RSG

Monitor

News AF ↓ 4398 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 13, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Persoonlike inligting op internet onveilig 29.05.2014

Indien jy die rekeninkunde-sagteware Sage Pastel gebruik op jou rekenaar, is jou inligting op internet-ruimtes dalk nie veilig nie. Dit blyk na 'n inligtingskonsultant vertroulike inligting van 'n maatskappy verkry het, wat die gerespekteerde sagteware maatskappy Sage Pastel se programatuur gebruik. Melissa Tighy het ondersoek ingestel.

Die Grondwet en morele waardes 29.05.2014

Nelus Niemandt, professor in Godsdiens- en Sendingwetenskap by die Universiteit van Pretoria en die politieke ontleder van die Universiteit van Johannesburg, Dr Piet Croucamp praat oor die Hoofregter se interpretasie van die Grondwet en of die kerk sy uitspraak sou verwelkom.

Ontleding van kabinetskeuses 27.05.2014

Pres. Jacob Zuma se kabinetskeuses lok uiteenlopende reaksie uit. Bekwame ministers is laat gaan en ander wat in die verlede onbeholpe voorgekom het, is beloon. Die ministers kan regstreeks of onregstreeks 'n beduidende invloed op die land se ekonomie uitoefen. Dr. Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg en Hoofekonoom van die Efficientgroep, Dawie Roodt ontleed die kabinetskeuses.

Veranderinge aan gesondheidswet onwettig 26.05.2014

Voorskrifte oor waar dokters mag werk, is teenstrydig met die Grondwet.

Nuwe navorsing kan help om weerlig te voorspel 19.05.2014

Die Reading Universiteit van Engeland het bevind dat sonwinde geleiers kan wees vir weerlig. Daar word gehoop om in die toekoms hierdie inligting te gebruik om te voorspel waar en wanneer weerlig-storms verwag kan word. Professor Hannes Rautenbach, 'n weerkundige aan die Universiteit van Pretoria, sê die voorkoms van weerlig in Lesotho en Suid-Afrika is van die hoogste in die wêreld, met 'n jaarli...

Media skep wanindruk oor myners se daaglikse take 19.05.2014

Indrukke wat deur die media geskep word oor mynwerkers en wat presies hulle daaglikse wersktake behels, is verkeerd sê 'n mynwerker wat nou al 30 jaar in die platinumsektor werk. Hy het twee dekades ondergrond gewerk en op voorwaarde van anonimiteit met Marlinee Fouche gepraat.

Wildinteling gevaarlik vir biodiversiteit 19.05.2014

'n Navorser waarsku dat die teling van unieke wild vir eienskappe soos ongewone haarkleur of horingkwaliteit, risiko's inhou vir die wildbedryf sowel as vir die biodiversiteit.

Plastiek herstel vanself 15.05.2014

'n Nuwe soort plastiek word in die VSA ontwikkel, wat krake en krap vanself herstel. In Japan is daar reeds voertuie met hierdie tegnologie wat 'n skraap binne 'n dag vanself kan herstel. Die tegnologie kan toegepas word op huisverf asook mikro-krake op vliegtuie se vlerke. Prof. Bert Klumperman van die Universiteit van Stellenbosch se Departement Polimeerwetenskappe sê hoewel dit nie nuwe tegnolo...

Zuma pak media 13.05.2014

President Jacob Zuma se oorwinningstoespraak Saterdag is gekenmerk deur verwysings na 'n lang lys van sy politieke vyande - van opposisiepartye tot politieke ontleders en daardie altyd handige slaansak, die media. Anita Visser praat hieroor met die politieke ontleder, oudredakteur en joernalis Max du Preez.

Verkiesing gee Pieter-Dirk Uys nuwe materiaal 09.05.2014

Die politieke satirikus Pieter-Dirk Uys sê verkiesings gee vir hom die beste materiaal vir sy tong-in-die-kies vertonings. Hy sê hy het in die afgelope verkiesing reeds 'n klomp flaters van politici ge-identifiseer waarmee hy die spot sal kan dryf.

Verkiesingsaansprake 02.05.2014

Die land gaan volgende week na die stembus. Van Maandag af mag geen politieke saamtrekke of toesprake meer gehou word tot na die verkiesing nie. Twee van ons voorste politieke ontleders neem die voorspellings en aansprake in oënskou, ook die moontlike verwikkelinge na die verkiesing.

Gita se buitelug-kantoor 02.05.2014

Gita Williams smous met haar kêrel se handewerk. Haar kantoor is langs die pad, vertel sy trots. Haidee Muller het onder die boom in Gita se "buitelug kantoor" gaan sit om meer uit te vind oor hierdie jongmeisie se lewe.

Tradisionele- vs hoftroue 01.05.2014

'n Spoggerige troue kan jou 'n paar miljoen rand uit die sak uit jaag, terwyl jy teen 'n sakpasprys voor 'n landdros kan trou. 'n Regskenner reken 'n huweliksbevestiging en nodige dokumente is eintlik heel eenvoudig in vergelyking met die troues wat op tydskrifvoorblaaie pryk.

