RSG

Monitor

News AF ↓ 4397 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 12, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Plaaswerker sê hy soek vaardighede, nie grond 24.06.2014

'n Anonieme plaaswerker sê hy soek nie grond nie. Hy wil eerder vaardighede aanleer sodat hy kan uitstyg. Hy is nie ontevrede met sy werkgewer nie, maar daar is min kans vir vordering. Die man is die derde geslag op die plaas.

Minister se grondplanne onprakties - navorser 24.06.2014

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, se voorstel dat boere 50-persent van hulle grond aan werkers moet gee, is so onprakties dat dit nooit geïmplementeer sal word nie. Dit is die mening van prof. Ruth Hall, 'n navorser by die navorsingsgroep PLAAS.

Boere oor grondhervorming 24.06.2014

Landbou is soos enige ander bedryf 'n sakeonderneming, maar dit word uitgesonder vir die verdeling van rykdom sê die parlementêre verteenwoordiger van Agri-SA, Annelize Crosby. Sy het reageer op die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, se voorstel vir grondhervorming.

Arbeidshofuitspraak laat wenkbroue lig 23.06.2014

'n Onlangse uitspraak in die Arbeidshof oor seksuele teistering, het die wenkbroue laat lig. Die hof het gelas dat 'n man, wat afgedank is weens beweerde seksuele teistering, weer in sy pos aangestel moet word.

Malema uit parlement gejaag 20.06.2014

Die leier van die EFF, Julius Malemam, is gisteraand gevra om die Nasionale Vergadering te verlaat nadat hy geweier het om sy aanmerkings tydens die eerste dag van die staatsrededebat terug te trek. Hy het die ANC-regering daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik is vir die moord op mynwerkers twee jaar gelede by Marikana.

Zelda se boek oor Madiba op die rakke 19.06.2014

Oudpresident Nelson Mandela is in sy laaste jare afgesonder, aan dikwels swak mediese behandeling blootgestel, en 'n interne politieke speelbal gemaak deur gesinslede en amptenare om hom. Sy jarelange getroue persoonlike assistent, Zelda le Grange, maak die skokonthullings in haar boek wat vandag op die rakke verskyn. GOEIE MÔRE, MNR. MANDELA is nie 'n volledige outobiografie nie, maar wel 'n aang...

Boer oor verlies na brand 18.06.2014

Steven Glutz is 'n boer in Kwazulu-Natal naby Vryheid. Hy sê hy het miljoene rand se skade gely, toe die verwoestende brande sy plantasies beskadig het. Hy het ook van sy beeste in die vuur verloor. Marlinee Fouche doen verslag.

Vet nie gevaarlik 17.06.2014

Dekades lank is vet in voedsel as die sondaar voorgehou, maar al hoe meer navorsing onthul dat dit nie vette is wat ons gesondheid knou nie. George Claassen verduidelik.

Middelklas groei 16.06.2014

Volgens 'n Franse maatskappy raak Afrika se middelklas groter. Dit help om beleggers na die kontinent te lok.

Mans besoek dokter te min. 13.06.2014

Dit is Internasionale Mans Gesondheidsweek. Dokter Elna Roedolph, 'n seksuele gesondheidsdokter in Pretoria, sê mans gaan oor die algemeen baie minder dokter toe as vroue. Sy sê van die gesondheidsprobleme wat die meeste op dood uitloop onder mans is hartaanvalle en beroertes. Marlinee Fouche doen verslag.

50 jaar herdenking van Rivonia verhoor 12.06.2014

Vandag 50 jaar gelede, op 12 Junie 1964, is wyle oud-President Nelson Mandela en sewe ander mede-beskuldiges in die Rivonia-verhoor lewenslange tronkstraf opgelê. Die ander beskuldiges was Dennis Goldberg, Kathy Kathrada, Andrew Mlangeni, Walter Sisulu, Govan Mbeki, Raymond Mhlaba en Elias Motsoaledi. Die Rivonia-verhoor het oor 'n tydperk van agt en 'n half maande plaasgevind, en word beskou as e...

Pele, beste sokkerspeler van alle tye 12.06.2014

Die oorgrote meerderheid van alle sportskrywers en liggame is dit eens oor wie as die suksesvolste sokkerspeler van alle tye beskou kan word. Nie Messi, of Maradonna nie, maar Edson Arantes Do Nascimento, beter bekend as Pele.

Suikerverslawing 'n epidemie 11.06.2014

Suikerverslawing is net so erg soos afhanklikheid van dwelmmiddels, en is 'n kommerwekkende verskynsel van die moderne samelewing sê kenners. Meer en meer mense ooreet hulle aan suiker en kosse ryk aan koolhidrate, wat op die langtermyn dieselfde effek as dwelmmiddels in die brein ontlok. Marissa Breytenbach doen verslag.

