RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 09.01.2017 4:05
Die ANC se leierskorps mag dalk verdeeld wees, maar op grondvlak lyk dit of die party nog 'n stewige ondersteunersbasis het. Dit is die gevolgtrekking wat gemaak kan word nadat sowat 60 000 ANC-lede die Orlando-stadion gister uit sy nate laat bars het tydens die party se 8 Januarie-verklaring. Izak du Plessis het met van die ondersteuners gepraat.
Monitor 09.01.2017 8:01
Turkye het sy grens met Sirë gesluit nadat driemiljoen vlugtelinge reeds oor sy grens gestroom het. Die EU het intussen sesmiljard Euro aan Ankara gegee om meer vlugtelinge te huisves. Die amptelike grensposte tussen die twee buurland bly egter gesluit. Meer as 200 000 mense het in Desember, in die middel van die winter, uit Aleppo in Sirië probeer vlug. Suna Venter was daar en het 'n reis met smo...
Monitor 04.01.2017 7:41
Die apartheidsregime het hulle erfenisgrond onseremoniëel weggevat, en vir die huidige regering is hulle nie wit genoeg nie. So praat inwoners van Oppermansdorp naby Koffiefontein in die Suidwes-Vrystaat. Die gemeenskap wat bekend is as Suid-Afrika se Bruin Voortrekkers, moes sedert 1845 talle hindernisse oorkom om hulle bestaansreg op te eis. Izak du Plessis het die dorp besoek.
Monitor 22.12.2016 2:07
Longkanker, servikale kanker en slukdermkanker is die drie dodelikste kankers in Suid-Afrika, volgens die New Global Burden of Disease verslag. Die studie bevat 'n ontleding van 32 kankersoorte in 195 lande. Prof. Benn Sartorius van die Universiteit van KwaZulu-Natalis een van die outeurs van die verslag. Hy het aan Dianke Nel gesê daar is in 2015 byna 115,000 nuwe gevalle van kanker in Suid-Afrik...
Monitor 16.12.2016 6:19
Hier en daar is daar vandag steeds diegene wat Geloftedag vier, hetsy by die Paardekraalmonument in Krugersdorp, die Voortrekkermonument in Pretoria, of elders. Dit dag word egter vandag nie herdenk soos 'n paar jaar gelede toe duisende die vieringe bygewoon het nie. Marlinee Fouche het om die tafel gesit met Babs Brits, Rick Barnard en Christo Fouche om te hoor wat hulle van vroeër jare kan ontho...
Monitor 16.12.2016 2:16
Babs Brits was by die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949. Sy vertel vir Marlinee Fouche wat sy van die dag onthou.
Monitor 16.12.2016 5:37
16 Desember is eers verbind aan die Slag van Bloedrivier in 1838, wat jaarliks herdenk is as Geloftedag. Dis ook die dag waarop die ANC se millitêre vleuel, Umkhonto we Sizwe, gestig is. Vandag vier ons Versoeningsdag. Marlinee Fouche het by die historikus en skrywer, Herman Giliomee, gaan hoor of daar 'n verbintenis is tussen die drie.
Monitor 16.12.2016 6:57
Die amptelike nasionale Versoeningsdagvieringe vind vandag in Gopane naby Zeerust in Noordwes plaas. Hoe ver het Suid-Afrika se versoeningsprojek tot nou gevorder?
Monitor 12.12.2016 4:42
'n Oorwinning vir die grondwet, is 'n oorwinning vir alle Suid-Afrikaners. So sê die aktivis en voormalige regter in die Konstitusionele Hof, Albie Sachs. Jamaine Krige het by die bekendstelling van sy boek, We The People, met hom gepraat.
Monitor 12.12.2016 4:23
Die twintigste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse grondwet is Saterdag in Sharpeville in Gauteng gevier. Wyle president Nelson Mandela het die grondwet op 10 Desember 1996 in Sharpeville gepromulgeer. 'n Oudprofessor in staatsreg by UNISA, Marinus Wiechers, sê hoewel dele van die grondwet behoue moet bly, is daar ook ruimte vir hersiening. Wiechers was betrokke by die skryf van die oorspronklike...
Monitor 12.12.2016 4:08
Inwoners van Orania in die Noord-Kaap wil hê sake in die dorp moet bly net soos dit is. Reginald Witbooi het die dorp besoek in die lig van die 20ste bestaansjaarvieringe van die Suid-Afrikaanse grondwet.
Monitor 12.12.2016 4:39
'n Zimbabwiese immigrant het 'n suksesvolle besigheid in Johannesburg gevestig deur alledaagse items, soos handsakke, uit afvalmateriaal te vervaardig. Die 35-jarige Thamba Tabvuma is 'n hartstogtelike omgewingskundige en 'n kunstenaar wat met herwinbare voorwerpe werk. Hy sê sy filosofie is eenvoudig: Gooi niks weg nie want enigiets het die potensiaal om herwin te word en in funky en funksionele...
