RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Skaak Grootmeester 26.01.2015 7:15
Kenneth Solomon het in Desember 2014 die titel van Skaak Grootmeester ontvang, die eerste Suid-Afrikaner om die eer te beurt te val. Solomon woon nou in Italië saam met sy vrou, wat ook 'n skaakspeler is, en hulle jong dogtertjie. Melissa Tighy het met hom gepraat.
Paleo-toerisme 26.01.2015 2:23
Plaaslike wetenskaplikes wil hê Suid-Afrika moet 'n trekpleister wees vir paleo-toerisme. Die direkteur van die Wits Instituut vir Evolusiestudies, prof. Bruce Rubidge, sê as meer toeriste die land spesifiek besoek om bewyse van oerlewe te sien, sal dit veral 'n finansiële inspuiting gee aan plekke soos die Karoo waar inwoners sukkel. Maar volgens Rubidge is dit hartseer dat baie Suid-Afrikaners n...
Paleo-toerisme 26.01.2015 2:23
Paleo-toerisme
Baba dood in plundery 26.01.2015 5:10
Baba dood in plundery
Skaak Grootmeester 26.01.2015 7:15
Skaak Grootmeester
Woord van die week 23 Januarie 2015 23.01.2015 5:56
Die woord van die week is SKATTEBOL.
Plaaslike rolprentspan finalis in internasionale kompetisie 23.01.2015 3:12
'n Plaaslike rolprentspan van Johannesburg is aangewys as een van die finaliste in die internasionale 48-uur-rolprentkompetisie. Die wenner word oor 'n paar weke in Los Angeles aangekondig. Die toppresteerders se rolprente sal ook later vanjaar by die Cannes-rolprentfees vertoon word. Die akteur en rolprentmaker, Morne du Toit, sê die grootste uitdaging was om hulle fliek, DEATH'S MANDATE, binne t...
Plaaslike rolprentspan finalis in internasionale kompetisie 23.01.2015 3:12
Plaaslike rolprentspan finalis in internasionale kompetisie
Korrupsie in Sedibeng? 22.01.2015 4:29
Tientalle inwoners van Sedibeng in Gauteng beweer daar is grootskaalse korrupsie in die Emfuleni-munisipaliteit. Dit volg nadat meer as 60 mense van regoor die land glo meer as R400,000 aan 'n senior werknemer by die munisipaliteit oorhandig het in ruil vir die belofte van werk. Jacques Steenkamp doen verslag.
Malema nie terug na ANC 20.01.2015 3:19
Die leier van die EFF, Julius Malema, en die sekretarisgeneraal van die ANC, Gwede Mantashe, ontken dat Malema op pad terug is na die ANC. Dit volg op berigte in The Citizen dat Winnie Madikizela-Mandela gesprekke met Malema hieroor voer.
Craig Marx-verdagtes se borg geweier 20.01.2015 5:25
Borgtog is gister geweier vir drie van die vyf beskuldigdes in die Craig Marx-moordsaak. Landdros Charlene Nuyt sê die drie beskuldigdes het nie buitengewone omstandighede bewys, wat hulle vrylating sou regverdig nie. Jacques Steenkamp doen verslag.
Nuwe kerkleier praat oor toekoms 19.01.2015 5:36
Die Johannesburg-sentraal Metodiste kerk het 'n omstrede verlede,met honderde buitelandse vlugtelinge wat die kerk jare lank as skuiling gebruik het. Biskop Paul Verryn, wat die hoof van die gemeente was, is nou verplaas na Soweto en is bekend vir sy onortodokse bediening. Met sy vertrek moes die vlugtelinge ander blyplek kry en die kerk 'n ander herder. Jamaine Krige het by die kerk gaan inloer e...
Kanker dalk uitgewis teen 2050 16.01.2015 4:25
Die daaglikse gebruik van aspiriene kan die sleutel wees tot die stryd teen kanker. Dit is volgens navorsing van die University College London, wat ook wys dat kanker teen 2050 dalk heeltemal uitgewis kan wees, mits daar 'n daadwerklike verandering in mense se leefstyl kom. Die hoof van navorsing by die Kankervereniging van Suid-Afrika, dr. Carl Albrecht, sê die voorspelling is nie noodwendig wens...
Is gratis onderwys haalbaar? 15.01.2015 14:20
Is gratis onderwys en tersiêre opleiding in die land haalbaar? En indien wel, is dit noodwendig wenslik? Die kenners voorspel groot toenames in onderwyskoste oor die volgende tien of meer jaar. Waar lê die oplossing? Cobus Bester praat hieroor met die hoofekonoom van die Efficientgroep, Dawie Roodt, en met die direkteur van die Sentrum vir Bedryfswiskunde by Noordwes Universiteit, prof. Riaan de J...
