RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Droë somer voorspel 09.10.2014 3:12
Suid-Afrika gaan 'n droë somerseisoen hê. Vir baie Suid-Afrikaanse vakansiegangers is dit goeie nuus, maar vir mielieboere beteken dit kleiner mielie-oeste. 'n Weervoorspeller SA Weerdiens in Bloemfontein, Tonie Rossouw, vertel wat die seisoen inhou.
Kyalami opgeknap 09.10.2014 2:48
Die Kyalami-renbaan in Johannesburg behoort nou amptelik aan Porsche Suid-Afrika. Die baan is in Julie vanjaar op 'n veiling R250-miljoen verkoop. Porsche SA het gister die nodige oordrag van eiendomsdokemente ontvang en die geld aan die likwidateurs oorbetaal. Hulle wou kort na die veiling geen besonderhede oor hulle ontwikkelingsplanne vir die eiendom van sowat 72 hektaar bekendmaak nie, alvoren...
Britse weermag soek SA maatskappye se tenders 09.10.2014 1:42
Die Britse regering se UK Trade & Investment-organisasie, wat Britse maatskappye in die buiteland bystaan, het Suid-Afrikaanse maatskappye genooi om tenders in te dien om hulle dienste en produkte aan die land se weermag te verskaf. Die organisasie sê hulle wil hierdeur nouer bande smee met plaaslike maatskappye.
Pieter-Dirk Uys 06.10.2014 21:04
Die vermaarde satirikus en komediant Pieter-Dirk Uys is na 35 jaar terug op die verhoog van die Markteater in Johannesburg. Uys het sy eenmanvertoning, Adapt or Die, in 1981 vir die eerste keer in hierdie teater opgevoer. Nou is hy terug met Adapt or Fly. Izak du Plessis praat met hom oor sy loopbaan as satirikus. Hy wou by hom weet of humor vandag anders lyk as 35 jaar gelede.
Nuwe belastingvorm vir trusts 06.10.2014 4:50
As jy 'n trust gestig het om die Ontvanger 'n rat voor die oë te draai, wag daar dalk 'n ongemaklikheid op jou, om dit sag te stel. Die nuwe belastingopgawevorm vir trusts, ITR12TR om hom sy formele naam te gee, tree vandag in werking en kenners waarsku dat dit slegte nuus is vir mense wat trusts gebruik vir duistere redes. Cobus Bester praat hieroor met die voorsitter van die Nasionale Belastings...
Afrika-prys vir innoverende ingenieurswese 03.10.2014 4:45
Twee Suid-Afrikaners is op die kortlys vir die eerste Afrika-prys vir innoverende ingenieurswese. Die kompetisie word deur die Verenigde Koninkryk se Royal Academy of Engineering aangebied. Al 12 kandidate op die kortlys begin nou met ses maande opleiding om hulle idees te omskep, sodat dit werk skep en die ekonomie bevorder.
Theuns Eloff oor kritiek op NWU 01.10.2014 11:56
Die voormalige visekanselier van Noordwes Universiteit, Theuns Eloff, het vandeesweek teruggekap na 'n striemende aanval op die NWU en op sy leierskap van daardie instelling. Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het ondermeer na NWU as 'n apartheidsenklawe verwys. Eloff het onder meer vir Nzimande daarvan beskuldig dat hy selektief te werk gaan en nog nooit kritiek gehad het vir 'n aant...
Vertaling van Afrikaanse gedigte in Nederlands 01.10.2014 5:54
Een van die gaste in Den Haag by 'n literêre geleentheid was Robert Dorsman, wat baie van Antjie Krog en Breyten Breytenbach se poësie in Nederlands vertaal het. Monitor se korrespondent in Den Haag, Lily-Anne Stroobach, het hom gevra hoe moeilik dit was om die taak te verrig.
