RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kwotastelsel vir vroue in topbestuur 13.08.2014

Volgens navorsing deur Grant Thornton is net sowat 52% van maatskappye in die land bereid om die beoogde kwotastelsel vir vroue in top bestuursposisies te ondersteun. Altesaam 300 Suid-Afrikaanse maatskappye, verteenwoordigend van die breë sektor, is betrek by die wêreldwye navorsing. Die Internasionale Sakeverslag wys dat slegs 26% van die top bestuursposte deur vroue gevul word en dat 21% van Su...

Depressie 13.08.2014

Depressie is in die kollig na die selfmoord van die gewilde akteur Robin Williams. Die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Geestesgesondheid beraam dat minstens 16 miljoen Amerikaanse volwassenes daaraan ly. Maar hoe staan sake in Suid-Afrika? Anita Visser praat hieroor met Lian Taljaard van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Angs en Depressie.

Die Groot trek 08.08.2014

Dag 20 het aangebreek. Die dapper trekkers, Foeta Krige en Barend la Grange is nou in Addis Ababa in Ethiopië na 'n uitmergelende rit van sowat 1500km van Nairobi tot in Addis. Foeta Krige vertel meer van hulle ervaring.

Nuwe A350 in Johannesburg 04.08.2014

Die wêreld se nuutste passasiersvliegtuig, die Airbus A350 XWB, het die naweek die eerste keer in Suid-Afrika geland. Die vyfde prototipe het belangrike toetse by die OR Tambo-lughawe in Johannesburg kom uitvoer. Justin Kennerley was daar.

Nuwe planne vir matriek 04.08.2014

Daar kom dalk 'n radikale hervorming van die matriek-kurrikulum. Die minimum slaagsyfer kan opgeskuif word en wiskunde verpligtend gemaak word. Die verslag van 'n ministeriële taakspan word nou deur die departement bestudeer, waarna aankondigings daaroor gemaak sal word. Cobus Bester praat hieroor met 'n onderwyskenner, prof. Kobus Maree van die Universiteit van Pretoria.

Plaasanvalle - Deel 3 31.07.2014

Christine Robinson is gister wreed op haar plaas sowat 15 km buite Thabazimbi vermoor. Dit is een van drie plaasaanvalle wat gister aangemeld is. In die ander voorvalle is drie vroue en 'n baba van Chrissiesmeer in Mpumalanga en 'n boer van Camperdown in KwaZulu-Natal aangeval. Die Menseregtekommissie het onlangs aangedui dat hy plaasaanvalle gaan ondersoek. Izak du Plessis het in die lig hiervan...

Munisipale oudits 31.07.2014

Die ouditeurgeneraal, Kimi Makwetu, sê wanbestuur van die verkrygingsprosesse en onreëlmatige uitgawes gebeur nog op groot skaal in plaaslike regerings. Makwetu het sy jaarlikse verslag oor plaaslike regerings in Pretoria bekendgemaak. Hy sê uit die 319 oudits wat voltooi is, het slegs 22 munisipaliteite en agt openbare entiteite skoon oudits ontvang. Makwetu sê daar is mense wat al vir jare in di...

Plaasaanvalle - Deel 2 30.07.2014

Drie verdagtes in die moord op die Schuttes van Richmond in KwaZulu-Natal sal Donderdag gevonnis word. Dit vestig weer die aandag op plaasmoorde. Mense wat hierdeur geraak word, leef in onsekerheid en vrees. Izak du Plessis het 'n week in die Oos-Vrystaat deurgebring om tussen al die politieke retoriek en onsekerheid oor die verskynsel by boere self uit te vind hoe dit hulle raak.

Huursoldaat? - 1 30.07.2014

Die soldaat, Dean Goodson wat in die Israeli weermag veg, is 'n Israelse burger. So vertel die nasionale direkteur van die Suid-Afrikaanse Zioniste Federasie, Isla Feldman. Die plaaslike Palestynse ondersteuningsgroep, Action Forum in Support of Palestine, het vroeër 'n klag by die polisie aanhangig gemaak dat Goodson 'n huursoldaat is.

Mark Banks 30.07.2014

Die humoris Mark Banks sê komedie is deesdae veel moeiliker as 20 jaar gelede. Banks sal die naweek 'n toekenning ontvang by die Comic Choice Toekenings vir sy lewenslange bydrae tot komedie.

Huursoldaat? - 2 30.07.2014

As 'n Suid-Afrikaner in 'n ander land se weermag wil dien, moet hy eers toestemming, of 'n permit van die Suid-Afrikaanse regering kry. So verduidelik 'n onafhanklike verdedigingskenner, Helmut Romer-Heitman.

Bierbrou 29.07.2014

Bier is amper ouer as tyd. So sê Anton Erasmus, die broumeester by SAB Miller. Voor formele bierbrouerye in Suid-Afrika gevestig is, is daar bier gebrou met resepte uit Noord-Afrika. Met die opkoms van mikrobrouerye raak dit al hoe meer 'n uitdaging vir sowel groot as klein brouerye om in die smaak van gewone Suid-Afrikaners te voldoen.

Plaasaanvalle - Deel 1 29.07.2014

'n Boer van Daniëlsrus in die Reitz-distrik, Andre van Greunen, is in die hospitaal oorlede nadat hy drie weke gelede op sy plaas aangeval is. Dit volg te midde van 'n aankondiging van die Menseregtekommisie om 'n ondersoek na plaasaanvalle te doen. Die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, het ook verlede week aangedui dat hy plaasaanvalle opnuut gaan pak. Izak du Plessis het in die lig hierva...

