RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 27.04.2016 2:07
Die bekroonde Suid-Kaapse Kinderkoor is onderweg na België vir die 64e Europese Musiekfees vir die Jeug in Neerpelt. Dis die enigste koor op die vasteland wat genooi is. Die koor is as wêreld-ope-kampioen bekroon by die Wêreldkoorspele wat in 2014 in Letland gehou is. Hulle was ook die wenner van die ATKV-Animato-koorwedstryd in dieselfde jaar. Tanya Krause doen verslag.
Monitor 26.04.2016 21:36
Die Minister van Sport, Fikile Mbalula, het die regte van vier van die land se vyf groot sportfederasies opgeskort om te bie vir, óf gasheer te wees vir groot byeenkomste in Suid-Afrika, weens onvoldoende transformasie. Die sportsoorte wat geraak word is atletiek, krieket, rugby en netbal. Mbalula tree op ingevolge die bevindings van 'n derde verslag van die sogenaamde Eminent Persons Group. Anita...
Monitor 25.04.2016 6:11
Hierdie bydrae bevat beskrywings wat ontstellend vir sensitiewe luisteraars kan wees. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie se 2015 verslag oor padveiligheid sê Afrika se paaie is die dodelikste ter wêreld. Veertig van die 50 lande met die hoogste getalle padsterftes is in Afrika. Een van hulle is Suid-Afrika. Die land het een van die beste padnetwerke op die vasteland, maar elke jaar sterf duisende m...
Monitor 25.04.2016 2:16
Die leier van die EFF, Julius Malema, het 'n onstellende uitlating gemaak in 'n onderhoud met die televisienuuskanaal Al Jazeera, wat Saterdagaand uitgesaai is. Hy het in die onderhoud met aanbieder Jonah Hull gesê as die ANC voortgaan om met geweld op betogings te reageer, die EFF se geduld sal opraak en hulle die regering deur die loop van 'n geweer sal verwyder.
Monitor 25.04.2016 3:08
Die Haaie-rugbyspan en Durban Toerisme het 'n inisiatief van stapel laat loop om Curriebeker-rugby in Durban se townships te speel. Al was die wedstryd teen Namibië in Umlazi se Koning Zwelithini-stadion gestroop van die glans van Kings Park se Haaitenk, het die atmosfeer 'n sprankel van sy eie gehad. Toeskouers het gesê die inisiatief stel meer mense bloot aan rugby, en bevorder verhoudings tusse...
Monitor 19.04.2016 5:49
Ondanks die versekering dat die sogenaamde Tripple M (MMM) skema nie sal platval nie en mense se finansies sal aanvul, is kenners dit eens: bly weg! Ryk van Niekerk, die redakteur van Moneyweb en aanbieder van ons sustersprogram Finansiële Fokus op Sondagaande, het die geskiedenis van Tripple M aan Hanri Wondergem verduidelik. Hy sê diegene wat daarby betrokke is, gaan nog krokodiltrane huil.
Monitor 15.04.2016 6:03
'n Oorlewende van die Joodse volksmoord, Eva Schloss, wat dikwels die stiefsuster van Anne Frank genoem word, het 'n uitstalling by die Durbanse Holocaust Museum geopen. Die uitstalling is 'n huldeblyk aan die lewe en kuns van haar broer, Heinz Geiringer,- wat nes Anne Frank, in 'n Nazi-konsentrasiekamp gesterf het enkele dae voor die Geallieerde magte opgedaag het. Met die uitstalling doen Schlos...
Monitor 15.04.2016 3:02
Die aanlyn-ontmoetingsagentskap Blesserfinder laat die nekhare rys en die beursies omdop. Die agentskap het oornag suksesvol geword onder die hutsmerk "Morals Must Fall". Dit word uit verskeie oorde gekritiseer as 'n broeiplek vir buite-egtelike verhoudings en sogenaamde Sugar Daddies. Marlinee Fouche het gaan hoor waaroor die bohaai nou eintlik gaan.
