RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 03.02.2016

In Suid-Amerika gaan die ondersoeke na 'n verband tussen die gevreesde Zika-virus en mikrokefalie, of kleinskedelheid, steeds voort. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie sê dit kan tot nege maande vir kenners neem om, of die verband sonder twyfel te bevestig, of verkeerd te bewys. Hier in Suid-Afrika is klein Naidine Smith in 2008 tydens geboorte met mikrokefalie gediagnoseer. Die siekte veroorsaak d...

Monitor 03.02.2016

Terwyl die Zika-virus soos 'n veldbrand in die Amerikas versprei, hou dit nie 'n groot gevaar vir Suid-Afrika in nie. Só sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, ondanks 'n wêreldwye nood¬toestand weens Zika, wat verbind word met duisende geboortedefekte in Brasilië. Die virus word deur 'n spesifieke muskiet oorgedra, en is vir die eerste keer in 1947 in Uganda by ape aangetref, en die...

Monitor 02.02.2016

Maer diere, damme en riviere wat opgedroog het, geen teken van groen gras nie, en 'n versengende hitte begroet besoekers aan die Nasionale Kruger Wildtuin. Dit lyk dalk na 'n natuurramp, maar in werklikheid is die droogte broodnodig vir natuurbewaring. Hanri Wondergem het saam met dr. Izak Smit, 'n wetenskaplike van SanParke, op 'n rit deur die wildtuin gegaan om agter die kap van die byl te kom.

Monitor 02.02.2016

Die droogte word deur wetenskaplikes as 'n leerkurwe en goue geleentheid vir navorsing gesien. Boonop ly toerisme in die Nasionale Krugerwildtuin glad nie onder die droogte nie. Hanri Wondergem het by kenners in die wildtuin gaan aanklop om hierdie sake te bespreek.

Monitor 01.02.2016

As jy in matriek is - spits jou ore! Die punte wat jy vanjaar behaal, kan bepaal of jy jou drome kan gaan uitleef in die studierigting van jou keuse. Dis belangrik om presies te weet hoe jou finale punt saamgestel word en wat jy daarmee kan doen. Marlinee Fouche het met Umalusi gepraat om jou op hoogte te bring van hoe jou punte vanjaar saamgestel sal word.

Monitor 01.02.2016

Of jy nou 'n entrepreneur, politikus, of Jan en San Alleman is - as jy woon of werk in Suid-Afrika, Zambië, Zimbabwe, Botswana, Mosambiek of Malawi - sal die meegee van die Karibadamwal jou raak. Indien die damwal ingee, sal beurtkrag weer ons voorland wees. Anna-Marie Jansen van Vuuren het meer besonderhede.

Monitor 01.02.2016

'n Humanitêre ramp in Suidelike Afrika - só beskryf die president van die Pan-Afrika Landbouersorganisasie, dr. Theo de Jager, die verlammende effek van die droogte, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Botswana, Mosambiek, Zimbabwe, Namibië en Zambië. Hy waarsku dat veral kleinskaalboere swaar getref geword, en die kans staan om alles te verloor.

Monitor 29.01.2016

Krisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.

Monitor 28.01.2016

'n Nadoodse ondersoek het breinbloeding by die voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler, Schalk van der Merwe, gevind. Hy is Sondag op die ouderdom van 54 jaar in Ierland oorlede. Hy is dood in sy motor gevind. Sy jarelange vriend en die president van Boland Tennis, dr. Danie Morkel, sê Van der Merwe was 'n uitstekende tennisspeler.

Monitor 28.01.2016

Maties se nuutverkose konvokasie-bestuur, verteenwoordig die dae toe die universiteit net een taal, een kultuur en een ras ingesluit het. Só sê die Universiteit Stellenbosch se studenteraad in 'n sterk bewoorde verklaring, ná Dinsdagaand se konvokasie-vergadering. Die digter Breyten Breytenbach het op die vergadering gesê dis onsin om te sê dit is nie 'n universiteit se taak om 'n taal te beskerm...

Monitor 28.01.2016

Die ruimtetuig, Challenger, het vandag presies dertig jaar gelede ontplof, kort na sy lansering in Florida, VSA. Die Challenger het op 'n hoogte van 16 kilometer gedisintegreer. Al sewe bemanningslede is dood. Dianke Nel doen verslag.

Monitor 27.01.2016

Monitor gaan in die aanloop tot vanjaar se munisipale verkiesings met leiers van oor die politieke spektrum heen praat. Verlede week was die Inkatha Vryheidsparty se prins Mangosuthu Buthelezi hier by ons in die ateljee. En vanoggend is die DA-leier, Mmusi Maimane, hier om oor, onder meer, sy party se verkiesingstrategie te beraadslag. Ivor Price het hom met die intrapslag uitgevra oor die DA se b...

Monitor 26.01.2016

Die Suid-Afrikaanse maatskappy Reutech, en die energie-maatskappy Blue Nova, stel binnekort saam 'n nuwe litiumfosfaat-battery teen dieselfde prys as loodsuur-batterye bekend. Die vraag na energie-stoor toepassings en batterye wat hoë temperature kan weerstaan en 'n leeftyd langer as tien jaar, neem toe. Die mede-stigter van Blue Nova, James Verster, het aan Dianke Nel gesê hierdie battery hou van...