ALLERLIEFSTE, EK STUUR VIR JOU 'N ROOIBORSDUIF 01.10.2014 0:38
Breyten Breytenbach se gedig ALLERLIEFSTE, EK STUUR VIR JOU 'N ROOIBORSDUIF is die naweek in Nederland as die mooiste Afrikaanse gedig van alle tye aangewys. Van die mooiste gedigte uit die Afrikaanse letterkunde is in Den Haag by 'n literêre geleentheid deur Etienne van Heerden, Sonja Loots, Kirby van der Merwe en Marita van der Vyver gelees. Na afloop van die geleentheid is die mooiste gedig deu...
Vitamien D en Alzheimers 30.09.2014 3:31
Mense met lae vlakke vitamien D in hulle bloed se kanse is veel hoër om Alzheimer se siekte op te doen, het wetenskaplikes bevind. Anita Visser praat met ons wetenskapkorrespondent, dr. George Claassen, oor die studie wat pas in die vaktydskrif NEUROLOGY gepubliseer is.
Kuns vir wetenskaplikes 30.09.2014 2:06
Die Mangosuthu Universiteit van Tegnologie in Umlazi, suid van Durban, stel voor dat kuns as vak ingesluit word by die opleiding van Suid-Afrika se wetenskaplikes, tegnoloë, ingenieurs en wiskundiges. Die dekaan van ingenieurswese, Senzo Malinga, sê dit sal innoverende denke bevorder.
Tornado 29.09.2014 2:55
Sterk winde het gister baie skade op die Noord-Vrystaatse dorp Sasolburg aangerig. Boonop beweer verskeie inwoners dat hulle vroeg gisteraand 'n tornado gesien het.
Man praat oor vrou se dood in Nigerië 26.09.2014 8:41
'n Vrou van Plettenbergbaai in die Suid-Kaap, wat volgens alle aanduidings gesterf het in die gastehuisramp by TB Joshua se kerk in Nigerië, se dood is nog nie forensies bevestig nie. Haar man, die 47-jarige Anthony van der Byl van Plettenbergbaai, sê profeet TB Joshua het kort na die voorval vir hom gesê dat sy vrou een van die 84 Suid-Afrikaners is wat in die ramp omgekom het.
Staatspensioenfonds 25.09.2014 5:20
Monitor het vroeër vandeesweek berig oor grootskaalse bedankings in sommige provinsies van onderwysers en ander lede van die Staatspensioenfonds. Die mense wil blykbaar hulle pensioengeld losmaak voor moontlike wysigings aan pensioenwetgewing dit voorkom. Maar die optrede berus blykbaar grootliks op 'n misverstand. Cobus Bester praat hieroor met 'n trustee van die Staatspensioenfonds, generaalmajo...
DNS-toetse op slagoffers 24.09.2014 3:53
Die uistlae van DNS-toetse wat gedoen word om die Suid-Afrikaners uit te ken, wat in Nigerië dood is, sal spoedig bekend wees. Volgens dr. Carolyn Hancock, direkteur van die DNA Project kan die uitslag van DNS-toetse binne so gou as 24 uur bekend wees. Minstens 84 Suid-Afrikaners het omgekom toe 'n gebou in Lagos, Nigerië, op 10 September inmekaargestort het.
Kommer oor pensioen 23.09.2014 6:31
Daar heers groot kommer oor die aantal onderwysers en ander staatsamptenare wat bedank om toegang tot hulle pensioene te kry voor die instelling van nuwe wetgewing aanstaande jaar. Die nuwe wetgewing bevat maatreëls om landsburgers te dwing om voorsiening te maak vir hulle oudag. Dit druis egter in teen die gebruik van baie mense om pensioengeld te gebruik vir skuld- en verbruiksbesteding. Cobus B...
Afrika soesji 23.09.2014 6:13
'n Voormalige veiligheidswag wat die skool op 14 verlaat het, is besig om eetgewoontes in Johannesburg se middestad merkbaar te verander. Vusi Kunene het sy soesjirestaurant, The Blackanese, sowat twee jaar gelede oopgemaak. Sy doel was om Japanese fynkos te Afrikaniseer, sodat meer swart mense dit eet. Kunene sê hy nie gedink die resultate sou so dramaties wees nie...