Monitor 15.04.2016 4:10
Ons waarsku sensitiewe luisteraars dat die volgende bydrae onstellend kan wees. 'n Vrou, wat as kind glo ses jaar lank deur haar pa verkrag is, het ná 28 jaar besluit om haar storie te vertel en 'n klag teen haar pa aanhangig te maak. Die vrou, wie se naam aan Monitor bekend is, hoop haar verhaal spoor ander slagoffers aan om ook die stilte te verbreek. Hanri Wondergem het met die vrou gepraat oor...
Monitor 13.04.2016 18:50
Die nuwe Springbok-afrigter, Allister Coetzee, sal omtrent moet bontstaan om almal tevrede te hou. Boonop is daar verskeie brandpunte wat sy dringende aandag vereis. Coetzee is gister in Heyneke Meyer se plek aangestel. Sy kontrak geld tot die 2019 Wêreldbeker-toernooi. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met die voormalige Springbokvleuel, Chester Williams, en die bekende rugbyskrywer, Bokki...
Monitor 12.04.2016 7:49
Minstens 23 Suid-Afrikaners pleeg daagliks selfdood, en ongeveer 'n derde van die land se bevolking ervaar probleme met geestesgesondheid. Boonop is daar 'n ernstige tekort aan psigiaters en sielkundiges. Hanri Wondergem praat met Christo van der Westhuizen, 'n sielkundige verbonde aan die Depressie- en Angsgroep (SADAG), oor die hulp wat beskikbaar is.
Monitor 12.04.2016 2:55
Baie kiesers wonder hoekom hulle nou in ander wyke vir die plaaslike verkiesing ingedeel is. Die Afbakeningsraad sê die wyke in munisipaliteite word elke vyf jaar verander, en dat kiesers genoeg tyd kry om besware in te handig. Die tydperk het vier maande gelede verstryk. Die voorsitter van die Afbakeningsraad, Jane Thupana, sê in hierdie stadium kan voornemende kiesers net ingelig word hoekom hul...
Monitor 12.04.2016 3:15
Die bekende trop wilde perde by Kaapsehoop naby Nelspruit in Mpumalanga loop deur onder perdesiekte. Reinette van Niekerk van die Kaapsehoop Wilde Perde Fonds vra vir hulp van die gemeenskap, en veral toeriste om die geskiedkundige perde te help. Die wilde perde dateer glo uit die tydperk van die Boere-oorlog.
Monitor 12.04.2016 4:44
Onderdruk ons een van Moeder Natuur se oudste en mees effektiewe bakterie-bevegtende meganismes deur pasiënte met 'n infeksie te forseer om te eet wanneer hulle nie 'n eetlus het nie? Dit is die vraag wat 'n PhD-student in fisiologiese wetenskappe aan Stellenbosch Universiteit, Gustav van Niekerk, met sy navorsing ondersoek. Hy argumenteer dat dit wel die geval mag wees, en terselfdetyd pleit hy d...
Monitor 12.04.2016 3:57
Die bestuurshoof van die Guptas se maatskappy, Oakbay Resources, wil die hoofde van banke wat die maatskappy se rekeninge gesluit het, die stryd aansê. Nazeem Howa sê die beginsel van onskuldig totdat jy skuldig bevind word, behoort te geld aangesien die maatskappy niks verkeerd gedoen het nie. Hy het in 'n onderhoud met die SAUK gesê die Guptas is hier om te bly.
Monitor 07.04.2016 7:18
Die toenemende openbare verset teen president Jacob Zuma is die gevolg van 'n burgery wat 'n gemeenskaplike bedreiging geïdentifiseer het. So sê 'n sielkundige van Johannesburg, Deon van Zyl. Volgens hom spruit dit uit Zuma se oënskynlike onaantasbaarheid te midde van openbare kritiek. In die derde en laaste bydrae oor die vraag hoe immuun die president teen kritiek is, het Izak du Plessis probeer...
Monitor 06.04.2016 7:03
Die Nasionale Vergadering se verwerping van 'n mosie om president Jacob Zuma uit sy amp te verwyder, kom te midde van toenemende openbare kritiek teen die president. Dit volg 'n dag nadat die nasionale werkskomitee van die ANC Zuma van alle blaam onthef het oor Nkandla. In die proses het die party 'n afgewaterde interpretasie van die Konstitusionele Hof se opspraakwekkende uitspraak oor die presid...
