RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 14.10.2016

Heelwat Suid-Afrikaners beskou kinders met spesiale behoeftes en mense met gestremdhede as onbevoeg en 'n las op die samelewing. Die stigter en direkteur van die Brain Child Fund, Hannes Viljoen, het aan Dianke Nel gesê die samelewing is geneig om etikette op mense te plaas, eerder as om dieper te delf en hulle te probeer verstaan.

Monitor 12.10.2016

Kort na die NVG se aankondiging gisteroggend het die Rand beduidend verswak. Die NVG hoof, Shaun Abrahams het aangekondig dat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan en twee voormalige kommissarisse van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, moet op 2 November in die hof verskyn op aanklagte van bedrog. Vir meer oor hoe die Rand gevaar het, praat ons met 'n ekonoom van Rebalance Fondsbestuurders, D...

Monitor 06.10.2016

Alzheimer-gesprek tydens die Aardklop Kunstefees: Verskeie kenners gee raad aan versorgers, en akteurs praat oor die impak van die voorbereiding op hulle rolle as onderskeidelik 'n Alzheimer-lyer en 'n versorger. 'n Vrou wat haar man jare lank opgepas het, sê daar is steeds mooi dinge wat dikwels misgekyk word, en versorgers gee raad aan huishoudelike versorgers.

Monitor 05.10.2016

Vir die eerste keer ooit het Amerika bye op sy lys van bedreigde spesies geplaas. Sewe byspesies, bekend as geelgesig of gemaskerde bye, almal oorspronklik afkomstig van Hawaii, word nou as bedreig gesien. Hanri Wondergem het by die entomoloog, prof. Erik Holm, gaan aanklop. Hy sê so 'n drastiese stap mag dalk spoedig in Suid-Afrika ook nodig wees.

Monitor 05.10.2016

Die Sweedse Koninklike Akademie vir Wetenskappe het die 2016 Nobelprys vir Fisika aan drie Amerikaners toegeken. Die een helfte van die prys gaan na David Thouless. Die ander helfte word gesamentlik aan Duncan Haldane en Michael Kosterlitz toegeken. Hulle ontvang die prys vir die teoretiese ontdekkings van die topologiese fase-oorgange en topologiese fases van stowwe. Die Dekaan van Navorsing en N...

Monitor 04.10.2016

"Die storie van ons tyd." Só het 'n amptenaar by die Verenigde Nasies se Komissariaat vir Vlugtelinge in Geneve die wêreldwyde vlugtelingekrisis beskryf. Meer as eenmiljoen Siriese vlugtelinge dra amptelik die status van vlugtelinge in Libanon. Die Libanese het hullehande behoorlik vol, tot so 'n mate dat die regering die VN al in Mei verlede jaar gevra het om geen meer vlugtelinge te registreer n...

Monitor 27.09.2016

Die SAUK het gister vier senior bestuurslede se kontrakte uitbetaal. Hannes du Bussion, die woordvoerder van een van die vakbonde by die korporasie, Bemawu, het dit bevestig en gee meer besonderhede.

Monitor 27.09.2016

'n Voormalige aanbieder van Monitor, Anne Marie Bezdrob, is Sondag in 'n motorongeluk oorlede. Sy was 65 jaar oud. Bezdrob was van Augustus 1998 af tot April 2001 by Monitor betrokke. Dianke Nel het hierdie huldeblyk saamgestel.

Monitor 27.09.2016

Die landboumaatskappy, Monsanto, het die regte van tegnologie aangeskaf, wat kritici van genetiese gemanipuleerde organismes se monde kan snoer. Die tegnologie, Crispr, maak gebruik van genetiese redigering, eerder as manipulering. Melissa Tighy het meer daaroor uitgevind by 'n professor in Genetika by die Fakulteit Agri-Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, Johan Burger.

Monitor 27.09.2016

'n Ruimtenavorsingsprojek wat alreeds in die jare sewentig begin is, sal Vrydag op 'n dramatiese wyse tot 'n einde kom. Die Rosetta-ruimtetuig sal na verwagting om 12:40 Suid-Afrikaanse tyd teen die komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko bots. Melissa Tighy het by 'n seniornavorsingsgenoot by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap, dr. Pieter Kotze, gaan uitvind wat die rede vir die botsing is.

Monitor 21.09.2016

Die situasie by die Nasionale Vervolgingsgesag is 'n groot bron van kommer vir die geskorsde hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, generaal-majoor Johan Booysen. Dit volg nadat die adjunkdirekteur van die NVG, Nomgcobo Jiba, en die hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid, Lawrence Mrwebi, verlede week van die advokaterol geskrap is.

Monitor 19.09.2016

'n Dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika, Dirk Kotze, het aan Marlinee Fouche gesê verdedigingsooreenkomste tussen Suid-Afrika en Turkye is nie so haalbaar soos wat dit klink nie. Dit ten spyte van 'n minstens 'n honderd jaar se samewerking tussen die twee lande.

Monitor 19.09.2016

Die wapenvervaardiger Denel het 'n missiel bekendgestel wat saam met sy Skyshield-stelsel werk, om ander wapenstelsels te teiken en te vernietig. Lede van die Suid-Afrikaanse Weermag wat in Afrika-lande ontplooi is, word deur mortiere en kortafstandgrofgeskut bedreig. Die hoofingenieur van die projek, Reinhardt Moraal, het vir Justin Kennerley gesê 60 van die Cheetah-missiele kan op 'n vragmotor g...

