RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 11 April 2025 11.04.2025 49:55
'n Besoek aan Israel deur twee politieke partye veroorsaak onmin in die regering van nasionale eenheid. Verskeie parlementêre komitees is bekommerd oor die besnoeiing van die weermag se begroting. Slagoffers van misdaad in die Wes Kaap. word die waarborg gegee dat hulle verklarings by die polisie in Afrikaans kan aflê.
Monitor 10 April 2025 10.04.2025 49:48
Die Amerikaanse President, Donald Trump, skort handelstariewe vir 90 dae op, behalwe vir China. AfriForum versoek die nasionale polisiekommissaris om plaasaanvalle as 'n prioriteitsmisdaad te klassifiseer. Die hervorming van die kiesstelsel is in die kollig.
Monitor 9 April 2025 09.04.2025 50:39
Die Regering van Nasionale Eenheid sal heroorweeg word, of soos die sekretaris-generaal van die ANC sê, "reset". Ons praat met die kleiner vennote in die RNE om uit te vind wat hulle daarmee verstaan. Die Vaaldam word voller, en staan nou op meer as 'n 112%. Die kommisaris van polisie, Fannie Masemola, glo hulle is op pad om misdaad hok te slaan. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het 'n hef...
Monitor 8 April 2025 08.04.2025 48:41
Die IVP bly verbind tot die regering van nasionale eenheid. Action Society glo die voorgestelde vuurwapenregulasies vir die private veiligheidsbedryf kan misdaadbestryding pootjie. Die staatshoofde van Amerika en Israel vergader oor die konflik in Gasa, en invoertariewe. Intussen tuimel die markte verder weens die invoerheffings.
Monitor 7 April 2025 07.04.2025 49:33
'n Vloedwaarskuwing vir inwoners langs die Vaalrivier. Beskuldigings van wydlopende wanbestuur en korrupsie met suurstofaanleg-tenders. Rwanda vaar goed, 31 jaar ná die volksmoord in daardie land. Aandelemarkte in Asië daal skerp. Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê die party is steeds tot die Regering van Nasionale Eenheid verbind.
Monitor 4 April 2025 04.04.2025 48:34
Die DA en ANC heroorweeg hulle deelname aan die Regering van Nasionale Eenheid. Die vryspreking van die evangelis Timothy Omotoso ontlok wye kritiek. 'n Twis ontwikkel in die Boland, wat klubrugby se grense kan herskryf. Finansiële markte daal skerp in reaksie op president Donald Trump se nuwe heffings op ingevoerde goedere.
Monitor 3 April 2025 03.04.2025 48:12
Reaksie op die aanvaarding van ons begroting. Suid-Afrika word swaar getref deur die jongste tariewe wat die VSA ingestel het. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging bring 'n hofaansoek teen die Nasionale Gesondheidsversekering. Ons fokus op die pad vorentoe om puttoilette by openbare skole te vervang.
Monitor 2 April 2025 02.04.2025 49:29
Action SA en die IVP steun die ANC oor die nasionale begroting, maar regstappe dreig. Ons praat met lede van 'n hoëprofiel groep Suid-Afrikaanse sakelui en arbeidsleiers wat besoek in Amerika afgelê het. Wat is mense met outisme se uitdagings?
Monitor 1 April 2025 01.04.2025 50:55
NSFAS se wanbetaling aan private verblyfverskaffers is weer in die kollig. ‘n Waterbestuurspesialis sê die sogenaamde watermafia knou ook die landbousektor. Twee nuwe staatsveiligheidsentiteite word in die lewe geroep. Die Afrika-kommandowurmplaag versprei na nog provinsies.
Monitor 31 Maart 2025 31.03.2025 49:31
Het laatmiddag samesprekings ons nasionale begroting gered? Ons praat met een van die twee groot parte in die RNE. Puttoilette onder die kollig in KwaZulu-Natal. Sprake dat die VSA militêre ondersteuning en samewerking met die Suid-Afrikaanse weermag opskort.
Monitor 28 Maart 2025 28.03.2025 46:47
Die DA juig oor die oorstap van ‘n opposisieleier na die party, maar die ANC sê hy het dalk hulle kandidatelys gemanipuleer. Hoe raak Donald Trump se nuwe heffing van 25% op motors Suid-Afrika se uitvoere na Amerika? Parlementêre komitees is bekommerd oor toestande by staatsinstellings.
Monitor 27 Maart 2025 27.03.2025 46:24
Die moontlike likwidasie van Ithala Bank is onder die vergrootglas in die parlement. Die regterpresident van Gauteng stel verpligte bemiddeling voor om ‘n groot agterstand met siviele sake in te haal. Die Johanneburgse burgemeester ontken daar is 'n tekort aan water. Meer paartjies skei, terwyl minder mense trou.
