RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 11.07.2016 4:51
Agt joernaliste van die SAUK is die afgelope naweek met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum se Nat Nakasa-toekenning vereer. Van die joernaliste, insluitend Suna Venter en Foeta Krige van Monitor, is geskors of wag vir datums van tugverhore. Dit volg nadat hulle hulle uitgespreek het teen die uitsaaier se verbod op beeldmateriaal van gewelddadige protesoptredes. Gesprekke rondom mediavry...
Monitor 04.07.2016 11:23
Die dogter van een van Suid-Afrika se mees berugte, vermeende misdadigers het 'n boek oor haar lewe geskryf, oor die jare van mishandeling. Die boek se titel is MISHANDEL, MISBRUIK, MISKEN: JOEY HAARHOFF WAS MY MA. Die skrywer is Carla van der Spuy en dit word uitgegee deur Lapa. Dit vertel die storie van Amor van der Westhuyzen, dogter van Joey Haarhoff, die vrou wat daarvan verdink is dat sy jon...
Monitor 04.07.2016 5:23
Die Suid-Afrikaanse regisseur, Gavin Hood, se jongste rolprent het soveel mense die naweek na Prins Albert gelok, dat die organiseerders twee ekstra teaters daarvoor moes beskikbaar stel. Dit was 'n groot trekpleister vir besoekers van die In die Karoo Filmfees wat in die dorpie plaasgevind het. Hood het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat FIELA SE KIND een van sy gunsteling rolprente is. Ho...
Monitor 17.06.2016 15:44
Twee dae ná die Soweto-opstande van 1976 is die land geruk deur die eerste werklike veroordeling van apartheid vanuit die wit, Afrikaner-establishment. Die Erika Theron-kommissie se verslag, op 18 Junie 1976, is egter deur die Vorster-bewind in die politieke asblik gegooi. Haar aanbevelings dat die ontug-wet, die groepsgebiede-wet en die wet op gemengde huwelike geskrap word, is eers nege jaar lat...
Monitor 16.06.2016 5:44
Kunsvliegvertonings is een van die gewildste items by lugskoue. Jy kry vlieeniers wat solo-vertonings lewer, en vlieeniers wat in formasie vlieg. Suid-Afrika het 'n tyd lank beperkte formasie-vertonings gehad. Maar in 2013 het 'n groep vlieeniers besluit dit is veel lekkerder om saam te vlieg as alleen....en 'n jaar later het hulle hul eerste vertoning by die Zebula lugskou gelewer. Justin Kennerl...
Monitor 14.06.2016 11:58
Net genoeg om die familie aan die lewe te hou, dis al wat die vissermanne aan die Weskus voor hoop. Die gemeenskap met hul unieke behoeftes is afhanklik van die see om 'n bestaan te voer. Dit word telkens gekompliseer deur probleme met visvangregte wat die manne en vroue gereeld warm onder die kraag het. Melissa Tighy en Izak du Plessis het Lambertsbaai met die oog op die naderende plaaslike verki...
Monitor 09.06.2016 3:07
Die droogte hou nie net negatiewe gevolge in vir mense nie, maar ook vir insekte. Die vraag is nou of enigiets wat ons gewone mense doen insekbevolkings kan red? Daar is mense wat boodskappe op sosiale media versprei, wat meen dat ons veral bye met suikerwater moet voer, om hulle voortbestaan te help verseker. Marlinee Fouche het by RSG se natuurkenner, Dave Pepler, gaan uitvind of daar enige waar...
Monitor 09.06.2016 3:06
Het jy geweet dat daar iets bestaan soos handsak-verekering? Dit is spesifiek daar om vroue wie se handsakke gesteel word, te help om die besittings daarin te vervang. 'n Versekeringskonsultant wat in haar voertuig van haar besittings beroof is, sê dis opvallend dat heelwat vroue, nie altyd weet waarvoor hulle in aanmerking kom nadat so iets gebeur het nie. Marlinee Fouche berig...
Monitor 30.05.2016 4:31
Die wenner van die Comrades-marathon, David Gatebe, neem meer as 'n miljoen rand huis toe na hy die wedloop gewen het. Die lid van die Tomtom-atletiekklub het die Rus, Leonard Shvetsov, se rekord van 2007 verbeter. Die vroue-kragmeting was 'n geveg tot die bitter einde na die wenner van 2015, Caroline Wostmann, haar voorsprong tien kilometer voor die einde moes prysgee. Minoshni Pillay en Dianke N...
Monitor 30.05.2016 5:01
Help ons om dwelm-muile in Asiese tronke se vonnisse van doodstraf tot lewenslange tronkstraf te verander. Die hulpkreet kom van Locked Up, 'n organisasie wat Suid-Afrikaners help, wat weens dwelm-verwante misdade in oorsese tronke sit. Volgens die regering is meer as 'n duisend Suid-Afrikaners oorsee gevonnis, waarvan talle tereggestel gaan word. Maar Locked Up se direkteur, Patricia Gerber, betw...
Monitor 30.05.2016 3:33
Media- en regkenners veroordeel die SABC se besluit om nie oor gewelddadige betogings te berig nie. Die besluit is Donderdagaand glo aan die redaksie oorgedra en 'n mediaverklaring daaroor is Vrydagoggend uitgereik. Metzi van der merwe doen verslag.....
Monitor 27.05.2016 4:56
Die joernalis en politieke kommentator, Max du Preez, sê Kaapstad bly - ten spyte van ál sy suksesse - steeds die wêreld se mees ongelyke stad. Hy beskryf die Moederstad as die DA se kroon-juweel, wat wel meer belasting-geld aan arm woonbuurte as ander stede bestee.