Monitor 06.04.2016 7:03
Die Nasionale Vergadering se verwerping van 'n mosie om president Jacob Zuma uit sy amp te verwyder, kom te midde van toenemende openbare kritiek teen die president. Dit volg 'n dag nadat die nasionale werkskomitee van die ANC Zuma van alle blaam onthef het oor Nkandla. In die proses het die party 'n afgewaterde interpretasie van die Konstitusionele Hof se opspraakwekkende uitspraak oor die presid...
Monitor 05.04.2016 6:58
Te midde van openbare kritiek wat toenemend feller raak, bly president Jacob Zuma op die oog af onwrikbaar staande. Nie eers 'n ongunstige Konstitusionele Hof-uitspraak kon hom oortuig om op openbare versoek te bedank nie. Izak du Plessis het probeer uitvind hoe lank die president nog staande kan bly teen soveel kritiek.
Monitor 05.04.2016 6:58
Te midde van openbare kritiek wat toenemend feller raak, bly president Jacob Zuma op die oog af onwrikbaar staande. Nie eers 'n ongunstige Konstitusionele Hof-uitspraak kon hom oortuig om op openbare versoek te bedank nie. Izak du Plessis het probeer uitvind hoe lank die president nog staande kan bly teen soveel kritiek.
Monitor 05.04.2016 5:32
Die effek van verlede week se Konstitusionele Hof-uitspraak dat president Zuma wel moet betaal vir sommige opgraderings aan sy Nkandla-woning, kring steeds uit. Die uitspraak kan 'n einde bring aan 'n sage wat Suid-Afrikaners, in Zuma se eie woorde, al jare lank frustreer en verwar. Suna Venter het kyk terug na die afgelope paar jaar se verwarrende en teenstrydige uitsprake oor die kwessie. Sy ver...
Monitor 04.04.2016 5:44
Sikhosiphi 'Bazooka' Rhadebe, die voorsitter van die Amadiba Kriskomitee van die Mdatya dorpie op die WildekKus in die Oos-Kaap, wat Dinsdagaand by sy huis geskiet is, is die naweek te ruste gelê. Hy is deur twee mans geskiet wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het. Die prokureur van die Umgungundlovu tradisionele owerheid, Richard Spoor, sê die gemeenskap is al tien jaar lank verdeeld omdat '...
Monitor 04.04.2016 8:27
Jong prostitute het die strate van Krugersdorp aan die Gautengse Wes-Rand oorgeneem, en dit lyk nie of enigiemand omgee dat geharde dwelmhandelaars en kindersmokkelaars daaruit wins maak nie. Boonop is 'n SAUK-joernalis Vrydag sowat twee ure lank gevange gehou terwyl hy hierdie storie ondersoek het. Die oorsaak van al die kriminaliteit word glo toegeskryf aan sekere korrupte polisiebeamptes se sam...
Monitor 04.04.2016 5:44
Sikhosiphi 'Bazooka' Rhadebe, die voorsitter van die Amadiba Kriskomitee van die Mdatya dorpie op die WildekKus in die Oos-Kaap, wat Dinsdagaand by sy huis geskiet is, is die naweek te ruste gelê. Hy is deur twee mans geskiet wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het. Die prokureur van die Umgungundlovu tradisionele owerheid, Richard Spoor, sê die gemeenskap is al tien jaar lank verdeeld omdat '...
Monitor 04.04.2016 8:27
Jong prostitute het die strate van Krugersdorp aan die Gautengse Wes-Rand oorgeneem, en dit lyk nie of enigiemand omgee dat geharde dwelmhandelaars en kindersmokkelaars daaruit wins maak nie. Boonop is 'n SAUK-joernalis Vrydag sowat twee ure lank gevange gehou terwyl hy hierdie storie ondersoek het. Die oorsaak van al die kriminaliteit word glo toegeskryf aan sekere korrupte polisiebeamptes se sam...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.