Oppikoppi 20 jaar 28.07.2014

Oppikoppi het in die vroeë jare negentig begin as 'n private konsert vir 'n handjievol mense op 'n plaas buite Northam in Limpopo. Vandag is dit een van die grootste musiekfeeste in die suidelike halfrond. Na verwagting sal duisende mense die tweede naweek van Augustus vanjaar weer tent opslaan in die stoflandskap tussen die dorings vir die 20ste Oppikoppi musiekfees. Ons wil sensitiewe luisteraar...

Dieetdebat woed voort 25.07.2014

As die vurige pro- en anti-Tim Noakes dieetkampvegters se eindelose debat oor die effektiwiteit van sy eetplan jou verwar, hier is nog n stuiwer in die armbeurs. Anita Visser het met dr. Luc Evenepoel, medikus en skrywer van LOSE THE WEIGHT AND KEEP IT OFF, gesels en hy glo alle diëte is uit die bose.

Stasiebom - 50 jaar later 24.07.2014

Dit is vandag presies 50 jaar gelede dat Frederick John Harris 'n bom geplant het by Johannesburg Parkstasie se afdeling vir "SLEGS BLANKES" soos wat dit destyds aangedui is. Harris was 'n onderwyser en lid van die AFRICAN RESISTANCE MOVEMENT en die bom was sy standpunt teen apartheid.

Ooreenkomste tussen Israel en apartheid SA 24.07.2014

Die regering het vandeesweek bekendgemaak dat hy 'n taakspan onder leiding van dr. Aziz Pahad na Israel sal stuur om te help om vrede te bewerkstellig. Suid-Afrika het in 1994 aansien in die oë van die wereld verwerf toe hy 'n suksesvolle einde aan apartheid onderhandel het. Die moderator van die NG-kerk sinode, dr. Braam Hanekom, sê daar is wel ooreenkomste tussen die Staat van Israel en die ou a...

Polisie se geloofwaardigheid 23.07.2014

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte sê die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe sal slegs as suksesvol en geloofwaardig beskou word as hulle optree binne die konteks van 'n menseregtekultuur soos deur die Grondwet vereis word. Die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, het hom daartoe verbind om burgers se vertroue in die wetstoepassers en die strafregstelsel te herstel. Die sentrum het die ond...

Skisofrenie 23.07.2014

Wetenskaplikes by die Massachusets Institute of Technology en Harvard Universiteit in Boston, het daarin geslaag om 108 genetiese merkers te identifiseer wat 83 nuwe merkers insluit. Dit volg op die wêreld se grootste studie oor skisofrenie wat meer as 'n honderd wetenskaplikes en 150 000 mense betrek het. Die resultate wat vandeesweek in die joernaal NATURE gepubliseer is, hou belangrike langterm...

Israel/Palestina-konflik 22.07.2014

Die konflik tussen Israel en Palestina het 'n lang en ingewikkelde geskiedenis verweef met politiek en godsdiens. Dit het veral momentum gekry toe die staat Israel in 1948 gevestig is, sê die politieke ontleder, Theo Venter.

Tradisionele inisiasies 3 18.07.2014

Volgens amptelike statistiek is sowat 31 jong mans reeds dood sedert die tradisionele inisiasie-seisoen begin het. Die kommissie vir die beskerming van kulturele, godsdienstige en taalregte het reeds verlede jaar 'n verslag uitgereik met aanbevelings oor hoe die sterftes voorkom kan word, maar tot dusver is min daarvan geimplementeer.

Tradisionele inisiasies 2 18.07.2014

Na aanleiding van die aktivis Guy Lokoti se versoek oor tradisionele inisiasiepraktyke, het Monitor verskeie instansies gekontak om uit te vind wat hulle doen om die aantal sterftes tydens inisiasie te ondersoek.

Tradisionele inisiasies 1 18.07.2014

Die afgelope jaar is sowat 162 mans dood tydens tradisionele inisiasiepraktyke. So sê Guy Lokoti, 'n aktivis teen die besnydenisaspek van die praktyk. Hy sê dit is drie keer meer sterftes in een jaar, as by Marikana - daarom voel hy iemand moet iets aan die saak doen. Lokoti is self besny en glo die komplikasies verbonde aan die operasie is die rede agter die sterftes.

Tradisionele inisiasies 4 18.07.2014

Die Minister van Gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, het geld bewillig vir mediese dokters om te help met die besnydenisprosedure by geregistreerde tradisonele inisiasieskole. Motsoaledi se woordvoerder, Joe Maila, sê hoewel dit eintlik deel vorm van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele sake se mandaat, kan die regering nie langer toekyk hoe jong mans tydens die inisiasies doodg...

SAUK oor Afrikaans op TV 16.07.2014

Die besluit om die Afrikaanse nuus en ander programme van SABC2 na SABC3 te skuif, lok wyd reaksie uit. Ook Monitor en Spektrum se luisteraars wou weet waarom hulle nie meer die nuus om sewe op weeksdae op SABC2 sal kan kyk nie, aangesien SABC 3 in dele van die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap nie opgevang word nie. Die Afrikaanse bulletin sal terselftertyd op DSTV se kanaal 404 om 19:30 uites...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.