RSG

Monitor

News AF ↓ 4397 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 12, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Mark Banks 30.07.2014

Die humoris Mark Banks sê komedie is deesdae veel moeiliker as 20 jaar gelede. Banks sal die naweek 'n toekenning ontvang by die Comic Choice Toekenings vir sy lewenslange bydrae tot komedie.

Huursoldaat? - 2 30.07.2014

As 'n Suid-Afrikaner in 'n ander land se weermag wil dien, moet hy eers toestemming, of 'n permit van die Suid-Afrikaanse regering kry. So verduidelik 'n onafhanklike verdedigingskenner, Helmut Romer-Heitman.

Bierbrou 29.07.2014

Bier is amper ouer as tyd. So sê Anton Erasmus, die broumeester by SAB Miller. Voor formele bierbrouerye in Suid-Afrika gevestig is, is daar bier gebrou met resepte uit Noord-Afrika. Met die opkoms van mikrobrouerye raak dit al hoe meer 'n uitdaging vir sowel groot as klein brouerye om in die smaak van gewone Suid-Afrikaners te voldoen.

Plaasaanvalle - Deel 1 29.07.2014

'n Boer van Daniëlsrus in die Reitz-distrik, Andre van Greunen, is in die hospitaal oorlede nadat hy drie weke gelede op sy plaas aangeval is. Dit volg te midde van 'n aankondiging van die Menseregtekommisie om 'n ondersoek na plaasaanvalle te doen. Die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, het ook verlede week aangedui dat hy plaasaanvalle opnuut gaan pak. Izak du Plessis het in die lig hierva...

Oppikoppi 20 jaar 28.07.2014

Oppikoppi het in die vroeë jare negentig begin as 'n private konsert vir 'n handjievol mense op 'n plaas buite Northam in Limpopo. Vandag is dit een van die grootste musiekfeeste in die suidelike halfrond. Na verwagting sal duisende mense die tweede naweek van Augustus vanjaar weer tent opslaan in die stoflandskap tussen die dorings vir die 20ste Oppikoppi musiekfees. Ons wil sensitiewe luisteraar...

Dieetdebat woed voort 25.07.2014

As die vurige pro- en anti-Tim Noakes dieetkampvegters se eindelose debat oor die effektiwiteit van sy eetplan jou verwar, hier is nog n stuiwer in die armbeurs. Anita Visser het met dr. Luc Evenepoel, medikus en skrywer van LOSE THE WEIGHT AND KEEP IT OFF, gesels en hy glo alle diëte is uit die bose.

Stasiebom - 50 jaar later 24.07.2014

Dit is vandag presies 50 jaar gelede dat Frederick John Harris 'n bom geplant het by Johannesburg Parkstasie se afdeling vir "SLEGS BLANKES" soos wat dit destyds aangedui is. Harris was 'n onderwyser en lid van die AFRICAN RESISTANCE MOVEMENT en die bom was sy standpunt teen apartheid.

Ooreenkomste tussen Israel en apartheid SA 24.07.2014

Die regering het vandeesweek bekendgemaak dat hy 'n taakspan onder leiding van dr. Aziz Pahad na Israel sal stuur om te help om vrede te bewerkstellig. Suid-Afrika het in 1994 aansien in die oë van die wereld verwerf toe hy 'n suksesvolle einde aan apartheid onderhandel het. Die moderator van die NG-kerk sinode, dr. Braam Hanekom, sê daar is wel ooreenkomste tussen die Staat van Israel en die ou a...

Polisie se geloofwaardigheid 23.07.2014

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte sê die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe sal slegs as suksesvol en geloofwaardig beskou word as hulle optree binne die konteks van 'n menseregtekultuur soos deur die Grondwet vereis word. Die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, het hom daartoe verbind om burgers se vertroue in die wetstoepassers en die strafregstelsel te herstel. Die sentrum het die ond...

Skisofrenie 23.07.2014

Wetenskaplikes by die Massachusets Institute of Technology en Harvard Universiteit in Boston, het daarin geslaag om 108 genetiese merkers te identifiseer wat 83 nuwe merkers insluit. Dit volg op die wêreld se grootste studie oor skisofrenie wat meer as 'n honderd wetenskaplikes en 150 000 mense betrek het. Die resultate wat vandeesweek in die joernaal NATURE gepubliseer is, hou belangrike langterm...

Israel/Palestina-konflik 22.07.2014

Die konflik tussen Israel en Palestina het 'n lang en ingewikkelde geskiedenis verweef met politiek en godsdiens. Dit het veral momentum gekry toe die staat Israel in 1948 gevestig is, sê die politieke ontleder, Theo Venter.

Tradisionele inisiasies 3 18.07.2014

Volgens amptelike statistiek is sowat 31 jong mans reeds dood sedert die tradisionele inisiasie-seisoen begin het. Die kommissie vir die beskerming van kulturele, godsdienstige en taalregte het reeds verlede jaar 'n verslag uitgereik met aanbevelings oor hoe die sterftes voorkom kan word, maar tot dusver is min daarvan geimplementeer.

Tradisionele inisiasies 2 18.07.2014

Na aanleiding van die aktivis Guy Lokoti se versoek oor tradisionele inisiasiepraktyke, het Monitor verskeie instansies gekontak om uit te vind wat hulle doen om die aantal sterftes tydens inisiasie te ondersoek.

