RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Genderberaad 10.04.2014 3:11
Die regering het weer 'n beroep op die privaatsektor en die regstelsel gedoen om vroue te bemagtig. 'n Nasionale Genderberaad vind plaas in Benoni aan die Oosrand, waar 'n reeks gender-kwessies bespreek word en 'n terugblik gegee word op 20 jaar van demokrasie in Suid-Afrika.
Pieter-Dirk Uys kry eredoktorsgraad 10.04.2014 3:15
Die teaterpersoonlikheid Pieter-Dirk Uys het homself uitgespreek oor humor in politiek, veral tydens 'n verkiesingsjaar. Hy moedig almal aan om selfsugtig op die 7de Mei te gaan stem. Uys het by die Universiteit van KwaZulu-Natal 'n eredoktorsgraad in letterkunde ontvang vir sy kreatiewe bydrae tot maatskaplike aktivisme.
Four Courners 07.04.2014 4:55
Abduragman Adams onthou hoe sy beste vriend op elfjarige ouderdom weens bendegeweld doodgeskiet is, en Irshaad Ally was self 'n bendelid toe hy jonger was. Die twee akteurs speel in die rolprent FOUR COURNERS wat op die Kaapse Vlakte verfilm is. Vir hulle is die storie met die werklikheid verweef...
Omstrede plaasvoorstel 07.04.2014 3:34
Suid-Afrika se voedselveiligheid is moontlik weer in die gedrang nadat 'n Sondagkoerant gister onthul het hoe die regering 'n opspraakwekkende voorstel oorweeg dat boere van kommersiële plase die helfte van hulle plase aan plaaswerkers moet gee. Die adjunkminister van landbou, dr. Pieter Mulder, sê die voorstel sal baie probleme veroorsaak.
Daar is nou 25-duisend leeus oor in Afrika. 04.04.2014 4:43
Daar is nou 25-duisend leeus oor in Afrika. Die direkteur van die veldtog teen sogenaamde "geblikte" leeus, Chris Mercer, sê minder as 3000 bly oor op Suid-Afrika se wildreservate, terwyl daar sowat agt duisend in gevangeskap geteel word. Hy sê die leeuboere in Suid-Afrika bedreig die wilde leeubevolking op twee maniere. Die groot leeus in die Kalahari word doodgemaak om die kleinjties vir die geb...
Verkiesingsplakate en watter is die beste? 31.03.2014 4:50
Blou simboliseer vrede en vertroue. Groen weer innovasie en geel optimisme. So verduidelik die bestuurende direkteur van die advertensie agentskap, Thirty Four, Morne Fourie. Verkiesingsplakkate is in die afgelope paar weke meer gereeld op lamppale gesien, en ons wou weet watter van die plakkate is die beste. Melissa Tighy het slegs die 11 kilometer roete tussen haar huis en die SAUK as steekproef...
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie plaas groot druk op Suid-Afrika op kodeien verkope voorskrif-pligtig te maak 31.03.2014 6:13
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie plaas groot druk op Suid-Afrika op kodeien verkope voorskrif-pligtig te maak maar die land se Aptekers skop sterk hierteen. Vir hoekom hulle so ten gunste bly van oor-die-toonbank van middels wat kodeien bevat, praat ons nou met die President van die Aptekers vereniging, Dr Johann Kruger
DA verkiesingsveldtog in Noord-Kaap 31.03.2014 3:43
Die leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille was in Richie naby Kimberley die naweek, as deel van die party se verkiesingsveldtog in die provinsie. Zille het op X-Kfm se naweek aktualiteits program gesê sy is baie bevooreg om op die San gemeenskap se radiostasie te praat.
Is dit vanjaar die verkiesing waarin die ANC bloedneus gaan kry by die stembus? 28.03.2014 11:01
Is dit vanjaar die verkiesing waarin die ANC bloedneus gaan kry by die stembus? Daar is sekerlik opposisiepartye wat so dink. En kyk 'n mens na die chaos van gewone mense wat die afgelope jaar of meer toenemend gewelddadig hulle misnoeë met swak dienslewering en korrupsie te kenne gee, dan is die versoeking om met daardie siening saam te stem. Maar die geskiedenis van die afgelope 20 jaar het 'n m...
