RSG

Monitor

News AF ↓ 4399 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 14, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Guptasage - staatsamptenare kry skuld 20.05.2013

Politieke ontleders sê staatsamptenare moet nou die skuld dra vir die Guptasage omdat president Jacob Zuma en sy ministers nie verantwoordelikheid daarvoor wil neem nie. Daar is ook groot verwarring oor hoekom die Waterkloof Lugmagbasis nie 'n nasionale sleutelpunt is nie. In Kommentaar op RSG het Anita Visser met die politieke ontleder prof. Dirk Kotze van Unisa hieroor gepraat.

Heining op Van Stadensrivierbrug om selfmoorde te keer 20.05.2013

Die Van Stadensrivierbrug naby Port Elizabeth is dikwels die laaste uitweg vir mense wat wil selfmoord pleeg en tientalle het al hier na hulle dood gespring. Niemand het nog ooit die val na benede oorleef nie. Ná baie planne oor die jare om die brug te beveilig, gaan daar nou uiteindelik 'n heining aan weerskante opgerig word.

Stamselle gekloon 17.05.2013

Die omstredenheid rondom die kloning van menslike stamselle wil net nie gaan lê nie, ten spyte van die ooglopende voordele. Navorsers van die Oregon Health and Science-universiteit onder leiding van die reproduktiewe biologiespesialis, prof. Shokhrat Mitalipov, het dit reggekry om pasiëntgerigte menslike stamselle te kloon. Die kloning kan hoop gee vir die genesing van onder meer diabetes, Parkins...

Angelina Jolie ondergaan 'n dubbele mastektomie 15.05.2013

In 'n emosionele brief aan die New York Times het die 37- jarige Hollywood filmster Angelina Jolie aangekondig dat sy 'n dubbele mastektomie ondergaan het. Sy is reeds die afgelope drie maande op die herstelpad en ontvang rekonstruktiewe chirurgie om haar borste op te bou. Jolie is getroud met die akteur Brad Pitt en hulle het ses kinders. Haar ma, Marcheline Bertrand, is dood aan borskanker en to...

Kubermisdaad te gesofistikeerd om jouself te beskerm 15.05.2013

Kubermisdaad raak net te gesofistikeerd vir Jan en San op straat om hulleself en hulle bankrekeninge teen die misdadigers te beskerm. So meen die direkteur van die Sentrum vir Kubersekerheid by die Universiteit van Johannesburg, prof. Basie von Solms. Maar watter regte het ons as verbruikers van internet bankdienste en hoe kan ons onsself probeer beskerm teen kuberaanvalle. Die antwoord is nie een...

Dis net die pootjies en vlerkies wat pla... 15.05.2013

Dis net die pootjies en vlerkies wat pla. So vertel die entomoloog, prof. Erik Holm, oor sy ervaring met insekte eet. Die Verenigde Nasies het vandeesweek 'n verslag bekendgestel waarin hulle sê dat 'n insekte-dieët hongersnood kan uitwis en boonop vetsug teëwerk. Boonop, sê hy, bevat insekte meer protëine as jou gebraaide biefstuk en verg minder landbougrond.

Oppikopter lewer bier af! 14.05.2013

'n Yskoue bier wat met 'n klein valskerm op jou skoot land. Wat meer wil jy hê? Die organiseerders van die negentiende Oppikoppi musiekfees naby Northam in Limpopo bied juis dit vir jou. 'n Sogenaamde "beer drone" sal vir jou 'n bier in jou kampterrein kom aflewer, nadat jy dit deur die Oppikoppi-selfoon-toepassing bestel het.

Al Kaïda opleidingsbasis in SA? 14.05.2013

Daar is nuwe bewerings dat Suid-Afrika as opleidingsbasis gebruik word deur die terreurorganisasie Al Kaïda. 'n Ondersoek deur die Daily Maverick het besonderhede oopgekrap van minstens drie persele waar terreuropleiding na bewering plaasvind of in die verlede plaasgevind het. Die Suid-Afrikaanse owerhede, wat glo bewus is van die aktiwiteite, is nou onder druk om te verduidelik waarom daar nog ni...