Rugbyspeler Frans Steyn wys Suid-Afrika aanbod van die hand. 11.06.2014

Dit is nog onbekend of die rugbyspeler, Frans Steyn, regtig uit die Springbokspan onttrek het weens 'n beweerde geskil oor geld met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Die rugbylegende, Naas Botha, meen egter dit is aanvaarbaar vir enige speler om sy land se uitnodiging van die hand te wys.

Taaldebat 09.06.2014

Leon Wessels en Flip Buys debateer oor Afrikaans.

Tim du Plessis praat oor joernalistiek 04.06.2014

Die veteraanjoernalis, Tim du Plessis, het oor baie jare diep spore getrap in die Suid-Afrikaanse joernalistiek. Tim het op onlangs uitgetree na 'n loopbaan waarin hy onder meer die redakteur van die dagblad, Beeld, was. Hy het ook 'n leidende rol gespeel in verteenwoordigende liggame wat die belange van die joernalistiek bevorder. Tim pak nou 'n nuwe rigting aan en vertel meer daaroor, maar hy pr...

Eiendomsreg in gedrang 04.06.2014

Daar is toenemende kommer dat eiendomsreg in die land in die gedrang is wat ANC-wetgewing betref. 'n Ondersoek deur AfriSake dui op regeringsbeleid om eiendomsreg stelselmatig af te takel. Die regskenner en Afriforum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, en die Uitvoerende Hoof van die Vryemarkstigting, Leon Louw praat oor die wetgewing.

E-sigarette onder vergrootglas 03.06.2014

Rokers is oor die naweek op Internasionale Geen Tabak-dag aangemoedig om die gewoonte te staak.

Media-etiek 2 03.06.2014

Die ombudsman vir Media24 se gemeenskapskoerante, professor George Claassen sê dat die media 'n verantwoordelikheid het om eties op te tree.

Media etiek 1 03.06.2014

Die gebruik van woorde soos monster in mediaberigte is funksioneel, sê 'n lektor in joernalistiek aan die Universiteit van Pretoria, Marenet Jordaan. Dit volg nadat 'n pa van Springs wat aangekla word van kindermishandeling in die media 'n monster genoem word nog voordat hy skuldig bevind is. Dagblaaie het ook feitefoute begaan. Jordaan sê koerante en ander media-instellings se verantwoordelikheid...

Metropolisie gedwing om boetes uit te reik 03.06.2014

Talle Johannesburgse metropolisiebeamptes moet glo daagliks minstens agt boetes uitreik, anders mag hulle nie oortyd werk op Sondae nie. Indien hulle wel oortyd werk, word hulle weer aangesê om die publiek te viktimiseer deur om byvoorbeeld buite kerke motoriste in te wag. Ons het met een van die beamptes gepraat maar sy stem vermom om homself te beskerm.

Springs-pa op sosiale media geïdentifiseer 30.05.2014

Die pa van Springs aan die Oos-Rand wat glo sy vrou en vyf kinders aangehou, aangerand en gemartel het, is gister op 'n webtuiste geïdentifiseer. Daarna het derduisende mense sy foto en naam op sosiale media versprei. Volgens wet, mag 'n beskuldigde in 'n strafreg saak waar minderjarige kinders betrokke is, nie geïdentifiseer word nie, omdat die kinders se identiteit beskerm word. Die direkteur va...

Ma blameer haarself vir kind se dood 30.05.2014

Die ma van die tweejarige Christabelle Labuschagne, wat vermoedelik deur haar stiefma vermoor is, blameer haarself omdat sy haar kind nie gekeer het om die naweek vir haar pa te gaan kuier nie. Die stiefma, Linda Hope, is gister in die Springs-landdroshof op borgtog vrygelaat. Christabelle se ma, Madelein Labuschagne, sê sy glo nie dit was 'n ongeluk soos wat Hope voorgee nie.

Terugplasing van omgeruilde babas 29.05.2014

Die terugplasing van twee kinders wat drie jaar gelede as babas in die hospitaal omgeruil is, kan onberekenbare emosionele skade veroorsaak. Só sê 'n sielkundige van Johannesburg, doktor Johan Ferreira.

Persoonlike inligting op internet onveilig 29.05.2014

Indien jy die rekeninkunde-sagteware Sage Pastel gebruik op jou rekenaar, is jou inligting op internet-ruimtes dalk nie veilig nie. Dit blyk na 'n inligtingskonsultant vertroulike inligting van 'n maatskappy verkry het, wat die gerespekteerde sagteware maatskappy Sage Pastel se programatuur gebruik. Melissa Tighy het ondersoek ingestel.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.