RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 20 Junie 2025 20.06.2025 48:13
Swart boere in Kuruman in die Noord-Kaap eis optrede ná plaasmoorde. Die konstitusionele hof vier vandag sy 30-jarige bestaan. 'n Gedenkdiens word vir die meer as 90 slagofferes van die oorstromings in die Oos-Kaap gehou.
Monitor 19 Junie 2025 19.06.2025 48:07
Inflasie bly laag, maar vir hoe lank? 'n Styging in masel-gevalle in Gauteng. Kommer oor Suid-Afrikaners se geestesgesondheid weens te veel skermtyd.
Monitor 18 Junie 2025 18.06.2025 49:22
Opruimingswerk in die Oos-Kaap duur voort. Action SA sê die RNE faal in sy taak om basiese dienslewering te verbeter. Nuwe egskeidingswetgewing gaan in die parlement ter tafel gelê word. Amerika en Brittanje sluit 'n handelsooreenkoms.
Monitor 17 Junie 2025 17.06.2025 49:59
President Donald Trump versoek almal in Iran se hoofstad, Teheran, om onmiddellik te ontruim, en verlaat die G7-beraad vroegtydig. Ons praat met 'n ouddiplomaat oor die jongste verwikkelinge in die Midde-Ooste. Die wêreld se woestyne brei uit.
Monitor 16 Junie 2025 16.06.2025 50:12
Krygkor skets 'n donker prentjie oor die stand van die Lugmag. Die amptelike riglyne vir die implementering van die Bela-wet word verwelkom. Die gevegte tussen Israel en Iran sal hoog op die agenda by die G7-beraad wees. Kunsmatige intelligensie het groot potensiaal om lewensafrigting meer toeganglik vir jong entrepreneurs te maak.
Monitor 13 Junie 2025 13.06.2025 47:11
Die dodetal weens oorstromings in die Oos-Kaap styg tot 78. Suid-Afrika se moordstatistiek word met 'n oorlogsone vergelyk. Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, sê rooivleis is veilig om te eet.
Monitor 12 Junie 2025 12.06.2025 49:33
Die Nasionale Vergadering het uiteindelik die fiskale raamwerk aanvaar. Die Wêreldbank voorspel dat die wêreldekonomie swakker sal groei. Die geestesgesondheid van mans is in die kollig.
Monitor 11 Junie 2025 11.06.2025 48:44
Ons praat met rampbestuur oor die skade, en paaie wat steeds gesluit is weens die kouefront. Die snerpende koue plaas die lot van haweloses in die kollig. Reaksie op president Ramaphosa se aankondiging van 'n nasionale konvensie.
Monitor 10 Junie 2025 10.06.2025 48:47
Rampbestuurspanne is op 'n gereedheidsgrondslag soos 'n kouefront oor die land beweeg. Staatsubsidies is steeds nie aan kinderhuise in Gauteng betaal nie. Ons soek antwoorde by die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, oor die slakkepas waarteen vakante onderwysposte gevul word. Die goewerneur van Kalifornië dagvaar die Trump-administrasie oor die ontplooiing van die Nasionale Wag in Los...
Monitor 9 Junie 2025 09.06.2025 48:57
Helen Zille oorweeg dit om as burgemeester die Goudstad te probeer regruk. Die seun van een van die Cradock Vier praat oor sy vriendskap met FW de Klerk se weduwee. Suid-Afrikaners maak skoonskip in die Comrades.
Monitor 6 Junie 2025 06.06.2025 48:14
Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, se omstrede stafhoof, Roman Cabanac, sê hy oorweeg sy opsies nadat hy afgedank is. 'n Ondersoek word geloods om die koste van spookwerkers vir die staat te bepaal. Hoe raak Amerika se nuwe reiswaarskuwing toerisme na Suid-Afrika?
Monitor 5 Junie 2025 05.06.2025 48:44
Hoeveel is daar om te vier vandag op Wêreld Omgewingsdag? Die Noordwes-onderwysdepartement is in die spervuur oor beweerde wanbesteding en bedrog. Die VN se jongste konsepresolusie vir 'n onmiddelike skietstilstand in Gasa word wéér deur die VSA geveto.
Monitor 4 Junie 2025 04.06.2025 50:09
Suid-Afrika se ekonomie het skaars gegroei in die eerste kwartaal, maar die landbousektor skitter. Die Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid skort die uitbetaling van toelaes aan duisende begunstigdes op. Ons vind uit hoe die onderwysassistent-program werk. Die kredietburo, TPN, sê bykans 3% van skoolpersoneel het 'n misdaadrekord.
