RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Eiendomsreg in gedrang 04.06.2014 14:52
Daar is toenemende kommer dat eiendomsreg in die land in die gedrang is wat ANC-wetgewing betref. 'n Ondersoek deur AfriSake dui op regeringsbeleid om eiendomsreg stelselmatig af te takel. Die regskenner en Afriforum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, en die Uitvoerende Hoof van die Vryemarkstigting, Leon Louw praat oor die wetgewing.
E-sigarette onder vergrootglas 03.06.2014 3:40
Rokers is oor die naweek op Internasionale Geen Tabak-dag aangemoedig om die gewoonte te staak.
Media-etiek 2 03.06.2014 1:37
Die ombudsman vir Media24 se gemeenskapskoerante, professor George Claassen sê dat die media 'n verantwoordelikheid het om eties op te tree.
Media etiek 1 03.06.2014 1:37
Die gebruik van woorde soos monster in mediaberigte is funksioneel, sê 'n lektor in joernalistiek aan die Universiteit van Pretoria, Marenet Jordaan. Dit volg nadat 'n pa van Springs wat aangekla word van kindermishandeling in die media 'n monster genoem word nog voordat hy skuldig bevind is. Dagblaaie het ook feitefoute begaan. Jordaan sê koerante en ander media-instellings se verantwoordelikheid...
Metropolisie gedwing om boetes uit te reik 03.06.2014 3:52
Talle Johannesburgse metropolisiebeamptes moet glo daagliks minstens agt boetes uitreik, anders mag hulle nie oortyd werk op Sondae nie. Indien hulle wel oortyd werk, word hulle weer aangesê om die publiek te viktimiseer deur om byvoorbeeld buite kerke motoriste in te wag. Ons het met een van die beamptes gepraat maar sy stem vermom om homself te beskerm.
Springs-pa op sosiale media geïdentifiseer 30.05.2014 3:11
Die pa van Springs aan die Oos-Rand wat glo sy vrou en vyf kinders aangehou, aangerand en gemartel het, is gister op 'n webtuiste geïdentifiseer. Daarna het derduisende mense sy foto en naam op sosiale media versprei. Volgens wet, mag 'n beskuldigde in 'n strafreg saak waar minderjarige kinders betrokke is, nie geïdentifiseer word nie, omdat die kinders se identiteit beskerm word. Die direkteur va...
Ma blameer haarself vir kind se dood 30.05.2014 3:34
Die ma van die tweejarige Christabelle Labuschagne, wat vermoedelik deur haar stiefma vermoor is, blameer haarself omdat sy haar kind nie gekeer het om die naweek vir haar pa te gaan kuier nie. Die stiefma, Linda Hope, is gister in die Springs-landdroshof op borgtog vrygelaat. Christabelle se ma, Madelein Labuschagne, sê sy glo nie dit was 'n ongeluk soos wat Hope voorgee nie.
Terugplasing van omgeruilde babas 29.05.2014 4:21
Die terugplasing van twee kinders wat drie jaar gelede as babas in die hospitaal omgeruil is, kan onberekenbare emosionele skade veroorsaak. Só sê 'n sielkundige van Johannesburg, doktor Johan Ferreira.
Persoonlike inligting op internet onveilig 29.05.2014 7:51
Indien jy die rekeninkunde-sagteware Sage Pastel gebruik op jou rekenaar, is jou inligting op internet-ruimtes dalk nie veilig nie. Dit blyk na 'n inligtingskonsultant vertroulike inligting van 'n maatskappy verkry het, wat die gerespekteerde sagteware maatskappy Sage Pastel se programatuur gebruik. Melissa Tighy het ondersoek ingestel.
Die Grondwet en morele waardes 29.05.2014 8:28
Nelus Niemandt, professor in Godsdiens- en Sendingwetenskap by die Universiteit van Pretoria en die politieke ontleder van die Universiteit van Johannesburg, Dr Piet Croucamp praat oor die Hoofregter se interpretasie van die Grondwet en of die kerk sy uitspraak sou verwelkom.
Ontleding van kabinetskeuses 27.05.2014 12:36
Pres. Jacob Zuma se kabinetskeuses lok uiteenlopende reaksie uit. Bekwame ministers is laat gaan en ander wat in die verlede onbeholpe voorgekom het, is beloon. Die ministers kan regstreeks of onregstreeks 'n beduidende invloed op die land se ekonomie uitoefen. Dr. Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg en Hoofekonoom van die Efficientgroep, Dawie Roodt ontleed die kabinetskeuses.
Veranderinge aan gesondheidswet onwettig 26.05.2014 7:21
Voorskrifte oor waar dokters mag werk, is teenstrydig met die Grondwet.
Nuwe navorsing kan help om weerlig te voorspel 19.05.2014 3:10
Die Reading Universiteit van Engeland het bevind dat sonwinde geleiers kan wees vir weerlig. Daar word gehoop om in die toekoms hierdie inligting te gebruik om te voorspel waar en wanneer weerlig-storms verwag kan word. Professor Hannes Rautenbach, 'n weerkundige aan die Universiteit van Pretoria, sê die voorkoms van weerlig in Lesotho en Suid-Afrika is van die hoogste in die wêreld, met 'n jaarli...
