RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 30.05.2016 3:33
Media- en regkenners veroordeel die SABC se besluit om nie oor gewelddadige betogings te berig nie. Die besluit is Donderdagaand glo aan die redaksie oorgedra en 'n mediaverklaring daaroor is Vrydagoggend uitgereik. Metzi van der merwe doen verslag.....
Monitor 27.05.2016 4:56
Die joernalis en politieke kommentator, Max du Preez, sê Kaapstad bly - ten spyte van ál sy suksesse - steeds die wêreld se mees ongelyke stad. Hy beskryf die Moederstad as die DA se kroon-juweel, wat wel meer belasting-geld aan arm woonbuurte as ander stede bestee.
Monitor 27.05.2016 3:52
Die Statistikus-generaal, Pali Lehohla, sê dat opleiding kan help om Suid-Afrikaanse stede te integreer. Dit volg nadat 'n vergelyking tussen die laaste twee sensusse toon dat stede in Suid-Afrika nog steeds volgens ras verdeel is.
Monitor 26.05.2016 2:05
Die sosiale media gons oor 'n spotprent van Jonathan Shapiro, waar hy die hoof van die NVG, Shaun Abrahams, as 'n aap uitbeeld. Shapiro, beter bekend as Zapiro, het groot kritiek oor die spotprent ontvang, met sommige individue wat dit as rassisties beskou. Shapiro het met Jean Esterhuizen gepraat oor die reaksie op sy spotprent. Hy sê die publiek verstaan verkeerd wat hy oor President Jacob Zuma...
Monitor 26.05.2016 3:47
Navorsers aan die Universiteit Kaapstad het kenmerkende genetiese patrone vir ses algemene soorte kanker ontdek. Volgens Professor Kevin Naidoo, is dit 'n mediese deurbraak wat vir vroee kankerdiagnose en geteikende behandeling gebruik kan word.
Monitor 26.05.2016 3:03
Die saak van seksuele teistering teen die Wes-Kaapse voorsitter van die ANC, Marius Fransman, is skynbaar nog ver van verby. Dit is nou ten spyte van 'n besluit van die vervolgingsagesag in Noordwes om weens 'n gebrek aan bewyse, nie te vervolg nie. 'n Beëdigde verklaring van 'n ANC takleier is egter nou na die party se nasionale kantoor gestuur, waarin beweer word dat die klag teen Fransman verva...
Monitor 25.05.2016 8:33
Regter Dikgang Moseneke het pas afgetree as adjunk Hoofregter in die Konstitusionele Hof. Na verlede week se fanfare en afskeidspartytjies, het hy 'n draai kom maak in die Monitor ateljee waar hy gesels het oor sy lewensfilosofie
Monitor 25.05.2016 3:38
Die Wonderboom lughawe in Pretoria vier vanjaar sy tagtigste bestaansjaar. Om die geleentheid te vier gaan die lughawe en die Stad Tshwane die grootste burgerlike lug- en motorskou in Afrika by Wonderboom aanbied. Dit vind op 11 en 12 Junie plaas. Justin Kennerley het gaan kyk wat die organiseerders beplan.
Monitor 24.05.2016 4:28
Internasionale kampioenkunsvlieëniers sak die naweek op Durban toe vir die Durban Sky Grand Prix. Hulle sal kragte meet teen plaaslike kunsvlieëniers soos Nigel Hopkins, Mark Hensman en Patrick Davidson. Justin Kennerley het gaan uitvind wat die publiek Saterdag kan verwag.
Monitor 24.05.2016 3:12
Die eerste van meer as 'n duisend windturbinekomponente het in Loeriesfontein in die Noord-Kaap opgedaag. Die omgewing sal binnekort die tuiste van die grootste windplaas op die vasteland word. Die 122 windturbines, wat 'n gebied van meer as 12,000 rugbyvelde sal bedek, sal sowat 280 Megawatt elektrisiteit verskaf. Reginald Witbooi het Loeriesfontein besoek en hierdie verslag saamgestel.
Monitor 24.05.2016 3:33
'n Onbekende pastoor van Harare het dit reggekry om die burgerlike samelewing van Zimbabwe aan die praat te kry oor hulle lot. Pastoor Evan Mawarire van Harare het voor Zimbabwe se onafhanklikheidsvieringe in April 'n video op sy Facebook-blad gepos. 'n Maand later het die 39-jarige pastoor meer as 133,000 mense op Facebook bereik. Mètzi van der Merwe berig dat Zimbabwiërs nou openlik op sosiale m...
Monitor 20.05.2016 4:17
'n Robot-beheerde teleskoop in die koue Noord-Kaapse dorp Sutherland, het 'n nuwe planeet tydens sy roetine waarnemings raakgesien. Die ontwerper van die teleskoop bekend as KELT, die sterrekundige Dr. Rudi Kuhn, sê die teleskoop word gebruik om na transito planete by veral helder sterre te soek. Dit is vir hom as 'n sterrekundige en sy span 'n groot deurbraak, omdat hulle meer navorsing in Suid-A...
Monitor 20.05.2016 4:19
Die verbruiker het gister 'n sug van verligting geslaak na die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee aangekondig het dat die repokoers onveranderd bly op sewe persent. Dianke Nel vind uit hoe die ekonomiese vooruitsigte lyk.