Sonder bene op 'n motorfiets 01.05.2014

Sy storie word as inspirerend en roerend beskryf - 'n man wat sonder bene om die wereld op sy motorfiets gery en ander gestremdes gemotiveer het. Maar waarom het Dave Barr besluit om sy lewe ten volle te geniet, pleks daarvan om homself jammer te kry?

"Musiek gaan oor die boodskap" 29.04.2014

Dit gaan oor die boodskap en hoeveel mense die boodskap hoor. So verduidelik die kitaarspeler van die Suid-Afrikaanse popmusiekgroep BEATENBERG, Matthew Field. Die baskitaarspeler van die meer alternatiewe musiekgroep ISO, Franco Schoeman verduidelik weer dat aanpassings aan jou musiekstyl onafwendbaar is in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die Windpomp 28.04.2014

Die aktrise Marga van Rooy sê sy het laas met Jans Rautenbach se JANNIE TOTSIENS só iets gesien. Grethe Fox vergelyk die regisseur Etienne Fourie met 'n groot naam soos Manie van Rensburg. Maar waaroor gaan die bohaai oor die Afrikaanse fantasie-fliek DIE WINDPOMP nou eintlik? Volgens RSG se fliekresensent, Leon van Nierop, is dit die eerste keer in 'n Afrikaanse fliek wat wetenskapfiksie, 'n tikk...

1994 Verkiesing: 20 jaar later 28.04.2014

Twintig jaar gelede het bykans 20 miljoen Suid-Afrikaners geduldig in lang rye en soms vir ure in die son gestaan om te stem in die verkiesing wat van 26 tot 29 April gehou is. Die stempersentasie was 86 persent en daar was minder as 1 persent bedorwe stembriewe. Die man wat in 1994 as voorsitter van die OVK moes sorg dat die verkiesing op glad geoliede wiele loop, was regter Johann Kriegler.

Internasionale Erfenismaand 28.04.2014

Terwyl Internasionale Erfenismaand gevier word, is Suid-Afrikaners bekommerd oor plaaslike erfenisterreine wat óf besig is om te verval, óf nie optimaal benut word nie. Die restaurant-eienaar, Lame Ebersohn, sê haar droom is dat Kerkplein in Pretoria - net soos in Europese hoofstede - 'n sakekern sal wees waar mense werk en kuier.

Huiseienaars spandeer meer aan onderhoud 28.04.2014

Eerste Nasionale Bank se eiendomsagentopname vir die eerste kwartaal wys dat huiseienaars meer geld bestee aan die instandhouding van hulle wonings. 'n Eiendomstrateeg van FNB, John Loos, sê die studie vergelyk die vlakke van onderhoud en opgraderings met die van 2008 en 2009 tydens die resessie.

Melville as toonbeeld van demokrasie 25.04.2014

Die boheemse voorstad Melville in Johannesburg word deur sommige mense as die vergestalting van demokratiese ideale beskou. Dit is een van die min plekke in die land waar mense van verskillende oortuigings, rasgroepe en geloofstradisies reeds lank voor die afskaffing van apartheid in harmonie saamleef. Die 89-jarige Mienie Breedt woon sedert 1926 in die kosmopolitaanse smeltkroes.

Verkiesingsdebat 23 April 2014 23.04.2014

Anita Visser lei 'n verkiesingsdebat op George in die Wes-Kaap. Die deelnemers is Lynn Brown van die ANC, Marius Swart van die DA, Monica Brown van Agang en Derrick Petersen van ICOSA.

Verkiesingsdebat 16 April 2014 16.04.2014

Cobus Bester lei die verkiesingsdebat op Kerkplein in Pretoria. Die deelnemers is dr. Pieter Mulder van Vryheidsfront Plus , Anchen Dreyer van die DA en Dan Roodt van Front Nasionaal.

Die rol van openbare uitsaaiers in 'n verkiesing 14.04.2014

'n Politieke ontleder aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus, prof. Andre Duvenhage, meen openbare uitsaaiers moet sover moontlik billike dekking gee aan politieke partye tydens verkiesings, maar wêreldwyd word daar soms te veel verwag.

SAUK verbied DA advertensie 14.04.2014

Die SAUK se besluit om 'n verkiesingsadvertensie van die DA te verbied, is ongrondwetlik en onwettig. So sê die party se leier, Helen Zille, wat die naweek in Soweto gereageer op 'n besluit van die openbare uitsaaier om nie 'n televisie- en radio-advertensie van die party uit te saai nie, onder meer op grond daarvan dat die advertensie glo geweld sal aanhits. Die DA het Saterdag 'n klag by die Ona...

Geopolitiese toerisme 14.04.2014

'n Engelsman en sy Suid-Afrikaanse vriendin het 'n innoverende manier bedink om uitgekuierde toeriste iets nuuts te bied. Hulle antwoord? Geopolitiese toere wat jou neem na gebiede wat gereeld vir die verkeerde redes in die nuus is. Die twee is op die oomblik met 'n groep toeriste in Kief vanwaar hulle met Monitor gepraat het.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.