Monitor 09.12.2016 6:57
'n Aankondiging deur pres. Jacob Zuma, vandag presies een jaar gelede, het aanleiding gegee tot wat beskou word as die grootste finansiële krisis wat Suid-Afrika ná 1994 getref het, met 'n koste vir die ekonomie van by die R500-miljard. Heindrich Wyngaard het met kenners hieroor gepraat.
Monitor 05.12.2016 5:39
Die Nova Eiendomsgroep het alle rentebetalings aan skuldbriefhouers opgeskort. Die groep, wat optree as die reddingsmaatskappy vir Sharemax, het glo nie geld om sy verskeie eiendomsontwikkelings te bestuur nie. Die rentebetalings is van 1 November af gestaak in weerwil daarvan dat die direkteure van die maatskappy elkeen 'n gemiddeld van R4 miljoen die afgelope finansiële jaar betaal is. Intussen...
Monitor 05.12.2016 8:17
Heindrich Wyngaard praat met die direkteur en beleggingstrateeg van Brenthurst Wealth, Magnus Heystek, oor die Sharemax-sage.
Monitor 01.12.2016 4:45
Die vrystelling van die slawe in Suid-Afrika het 182 jaar gelede op 1 Desember 1834 geskied. Heindrich Wyngaard het kenners gevra waarom dit belangrik is om aan te hou om die geskiedkundige dag te herdenk.
Monitor 01.12.2016 3:48
Heindrich Wyngaard praat met David Kramer praat oor die herdenking van die vrystelling van die slawe, en hoe hy slawegeskiedenis in sy musiek herdenk.
Monitor 01.12.2016 10:44
Drie maande gelede het prof. Piet Naude, 'n kenner in etiese leierskap en die direkteur van die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool, die versugting uitgespreek dat die ANC van pres. Jacob Zuma ontslae moet raak. Heindrich Wyngaard en Anita Visser praat hieroor met prof. Naude na aanleiding van die besluit van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee om nie gehoor te gee aan oproepe vanuit selfs...
Monitor 25.11.2016 5:40
Planne om 'n nuwe eksklusiewe Afrikaanse gemeenskap te stig naby Willowmore in die Oos-Kaap het deur die mat geval. Die Eden-projek kon nie daarin slaag om die waarborge vir die koop van 'n plaas in die Baviaanskloof na te kom nie en die beplande transaksie is van die baan. Die groep se plan het aan die lig gekom toe naweekkoerante verlede maand daaroor berig het. Izak du Plessis was in Willowmore...
Monitor 25.11.2016 4:33
Die Afrikaanse digter PJ Philander, wat in 2006 in selfopgelegde ballingskap in Amerika gesterf het, sou vandag 95 jaar oud geword het. Heindrich Wyngaard het hierdie bydrae oor Philander se lewe en werk saamgestel.
Monitor 24.11.2016 7:29
Planne om 'n nuwe eksklusiewe Afrikaanse gemeenskap te stig naby Willowmore in die Oos-Kaap, het deur die mat geval. Die Eden-projek kon nie daarin slaag om die waarborge vir die koop van 'n plaas in die Baviaanskloof na te kom nie, en die beplande transaksie is van die baan. Die groep se plan het aan die lig gekom toe naweekkoerante verlede maand daaroor berig het. Izak du Plessis was in Willowmo...
Monitor 18.11.2016 3:15
Sjirurgie wat met 'n robot gedoen word, het oor die afgelope drie jaar die behandeling van prostaatkanker in Suid-Afrika drasties verbeter. Dit is November, of eerder Movember, 'n maand waar daar op prostaatkanker gefokus word. Hanri Wondergem het by dr. Lance Coetzee van die Urologie Hospitaal in Pretoria gaan kers opsteek oor die robot-aangedrewe behandeling, wat vrese soos impotensie en urine-b...
Monitor 17.11.2016 3:18
Dit is nie heeltemal korrek om te sê Suid-Afrika word op die oomblik deur hofbeslissings regeer nie. So sê die direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch, prof. Anton van Niekerk. Volgens hom is die howe een van die belangrikste instellings van die demokrasie.
Monitor 16.11.2016 6:52
'n Meta-studie deur neurowetenskaplikes van die Universiteit van Sydney in Australië het nuwe bevindings oor demensie en die aftakeling van breinfunksies bekendgemaak. Heindrich Wyngaard praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent, George Claassen.
Monitor 16.11.2016 13:35
Julius Malema, die leier van die EFF, het opnuut opspraak gewek met sy vyandige uitsprake teenoor Afrikanermans. "Afrikaner boys, die poppe gaan dans," het hy eergister buite die landdroshof in Bloemfontein gesê en bygevoeg: "Die EFF kom vir julle!" Heindrich Wyngaard praat hieroor met twee menseregtepraktisyns, dr. Leon Wessels, direkteur van die Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van die...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.