Moslemorganisasies kritiseer artikel oor Al Kaïda aktiwiteite in SA 14.05.2013

Moslemorganisasies het die ondersoek deur die Daily Maverick na die beweerde aktiwiteite van Al Kaïda in Suid-Afrika skerp veroordeel. Die joernalis, De Wet Potgieter, sê dat die Suid-Afrikaanse owerhede 'n paar jaar al bewus is van die terreurgroep se aktiwiteite in die land. Hy beweer terreuropleiding vind ten minste op drie persele plaas, insluitend op 'n plaas naby die voormalige basis van die...

Boeremusiek-legende sterf 13.05.2013

Die boeremusieklegende en konsertinaspeler van formaat, Nico van Rensburg, is gisteroggend op 76-jarige ouderdom ná 'n hartaanval oorlede. Hy het twee keer - in 1984 en 1990 - die SAUK se TV-Boeremusiekkompetisie gewen. Sy jarelange vriend, Sakkie Kotze, het aan Izak du Plessis vertel hoe hy hom onthou.

Neruda dalk nie vergiftig nie 08.05.2013

Die eerste nadoodse ondersoek op die Chileense digter, Pablo Neruda, dui daarop dat hy aan gevorderde prostaatkanker gely het. Die oorsaak van sy dood is egter nog nie vasgestel nie. Neruda se oorskot is verlede maand opgegrawe om bewerings dat hy deur die diktator generaal Augusto Pinochet vergiftig is, te ondersoek.

SA se gesondheidstoestande skok 08.05.2013

Die 2013 verslag oor die stand van moeders in die wêreld wys dat meer as 'n miljoen babas slegs een dag leef. In Suid-Afrika sterf 21 pasgebore babas elke dag, terwyl 55 babas binne 'n maand ná geboorte sterf. Die verslag is gister in Johannesburg vrygestel by die bekendstelling van die nie-regeringsorganisasie, Save the Children SA. 'n Gebrek aan toegang tot mediese dienste, onvoldoende opgeleide...

Guptas sê SA moet dankbaar wees 03.05.2013

Die Gupta-familie sê Suid-Afrikaners moet dankbaar wees vir die beleggings wat die familie in die land maak deur die spoggerige troue op eie bodem te hou. Volgens die regering lê die skuld by 'n senior amptenaar wat glo toestemming gegee het dat die Gupta-vliegtuig by die Waterkloof Lugmagbasis in Pretoria mag land. Die vliegtuig is intussen verskuif na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in opd...

Hoe diep is die Guptas se sakke? 03.05.2013

Hoewel die omstrede Gupta-familie eers in 1993 uit Indië na Suid-Afrika geëmigreer het, word die waarde van hulle sakekoninkryk op etlike miljarde rand geskat. Niemand weet presies hoe diep die broers se sakke is nie, maar sakekenners is dit eens dat hulle baie invloedryk is. Onder hulle vriende tel president Jacob Zuma, wat gekritiseer word vir sy verhouding met die Guptas wat al by verskeie rege...

Little One 03.05.2013

'n Storie oor medemensliefde wat jou hartsnare roer. Dit is hoe baie kykers die Suid-Afrikaanse fliek LITTLE ONE beskryf. Dié rolprent wat ook ons land se amptelike inskrywing vir die Oscars is, handel oor 'n jong meisie wat verkrag is, maar fokus eintlik op hoe die barmhartige samaritane in haar lewe haar help om te herstel. Volgens die regisseur, Darrel James Roodt, is dit 'n storie van hoop vir...

Reaksie op Gupta-vliegtuig 02.05.2013

Die debat oor 'n vliegtuig vol bruilofsgaste vir die Gupta-troue wat Dinsdag skynbaar toestemming gekry het om op die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria te land, het gister verdiep. Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het in 'n verklaring gevra dat daar vasgestel moet word wie die toestemming verleen het. Die SAKP het op sy beurt gesê dit is skandalig dat die basis so gebruik is en Cos...