Monitor 27.05.2016 3:52
Die Statistikus-generaal, Pali Lehohla, sê dat opleiding kan help om Suid-Afrikaanse stede te integreer. Dit volg nadat 'n vergelyking tussen die laaste twee sensusse toon dat stede in Suid-Afrika nog steeds volgens ras verdeel is.
Monitor 26.05.2016 2:05
Die sosiale media gons oor 'n spotprent van Jonathan Shapiro, waar hy die hoof van die NVG, Shaun Abrahams, as 'n aap uitbeeld. Shapiro, beter bekend as Zapiro, het groot kritiek oor die spotprent ontvang, met sommige individue wat dit as rassisties beskou. Shapiro het met Jean Esterhuizen gepraat oor die reaksie op sy spotprent. Hy sê die publiek verstaan verkeerd wat hy oor President Jacob Zuma...
Monitor 26.05.2016 3:47
Navorsers aan die Universiteit Kaapstad het kenmerkende genetiese patrone vir ses algemene soorte kanker ontdek. Volgens Professor Kevin Naidoo, is dit 'n mediese deurbraak wat vir vroee kankerdiagnose en geteikende behandeling gebruik kan word.
Monitor 26.05.2016 3:03
Die saak van seksuele teistering teen die Wes-Kaapse voorsitter van die ANC, Marius Fransman, is skynbaar nog ver van verby. Dit is nou ten spyte van 'n besluit van die vervolgingsagesag in Noordwes om weens 'n gebrek aan bewyse, nie te vervolg nie. 'n Beëdigde verklaring van 'n ANC takleier is egter nou na die party se nasionale kantoor gestuur, waarin beweer word dat die klag teen Fransman verva...
Monitor 25.05.2016 8:33
Regter Dikgang Moseneke het pas afgetree as adjunk Hoofregter in die Konstitusionele Hof. Na verlede week se fanfare en afskeidspartytjies, het hy 'n draai kom maak in die Monitor ateljee waar hy gesels het oor sy lewensfilosofie
Monitor 25.05.2016 3:38
Die Wonderboom lughawe in Pretoria vier vanjaar sy tagtigste bestaansjaar. Om die geleentheid te vier gaan die lughawe en die Stad Tshwane die grootste burgerlike lug- en motorskou in Afrika by Wonderboom aanbied. Dit vind op 11 en 12 Junie plaas. Justin Kennerley het gaan kyk wat die organiseerders beplan.
Monitor 24.05.2016 4:28
Internasionale kampioenkunsvlieëniers sak die naweek op Durban toe vir die Durban Sky Grand Prix. Hulle sal kragte meet teen plaaslike kunsvlieëniers soos Nigel Hopkins, Mark Hensman en Patrick Davidson. Justin Kennerley het gaan uitvind wat die publiek Saterdag kan verwag.
Monitor 24.05.2016 3:12
Die eerste van meer as 'n duisend windturbinekomponente het in Loeriesfontein in die Noord-Kaap opgedaag. Die omgewing sal binnekort die tuiste van die grootste windplaas op die vasteland word. Die 122 windturbines, wat 'n gebied van meer as 12,000 rugbyvelde sal bedek, sal sowat 280 Megawatt elektrisiteit verskaf. Reginald Witbooi het Loeriesfontein besoek en hierdie verslag saamgestel.
Monitor 24.05.2016 3:33
'n Onbekende pastoor van Harare het dit reggekry om die burgerlike samelewing van Zimbabwe aan die praat te kry oor hulle lot. Pastoor Evan Mawarire van Harare het voor Zimbabwe se onafhanklikheidsvieringe in April 'n video op sy Facebook-blad gepos. 'n Maand later het die 39-jarige pastoor meer as 133,000 mense op Facebook bereik. Mètzi van der Merwe berig dat Zimbabwiërs nou openlik op sosiale m...
Monitor 20.05.2016 4:17
'n Robot-beheerde teleskoop in die koue Noord-Kaapse dorp Sutherland, het 'n nuwe planeet tydens sy roetine waarnemings raakgesien. Die ontwerper van die teleskoop bekend as KELT, die sterrekundige Dr. Rudi Kuhn, sê die teleskoop word gebruik om na transito planete by veral helder sterre te soek. Dit is vir hom as 'n sterrekundige en sy span 'n groot deurbraak, omdat hulle meer navorsing in Suid-A...
Monitor 20.05.2016 4:19
Die verbruiker het gister 'n sug van verligting geslaak na die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee aangekondig het dat die repokoers onveranderd bly op sewe persent. Dianke Nel vind uit hoe die ekonomiese vooruitsigte lyk.
Monitor 19.05.2016 14:45
Die sakesektor en die vakbondwese het laer getrek om die minister van finansies, Pravin Gordhan, nadat hy gevra het dat die publiek hom en die nasionale tesourie teen die aanslag van ander staatsagentskappe moet beskerm. Sowel die Presidensie as die Nasionale Vervolgingsgesag ontken dat daar sprake is dat Gordhan weens spioenasie in hegtenis geneem sal word, maar dis uit Gordhan se verklaring duid...
Monitor 19.05.2016 12:58
Dis nie elke dag dat 'n kabinetsminister sy landgenote vra om hom te help beskerm teen sameswerings om hom uit sy pos te verwyder nie. Dis egter presies wat gebeur het met die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, se mediapleidooi Dinsdagmiddag. Die sage het 'n lang aanloop met 'n onvermydelike gevolg as jy die koerante glo. Soos wat die Gautengse dagblad, Star, dit gister gestel het: "The uneas...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.