RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 16 Mei 2025 16.05.2025

Nóg Poetin, nóg Zelenski woon die eerste vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland in Turkye by. Duisende inwoners van Knysna is al byna twee weke sonder water. By NAMPO praat Udo Carelse met Graan SA en SAAI oor brandende kwessies.

Monitor 15 Mei 2025 15.05.2025

Parlementslede is geskok oor die polisie se versuim om bewerings van intimidasie deur die InterCape en Golden Arrow-busdienste te ondersoek. 'n Beplande gesprek in Istanboel tussen Kijif en Moskou wankel. Ons kyk na die belangrikheid van tegnologie in die landbousektor.

Monitor 14 Mei 2025 14.05.2025

President Donald Trump smee bande in die Midde-Ooste. Politieke partye reageer op die groep Afrikaners wat as vlugtelinge in die VSA verwelkom is. Ons skakel oor na NAMPO, waar Udo Carelse met Agri SA en TLU SA praat oor boere se talle uitdagings.

Monitor 13 Mei 2025 13.05.2025

Die eerste groep Afrikaner-“vlugtelinge” land in die VSA. Suid-Afrika word in 'n internasionale opname as die sewende beste land beskryf. Die 2025 NAMPO-Oesdag begin amptelik vandag in Bothaville in die Vrystaat.

Monitor 12 Mei 2025 12.05.2025

Hamas sê hy gaan nog 'n Israelse gyselaar vrylaat. 'n Geoloog verduidelik waarom daar sinkgate in Centurion ontstaan. Kommer oor aasvoëlstropings nadat meer as 120 in die Kruger Wildtuin vergiftig is.

Monitor 9 Mei 2025 09.05.2025

Daar is uiteenlopende reaksie op die verkiesing van Pous Leo die veertiende. Fedsas reageer op die verbod op drankverkope op skoolterreine in die Oos-Kaap. 'n Kundige meen die departement van vervoer moet elektroniese rybewyse oorweeg.

Monitor 8 Mei 2025 08.05.2025

Vyf mans verskyn vandag in die hof in verband met die moord op die kletsrymer, Kiernan 'AKA' Forbes, in 2023. Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, belowe 'n aantal ingrypings om die stad weer op die been te help. Afrikaans vier sy 100ste verjaarsdag as amptelike landstaal.

Monitor 7 Mei 2025 07.05.2025

Goeie nuus vir Suid-Afrikaners met dubbele burgerskap. Puttoilette by skole se dae is hopelik getel. Hoe lyk die stand en toekoms van Afrikaans op die vooraand van die taal se amptelike eeufeesvieringe?

Monitor 6 Mei 2025 06.05.2025

'n Ma is vry nadat sy van moord op die verkragter van haar dogter aangekla is. Amerika beweeg 'n stappie nader aan sanksies teen sekere politieke figure in Suid-Afrika. Groot swart motte maak hulle verskyning in baie huise.

Monitor 5 Mei 2025 05.05.2025

Kommer oor 'n ISIS-aanval in Mosambiek. Ons praat met 'n militêre ontleder. Stygende watervlakke hou gevaar in vir oeste in die Laer-Oranjerivier-streek in die Noord-Kaap. 'n ANC-faksie wil die miljardêr en sokkeradministrateur, Patrice Motsepe, se arm draai om as ANC-presidentskandidaat te staan.

Monitor 2 Mei 2025 02.05.2025

Die regering oorweeg 'n kernkragreaktor - ons praat met 'n energiekenner oor die voor- en nadele. Die wêreld se skaars minerale is onder die vergrootglas ná die geskiedkundige ooreenkoms tussen die VSA en Oekraïne. 90 000 ondersteuners word by die kragmeting tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates verwag.

Monitor 1 Mei 2025 01.05.2025

President Cyril Ramaphosa gaan 'n kommissie aanstel om vas te stel hoekom die Nasionale Vervolgingsgesag nie apartheidsmisdade ondersoek het nie. Advokaat Dali Mpofu se tugverhoor word uitgestel - ons praat met 'n kenner oor die aanklagte teen hom. Die wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming ontlok nóg ‘n hofgeding.

Monitor 30 April 2025 30.04.2025

Die liggame van die drie vermiste polisiekonstabels is gevind, maar die raaisel oor hulle voertuig duur voort. Minder padsterftes is oor die Paastyd aangemeld. Action SA dien 'n PAIA-aansoek in om die OPOD-verslag oor Phala Phala te bekom. Suid-Afrika stel sy saak aan die Internasionale Geregshof oor die humanitêre krisis in Gasa.

