RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 7 Maart 2025 07.03.2025 48:26
President Ramaphosa sê samewerking tussen regeringsvlakke is die sleutel tot beter dienslewering. Die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan word vanuit 'n ander oord gekritiseer. Die regering beoog om die toelae-stelsel meer vaartbelyn te maak. Wetenskaplikes begin om aalwyne in die Magaliesberg aan te plant.
Monitor 6 Maart 2025 06.03.2025 47:50
Kelly Smith vertel die hof van die verdwyning van haar dogter, Joslin. ‘n Regskenner gee sy mening oor die Johannesburg-metro se plan om private kringtelevisiekamerastelsels te reguleer. Ons praat met professor Wim De Villiers, wat uittree as die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch.
Monitor 5 Maart 2025 05.03.2025 47:20
Amerika is terug, sê president Donald Trump in die Amerikaanse Kongres. 'n Ekonoom verduidelik wat die tariefoorlog tussen die VSA en sy handelsvennote vir Suid-Afrika en die res van die wêreld inhou. 'n Tweede polisiebeampte in die getuiebank in die Joslin Smith-verhoor.
Monitor 4 Maart 2025 04.03.2025 45:13
Die drie beskuldigdes in die Joshlin Smith-hofsaak, pleit onskuldig. Die openbaarmaking van die register van seksoortreders is vir eers op ys. Action SA wil hê adjunkminister-poste moet geskrap word. Die regering van die Demokratiese Republiek die Kongo is nie bereid om vredesamesprekings met M23-rebelle te voer nie.
Monitor 3 Maart 2025 03.03.2025 50:30
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê Europa is by 'n kruispad in die geskiedenis. Ons bespreek die rol wat sekere seldsame minerale in oorloë speel. Hoe baie is daar om te vier vandag op Wêreld Natuurlewe dag?
Monitor 28 Februarie 2025 28.02.2025 46:57
Ons praat met 'n kenner oor die aanstelling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se nuwe baas, John Lamola. Die woordestryd oor Solidariteit en AfriForum se omstrede besoek aan Washington, woed voort. 'n Rasie-lied van 'n Wes-Kaapse skool trek internasionaal aandag op sosiale media. Die Amerikaanse president, Donald Trump, ontken dat hy die Oekraiense president, Wolodimir Zelenski, 'n diktator genoem...
Monitor 27 Februarie 2025 27.02.2025 48:12
Inflasie bly binne die Reserwebank se teikenband. Die Wes-Kaapse regering wil meer werk skep. Die Passasierspooragentskap moet opdok nadat 'n vrou uit 'n trein gespring het. Die meeste Graad 3-leerlinge kan nié met begrip lees nie. Reaksie op Denemarke se besluit om die gebruik van selfone in skole te verbied.
Monitor 26 Februarie 2025 26.02.2025 48:35
Die regering begin 'n veldtog om MIV/Vigs-behandeling aan 'n bykomende 1,1 miljoen mense te verskaf. 'n Tweede vliegtuig met soldate wat in die DRK beseer is, kom in Suid-Afrika aan. Die DA verkla adjunkpresident Paul Mashatile en minister Barbary Creecy oor inmenging met die aanstel van die SAL-hoof.
Monitor 25 Februarie 2025 25.02.2025 46:36
Reaksie op die provinsiale rede van die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi. Eskom sê hy vorder fluks met die herstelwerk aan onklaar eenhede. 'n Afrika-kommandowurm-plaag steek sy kop uit in drie provinsies. Die invloed van digitale platforms op plaaslike nuusmedia is in die kollig.
Monitor 24 Februarie 2025 24.02.2025 49:25
'n Kragkenner sê ESKOM kon, en moes, die land vroeër gewaarsku het oor die jongste vlaag beurtkrag. 'n Aansienlike styging in damvlakke ná verlede week se goeie reën. Die verregse party in Duitsland het sy steun byna verdubbel - ons praat met 'n politieke ontleder.
Monitor 21 Februarie 2025 21.02.2025 48:52
Chaos by van die land se tersiêre instellings bars los weens onsekerheid oor onder meer studente-akkommodasie. Ons praat met 'n ontleder vir sy indrukke oor die eerste dag van die G20-beraad, wat gister in Johannesburg begin het. Die Verenigde Nasies sê dis noodsaaklik dat die Veiligheidsraad beslissende stappe doen om 'n groter streeksoorlog in die ooste van die DRK te voorkom. Die veldtog om die...
Monitor 20 Februarie 2025 20.02.2025 47:54
Politieke partye reageer op die besluit om die begrotingsrede uit te stel. Ons praat ook met 'n vakbondleier, 'n ekonoom en 'n politieke ontleder hieroor. President Trump verwys na president Zelenski as 'n diktator wat die oorlog met Rusland begin het.
Monitor 19 Februarie 2025 19.02.2025 47:14
Cosatu sê dis 'n mite dat die staat se salarisrekening te lywig is. Ons bekyk vanmiddag se begrotingsrede van naderby, en vra wat dit jou uit die sak sal jaag. Daar was 'n geringe verbetering wat indiensneming betref. Washington smee nuwe diplomatieke bande met Moskou.