Baie vrae oor Gupta-vliegtuig op Waterkloof 02.05.2013

Daar is steeds vrae oor hoekom die Gupta-familie toegelaat is om 'n privaatvliegtuig met bruilofsgaste by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria te laat land. Die basis is 'n nasionale sleutelpunt en toegang is streng beperk tot staats- en militêre gebruik.

Vakansiedae 1 Mei 2013 01.05.2013

Daar is 'n moontlikheid dat van Suid-Afrika se twaalf openbare vakansiedae kan wegval of geherstruktureer word. Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe het klagtes van die sakesektor en godsdiensgroepe ontvang oor openbare vakansiedae. Die kommissie se taakspan het onlangs sy verslag met aanbevelings oor vakansiedae aan die preside...

Statistieke 30 April 2013 30.04.2013

Die Silvertown informele nedersetting in die KwaZakhele township in Port Elizabeth is volgens die 2011 Sensus die swakste daaraan toe in die land. Die statistikus-generaal Pali Lehohlo het inligting oor nedersettings, woonbuurte en townships aan die onderpunt van die skaal bekendgestel. In Silvertown gebruik 98 persent van die 508 huishoudings steeds die emmerstelsel, terwyl 81 persent van hulle p...

God 30 April 2013 30.04.2013

Die teoloog, professor Hansie Wolmarans is van mening dat godsdiens die produk van evolusie is. Wolmarans van die departement Grieks en Latynse studies aan die Universiteit van Johannesburg het die stelling onlangs in 'n openbare lesing by die universiteit gemaak. Hy sê ook dat mense in bonatuurlike agente glo ter wille van oorlewing.

SA dokters in Sirië keer terug 25.04.2013

Die sending van die humanitêre ramphulporganisasie, Gift of the Givers, in Sirië het ten einde geloop. Die dokters het by 'n kliniek, sowat 'n kilometer van die hospitaal in Darkoush, hulp verleen aan die plaaslike bevolking. Die groep vergesel deur 'n span joernalikste is nou oor die grens in Turkye en op pad terug Suid-Afrika toe. Foeta Krige het voor hulle vertrek hierdie bydrae saamgestel.

Ouers se onsportiewe gedrag by rugbywedstryde 25.04.2013

Die biokinetikus, prof. Cilas Wilgers, van die Noordwes Universiteit se beroep om laerskoolrugby te verbied, het die fokus weer op ouers se gedrag by rugbywedstryde geplaas. Wilgers is bekommerd oor die emosionele skade wat kinders opdoen wanneer hulle te vroeg aan mededingende rugby blootgestel word. Dikwels presteer die kind nie volgens die ouers se standaard nie en ouers gee langs die veld uiti...

Professionele jagters veroordeel leeujag-video 24.04.2013

Die voorsitter van die Die Professionele Jagters- en Wildbewaringsvereniging, Adri Kitshoff, veroordeel die video van 'n jong leeuwyfie wat met 'n pyl en boog van 'n bakkie af geskiet word, ten sterkste. Dié video het jagters, wildtelers en bewaringsbewustes in oproer. 'n Groot soektog is aan die gang na die boogskutter sodat hy vervolg kan word. Kitshoff bestempel dit as verfoeilik en sê die prak...

Leeujag-video maak opslae 24.04.2013

'n Video waarin 'n mak leeu in 'n kamp van 'n bakkie af met 'n pyl-en-boog gejag en geskiet word, maak wêreldwyd opslae. Die video, waarin die mans Afrikaans praat, word op YouTube versprei. Let dat die klank van die video wat in hierdie bydrae gebruik word, ontstellend kan wees.

Mense finansier luukshede met ongesekureerde skuld 23.04.2013

Een van die grootste redes waarom mense ongesekureerde skuld maak, is omdat hulle luukshede wil finansier. So sê 'n aktuaris by die Aktuariële genootskap van Suid-Afrika, Niel Fourie.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.