Tradisionele inisiasies 1 18.07.2014

Die afgelope jaar is sowat 162 mans dood tydens tradisionele inisiasiepraktyke. So sê Guy Lokoti, 'n aktivis teen die besnydenisaspek van die praktyk. Hy sê dit is drie keer meer sterftes in een jaar, as by Marikana - daarom voel hy iemand moet iets aan die saak doen. Lokoti is self besny en glo die komplikasies verbonde aan die operasie is die rede agter die sterftes.

Tradisionele inisiasies 4 18.07.2014

Die Minister van Gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, het geld bewillig vir mediese dokters om te help met die besnydenisprosedure by geregistreerde tradisonele inisiasieskole. Motsoaledi se woordvoerder, Joe Maila, sê hoewel dit eintlik deel vorm van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele sake se mandaat, kan die regering nie langer toekyk hoe jong mans tydens die inisiasies doodg...

SAUK oor Afrikaans op TV 16.07.2014

Die besluit om die Afrikaanse nuus en ander programme van SABC2 na SABC3 te skuif, lok wyd reaksie uit. Ook Monitor en Spektrum se luisteraars wou weet waarom hulle nie meer die nuus om sewe op weeksdae op SABC2 sal kan kyk nie, aangesien SABC 3 in dele van die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap nie opgevang word nie. Die Afrikaanse bulletin sal terselftertyd op DSTV se kanaal 404 om 19:30 uites...

Nuwe bloedtoets vir Alzheimers? 14.07.2014

Die wêreld se top demensie-spesialiste het Saterdag in Kopenhagen aangekom waar elke moontlike aspek van Alzheimers en die jongste navorsing daaroor voorgelê en bestudeer word. Navorsers van 60 lande sal die jongste teorieë oor Alzheimers met hulle kollegas bespreek, opsoek na die pad vorentoe. Een gerekende wetenskaplike, prof. Simon Lovestone van die Universiteit van Oxford, sal beslis daar wees...

FAK oor Die Stem 09.07.2014

Onsensitiwiteit teenoor kulturele simbole sal Suid-Afrikaners verder verdeel en vervreem. Dis die mening van die FAK in 'n mediaverklaring wat die organisasie gister uitgereik het na aanleiding van Die Stem-debakel waar Steve Hofmeyr die lied tydens die Innibos-feeskonsert gesing het. Sowat 45 000 mense het opgestaan om die lied saam te sing. Die besturende direkteur van die FAK, dr. Danie Langner...

Varswatermossels 07.07.2014

Varswatermossels is in die omgewing van Nieuwoudtville in die Noord-Kaap aangetref. Dit is die eerste keer dat lewende voorbeelde van hierdie diere in die provinsie gevind word. Reginald Witbooi het die Oorlogskloof Natuureservaat in Nieuwoudtville besoek…

Natuurlike gas 03.07.2014

Suid-Afrika is een van die Afrikalande wat voordeel sal trek uit die ontdekking van natuurlike gas in Mosambiek en Tanzanië. Hierdie en ander verwikkelinge is vandeesweek by die sogenaamde "Gas Monetisation"-beraad in Maputo bespreek. Kenners in die energiesektor van regoor die wereld het die beraad bygewoon.

Monitor 40 jaar op lug - 3 01.07.2014

Dis vandag Dinsdag 1 Julie 2014 en dit beteken dis Monitor se vierde dekade op die lug ná 'n stroewe begin in 1974 toe luisteraars van die destydse Afrikaanse diens, niks lus was om Fanus Rautenbach se FLINK UIT DIE VERE te verruil vir 'n vroegoggend aktualiteitsprogram nie. Gelukkig het die houding oor die jare verander - 'n bietjie soos die program self. MONITOR het heelwat scoops gekry - een da...

Monitor 40 jaar op lug - 4 01.07.2014

Een van die nuusgebeure wat in 2014 nie net die land se politici laat regop sit het nie, maar ook die aandag van bekommerde ekonome getrek het, was die voortslepende AMCU-staking. Dit het Noordwes se platinumgordel vir meer as vyf maande lank in die nasionale kollig geplaas. Die 25-jarige Johan Koereia het in Mei aan Melissa Tighy vertel hoe uitmergelend die staking was vir mynwerkers op grondvlak...

Monitor 40 jaar op lug - 1 01.07.2014

MONITOR is vandag 40 jaar oud. Toe die program met Cobus Robinson aan die stuur, op 1 Julie 1974 by Fanus Rautenbach se FLINK UIT DIE VERE oorvat, was die gort behoorlik gaar. Die ou Afrikaanse diens se luisteraars was min beindruk met die verandering van roetine. Oor die jare het Monitor egter sy merk gemaak en die land se stories vertel - eers amptelik verwoord deur die kerkvaders en die Nasiona...

Monitor 40 jaar op lug - 2 01.07.2014

Van Gary Player wat persoonlik hulde bring aan sy held, Hendrik Verwoerd, tot Anneline Kriel se bontstaan om apartheid aan die Mejuffrou Wêreld beoordelaars in Londen te verduidelik, het Monitor oor die jare die nuus op 'n manier vertel wat tipies van die tydsgees was. Anita Visser het in die SAUK se klankargief op die volgende toespraak van premier John Vorster afgekom…

Transformasie by Maties 24.06.2014

Transformasie by die Universiteit Stellenbosch was een van die besprekingspunte by gister se US-raadsvergadering. Twee ander Afrikaanssprekende universiteite, Noordwesuniversiteit en die Universiteit van die Vrystaat, was ook onlangs in die nuus oor transformasie. Anita Visser praat hieroor met met die rektor van Universiteit Stellenbosch, prof. Russel Botman.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.