RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ograwing van Lolo Sono en Siboniso Shabalala 13.03.2013

Die oorskot van twee vermeende polisie-informante is gister, ná 25 jaar opgegrawe. Die Nasionale Vervolgingsgesag se taakspan vir vermistes glo hulle het die oorskot van Lolo Sono en Siboniso Shabalala in die Avalon-begraafplaas in Soweto gevind. Terwyl die opgrawings voortgegaan het, het familielede van Sono en Shabalala 'n kerkdiens by die begraafplaas bygewoon.

Wat is die verband tussen geloof en geweld teen vroue? 01.03.2013

Die minister van vroue, kinders en gestremdes, Lulu Xingwana, het Afrikaner mans om verskoning gevra oor haar stelling dat hulle hul vroue en kinders as besittings beskou en glo dat hulle die reg het om hulle dood te maak, onvoorwaardelik teruggetrek. Dit volg nadat 'n storm los gebars het oor die uitlatings met verwysing na die skietdood van Oscar Pistorius se vriendin, Reeva Steenkamp. Die vraag...

Eet neute en olyfolie 01.03.2013

Mense wat daagliks olyf olie en neute in hul dieet insluit, se kanse is aansienlik laer om hart aanvalle en beroetes te kry. So sê Spaanse wetenskaplikes. En vir meer hieroor, praat Anita Visser met RSG se wetenskapkorrespondent, George Claassen.

Boesman pak pad Parlement toe aan 26.02.2013

Sy reis na Kaapstad het al verlede Maandag by die St. Blaize-grot in Mosselbaai begin. Piet Bêrend (dis sy Afrikaanse naam) is een van tien Boesmans van die Kalahari wat tans te voet na die Parlement op pad is. Hulle gaan daar 'n memorandum oor die regte van inheemse volke oorhandig. Hulle behoort teen môre daar aan te kom, sonder 'n afspraak, en dit op dieselfde dag as wat die minister van finans...

Adam Small kry Hertzogprys 13.09.2012

Die gevierde Afrikaanse digter en dramaturg, Adam Small, het gisteraand die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se hoogste toekenning, die Hertzogprys, in Stellenbosch ontvang. Die prys is vir al sy werk toegeken. Die Hertzogprys word gewoonlik toegeken aan 'n skrywer wat in die laaste drie jaar nuwe en substansiële werk gepubliseer het. Small se laaste toneelstuk is in die jare tagtig...

SA vaar swak met onderwys 12.09.2012

Suid-Afrika het in die jongste Mededingendheidsopname van die Wêreld Ekonomiese Forum skerp uiteenlopende vlakke van welslae behaal. Die land vaar of baie goed of uiters vrot. Die goeie nuus: die land is volgens dié opname die heel beste wat die regulering van sy aandele- en ander sekuriteitebeurse betref. Eerste wat die gehalte van sy ouditering en verslagdoening betref. Eerste wat die doeltreffe...

Coca-tea bevat wél kokaïene 12.09.2012

Toetse deur die maatskappy Drug Detection International, het bevind dat Coca-tea wél die dwelmmiddel kokaïene bevat. Dié produk, wat by Dischem verkoop is, is van die winkelrakke verwyder as 'n voorsorgmaatreël.

Polisie glo onwillig om vemeende kinder-pornonetwerk te ondersoek 11.09.2012

Die polisie in Brits in Noordwes sal vandag bewysstukke van 'n vermeende kinderpornografienetwerk in hul omgewing ontvang nadat 'n liefdadigheidswerker al langer as 'n maand probeer om dit vir hulle te gee. Die liefdadigheidswerker, Mike Cronje, het op die netwerk wat glo onwelvoeglike halfkaal foto's van meisies so jonk as 13 vervaardig en versprei, afgekom toe hy gehelp het om 'n dogtertjie te s...

