RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Vrou nie aanspreeklik vir kind se FAS 10.12.2014 14:16
Vandag is die laaste dag van die 16 dae veldtog teen geweld teen vroue en kinders. 'n Britse hof het in 'n toetssaak bevind dat 'n vrou nie aanspreeklik gehou kan word vir die feit dat haar sewejarige dogter aan Fetale Alkoholsindroom ly nie. Die rede is omdat die vrou nie van 'n geweldsmisdaad teen haar kind aangekla kan word nie. Anita Visser het daarin geslaag om die eerste Suid-Afrikaanse medi...
Beurtkrag slaan ekonomie bloedneus 09.12.2014 3:39
Beurtkrag is besig om Suid-Afrika se ekonomie 'n bloedneus toe te dien. Volgens die Kamer van Koophandel en Nywerheid het sakeondernemings reeds groot verliese gely as gevolg van die ontwrigting.
Wêreld Teen-korrupsie Dag 09.12.2014 3:43
Breek die ketting van korrupsie. Dis vandag die tema vir Wêreld Teen-korrupsie Dag. Suid-Afrikaners word aangemoedig om fluitjieblasers te wees en korrupsie aan te meld.
Rekord mielie-oes 09.12.2014 3:39
Die rekord mielie-oes van die 2013/14 seisoen is te danke aan beter landboumetodes en kultivars, sê die senior ekonoom by Agri-SA, Dawie Maree. Opkomende boere se oeste is vanjaar ook ingesluit by die syfers.
Wat as kragnetwerk ineenstort? 09.12.2014 8:01
Eskom het mediaberigte ontken dat die land se kragnetwerk kan vou nadat sosiale media gons oor die moontlikheid van 'n totale kragineenstorting. Maar wat sou gebeur indien Suid-Afrika se kragnetwerk ineenstort? Wie beter as 'n elektriese ingenieur om daardie vraag te beantwoord, en 'n meer realistiese konteks te skep vir wat ons kan verwag. Anita Visser praat hieroor met die bestuurshoof van die S...
Beurtkrag bevoordeel sekere buurte? 08.12.2014 3:47
Munisipaliteite wat sekere woonbuurte bo ander bevoordeel tydens beurtkrag, kan hulle lisensie om krag te voorsien, verloor. So sê die woordvoerder vir Eskom, Andrew Etzinger, na bewerings van luisteraars dat sommige woonbuurte nog nooit aan beurtkrag onderworpe was nie, omdat senior regeringsamptenare glo daar bly. Volgens Etzinger is daar bitter min instellings wat vrygestel word van beurtkrag.
Die fases van beurtkrag 08.12.2014 2:17
Die kabinet sal na verwagting Woensdag vergader om die land se elektrisiteitkrisis te bespreek. Eskom het Vrydag fase drie van beurtkrag ingestel, ná probleme by drie steenkoolkragstasies. Die elektrisiteitskrisis het gisteraand tot chaos in Durban gelei, waar sowat tien duisend mense op treine gestrand gelaat is. Metrorail het beurtkrag die skuld gegee vir die voorval. Maar wat beteken die verski...
Hoekom soveel reaksie op mishandelingstorie? 03.12.2014 6:11
RSG ondersteun die verldtog van16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Verlede week het die storie van 'n bejaarde vrou, wat gepraat het oor hoe haar pa en boetie haar seksueel mishandel het, groot reaksie uitgelok. Terwyl sommige mense van mening is dat hierdie tipe stories gehoor moet word, het ander gesê dit was te eksplisiet. Daar was ook SMS'e wat teen die vrou uitgevaar het.
Waarom trek vroue aanrandingsake terug? 02.12.2014 3:01
Vroue trek aanrandingsake teen gewelddadige mans terug omdat hulle geen ondersteuning en heenkome het. So sê 'n slagoffer Annemarie Botes. Sy het gereageer op 'n uitspraak deur die LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Sekuriteit in Mpumalanga, Vusi Shongwe, dat vroue wat sake terugtrek, gearresteer moet word. Botes sê die polisie se onwilligheid om sake oop te maak, stel vroue bloot aan vernedering.
Drie Suid-Afrikaners sterf in Kaboel 01.12.2014 1:44
Die polisiehoof in Kaboel, genl. Zahir Zahir, het gister bedank ná die dood van drie Suid-Afrikaners in 'n selfmoordbomaanval in die Afghaanse hoofstad. Die 46-jarige Werner Groenewald, sy 17-jarige seun Jean-Pierre en 15-jarige dogter Rode is Saterdag in die aanval op hulle huis in Kaboel dood. Groenewald het vir die Amerikaanse nie-regeringsorganisasie Partnership in Academics and Development ge...
Kindermishandeling 28.11.2014 4:24
RSG ondersteun die 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GEWELD TEEN VROUE EN KINDERS-veldtog. Die 72-jarige Lana Tredoux (dis 'n skuilnaam) het eers onlangs oor haar mishandeling as kind begin praat. Ons waarsku sensitiewe luisteraars dat hierdie bydrae skokkende insetsels bevat.
Honde opgelei om stropers vas te trek 27.11.2014 4:54
Die Ichikowitz-familie Stigting en die Paramount Group het gister hulle gevorderde honde-opleidingskool by Magaliesburg bekendgestel. Honde en natuurbewaarders word hier opgelei om stropers van enige aard vas te trek.
