RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 25 Julie 2025 25.07.2025 47:45
Afslaers sê daar kleef 'n stigma aan die Gupta-huise in Johannesburg, want net een van drie eiendomme is gister verkoop. Hoe groot is die druk van binne die ANC om van die DA as 'n RNE-vennoot ontslae te raak? 'n Kenner sê moontlike sanksies teen ANC-politici sal nie noodwendig alle Suid-Afrikaners benadeel nie. Nadat die enkele Knysna-olifant in die Tuinroetestreek van die Wes-Kaap onlangs waarge...
Monitor 24 Julie 2025 24.07.2025 48:22
Die Toedelingswetsontwerp word in die Nasionale Vergadering goedgekeur. Die Wes-Kaapse landbousektor wag in spanning op die 30%-tarief wat op 1 Augustus deur die VSA ingestel word. Ons praat hieroor met die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap. Die VSA is 'n tree nader om sanksies teen die ANC-leierskap in te stel.
Monitor 23 Julie 2025 23.07.2025 48:27
Die MK-party dien 'n mosie van wantroue in teen president Cyril Ramaphosa. Die Nasionale Vergadering moet besluit oor die stigting van ’n ad hoc-komitee om Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings te ondersoek. Inwoners van Welverdiend in Gauteng is al amper vier weke sonder krag. 'n Peiling wys Suid-Afrikaners stres minder oor hulle finansies as twee jaar gelede.
Monitor 22 Julie 2025 22.07.2025 50:22
Reaksie op die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding se afdanking. Wie is die nuwe minister, Buti Manamela? Die seëvierende Junior Bokke trots terugverwelkom. Vandag, op Wêreld Breindag, is die vinnige toename in demensie-gevalle onder die soeklig. Ons praat met 'n neuroloog.
Monitor 21 Julie 2025 21.07.2025 48:37
Flysafair-vlieëniers verbonde aan die vakbond, Solidariteit, begin vandag met 'n tweeweeklange staking. Die regering onderneem om die nodige hervormings in te stel om soortgelyke tragedies soos die George-gebouramp, te voorkom. Leefstyloudits op senior staatsamptenare is in die kollig. Japan se regerende party verloor sy meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers.
Monitor 18 Julie 2025 18.07.2025 49:20
FlySafair tref voorsorgmaatreels ter voorbereiding van 'n dreigende staking deur vlieëniers. Ons praat met die medevoorsitter van die groep van vooraanstaande persone, dr. Roelf Meyer, wat die Nasionale Dialoog sal lei. Op Mandela-dag praat ons oor leierskap, spesifiek verantwoordelike leierskap, of die gebrek daaraan.
Monitor 17 Julie 2025 17.07.2025 49:13
Die SAUK se nuusdiens is vandag 75 jaar oud. Joernaliste wat oor die jare by Monitor gewerk het, vertel hulle staaltjies. Hoe het die medialandskap - en spesifiek die SAUK - die afgelope 75 jaar verander?
Monitor 16 Julie 2025 16.07.2025 48:31
Die inkomende waarnemende minister van polisie, professor Firoz Cachalia, sê hy is opgewasse vir die taak. Die OVK se verslag oor 2024 se algemene verkiesing is onder die vergrootglas. Bitcoin groei sterk terwyl Amerikaanse wetmakers nuwe kriptowetgewing oorweeg. Kry Suid-Afrikaners waarde uit die sektorale onderwys- en opleidingsowerhede? President Donald Trump las 'n ondersoek na onbillike hande...
Monitor 15 Julie 2025 15.07.2025 49:36
Gemengde reaksie op die kommissie van ondersoek wat bewerings van korrupsie in die polisiediens sal ondersoek, en ander optrede wat deur die president aangekondig is. Vissers langs die Weskus is ongelukkig oor visvangregte. President Donald Trump stel 'n ultimatum aan Rusland.
Monitor 14 Julie 2025 14.07.2025 47:57
Die president stel 'n kommissie van ondersoek aan om bewerings van korrupsie in die polisiediens te ondersoek. Die parlement se komitee oor gesondheid wil hê mediese skemas, wat glo diskrimineer teen swart gesondheidspraktisyns, moet vervolg word. SAUK Nuus vier sy 75ste bestaansjaar – ons fokus op die bekende nuusleser, Riaan Cruywagen.
Monitor 11 Julie 2025 11.07.2025 46:47
Die regbank beskou bewerings van korrupsie onder regters en landdroste in 'n baie ernstige lig. Die Department van Maatskapile Ontwikkeling beweeg 'n stappie nader aan 'n basiese inkomstetoelaag. Militêre veterane wend hulle na die konstitusionele hof weens die versuim van die regering om pensioene uit te betaal.
Monitor 10 Julie 2025 10.07.2025 46:48
'n Hofgeding teen 'n verordening van die Johannesburg Metro, wat die registrasie van private kringtelevisiekameras vereis. Drie parlementêre komitees sal die bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, ondersoek. Buitelandse beleggers verkoop steeds elke maand miljarde rand se Suid-Afrikaanse aandele.