Monitor 3 Junie 2025 03.06.2025 50:17
Die MK Party gaan appelleer teen ‘n hofbeslissing dat John Hlophe nie in die Regterlike Dienskommisie mag dien nie. 'n Terreurkenner verduidelik hoe ISIS in Suid-Afrika bedrywig is. Europa en Brittanje maak gereed vir 'n moontlike aanval deur Rusland.
Monitor 2 Junie 2025 02.06.2025 48:14
Die DA eis dringende optrede om oorgrensmisdaad in die Vrystaat te stuit. Ons neem die termyn van die afgetrede hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, in oënskou. Entrepreneurskap onder die jeug is in die kollig tydens Jeugmaand.
Monitor 30 Mei 2025 30.05.2025 48:34
Inwoners van Saldanha reageer op die swaar strawwe in die Joshlin Smith-ontvoeringsaak. Die Reserwebank verlaag su uitleenkoers. Israel se regering beplan 22 nuwe Joodse nedersettings in die besette Wesoewer.
Monitor 29 Mei 2025 29.05.2025 48:11
Action Society wil hê die grondwet moet gewysig word om groter polisiemagte aan munisipaliteite te gee. Kan ons 'n verlaging in die Reserwebank se repokoers verwag? Die verbod op die invoer van hoender vanaf Brasilië sal nie 'n wesenlike impak op die verbruiker hê nie.
Monitor 28 Mei 2025 28.05.2025 49:06
Bewerings word ondersoek dat die bus wat van 'n brug in KwaZulu-Natal afgery het, se remme onklaar geraak het. Sowat 40% van die bevolking is van welsynstoelaes afhanklik, volgens die jongste huishoudelike peiling van Statistieke SA. President Cyril Ramaphosa verdedig sy besoek aan Amerika in die parlement.
Monitor 27 Mei 2025 27.05.2025 49:19
Belegging in infrastruktuur is onder die vergrootglas by 'n simposium in Kaapstad. Sommige veiligheidsontleders meen eise dat die hoof van die NVG, Shamila Batohi, moet bedank, is onregverdig. 'n Versoek vir 'n kommissie van ondersoek oor voortslepende bendegeweld.
Monitor 26 Mei 2025 26.05.2025 50:42
Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, se voorstel om Swart Ekonomiese Bemagtiging in die tegnologiesektor vir buitelandse beleggers te verslap, kry die wind van voor. Die African Transformation Movement gaan saam met die MK-party werk met die oog op aanstaande jaar se plaaslike verkiesings. Solidariteit skep 'n fonds van R7-miljoen om transformasiewetgewing in die ho...
Monitor 23 Mei 2025 23.05.2025 47:40
Die AA kap die Tesourie oor sy besluit om die brandstofheffing te verhoog. Politieke partye kan nou groter skenkings ontvang. Nóg 'n reddingsboei vir Transnet.
Monitor 22 Mei 2025 22.05.2025 47:52
Ons berig breedvoerig oor president Ramaphosa en sy afvaardiging se besoek aan president Trump. Ons bespreek die begrotingsrede met 'n ekonoom.
Monitor 21 Mei 2025 21.05.2025 46:32
Politieke partye binne en buite die Regering van Nasionale Eenheid deel hulle verwagtinge vir die derde begroting. President Cyril Ramaphosa hoop vir 'n goeie uitkoms ná vandag se vergadering met sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump. Ons praat met die afrigter van die Pumas oor dié span se gereedheid vir die SA Beker-eindstryd.
Monitor 20 Mei 2025 20.05.2025 49:09
President Donald Trump sê Rusland en Oekraïne gaan onmiddellik begin met vredesonderhandelings, dalk met die hulp van die pous. Môre is die groot dag - hoe moet president Ramaphosa vir president Trump benader? Die 18-jarige gouemedalje-afloswenner, Leendert Koekemoer, praat oor sy toekomsplanne.
Monitor 19 Mei 2025 19.05.2025 45:38
Die Nigeriese tele-evangelis, Timothy Omotoso, verlaat Suid-Afrika amptelik op 'n vlug na Lagos. Solidariteit beplan 'n lasteraksiesaak teen die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni. Bittere koue word vir die Wes-Kaap én die binneland voorspel.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.