Skaliegas 10.09.2012

Die regering se besluit om die moratorium op gas-eksplorasie en ontginning in die Karoo op te hef, het die omstredenheid oor die kwessie van voor af laat opvlam. Beskuldigings word nou gemaak dat die regering se besluit voortydig is, dat 'n klomp mense wat regstreekse belang by die saak het geensins geraadpleeg is nie en dat die negatiewe ervaring met die hidro-brekingsmetode elders in die wêreld...

Liedjieskrywer Louis van Rensburg sterf 10.09.2012

Die 68-jarige komponis, musikant en sanger Louis van Rensburg is gister in Johannesburg aan 'n longkwaal oorlede. Een van sy jarelange vriende, die sanger en liedjieskrywer, Jannie du Toit, sê Van Rensburg sal veral onthou word vir die komposisies wat hy vir dramareekse soos Arende geskryf het.

Woolworths sê hy is nie rassisties nie 05.09.2012

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het mense onlangs warm onder die kraag gehad weens omstredenheid met werksaansoeke deur wittes. Nou gons dit weer op sosiale netwerke oor die kettingwinkel Woolworths wat in sy advertensies vir die werwing van nuwe personeel nie wittes insluit nie. Sommige mense op die netwerke het Woolworths daarvan beskuldig dat die maatskappy rassisties is. Maar Woolworths het hierd...

SA hoog geag in internasionale onderwyskringe 05.09.2012

Alle onderwysstelsels in die wêreld is onder geweldige druk en verandering vind nie maklik plaas nie. Suid Afrika is geen uitsondering nie en is selfs in baie gevalle beter daaraan toe as vele ander lande. Dis die mening van die algemene sekretaris van Educational International, Fred Leeuwen, wat 'n gasspreker was by die jaarlikse SAOU simposium vir skoolhoofde in Port Elizabeth. Veronica Fourie d...

Liplees vs gebaretaal 30.08.2012

Met doofheidbewustheidsweek fokus ons vanoggend op die debat in die dowegemeenskap tussen die voorstanders van liplees en die voorstanders van gebaretaal. 'n Menslike Hulpbronbestuurder van Bloemfontein, Bobby van Essen, sê hy is al so gewoond aan sy vrou se gehoorgestremdheid, dis eintlik vir hom normaal. Sy vrou, Astrid, liplees en gebruik glad nie gebaretaal om te kommunikeer nie. Van Essen sê...

Huldeblyk aan die ruimtevaarder Neil Armstrong 28.08.2012

Die Amerikaanse ruimtevaarder, Neil Armstrong, se dood is as 'n groot verlies vir ruimtewetenskap en verkenning beskryf. Armstrong het op 82-jarige ouderdom van komplikasies weens kardiovaskulêre chirurgie gesterf. Sy voormalige bemanningslid, Buzz Aldrin, sê dis hartseer dat al drie ruimtevaarders nie met die vyftigste herdenking van die maanlanding daar sal wees nie.

Omstrede Miss Julie weer in SA ná 30 jaar 28.08.2012

'n Klassieke Sweedse toneelstuk van die laat 1800s, wat opspraak verwek het toe dit in die middel jare tagtig tydens die politieke onstuimigheid in Suid-Afrika opgevoer is, is binnekort weer terug op eie bodem. Die opvoering van MISS JULIE het konserwatiewe Suid-Afrikaners sowat 30 jaar gelede geskok weens 'n toneel waar 'n witvrou en 'n swartman mekaar op die verhoog soen. Die Baxterteater in Kaa...

Blinde RSG-luisteraar se Paralimpiese droom word waar 28.08.2012

'n Blinde RSG-luisteraar van Riebeeck-Kasteel in die Wes-Kaap, die 39-jarige Jan Nehro, sê dis 'n droom bewaarheid om aan die Paralimpiese Spele in Londen deel te neem. Die Spele begin amptelik op 29 Augustus met die openingseremonie. Nehro, 'n langafstand-atleet en sy gids Duane Fortuin, neem aan die 5 000 meter vir mans deel. Dis Nehro wat blind is in beide oë, se eerste Paralimpiese Spele. Rine...

