RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 20.01.2016 3:56
Stygende kospryse het 'n negatiewe invloed op die algemene stand van Suid-Afrika se ekonomie, veral wat die invoer van sekere kossoorte betref. Die ondervoorsitter van die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikers Unie, Ina Wilken, het aan Dianke Nel gesê maatskappye trek ook swaar weens hoër inset-koste.
Monitor 20.01.2016 6:05
Die Internasionale Monetêre Fonds het sy vooruitsigte vir wêreldwye ekomoniese groei vir die volgende twee jaar afwaarts aangepas. 'n Groeikoers van drie-komma-vier persent word vir vanjaar verwag. Suid-Afrika se vooruitsigte lyk selfs slegter. Anita Visser en Ivor Price praat met die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt. Die IMF se ekonomiese groei vooruitskatting vir Suid-Afrika is m...
Monitor 19.01.2016 8:36
'n Uitmergelende droogte het die land se boere op hul knieë. Belowende oeste het in die versengende hitte doodgebrand en die karkasse van eens moddervet vee lê oral op kurkdroë weivelde. Nie eens die onlangse reën kon sake red nie. Izak du Plessis het die Bosveld in Limpopo besoek en die verslag saamgestel.
Monitor 19.01.2016 4:55
Die voortslepende droogte het 'n direkte invloed op verbruikers se sakke wat kospryse betref. Die hoofekonoom van die ouditmaatskappy, KPMG, Lullu Krugel, het aan Dianke Nel gesê dit lyk of ons vir die volgende paar maande tot 'n jaar steeds hoë voedselpryse op die winkelrakke gaan sien.
Monitor 18.01.2016 12:09
AGRI SA se bestuurshoof Omri van Zyl het Vrydag hoëvlaksamesprekings met die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, en die Minister van Landbou, Senzeni Zokwana, gevoer oor maniere waarop die droogte hanteer kan word. Hy het na die tyd sy indrukke oor die gesprekke met Monitor gedeel.
Monitor 15.01.2016 4:49
Die notering op die JSE van een van die wêreld se grootste biermaatskappye, Anheuser-Busch INBEV, skep groot geleenthede vir Suid-Afrikaners. Dit is die mening van die portfeuljebestuurder en aandelemakelaar van PSG Wealth in Pretoria, Amelia Morgenroodt. Anheuser-Busch noteer vandag op die beurs.
Monitor 15.01.2016 7:46
Krisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.
Monitor 15.01.2016 2:16
"Ons is nie almal so nie." Nee, ons praat nie nou van Jeanne Goosen se baanbrekers boek nie, maar van die gevoel wat onder Parys se landbou gemeenskap heers oor die gedrag van mense wat die vierkleur en ou landsvlag vroeër die week by die landdroshof op die Vrystaatse dorp rondgeswaai het. Dit tydens die hof verskyning van vier boere, Johan Cilliers en sy seun Johan junior, Boeta van der Westhuize...
Monitor 14.01.2016 3:31
Die eerste regeringskool in meer as 130 jaar het sy deure in Matjieskloof in Namakwaland oopgemaak. Die Matjieskloof Primêreskool, wat meer as R160-miljoen gekos het, kan sowat 800 leerders akkommodeer.
Monitor 14.01.2016 3:28
Volgens nuwe navorsing is Pofadders blykbaar nie net byna onsigbaar in die veld nie, maar roofdiere kan hulle ook glad nie ruik nie. Prof. Graham Alexander van die Wits skool vir dier-, plant- en omgewingswetenskappe het die gevolgtrekking gemaak in 'n onlangse publikasie in die Royal Society Proceedings B vaktydskrif. Hy het met Joan-Marie Verhoef oor die navorsing gepraat.
Monitor 13.01.2016 17:50
AgriSA is voortaan in beheer van die bestuur van die Nasionale Droogte-rampfonds. Dit volg nadat die landbou-organisasie die minister van landbou, Senzeni Zokwana, gevra het om noodmaatreëls weens die knellende droogte in te stel. Beide partye het gister oor die sosio-ekonomiese impak van die droogte beraadslag. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met AgriSA se bestuurshoof, Omri van Zyl, en...
Monitor 08.01.2016 9:03
Krisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.
Monitor 08.01.2016 3:01
Slegs 'n week nadat die periodieke tabel vier nuwe elemente ryker is, is elektroniese periodieke tabelle reeds aangepas. Hierdie nuwe elemente is geidentifiseer as swaar metale. Daar is selfs versoeke dat van die elemente na 'n "heavy-metal" sanger vernoem word. Marlinee Fouche het met ons Wetenskapskorrespondent, George Claassen gepraat.