Media skep wanindruk oor myners se daaglikse take 19.05.2014 3:44
Indrukke wat deur die media geskep word oor mynwerkers en wat presies hulle daaglikse wersktake behels, is verkeerd sê 'n mynwerker wat nou al 30 jaar in die platinumsektor werk. Hy het twee dekades ondergrond gewerk en op voorwaarde van anonimiteit met Marlinee Fouche gepraat.
Wildinteling gevaarlik vir biodiversiteit 19.05.2014 3:28
'n Navorser waarsku dat die teling van unieke wild vir eienskappe soos ongewone haarkleur of horingkwaliteit, risiko's inhou vir die wildbedryf sowel as vir die biodiversiteit.
Plastiek herstel vanself 15.05.2014 2:29
'n Nuwe soort plastiek word in die VSA ontwikkel, wat krake en krap vanself herstel. In Japan is daar reeds voertuie met hierdie tegnologie wat 'n skraap binne 'n dag vanself kan herstel. Die tegnologie kan toegepas word op huisverf asook mikro-krake op vliegtuie se vlerke. Prof. Bert Klumperman van die Universiteit van Stellenbosch se Departement Polimeerwetenskappe sê hoewel dit nie nuwe tegnolo...
Zuma pak media 13.05.2014 16:58
President Jacob Zuma se oorwinningstoespraak Saterdag is gekenmerk deur verwysings na 'n lang lys van sy politieke vyande - van opposisiepartye tot politieke ontleders en daardie altyd handige slaansak, die media. Anita Visser praat hieroor met die politieke ontleder, oudredakteur en joernalis Max du Preez.
Verkiesing gee Pieter-Dirk Uys nuwe materiaal 09.05.2014 3:10
Die politieke satirikus Pieter-Dirk Uys sê verkiesings gee vir hom die beste materiaal vir sy tong-in-die-kies vertonings. Hy sê hy het in die afgelope verkiesing reeds 'n klomp flaters van politici ge-identifiseer waarmee hy die spot sal kan dryf.
Verkiesingsaansprake 02.05.2014 14:41
Die land gaan volgende week na die stembus. Van Maandag af mag geen politieke saamtrekke of toesprake meer gehou word tot na die verkiesing nie. Twee van ons voorste politieke ontleders neem die voorspellings en aansprake in oënskou, ook die moontlike verwikkelinge na die verkiesing.
Gita se buitelug-kantoor 02.05.2014 5:42
Gita Williams smous met haar kêrel se handewerk. Haar kantoor is langs die pad, vertel sy trots. Haidee Muller het onder die boom in Gita se "buitelug kantoor" gaan sit om meer uit te vind oor hierdie jongmeisie se lewe.
Tradisionele- vs hoftroue 01.05.2014 6:01
'n Spoggerige troue kan jou 'n paar miljoen rand uit die sak uit jaag, terwyl jy teen 'n sakpasprys voor 'n landdros kan trou. 'n Regskenner reken 'n huweliksbevestiging en nodige dokumente is eintlik heel eenvoudig in vergelyking met die troues wat op tydskrifvoorblaaie pryk.
Sonder bene op 'n motorfiets 01.05.2014 4:14
Sy storie word as inspirerend en roerend beskryf - 'n man wat sonder bene om die wereld op sy motorfiets gery en ander gestremdes gemotiveer het. Maar waarom het Dave Barr besluit om sy lewe ten volle te geniet, pleks daarvan om homself jammer te kry?
"Musiek gaan oor die boodskap" 29.04.2014 9:04
Dit gaan oor die boodskap en hoeveel mense die boodskap hoor. So verduidelik die kitaarspeler van die Suid-Afrikaanse popmusiekgroep BEATENBERG, Matthew Field. Die baskitaarspeler van die meer alternatiewe musiekgroep ISO, Franco Schoeman verduidelik weer dat aanpassings aan jou musiekstyl onafwendbaar is in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
Die Windpomp 28.04.2014 5:10
Die aktrise Marga van Rooy sê sy het laas met Jans Rautenbach se JANNIE TOTSIENS só iets gesien. Grethe Fox vergelyk die regisseur Etienne Fourie met 'n groot naam soos Manie van Rensburg. Maar waaroor gaan die bohaai oor die Afrikaanse fantasie-fliek DIE WINDPOMP nou eintlik? Volgens RSG se fliekresensent, Leon van Nierop, is dit die eerste keer in 'n Afrikaanse fliek wat wetenskapfiksie, 'n tikk...
1994 Verkiesing: 20 jaar later 28.04.2014 15:45
Twintig jaar gelede het bykans 20 miljoen Suid-Afrikaners geduldig in lang rye en soms vir ure in die son gestaan om te stem in die verkiesing wat van 26 tot 29 April gehou is. Die stempersentasie was 86 persent en daar was minder as 1 persent bedorwe stembriewe. Die man wat in 1994 as voorsitter van die OVK moes sorg dat die verkiesing op glad geoliede wiele loop, was regter Johann Kriegler.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.