Verkragting van verstandelik gestremdes 24.03.2014 6:40
Gesondheids- en gemeenskapswerkers vergelyk die verkragting van verstandelik gestremde meisies en vroue in Suid-Afrika met 'n plaag wat gemeenskappe teister. Hulle sê bitter min mans wat misdade teen gestremde vroue pleeg, word vervolg. Die rede hiervoor, volgens menseregte-aktiviste, is dat baie gemeenskappe verstandelik gestremde mense as "nikswerd" beskou. Ikhaya Loxolo, of Huis van Vrede, is '...
Nkandla-verslag vandag bekend 19.03.2014 4:51
Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, maak vandag haar verslag oor president Zuma se verbeterings by sy privaatwoning openbaar. Meer as 200-miljoen rand se verbeterings is by Nkandla aangebring. Cobyus Bester praat hieroor met prof. Erwin Schwella by die Skool van Openbare Leierskap aan die Universiteit van Stellenbosch.
Krieketgesprek 17 Maart 2014 17.03.2014 8:24
'N Nuwe era vir Suid-Afrikaanse krieket het aangebreek met die vertrek van 'n aantal topspelers. Die uittrede van die nasionale kaptein, Graeme Smith, Jacques Kallis, een van die wêreld se beste spelers ooit, die strydros-paaltjiewagter Mark Boucher. Hulle vertrek het gekom te midde van 'n aantal omwentelinge in wêreldkrieket. Ondermeer sal die aankondiging dat die swaargewigte Indië, Engeland en...
Eerste prosedure in Afrika om slagoffers van genitale verminking te help 06.03.2014 3:52
Die eerste operasie in Afrika om 'n slagoffer van genitale verminking se geslagsdele te herstel, vind Saterdag in Burkina Faso plaas. Volgens die nie-winsgewende organisasie CLITORAID is dit die eerste van baie soortgelyke prosedures wat hulle beplan om uit te voer. Dit val saam met die beplande bekendstelling van die eerste hospitaal wat hierdie soort operasies sal uitvoer. Ons waarsku sensitiewe...
Oscar Pistorius - Dag 3 06.03.2014 4:02
Die IT-projekbestuurder, Charl Johnson, sal vandag weer in die getuiebank inskuif in die Noord-Gauteng Hooggeregsfhof nadat sy getuienis gister onderbreek is. Johnson getuig teen die lemnaelloper, Oscar Pistorius. Johnson se getuienis is onderbreek sodat hy notas wat hy na die voorval gemaak het aan die verdediging kan gee. Terwyl hy afgestaan het, het voormalige vriende van Pistorius getuig hoe P...
Oscar Pistorius - Dag 1 04.03.2014 3:58
Die staat se eerste getuie sal vandag haar getuienis in die Noord-Gauteng Hooggeregshof voortsit. Michelle Burger bly in 'n landgoed langs Oscar Pistorius en haar huis is minder as 200 meter van sy huis af. Pistorius het skuld ontken op 'n aanklag van moord, twee aanklagte van die onwettige afvuur van 'n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Pistorius se advokaat Barry Roux sal vandag sy...
Bejaarde egpaar en seun vermoor 04.03.2014 2:30
'n Bejaarde egpaar en hulle seun, op besoek uit Duitsland, is op 'n kleinhoewe buite Richmond in die Middellande van KwaZulu-Natal vermoor. Die gesin was besig om 'n verjaarsdagpartytjie te reël. Die polisie sê die 77-jarige Eckhardt Schutte, sy 66-jarige vrou Elizabeth en hulle 33-jarige seun Lutz is doodgesteek. Die huis is deursoek en dit lyk of die aanvallers met die gesinsvoertuig en twee vuu...
