afrikaner mans om verskoning gevra oor haar stelling dat hulle hul vroue en kinders as besittings beskou en glo dat hulle die reg het om hulle dood te maak, onvoorwaardelik teruggetrek. Dit volg nadat 'n storm los gebars het oor die uitlatings met verwysing na die skietdood van Oscar Pistorius se vriendin, Reeva Steenkamp. Die vraag...
Eet neute en olyfolie 01.03.2013 2:16
Mense wat daagliks olyf olie en neute in hul dieet insluit, se kanse is aansienlik laer om hart aanvalle en beroetes te kry. So sê Spaanse wetenskaplikes. En vir meer hieroor, praat Anita Visser met RSG se wetenskapkorrespondent, George Claassen.
Boesman pak pad Parlement toe aan 26.02.2013 5:34
Sy reis na Kaapstad het al verlede Maandag by die St. Blaize-grot in Mosselbaai begin. Piet Bêrend (dis sy Afrikaanse naam) is een van tien Boesmans van die Kalahari wat tans te voet na die Parlement op pad is. Hulle gaan daar 'n memorandum oor die regte van inheemse volke oorhandig. Hulle behoort teen môre daar aan te kom, sonder 'n afspraak, en dit op dieselfde dag as wat die minister van finans...
Adam Small kry Hertzogprys 13.09.2012 2:49
Die gevierde Afrikaanse digter en dramaturg, Adam Small, het gisteraand die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se hoogste toekenning, die Hertzogprys, in Stellenbosch ontvang. Die prys is vir al sy werk toegeken. Die Hertzogprys word gewoonlik toegeken aan 'n skrywer wat in die laaste drie jaar nuwe en substansiële werk gepubliseer het. Small se laaste toneelstuk is in die jare tagtig...
SA vaar swak met onderwys 12.09.2012 11:51
Suid-Afrika het in die jongste Mededingendheidsopname van die Wêreld Ekonomiese Forum skerp uiteenlopende vlakke van welslae behaal. Die land vaar of baie goed of uiters vrot. Die goeie nuus: die land is volgens dié opname die heel beste wat die regulering van sy aandele- en ander sekuriteitebeurse betref. Eerste wat die gehalte van sy ouditering en verslagdoening betref. Eerste wat die doeltreffe...
Coca-tea bevat wél kokaïene 12.09.2012 1:18
Toetse deur die maatskappy Drug Detection International, het bevind dat Coca-tea wél die dwelmmiddel kokaïene bevat. Dié produk, wat by Dischem verkoop is, is van die winkelrakke verwyder as 'n voorsorgmaatreël.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.