Monitor 19.05.2016 14:45
Die sakesektor en die vakbondwese het laer getrek om die minister van finansies, Pravin Gordhan, nadat hy gevra het dat die publiek hom en die nasionale tesourie teen die aanslag van ander staatsagentskappe moet beskerm. Sowel die Presidensie as die Nasionale Vervolgingsgesag ontken dat daar sprake is dat Gordhan weens spioenasie in hegtenis geneem sal word, maar dis uit Gordhan se verklaring duid...
Monitor 19.05.2016 12:58
Dis nie elke dag dat 'n kabinetsminister sy landgenote vra om hom te help beskerm teen sameswerings om hom uit sy pos te verwyder nie. Dis egter presies wat gebeur het met die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, se mediapleidooi Dinsdagmiddag. Die sage het 'n lang aanloop met 'n onvermydelike gevolg as jy die koerante glo. Soos wat die Gautengse dagblad, Star, dit gister gestel het: "The uneas...
Monitor 19.05.2016 16:00
Dis die vyftigste Nampo Oesdag naby Bothaville in die Vrystaat.
Monitor 11.05.2016 4:15
Emily Hobhouse was 'n Britse pasifis wat lig gewerp het op die lyding van vroue en kinders in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boere-oorlog. Haar verslae het opslae gemaak in die Britse parlement en onder lede van die publiek. Marlinee Fouche berig dat Hobhouse sterk teenkanting van haar landgenote ervaar het met haar onthullings.
Monitor 11.05.2016 7:14
Teenkanting in Brittanje teen die Boere-oorlog wat op 11 Oktober 1899 begin het, was aanvanklik skraal, maar het momentum ghekry toe die gerespekteerde joernalis, W.T. Stead, die STOP THE WAR-veldtog begin het. Later sou sy kollega, G.K. Chesterton, sy kritiek ewe sterk verwoord. Die South African Conciliation Committee het hulle geskaar aan die Boere se kant, en in Februarie 1901 het die radikale...
Monitor 06.05.2016 2:50
Die landbousektor verwelkom die polisie en Afriforum se geskiedkundige ooreenkoms om kragte saam te snoer teen plaasaanvalle. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris het in Januarie onderneem om plaasaanvalle, plaasmoorde en veediefstal as voorkeurmisdade te verklaar. Monitor het vroeër die week berig oor vyf verdagtes wat 'n gesin by Sunward Ranch naby Koedoeskop in Limpopo op hulle plaas aa...
Monitor 06.05.2016 4:01
'n Nuwe mediese prosedure wat vir mense ontwikkel is, is vir die eerste keer op 'n dier gebruik. Veeartse het 'n gapende wond van die bekende renoster, Hope, behandel nadat stropers 'n jaar gelede haar horings verwyder het. Hope het 'n ikoon in die stryd teen stropers geword nadat sy, ondanks 'n wond van 'n halwe meter wyd, oorleef het. Veeartse hoop dat 'n nuwe tegniek, wat byna soos 'n skoenvete...
Monitor 27.04.2016 1:52
Spits jou ore... ons gaan nou vir jou 'n lied speel wat ouer as 'n duisend jaar is. Die lied is deel van 'n Middeleeuse musiekblyspel wat die afgelope 20 jaar ontleed en aanmekaar gesit is. Justin Kennerley doen verslag.
Monitor 27.04.2016 3:19
Sanral het sy beloftes nagekom en begin om duisende motoriste te dagvaar om in die hof te verskyn oor hulle onbetaalde e-tol rekeninge. Ongeveer 'n duisend dagvaardigings is glo in die laaste week in die Hooggeregshof in Pretoria uitgereik, terwyl 'n verdere 5,000 in ander howe regoor Gauteng uitgereik is. Maar burgerregte-organisasies soos OUTA en AfriForum kom ook hulle beloftes na om motoriste...
Monitor 27.04.2016 4:25
Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging lei sedert 1953 honde op om blinde mense by te staan in hulle alledaagse take. Dit is vandag Internasionale Gidshonddag en Marlinee Fouche het by die vereniging gaan besoek aflê, en met die bestuurshoof, Gail Glover, gepraat om te hoor wat hierdie spesiale diere se opleiding behels.
Monitor 27.04.2016 3:34
'n Professor in onderwysreg, Elda de Waal, waarsku dat ouers deels verantwoordelik is vir die hoë vlakke van geweld teen onderwysers in die klaskamer. Dit volg ná 'n skoolhoof van Kraaifontein, buite Kaapstad, glo deur twee leerlinge in sy kantoor aangerand is. De Waal, wat aan die Noordwes-universiteit verbonde is, glo kinders tree gewelddadig op, omdat hulle ouers nie meer onderwysers met respek...
Monitor 27.04.2016 10:25
Daar is 'n spesiale gas in die ateljee. Juliet is 'n gidshond-in-wording en ontvang opleiding by die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging in Johannesburg. By haar is Carina Kurpershoek wat die praatwerk sal doen. Sy is die vereniging in Johannesburg se toesighouer oor die opleiding van klein hondjies.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.