Monitor 29 April 2025 29.04.2025

Meer as 'n miljoen mense het die Suid-Afrikaanse grens die afgelope naweek oorgesteek. Die prys van beesvleis styg. Die militêre leier van Burkina Faso, Ibrahim Traoré, is besig om wêreldwyd aandag te trek.

Monitor 28 April 2025 28.04.2025

Die Hooggeregshof in Kaapstad skort die BTW-verhoging op. Die EFF glo Suid-Afrikaners het geen rede om Vryheidsdag te vier nie. Toenemende misdaad ontmoedig belegging in Gqeberha in die Oos-Kaap. ‘n Vredesooreenkoms wink tussen die DRK en Rwanda.

Monitor 25 April 2025 25.04.2025

'n Toutrekkery oor wie erkenning moet kry vir die afskaffing van die BTW-verhoging - ons praat met politieke partye en 'n ekonoom. President Cyril Ramaphosa bevestig 'n telefoniese gesprek met president Donald Trump.

Monitor 24 April 2025 24.04.2025

Die Nasionale Tesourie hou BTW op 15 persent. Die president van Oekraïne, Wolodomir Zelensky, sal na verwagting vandag in Suid-Afrika samesprekings hou met president Cyril Rmaphosa. Duisende roubeklaers bring hulde aan die ontslape pous Franciskus, wat in die Vatikaan in staatsie lê.

Monitor 23 April 2025 23.04.2025

Uitspraak is voorbehou in die DA en EFF se aansoek om die aanvaarding van die fiskale raamwerk as ongeldig en onwettig te verklaar. Die Noord-Kaapse ANC behou sy leierskap. Egipte en Katar sit 'n nuwe ooreenkoms op die tafel om die oorlog in die Gasastrook te beëindig. Die F.W. De Klerk Stigting stel alternatiewe voor vir raskwotas in die werkplek.

Monitor 22 April 2025 22.04.2025

Senior DA-leiers sal vandag se hofaksie teen die voorgenome styging in BTW bywoon. Huldeblyke vir die ontslape Pous stroom van oraloor in. Die tema van Aardedag is Ons Planeet, Ons Krag, en fokus op klimaataksie en hernubare energie.

Monitor 21 April 2025 21.04.2025

Die regering veroordeel Floyd Shivambu se besoek aan die kerk van Shepherd Bushiri. Politieke partye gaan vandeesweek nog gesprekke voer oor die BTW-verhoging. NEASA en die Sakeliga wil hof toe gaan oor die Wysigingswet op Diensbillikheid.

Monitor 18 April 2025 18.04.2025

Die vermeende slagoffers van Timothy Omotoso hoop dat geregtigheid eendag sal geskied. Die polisie in Gautengse ondersoek die skietdood van 'n 60-jarige man van Sophiatown. Verkeer op die land se paaie neem toe soos vakansiegangers na hulle paasfeesbestemmings reis. Buitelandse ministers van Amerika en Europa sit koppe bymekaar om die oorlog in Oekraïne te beëindig.

Monitor 17 April 2025 17.04.2025

'n Staking dreig by Transnet. Sassa verleng goue kaarte se geldigheid tot 31 Mei. 'n Nuwe geitjie-spesie in die Noord-Kaap ontdek.

Monitor 16 April 2025 16.04.2025

Suid-Afrika se Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, hou samesprekings in Moskou. Navorsing wys ouers is bekommerd wanneer hulle kinders skool toe gaan. Ons praat oor China se 'geheime wapen' in die handelsoorlog met Amerika.

Monitor 15 April 2025 15.04.2025

Wat wag op Mcebisi Jonas, die nuutaangestelde gesant na die VSA - wat sal sy rol wees? Kenners sê daar moet meer gefokusde mentorskapprogramme in skole ingestel word om onderwysers voor te berei. Hoe moet die media berig oor spazawinkelprodukte, sonder om paniek te saai?

Monitor 14 April 2025 14.04.2025

Die ANC beskryf 'n gesprek met die Vryheidsfront Plus oor die fiskale raamwerk en die Regering van Nasionale Eeenheid as 'hartlik'. Die Senzo Meyiwa moordsaak hervat vandag in die hooggeregshof in Pretoria. 'n Opname van Debt Rescue SA bevind dat 'n verhoging in BTW, verbruikers kan knou.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.