Monitor 07.01.2016 5:01
Gauteng se top-presteerder, Minet Uys, spog met nie minder nie as agt onderskeidings. Minet het 'n gemiddeld van 95,56 persent behaal -- en wil 'n loopbaan in die ingenieurswese najaag.
Monitor 07.01.2016 5:17
In 'n nuwe verslag oor werk-vooruitsigte vir matrieks, word benadruk dat die moderne ekonomie veel meer kennis vereis as wat deur 'n matriek-sertifikaat gebied word. Op die lyn is 'n senior ekonomiese navorser by Solidariteit se navorsingsinstituut, Paul Joubert.
Monitor 07.01.2016 4:00
Moedertaalonderrig, dissipline en toegewyde onderwysers is die Afrikaanse Hoër Meisieskool se wenresep. Hulle het die afgelope 30 jaar 'n 100% matriekslaagsyfer gehandhaaf. Professor Kobus Maree van die opvoedkundige sielkundige departement by die Universiteit van Pretoria, sê die skool se wenresep kan deur ander skole gebruik word om die nasionale matriekslaagsyfer te verhoog.
Monitor 07.01.2016 7:19
Ekonome waarsku dat 'n matriek-sertifikaat nie 'n waarborg is om werk te kan kry nie. Die realiteit is dat universiteite en kolleges ook net 'n klein deel van die bykans 560-duisend matrieks kan toelaat wat wel geslaag het. Wat word van die res? En waar gaan hulle werk kry in 'n land wat reeds gebuk gaan onder werkloosheid? Ons praat met Mike Schussler van economists.co.za.
Monitor 07.01.2016 4:41
Te midde van baie kritiek, het die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, Chris Klopper, die Minster van Basiese Onderwys geloof vir haar openhartigheid oor die probleme in die onderwys. Sy het eergister swakker matriekuitslae aangekondig. En ons praat met Chris Klopper van die SAOU.
Monitor 07.01.2016 9:54
Die afgelope matriekuitslae toon baie duidelik aan dat die drie armste provinsies - KwaZulu-Nata, Limpopo en die Oos-Kaap - dringend hulp nodig het in hulle onderskeie onderwyssektore. So sê die Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde by Universiteit Johannesburg, Professor Sarah Gravett.
Monitor 04.01.2016 4:26
Die 51-jarige Gerda Badenhorst is een van n groepie buitelanders wat Sjinese kinders leer om Engels te praat. Gerda is na nege maande, vir n kort vakansie terug in Johannesburg waar Anita met haar gepraat het:
Monitor 31.12.2015 2:16
Die gehaltebeheerliggaam, Umalusi sê die matriekklas van 2015 het swakker as verlede jaar in Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen gevaar. Umalusi sê 26 sake van beweerde groepkullery en afskrywery is ook tydens die eindeksamen in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga aangemeld. Jean Esterhuizen berig dat die uitslae volgende week bekend gemaak word.
Monitor 31.12.2015 5:27
Die Wes-Kaapse polisie sê hulle maak vordering om bende geweld en aktiwiteite in die Kaapse-skiereiland te bekamp. 'n Aantal gebiede in die streek soos Ocean View, ervaar 'n toename in bendegeweld oor die afgelope paar weke en sewe mense is oorlede in die geweld. Berenice Moss het hierdie spesiale verslag saamgestel.
Monitor 29.12.2015 4:33
Die EFF het oud-president FW de Klerk se teenstand skerp veroordeel dat 'n standbeeld van Cecil John Rhodes by die Oxford Universiteit in Engeland verwyder word. De Klerk sê die geskiedenis eer individue vir hulle invloed en nie hoe 'n mate hulle later voldoen aan politieke korrektheid nie. Maar die EFF het gesê hy verdien nie die Nobelprys na die uitlating nie.
Monitor 29.12.2015 11:08
Vir baie jonges gaan die Desember-vakansie gepaard met laatnag-partytjies, goeie tye met vriende en oormatige alkohol-gebruik. Die Suid-Afrikaanse nasionale raad teen alkohol- en dwelmverslawing, Sanca, waarsku al hoe meer jongmense kyk te diep in die bottle, dikwels met katastrofiese gevolge. Ivor Price het die spesiale verslag saamgestel.
Monitor 29.12.2015 5:09
Die Afrikaanse skrywerswêreld rou na die dood van die skrywer Chris Barnard. Huldeblyke van regoor die wêreld getuig daarvan dat die veelsydige skrywer op vele vlakke gemis gaan word. Barnard is Maandag-oggend aan 'n hartaanval oorlede. Izak du Plessis het die huldeblyk aan hom saamgestel.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.