Medisyne vir verslaafdes? 23.08.2012

'n Heroiene en crack-verslaafde, Chris Lubbe, sê sy lewe het heeltemal verander. Dit het gebeur net voor hy homself met 'n oordosis van die dwelms wou doodmaak, nadat hy in al wat 'n rehabilitasiesentrum in die land was. Hy sê hy is gered toe hy Naltrexone begin gebruik het. Kundiges meen egter dat dit met omsigtigheid gebruik moet word.

Malema 20 Augustus 2012 20.08.2012

Die politieke ontleder Theo Venter praat oor Julius Malema se optrede by die Lonmin-myn op Marikana.

Mynkonflik 20 Augustus 2012 20.08.2012

Chris Jacobs praat oor die konflik tussen die partye by die Lonmin-myn op Marikana.

Christopher Bennett, 1942 - 2012 17.08.2012

'n Erediens en nagwaak sal vanmiddag vir die voormalige veteraanuitsaaier van die SAUK, Christopher Bennett, by Palm Beach aan die suidkus van Kwazulu-Natal gehou word. Die sewentigjarige Bennett is Sondag in Port Shepstone weens longongsteking en bronchitis oorlede. Sy uitsaailoopbaan strek oor drie dekades van 1960 tot 1994. Hy word beskou as een van die SAUK se beste radionuuslesers, aanbieders...

Nasionale Ontwikkelingsplan 16.08.2012

Minister Trevor Manuel se hersiene nasionale ontwikkelingsplan is gister aan president Zuma oorhandig. Die ambisieuse plan wil onder meer armoede teen 2030 uitskakel. Anita Visser praat hieroor met prof. Dirk Kotze van UNISA se Departement Politieke Wetenskap.

Taalkonferensie 15.08.2012

'n Afrikaanse stad as voorwaarde vir die blywende stabiliteit en groei van Afrikaans. Dis 'n idee wat gister by die taalkonferensie van die FAK en die Vereniging vir Regslui vir Afrikaans voorgehou is. Die man aan die woord was Koos Malan, professor in Publiekreg by Tukkies en 'n bestuurslid van die Vereniging vir Regslui vir Afrikaans. Nog 'n spreker was die voorsitter van die FAK-direksie, prof....

Swaziland wil grond terug hê van SA 15.08.2012

Swaziland kan moontlik slaag in sy aansoek by die Verenigde Nasies dat koloniale grense verander moet word. Willie Breytenbach, 'n politieke wetenskaplike verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch, sê dit is omdat daar reeds 'n presedent is waarvolgens koloniale grense in Afrika verander is. Swaziland wil die grond terugkry wat in die 1880's aan die Suid-Afrikaanse Republieke gegee is.

Geld = Olimpiese medaljes sê Tim Noakes 14.08.2012

Afrika, met 'n bevolking van meer as 'n miljard mense, kon slegs 31 medaljes by die Olimpiese Spele verower. Daarenteen het Frankryk, met 65 miljoen inwoners, vier medaljes méér as die hele Afrika-kontinent inpalm. Volgens 'n professor in sportwetenskap aan die Universiteit van Kaapstad, Tim Noakes, is prestasie egter direk eweredig aan die geld wat 'n land of vasteland aan hulle sportlui spandeer...

Hoekom vaar klein beter as SA in Olimpiese Spele? 14.08.2012

Die atletiek-statistikus en skrywer, Riël Haumann, sê dit is weens swak bestuur dat Suid-Afrika nie meer so goed in atletiek vaar nie waar ons tradisioneel uitgeblink het. Haumann bevraagteken die feit dat 'n land soos Jamaika, 'n eiland met minder as 3 miljoen mense, vyf plekke beter as Suid-Afrika op die Olimpiese medalje-leer geeindig het.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.