Monitor 18 Februarie 2025 18.02.2025 47:15
Politieke partye sê wat hulle van môre se begrotingsrede verwag. Nóg baie reën vir groot dele van die land voorspel. Kan Europese leiers vir president Trump oorreed dat hulle belangrik is vir Oekraïne se toekoms?
Monitor 17 Februarie 2025 17.02.2025 48:27
Skok en onsteltenis ná die sluipmoord op 'n gay imam in Gqeberha in die Oos-Kaap. 'n Vergadering van Khoisan-groepe word in Boksburg gehou om eenheid te bewerkstellig. ‘n Oud-generaal beskryf Suid-Afrikaanse soldate in die DRK as dapper en toegewyd.
Monitor 14 Februarie 2025 14.02.2025 48:59
President Cyril Ramaphosa lewer repliek op die tweedaagse debat oor die staatsrede. 'n Koalisie van gesondheidswerkers lê 'n plan voor as alternatief vir die Nasionale Gesondheidsversekering-skema. Die stand van jongmense se geestesgesondheid word onder die loep geneem as deel van tienerselfdood-voorkomingsweek.
Monitor 13 Februarie 2025 13.02.2025 47:40
Ons praat met 'n politieke ontleder oor president Trump se telefoongesprekke met die presidente van Rusland en Oekraïne. SASSA waarsku dat die goue kaarte teen die einde van die maand verval. Op Wêreld Radiodag bespreek ons die gevare van Kunsmatige Intelligensie vir die radiobedryf.
Monitor 12 Februarie 2025 12.02.2025 49:36
Afriforum verwerp bewerings van hoogverraad, maar wat sê die wet daaroor? Mense uit Suid-Afrika wat vlugtelingstatus wil hê, sal met talle uitdagings te doen hê. 'n Nuwe wêreldklas walvisnavorsingsentrum word vir Hermanus in die Wes-Kaap beplan. Hoe weeg die twee groot kunsmatige intelligensie-toepassings, Deepseek en ChatGPT, teen mekaar op?
Monitor 11 Februarie 2025 11.02.2025 48:43
Die DA dien hofstukke in om die Onteieningswet ongeldig te laat verklaar. Reaksie op die Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel, wat 'n 25% invoerheffing op staal en aluminium plaas. Die Menseregtekommissie eis dringende ingryping om puttoilette by Oos-Kaapse skole uit te roei. Daar is toenemende gevalle van boeliegedrag by skole.
Monitor 10 Februarie 2025 10.02.2025 50:58
Die Amerikaanse president, Donald Trump, se buitelandse beleid word 'n groot krisis vir Suid-Afrika. Intussen word Elon Musk se Starlink-stelsel as "van groot waarde" vir Suid-Afrikaners beskryf. Kleinzee in die Noord-Kaap se waterkrisis is dalk onder beheer. Sam Nujoma se lewe as 'n vryheidsvegter word herdenk.
Monitor 7 Februarie 2025 07.02.2025 50:25
President Cyril Ramaphosa fokus in 'n groot mate op ekonomiese groei in sy staatsrede. Die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, stel ekonomiese sanksies en reisbeperkinge in teen sekere beamptes van die Internasionale Strafhof.
Monitor 6 Februarie 2025 06.02.2025 48:37
Politieke partye binne en buite die regering van nasionale eenheid sê wat hulle van die staatsrede verwag. Oudpresident Jacob Zuma is in die hof in verband met sy korrupsiesaak. Al hoe meer lande en staatsinstellings verbied die gebruik van DeepSeek. Die Amerikaanse regering se beëindiging van finansiële hulp aan Suid-Afrika, kan die land se stryd teen klimaatsverandering in die wiele ry.
Monitor 5 Februarie 2025 05.02.2025 48:28
Die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, ontken dat die president sakebelange in die Demokratiese Republiek die Kongo het. Die Landboubedryf gaan Donald Trump se dreigement om toekomstige befondsing aan Suid-Afrika op te skort, fyn dophou. Kundiges in die onderwys en misdaadbestryding deel hulle verwagtinge oor die staatsrede.
Monitor 4 Februarie 2025 04.02.2025 50:00
Suid-Afrika reageer op die Amerikaanse president se dreigement oor die besnoeiing van fondse aan die land se gesonheidsprogramme. Opposisiepartye verwag nie veel van Donderdag se staatsrede nie. 'n DNS-toets kan dalk help om servikale kanker gouer op te spoor.
Monitor 3 Februarie 2025 03.02.2025 46:02
Vrystaat Landbou sê boere kan nie die skerp stygings in kragtariewe bekostig nie. 'n Krisis met private studenteverblyf dreig omdat NFSAS nie sy uitstaande skuld aan verskaffers vereffen nie. Onwettige mynbou sal na verwagting onder die vergrootglas wees by die Mynbou Indaba.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.