Gay-geen dalk gevind 27.11.2014 3:52
'n Omvattende nuwe studie wys dat homoseksualiteit by mans dalk tog 'n genetiese herkoms het. Dit bring weer die hele debat van die verhouding tussen kulturele herkoms, en opvoeding en genetiese herkoms in die voorkoms van homoseksualiteit na vore. Cobus Bester praat hieroor met ons wetenskapskorrespondent, George Claassen.
Suid-Afrikaners sterf by ISIS 25.11.2014 2:56
Minstens drie Suid-Afrikaners is dood, nadat hulle by die Islamitiese Staat Militante groep aangesluit het. So sê Irak se ambassadeur in Suid-Afrika, dr. Hushaim Al-Alawi. Die IS-militante veg onder meer in Sirië en Irak.
'n Volronde Barbie? 21.11.2014 5:00
Almal ken die tradisionele Barbie-pop. Die slanke figuur, lang blonde hare en groot oë. Maar sal die jongspan te vinde wees vir 'n meer realistiese voorstelling van die werklikheid - 'n Barbie met ronder heupe, rekmerke en selfs selluliet? Die vraag sal vandag beantwoord word met die Lammily-pop wat in Amerika op die rakke beskikbaar gestel word. Monitor het gaan uitvind wat die nuwe pop vir die s...
Is daar vrede in DRK, soos VN beweer? 20.11.2014 3:46
Inligting wat ingewin is deur die Verenigde Nasies dui daarop dat die Democratic Forces for the Libertion of Rwanda aktief deelneem aan die skietstaking in die DRK, maar besig is om hulleself in die Noord-Masisi streek te herposisioneer. Die VN sê hulle inligting wys dat dit gedoen word in geval die onderhandelinge tussen hulle en die regering van die DRK op 'n dooiepunt uitloop. Tydens die rotasi...
Oefening help jou brein 19.11.2014 4:58
Twee belangrike studies wat vandeesweek vrygestel is, beklemtoon weer eens die waarde van oefening om die aftakeling van die brein te vertraag. Die eerste studie wat in Australië gedoen is, en wat in die aanlyn weergawe van Plos Medicine gepubliseer is, het bevind dat rekenaargefundeerde breinoefening vir bejaardes as sterk teenvoeter kan dien teen demensie. Die ander studie wat in Swede gedoen is...
Kaapse Klopse en Kaapstad teken ooreenkoms 18.11.2014 2:15
Kaapse Klopse groepe het 'n samewerkingsooreenkoms met die Stad Kaapstad en die provinsiale Departement van Kuns en Kultuur onderteken, om te verseker dat die jaarlikse gebeurtenis oor die feesseisoen vlot verloop. Die ooreenkoms volg na jarelange onenigheid tussen die groepe en owerhede oor wie die feeste moet reël.
“Geen speurdiens in Khayelitsha” 18.11.2014 1:59
Die voormalige ondervoorsitter van die Khayelitsha Kommissie van Ondersoek, regter Kate O'Regan, sê die speurdiens in Khayelitsha het doodgeloop en daar is geen behoorlike misdaadondersoeke nie. Volgens haar word dossiere nie by die hof ingegee nie, en dit lei tot groot frustrasie vir rolspelers.
Roudienste vir Nigerië-slagoffers 18.11.2014 3:17
Suid-Afrika is in rou gedompel ná die terugkoms van die oorskot van 74 Suid-Afrikaners wat in die kerkgebouramp in Nigerië omgekom het. Verskeie gedenkdienste is regoor die land gehou.
Shell in hof oor lekkasies in Niger Delta 17.11.2014 6:02
Die oliemaatskappy, SHELL, is tans die fokus van 'n groot hofsaak in Londen, wat deur inwoners van die Niger Delta-gebied, teen hom aanhangig gemaak is. Amnestie Internasionaal is een van vele menseregte- en omgewingsbewustes wat die saak met aandag volg.
Eerste SA droommyl herdenk 13.11.2014 3:54
Vandag, presies 50 jaar gelede, het die 23-jarige Matie-student De Villiers Lamprecht geskiedenis gemaak. Hy was die eerste Suid-Afrikaner om die myl in minder as 4 minute af te lê - tien jaar nadat die Brit Roger Bannister dit die eerste keer reggekry het. Só het 'n kaalvoet Div - soos hy bekend gestaan het - op 13 November 1964 'n droommyl in 3 minute 59,7 sekondes afgelê...
Mieliepap teen kolonkanker 13.11.2014 5:51
Suid-Afrika kan vir 'n deurbraak sorg in die voorkoming van kolonkanker. Aldus die hoof van navorsing by die Kankervereniging van Suid-Afrika, dr. Carl Albrecht. Hy sê die antwoord kan so eenvoudig wees soos... mieliepap!
Maak reg vir hoër belasting en kragtariewe 12.11.2014 4:08
Suid-Afrikaners sal volgende jaar meer vir krag moet betaal en hulle belastinglas sal ook groter wees. Dit is die reaksie van die hoof van die Fakulteit Ekonomie aan die Universiteit van die Witwatersrand, prof. Jannie Rossouw, op die nuus dat die graderingsegentskap Moody's, Eskom se kredietstatus afgegradeer het. Hy sê swak bestuur is die oorsaak van hierdie verwikkelings.
TV-aanbieder verloor arm 12.11.2014 3:23
Die akteur en aanbieder van KykNet se motorfietsprogram Woema, Theunis Nel, se regterarm is gister geamputeer. Dit volg nasat sy arm Maandag in 'n ongeluk op die N1 naby die Garsfontein-afrit in Pretoria vergruis is. Nel se mede-aanbieder van Woema, Anria van Heerden, sê hy is nog nie bewus daarvan dat hy sy arm verloor het nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.