Monitor 26 Maart 2025 26.03.2025 47:53
Wie is die aangewese Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika? Die Departement van Water en Sanitasie sê die land beleef 'n waterkrisis. Hewige teenkanting in die parlement teen die BTW-verhoging.
Monitor 25 Maart 2025 25.03.2025 46:08
Die politieke party, Build One South Africa, wil hê waterrantsoenering moet ongrondwetlik verklaar word. Onderhandelinge gaan voort om 'n ooreenkoms vir 'n moontlike skietstilstand in Oekraïne te bereik. Shamila Batohi se termyn as hoof van die NVG is in die kollig. Die musieklegende, Jonathan Butler, ontvang 'n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch.
Monitor 24 Maart 2025 24.03.2025 48:19
Die uitgeskopte ambassadeur, Ebrahim Rasool, sê hy is nie spyt oor dit wat hy oor die VSA kwytgeraak het nie. Meer as 'n halfmiljoen migrante moet die VSA binne 'n maand verlaat. Op Wêreld Tuberkulosedag praat ons oor Suid-Afrika se uitdagings met dié siekte. Suid-Afrika se 800-meter ster, Prudence Sekgodiso, maak geskiedenis.
Monitor 21 Maart 2025 21.03.2025 50:49
Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee besluit om rentekoerse onveranderd te laat. Meer as 30 gevalle van a-pokke is reeds in Gauteng aangeteken. 'n Waarskuwing aan rolspelers in die landbousektor oor disinformasie-veldtogte op sosiale media.
Monitor 20 Maart 2025 20.03.2025 47:16
Klimaatsverandering bereik nuwe hoogtes in 2024, met sommige gevolge onomkeerbaar. Is 'n rentekoersverlaging vandag moontlik? Vandag is die laaste kans om van 'n SASSA goue kaart na die swart kaart oor te slaan.
Monitor 19 Maart 2025 19.03.2025 47:46
Peperduur krag is verbruikers se voorland. 'n Regsmening oor die verbod op die vervaardiging en verkoop van voedingsmiddels wat dagga bevat. Rusland onderneem om sy aanvalle op kraginfrastruktuur in Oekraïne te staak.
Monitor 18 Maart 2025 18.03.2025 49:45
Wie moet SA se nuwe ambassadeur na Amerika wees, en wat is volgende vir SA-VSA verhoudinge? Onderwysers in die Vrystaat kan hulle mediese fonds verloor. Kommer oor die stand van menseregte in die land.
Monitor 17 Maart 2025 17.03.2025 49:01
Die minister van internasionale betrekkinge betreur Amerika se besluit om Ebrahim Rasool uit te skop. Politieke partye vra vir dialoog tussen Suid-Afrika en die VSA om betrekkinge te herstel. Die toenemende agterstand in DNS-toetse by die polisie se forensiese laboratoriums wek kommer. ‘n Moontlike daling in die brandstofprys wag op motoriste.
Monitor 14 Maart 2025 14.03.2025 48:09
Ons praat met ‘n militêre ontleder oor hoe en wanneer SA soldate aan die DRK sal onttrek. Die EU kondig 'n beleggingspakket van R94 miljard vir Suid-Afrika aan. 'n Dringende hofaansoek om die Kleuterzone-groep te likwideer.
Monitor 13 Maart 2025 13.03.2025 47:08
Die regering sal steun vir sy begroting moet werf. Die ontvoerde Joshlin Smith is glo per skip na Wes-Afrika geneem - só word daar in die hofsaak getuig. Tyd word min vir belanghebbendes om die Formule 1-wedren terug na Suid-Afrika te bring.
Monitor 12 Maart 2025 12.03.2025 48:04
'n Ekonoom en politieke partye gee hulle verwagtinge van die begrotingsrede. Oekraïne ondersteun 'n voorgestelde skietstaking van 30 dae met Rusland. Kommer oor 'n ongekende toename in diensleweringsbetogings in Noordwes.
Monitor 11 Maart 2025 11.03.2025 47:26
Weerstand teen enige soort belastingverhoging neem toe. Die omstrede onteieningswet word dalk op gekaapte geboue in die Johannesburgse stadkern gebruik. Afrikaans is 'n honderd jaar oud! Of is dit? 'n Vooraanstaande klimaatwetenskaplike sê klimaatsverandering is erger as wat die bestaande modelle voorspel.
Monitor 10 Maart 2025 10.03.2025 50:11
Die ANC wil sy takke in die Vrystaat versterk. Reaksie op die Amerikaanse president se jongste aanbod aan Suid-Afrikaanse boere. Huldeblyke stroom in ná die dood van dramaturg Athol Fugard.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.