Max du Preez bedank by Independent 15.01.2015 5:02
Die veteraanjoernalis, politieke kommentator en rubriekskrywer, Max du Preez, het as rubriekskrywer by die Independent Media-groep bedank. Du Preez het sy bedanking per brief aan die Independent-groep se Groep Uitvoerende Redakteur, Karima Brown, gerig. Dit volg op die groep se besluit om 'n verskoning te plaas ná Du Preez se rubriek van twee weke gelede, waarin daar na die "Zuma Wrecking Ball" ve...
Vanjaar in die parlement 14.01.2015 11:12
Vanjaar se parlementsitting beloof om 'n lewendige affêre te wees, veral as Julius Malema sy sin kry. Die omstrede leier van die EFF het reeds belowe dat president Zuma se staatsrede by die opening van die sitting ontwrig sal word as hy nog nie verlede jaar se vrae beantwoord het oor sy omstrede Nkandla-woning nie. Wat kan ons vanjaar te wagte wees? Cobus Bester praat hieroor met die politieke ont...
Bygelowe oor geboorte 14.01.2015 5:41
Die lewens van baie swanger vroue en hulle ongebore kinders in Suid-Afrika word in die gevaar gestel deur bygelowe en mites oor swangerskap en geboorte. Gesondheidswerkers probeer deurgaans swanger vroue oortuig om nie potensiëel gevaarlike bygelowe na te volg nie. Maar die pogings is dikwels tevergeefs in 'n land waar kultuur soms belangriker geag word as wetenskap. Verskeie navorsingstudies dui...
Reaksie op satire en godsdiens 12.01.2015 12:42
Los dit wat heilig vir ander is uit en moenie mense affronteer nie. Dit is die reaksie van die meeste luisteraars wat Vrydag op Monitor se vraag oor satire en godsdiens reageer het. Ons wou weet of satire grense behoort te hê, veral wanneer dit by godsdiens kom. Dit volg na verlede week se aanval op die Franse tydskrif Charlie Hepdo waarin ekstremiste in Frankryk die tydskrif se gespot met die pro...
Komedies koning by die SA loket - Deel 2 09.01.2015 6:03
In 2015 sal Suid-Afrikaanse komedies en romantiese komedies steeds die meeste geld by die plaaslike loket verdien. Só voorspel ontleders nadat O SCHUCKS, YOUR COUNTRY NEEDS You R27-miljoen en PAD NA JOU HART bykans R12-miljoen by die loket verdien het. Monitor gee 'n terugblik op die 2014 plaaslike fliekkalender.
Komedies koning by die SA loket - Deel 1 08.01.2015 8:30
Komedies kraai steeds koning by die Suid-Afrikaanse loket. In 2014 is 22 plaaslike flieks in teaters vertoon. SHUCKS, YOUR COUNTRY NEEDS YOU het die meeste geld verdien. Hier is 'n terugblik op die 2014 plaaslike fliekkalender.
Monitor 25 Desember 2014 24.12.2014 44:30
Spesiale Kersuitgawe van RSG se nuusaktualiteitsprogram.
Gaye Derby-Lewis praat oor haar man se parool. 19.12.2014 8:25
Gaye Derby-Lewis is moedeloos, kwaad en baie geïirriteerd met die SAKP se pogings om haar man, Clive Derby-Lewis, se vrylating op mediese parool, keer op keer te fnuik. Clive Derby-Lewis is al vier keer vir mediese parool aanbeveel. Vandeesweek was die kwessie weer in die kollig met die S.A.K.P se verklaring dat Clive Derby-Lewis geen berou toon vir sy aandeel in die moord op die SAKP leier, Chris...
Aanwysers van lewe op Mars 18.12.2014 3:26
Die Curiosity verkenningstuig wat vroeër vanjaar gelanseer is op sy sending na Mars, het groot opgewondenheid veroorsaak met sy nuutste ontdekking. Van die bevindinge dui op 'n toenemende moontlikheid dat daar lewe op die planeet was of kan wees. 'n Hoofingenieur by die Suid-Afrikaanse ruimteagentskap SANSA, Eugene Avennant, sê behalwe vir bewyse van water wat op die planeet gevind is, is daar ook...
Taliban aanval 17.12.2014 8:50
"Onmenslik en barbaars" is die woorde wat Clayson Monyela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse regering gebruik om gister se Taliban aanval op 'n skool in noordwes Pakistan te beskryf. 141 mense is in die aanval dood. Die politieke ontleder verbonde aan die Quaid-i-Azam Universiteit in Islamabad, Ahmed Malik lewer kommentaar.
Zuma onthul versoeningsbrug 17.12.2014 2:59
President Jacob Zuma sê versoening is moontlik indien elkeen 'n poging aanwend om dit te bewerkstellig. Hy het duisende mense in Noord Kwazulu-Natal toegespreek by die nasionale versoeningsdag byeenkoms by Ncome in Nquthu. Dit is die terrrein van die historiese Bloedrivier geveg tussen die Zulus en die Voortrekkers op 16 Desember in 1838.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.