Forensiese getuienis in die kollig 27.02.2014 4:42
Kenners meen dat Oscar Pistorius se hofgeding 'n baanbrekersaak kan wees vir forensiese getuienis in Suid-Afrika. Met die moordverhoor wat Maandag begin, het joernaliste reeds begin regmaak om die groot hofsaak te dek. As deel hiervan, het die Wits Justice Project, saam met Wits se Joernalistiek Departement 'n werkswinkel aangebied. Anna-Marie Jansen van Vuuren het dit bygewoon.
Tim Noakes oor kritiek teen sy eetplan 27.02.2014 4:47
In weerwil van kritiek teen sy eetplan, sê prof. Tim Noakes dat talle mense getuig van die sukses daarvan. Suid-Afrikaanse mans is veral beïndruk daarmee dat hulle nie van vleis hoef af te sien nie. Maar behels die eetplan regtig tjops, eiers en spek?
Boere in Pategonië 27.02.2014 3:33
'n Kaapse film-vervaardiger, Richard Finn Gregory, het onlangs 'n klein deel van sy dokumentêr oor die Afrikaanse boere-gemeenskap in Argentinië vrygestel. Die boere is die nasate van sowat 600 boere-gesinne wat in die vroeë 1900's tydens die Anglo Boere Oorlog na Argentinië ge-emigreer het. Van die boere praat nog Afrikaans...
Kritiek teen Tim Noakes se eetplan 27.02.2014 3:02
Meer as 40 000 eksemplare van die bekende, maar omstrede boek van prof. Tim Noakes - THE REAL MEAL REVOLUTION - is binne agt weke verkoop. In die boek verkondig Noakes 'n hoë vet, lae koolhidrate-eetplan en hy meen dit gaan die grootste verkoper in die geskiedenis van Suid-Afrika word. Maar nie almal is ewe beïndruk met die eetplan nie.
Voorskou van begrotingsrede 25.02.2014 17:39
Die minister van finansies, Pravin Gordhan, lewer more sy jaarlikse begrotingsrede in die parlement. Die klimaat waarin die toespraak plaasvind is vanjaar effens anders as vorige jare want dit is kort voor 'n nasionale verkiesing. Om ons te help verstaan hoe dit 'n impak op die begrotingsrede kan hê, praat Anita Visser met die ekonoom Dawie Roodt en die politieke ontleder dr. Piet Croukamp.
Tienerselfmoord 19.02.2014 4:35
Volgens die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep (SADAG) oorweeg een uit elke vyf tieners selfmoord. Die direkteur van operasies by SADAG, Cassie Chambers, sê dit is veral tussen die ouderdomme van 15 en 19 dat tieners baie kwesbaar is vir selfmoord. Dit is hoekom bewusmakingsveldtogte in skole gevoer word. Mètzi van der Merwe het so 'n byeenkoms by die Westbury Sekondêre Skool in Johannesburg b...
Rex 17.02.2014 1:50
'n Snuffelhond met 'n verskil is op besoek aan Suid-Afrika saam met sy Sweedse eienaar. Terwyl ander honde opgelei word om dwelms en plofstof te vind, kan Rex, die Duitse Herdershond, minerale soos diamante, goud, of enige ander oksied- of sulfieddraende rotse vind. Tanya Krause het hulle op Stilbaai in die Suid-Kaap besoek.
Politieke ideologie 11.02.2014 2:42
In die aanloop tot vanjaar se verkiesing sal die poltieke partye hulle handveste bekendmaak. Volgens politieke wetenskaplikes is die meeste partye se beginsels en verkiesingshandveste waarskynlik gebaseer op wat hulle klassieke politieke ideologieë noem. Die drie vernaamste ideologieë is liberalisme, konserwatisme en sosialisme. Jean Esterhuizen het meer hieroor gaan uitvind.
Wie is links en wie is regs? 11.02.2014 21:53
Wie is links en wie is regs in die Suid-Afrikaanse politiek? Hoe word dit bepaal? En is dit vandag nog 'n akkurate en gesonde manier om mense en hulle partye te etiketteer? Cobus Bester en Anita Visser praat hieroor met Piet le Roux, senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, en dr. Piet Croucamp, senior lektor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.