Monitor 19.09.2016

Afgetrede regter Zak Yacoob het onthul dat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, hom geraadpleeg het oor die stigting van intelligensie-eenhede by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Daar word nou beweer dat hierdie eenhede onwettig was en hulle met spioenasie besig gehou het. Regter Yacoob het by 'n funksie in Durban aan vooraanstaande struggle-veterane gesê die eenhede is heeltemal wettig....

Monitor 19.09.2016

Die Turkse Departement van Nasionale Verdediging was die grootste buitelandse teenwoordigheid by vanjaar se African Aerospace and Defence Ekspo, en die land wat op die hoogste vlak verteenwoordig is. Turkye se adjunkminister van nasionale verdeding, Suay Alpay, het vir Marlinee Fouche gesê hulle beskou Suid-Afrika as familie.

Monitor 14.09.2016

Bystandverlening by sterfte is weer 'n warm besprekingspunt met bespiegeling dat 'n Paralimpiese-atleet dit gaan toepas ná die Spele. Hoewel die Belgiese atleet, Marieke Vervoort, reeds in 2008 goedkeuring gekry het vir genadedood, ontken sy dat sy gaan sterf in die nabye toekoms. Ook in Suid-Afrika is die proses om genadedood te wettig reeds 'n geruime tyd aan die gang.

Monitor 13.09.2016

Met die Siriese oorlog wat mense by die miljoene uit die land na sy buurlande dryf, hoor mens heelwat van die grootskaalse las wat Turkye en Jordanie op hulleself geneem het in die verband. Een buurland, waarvan mens minder dikwels hoor, is Libanon. Ek het onlangs self gaan ondersoek instel na die vlugtelingsituasie daar - en het aan Suna Venter vertel op watter wyse die naburige oorlog in Libanon...

Monitor 13.09.2016

Een van die bekendste en mees geliefde skrywers en storievertellers van die 20ste eeu, Roald Dahl, sou vandag sy 100ste verjaardag gevier het. Hy is op 13 September 1916 in Wallis gebore. Hy was ook 'n vegvlieënier, digter en draaiboekskrywer. Dianke Nel het meer oor Dahl se nalatenskap gaan uitvind.

Monitor 12.09.2016

In Orania in die Nood-Kaap is 'n huis wat gebou is op die Hollandse Aardskip-konsep. Die enigste water wat gebruik word om die huishouding te onderhou, is reënwater. Marlinee Fouche berig dat die elektroniese ingenieur, Ludwig Everson, die reënwater wat hy opvang vier keer kan sirkuleer. Hy is glad nie afhanklik van die munisipaliteit vir sy water nie.

Monitor 12.09.2016

Huiswerk vir laerskoolkinders is 'n ou debat wat gereeld opvlam. By die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie simposium verlede week in Port Elizabeth , het skoolhoofde weer regop gesit toe 'n hoof van Vishoek vertel het van die groot sukses by sy skool nadat hy huiswerk afgeskaf het. Hy het bevind dat daar geen waarde in huiswerk is na 'n hele skooldag nie. Hy meen die sowat sewe ure van die skooldag b...

Monitor 12.09.2016

Dis nie net huiseienaars wat stadig maar seker die groen roete volg met hulle waterstelsels nie, maar ook die gasvryheidsbedryf. Die Verde Hotel in Kaapstad bespaar daagliks sowat 6 000 liter drinkwater deur middel van hulle unieke suiweringstelsels. Marlinee Fouche berig...

Monitor 12.09.2016

Die ernstige landwye droogte waterskaarste wek groot kommer. Damvlakke is op die laagste in jare en en daar is onsekerheid oor die verwagte reënpatrone. Rolspelers in die waterbedryf sal later vandeesmaand by 'n konferensie in Johannesburg besin oor beleidskwessies en vaardighede wat nodig is vir die bestuur van waterbronne. Die Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Monkonyane, glo Suid-Afrika...

Monitor 12.09.2016

Terwyl daar landwyd kommer is oor die probleme wat tersiëre instellings teister, het studente opnuut 'n rede gekry om trots te wees op hulle universiteit. En nee, dit is nie weens rugby nie, maar koorsang. Anna-Marie Jansen van Vuuren het meer gaan uitvind oor die kore wat landwyd kompeteer om as die beste universiteitskoor aangewys te word.

Monitor 08.09.2016

Die einde van die Aurora-sage is in sig. Daar is gister in die Noord-Gautengse Hooggeregshof 'n skikking tussen Solidariteit en Khulubuse Zuma bereik, waarvolgens Zuma R23-miljoen se skadevergoeding aan Pamodzi en Aurora se likwidateurs sal betaal. Die Bhana-familielede wat by die Aurora-vernietigingstog betrokke was, is ingevolge 'n bevel van regters Davis en Janse van Nieuwenhuizen gesekwestreer...

Monitor 08.09.2016

Kommersiële boere speel 'n uiters belangrike om ekonomiese stabiliteit en voedselsekerheid te verseker. Dis die boodskap by die Landbou-organisasie , TLU SA, se jaarkongress. Die voorsitter van Agri All Africa, dr. Theo de Jager, het tydens die opening van die kongres gesê dat beleidsekerheid ook 'n belangrike rol te speel in voedselsekerheid in Suidelike Afrika. Suzanne Paxton praat met hom.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.