Monitor 26.01.2016

Oud-president Thabo Mbeki het met sy derde opebrief nóg 'n knuppel in die politieke hoenderhok gegooi. Die keer beweer hy dat hy nooit destyds vir Jacob Zuma as adjunk-president afgedank het nie. Trouens, die voormalige staatshoof sê hy was die teiken van 'n smeerveldtog -- en Zuma het self besluit om te bedank. Hier by ons in die Monitor-ateljee is 'n professor in regeerkunde by Wits-universiteit...

Monitor 25.01.2016

Die ondersoek na die dood van die voormalige Russiese spioen, Alexander Litvinenko, is na tien jaar afgehandel en die Britse owerheid wys die vinger na Vladimir Putin. Litvinenko is in November 2006 in Londen met radio-aktiewe polonium 210 vergiftig. Die storie het wêreldwyd opslae gemaak, veral weens die dramatiese foto's van die 43-jarige agent in sy hospitaal bed in Londen. Wat min mense weet i...

Monitor 25.01.2016

'n Omstrede dokumentêre rolprent oor die manier waarop die ANC geweld gebruik het tydens die struggle-jare het reeds baie opspraak gemaak en glo tot doodsdreigemente vir sy uitvoerende vervaardiger gelei. Die video-afdeling van die burgerregte-organisasie Afriforum het die fliek, getiteld Tainted Heroes, vervaardig. Die dokumentêr se uitvoerende vervaardiger, Ernst Roets, sê Afriforum woeker al la...

Monitor 22.01.2016

Krisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus.

Monitor 22.01.2016

'n Herrie het by die Wêreld Ekonomiese Forum losgebars ná president Jacob Zuma op die nippertjie van 'n Afrika-debat onttrek het. Zuma het voorgestel dat die minister van finansies, Pravin Gordhan, in sy plek daaraan deelneem, maar die organiseerders wou hiervan niks weet nie. Suid-Afrika is toe van die debat uitgesluit, en Rwanda se president Paul Kagame is as spreker in Zuma se plek ingesluit. D...

Monitor 22.01.2016

Sterrekundiges by die Kalifornië Instituut vir Tegnologie sê hulle het bewyse van 'n nuwe planeet met 'n massa ongeveer tien keer die aarde s'n. Die verslag is in die Astronomical Journal gepubliseer, en hoewel die planeet nog nie werklik waargeneem is nie, is die skrywers van die verslag, sterrekundiges Micheal Brown en Konstantin Batygin, oortuig van sy bestaan, berig Joan-Marie Verhoef .

Monitor 21.01.2016

Volgens Statistiek Suid-Afrika het die inflasie koers in Desember 2015 op vyf-komma-twee persent te staan gekom. Die hoof van die Skool vir Ekonomiese en Sakewetenskappe by die Universiteit van die Witwatersrand, professor Jannie Rossouw, het aan Dianke Nel gesê ons gaan definitief vanjaar hoër inflasie sien wat rentekoerse verder sal laat styg. Volgens hom bring die lae olieprys egter vir Suid-Af...

Monitor 21.01.2016

Die leier van die Inkatha Vryheidsparty, Mangosuthu Buthelezi, sê hy kry deurgaans 'n koue skouer van Jacob Zuma. Die 87-jarige politikus, wat onder oud-president Thabo Mbeki die minister van binnelandse sake was, sê sy verhouding met die president het oor die jare heen stelselmatig verbrokkel. Inteendeel, Buthelezi reken as dit nie vir Zuma was nie, kon hy vroeër selfs die land se adjunk-presiden...

Monitor 21.01.2016

Ontleders sê dit is nie 'n langtermyn oplossing vir internasionale beleggingsbanke om uit Afrika te onttrek nie. Metzi van der Merwe berig die uitsprake kom te midde van berigte dat Barclays dit oorweeg om 'n groot deel van sy bates in Afrika te verkoop.

Monitor 21.01.2016

Suid-Afrika het nog nooit 'n vry en regverdige verkiesing gehad nie -- en hy't ook nie veel hoop vir die munisipale verkiesings later vanjaar. Só sê die IVP-leier, prins Mangosuthu Buthelezi, omdat die verkiesingsdatum steeds nie bekend gemaak is nie. Die 87-jarige Buthelezi, wat vroeër die week in die Monitor-ateljee was, glo die ANC hou aspris die datum geheim sodat opposisie-partye minder tyd h...

Monitor 20.01.2016

Die National Consortium for the Study of Terrorism (START) aan die Universiteit van Maryland in die VSA moniteer jaarliks terreuraanvalle dwarsoor die wêreld. Die navorsers sê dat alhoewel dit voorkom asof ons in 'n vlaag van terreur leef, was aanvalle tussen 1970 en 1994 baie meer algemeen as nou. Anita Visser en Ivor Price praat met Peter Knoope, voormalige direkteur van die Internasionale Sentr...

Monitor 20.01.2016

'n Uitmergelende droogte het die land se boere op hul knieë. Belowende oeste het in die versengende hitte doodgebrand en die karkasse van eens moddervet vee lê oral op kurkdroë weivelde. Nie eens die onlangse reën kon sake red nie. Izak du Plessis het die Bosveld in Limpopo besoek en die verslag saamgestel.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.