Monitor 9 Julie 2025 09.07.2025 49:38
Verskeie partye in die parlement is bekommerd oor hoe die land sy skuld bestuur. 'n Durbanse skoolbusbestuurder kry borgtog ná skote gevuur is by die stigting van 'n ActionSA-tak. Hoe moet Suid-Afrika te werk gaan om ’n doeltreffende en vertroubare polisiediens te weeg te bring?
Monitor 8 Julie 2025 08.07.2025 48:49
Die president sê die KwaZulu-Natalse polisiekommisaris se bewerings teen senior polisiebeamptes en die minister sal deeglik ondersoek word. Buitelandse burgers se toegang tot openbare gesondheidsorg is in die kollig. BRICS ontken dat sy beleid anti-Amerikaans is.
Monitor 7 Julie 2025 07.07.2025 48:46
Senior polisiebeamptes se twis oor beweerde politieke inmenging betrek selfs die Minister van Polisie. Stormweer eis sy tol van informele nedersettings in Kaapstad, soos Vygieskraal, Gugulethu, Mfuleni, Khayelitsha, Du Noon and Athlone. Die eerste intreegesprek vir die Nasionale Dialoog word by Noordwes-Universiteit gehou.
Monitor 4 Julie 2025 04.07.2025 49:09
Politieke leiers besin oor die voormalige adjunkpresident David Mabuza se politieke lewe ná die nuus van sy afsterwe. Inflasie kan in Julie tot meer as drie persent styg as gevolg van Eskom se tariefverhogings. Suid-Afrikaanse veeartse help met 'n olifant se tandpyn in Kambodja.
Monitor 3 Julie 2025 03.07.2025 48:10
Ons praat oor die pad vorentoe vir die families van die Cradock-4. Inflasieverwagtinge daal vir die eerste keer in meer as vier jaar tot laer as 4% - maar wat beteken dit vir die verbruiker? Vandag is Wêreld Plastieksakvrye-dag.
Monitor 2 Julie 2025 02.07.2025 48:24
Die begroting van die Minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, word in die Nasionale Raad van Provinsies verwerp. Die DA, EFF en MK Party het teen die wet gestem. SA het sterk wetgewing teen seksuele misdrywe hoor 'n seminaar oor transformasie van geslagsnorms. Die multimiljardrand Musina Makhado Spesiale Ekonomiese Sone-projek bly agterweë.
Monitor 1 Julie 2025 01.07.2025 48:39
Vier voormalige Transnet-bestuurshoofde ontvang borgtog van R50 000 elk. Brandstof word om middernag duurder. Die informele sektor in townships is dalk heelwat groter as amptelike syfers.
Monitor 30 Junie 2025 30.06.2025 45:56
Vakbonde sê Noordwes se departement van gesondheid behoort sy ondersoek na die Witrand Psigiatriese Hospitaal in Potchefstroom uit te brei. Die DA se besluite oor die Regering van Nasionale Eenheid en die Nasionale Dialoog ontlok uiteenlopende kommentaar. Beleidsonsekerheid in Suid-Afrika bly in negatiewe terrein.
Monitor 27 Junie 2025 27.06.2025 45:55
Terwyl die res van die land ook nou bibber, het 'n tweede koue front die Kaap getref. Die DA is die duiwel in vir die president oor die afdanking van 'n adjunkminister. 'n Dringende hofaansoek dat die Nasionale Dialoog verbied word.
Monitor 26 Junie 2025 26.06.2025 47:17
Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê hy het geweet die DA se mosie van wantroue sou nie slaag nie. Die ANC se vryheidsmanifes is vandag 70 jaar oud. 'n Gelukkige einde vir 'n groep Suid-Afrikaners wat dae van onsekerheid in die Midde-Ooste moes verduur, op pad terug na Suid-Afrika.
Monitor 25 Junie 2025 25.06.2025 44:27
R5-miljard beskikbaar gestel om die Oos-Kaap te help herbou, terwyl 'n intense koue front die Wes- en Noord-Kaap vandag tref. 'n Onrusbarende styging in kankergevalle in Suid-Afrika. Afgetrede wêreldleiers berispe Amerika en Israel oor aanvalle op Iran.
Monitor 24 Junie 2025 24.06.2025 48:32
Wat kan ons van Israel en Iran verwag nadat president Donald Trump ‘n skietstilstand aankondig? Ses Suid-Afrikaners wat in Saoedi-Arabië gestrand is weens die oorlog, kan hulle reis na Kaapstad hervat. Vandag 30 jaar gelede het Suid-Afrika 'n geskiedkundige oorwinning teen die All Blacks op die rugbyveld behaal. Waar was jy?
Monitor 23 Junie 2025 23.06.2025 50:36
Die wêreld wag in spanning op die volgende skuif in die Midde-Ooste konflik. Wye reaksie op die Amerikaanse lugaanvalle in Iran. 'n Nuwe dokumentêre film plaas die kollig op die dekriminalisering van sekswerk.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.