Testamenteweek 16.09.2014 3:51
Die prokureursorde het hierdie week tot Nasionale Testamente Week verklaar wat beteken dat Suid-Afrikaners gratis testamente kan laat opstel. Testamente en boedelbeplanning is iets wat jy liefs vir heelwat later in jou lewe wil los, maar 'n prokureur, Ruurd van der Wal, sê dit moet heel bo-aan jou agenda wees. Hy sê jy moet jou aanlyn-lewe ook inreken...
Generaal Koos de la Rey 15.09.2014 8:46
Generaal Koos de la Rey is vandag (15/9/2014) 'n honderd jaar gelede doodgeskiet. Hoewel daar heelwat belangstelling in Afrikanergeledere is oor hierdie oud-Boeregeneraal, word min aandag gegee aan hoe hy dood is en wat die gevolge daarvan was.
Maphatsoe trek beskuldiging terug 10.09.2014 3:32
Die adjunkminister van verdediging en voorsitter van die vereniging vir MK-militêre veterane, Kerby Maphatsoe, het sy beskuldiging teruggetrek dat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, 'n agent is van die Amerikaanse inligtingsdiens, die CIA. Maphatsoe was onder druk om om verskoning te vra nadat hy die afgelope naweek 'n skerp aanval op haar geloods het. Maphatsoe is ook gister in die parlemen...
“Sekere misdadigers moenie tronk toe” 10.09.2014 3:22
'n Vooraanstaande forensiese sielkundige verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, glo dat sekere misdadigers nie tronkstraf opgelê moet word nie. Volgens prof. Dap Louw sal dit ook van toepassing wees op die moordbeskuldigde, Oscar Pistorius, indien hy later die week skuldig bevind word aan die moord op Reeva Steenkamp.
Word onderwysers te veel betaal? 09.09.2014 14:38
“Onderwysers word te veel betaal.” Die bekende ekonoom, Dawie Roodt van die Efficientgroep, het gister weer behoorlik die knuppel in die duiwehok ingeslinger in 'n voorbladberig. Nodeloos om te sê, was die reaksie op sy beweerde uitlatings ook onmiddellik en heftig. Die Hoofsekretaris van die SA Onderwysersunie, Chris Klopper, het vir Roodt gemaan om hom by sy lees te hou. Cobus Bester praat hiero...
Nuwe huisleningsproduk vir eerste kopers 09.09.2014 4:11
Absa Huislenings het pas 'n nuwe, formele manier aangekondig om 'n ou gebruik in te span om huis te koop. Oor die jare heen het baie jongmense met skrapse finansies, maar wat vir die eerste keer huis wou koop, noodgedwonge by ander moes leen om 'n voldoende deposito byeen te skraap. Nou kan dit op 'n formele en waarskynlik veiliger manier gedoen word. Cobus Bester praat hieroor met Ewald Kellerman...
Nuwe aantygings oor Helderberg-ramp 08.09.2014 5:43
'n Kenner sê die jongste aantygings oor presies watter soort vrag aan boord die Helderberg-vliegtuig in 1987 was, is genoeg om 'n heropening van die ondersoek na die ramp te regverdig. Die Sunday Times het gister berig dat 'n voormalige werknemer van SAL, Allan Dexter, op sy sterfbed 'n beëdigde verklaring oor die Helderberg-ramp afgelê het. In die verklaring sê Dexter dat amptenare van die Suid-A...
Little Annie 08.09.2014 4:43
Wat het 'n Russiese vliegtuig, 'n Suid-Afrikaanse gesin en 'n liefdadigheidsorganisasie gemeen? Hulle almal is mal oor vlieg, en wil die liefde vir lugvaart met almal deel. Die Just Love Mission doen dit op unieke manier...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.