RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 05.04.2017

Sirië se voortslepende oorlog het nog 58 slagoffers ge-eis na 'n aanval op die dorp Khan Sheikhoun in die provinsie van IDLIP wat medici toeskryf aan 'n gasaanval. Intussen het die gesaghebbende Britse mediese vak-tydskrif, The Lancet, pas Intensiewe navorsing gepubliseer oor die benarde posisie van mediese werkers in Sirie in die sesde jaar van die konflik in die oorlog-geteisterde Midde-Ooste. E...

Monitor 04.04.2017

Nuwe bevindings deur Suid- Afrikaanse en Australiëse navorsers dui nou daarop dat die oudste hominiede in Suider-Afrika, Little Foot, heelwat jonger is as, soos voorheen aangeneem, 3,7 miljoen jaar oud. 'n Navorser verbonde aan die Universiteit van Johannesburg se Fakulteit Natuurwetenskappe, Professor Jan Kramers, het aan Vincent Mofokeng verduidelik hoe die navorsing die nuwe ouderdom aan die li...

Monitor 04.04.2017

Die Amerikaanse ruimteagentskap, NASA se Chandra X-straal Observatorium het vreemde flitse in die ruimte opgemerk. 'n Senior Navorsingsgenoot by Suid-Afrikaanse Ruimte Agentskap, Dr Pieter Kotze het aan Melissa Tighy vertel dat dit dui op 'n tipe gewelddadige gebeurtenis.

Monitor 04.04.2017

Een van Suid-Afrika se mees bekende politici wat by die CODESA in 1991 onderhandelings betrokke was, Roelf Meyer, het in 2001 al die noodsaaklikheid van burgerlike betrokkenheid by die politiek besef. Trouens hy het toe die Civil Society initiative gestig waarby die destydse Amerikaanse president, Bill Clinton, OOK betrokke geraak het. Anita het met hom gepraat in die lig van die massa opstand wat...

Monitor 03.04.2017

Die verklaring wat President Jacob Zuma uitgereik het oor sy omstrede kabinetskommeling het die verpligting op die nuwe ministers en adjunkministers geplaas om onvermoeid skouer aan die wiel te sit om radikale sosio-ekonomiese transformasie teweeg te bring. Wat sou dit beteken of behels? Om die vraag te help beantwoord, het Anita Visser en Heindrich Wyngaard met Mzwanyele Manyi van die Progressive...

Monitor 30.03.2017

Afgevaardigdes van menseregte-organisasies en regerings vergader sedert gister in Buenos Aires in Argentinië vir 'n konferensie oor hoe om universiteite en skole teen militêre aanvalle te beskerm. Anita Visser het met 'n paar van die betrokkenes gepraat om uit te vind hoekom die beraad juis nou as so noodsaaklik beskou word.

Monitor 29.03.2017

Die vissersgemeenskap van Paternoster maak al dekades lank staat op vis en kreef vir hulle bestaan. Maar 'n voortdurende gestoei oor kwotas en 'n besluit om kreef op die Sassi-rooilys te plaas, bedreig opnuut hulle vrede. Daar is selfs sprake van 'n algehele moratorium op kreefvangste vir die bestaansvisserman. Izak du Plessis het Paternoster besoek om uit te vind hoe die verwikkelinge hulle toeko...

Monitor 28.03.2017

WAARSKUWING: HIERDIE BYDRAE BEVAT WOORDE WAT AANSTOOT KAN GEE - Die vissersgemeenskap van Paternoster maak al dekades lank staat op vis en kreef vir hulle bestaan. Maar 'n voortdurende gestoei oor kwotas en 'n besluit om kreef op die Sassi-rooilys te plaas, bedreig opnuut hulle vrede. Daar is selfs sprake van 'n algehele moratorium op kreefvangste vir die bestaansvisserman. Izak du Plessis het Pat...

Monitor 28.03.2017

Ahmed Kathrada, beter bekend onder geliefdes as Uncle Kathy, is vanoggend vroeg in 'n Johannesburgse hospitaal in die ouderdom van 87 oorlede. Hy is vroeër vandeesmaand in die hospitaal opgeneem vir 'n operasie weens 'n bloedklont op die brein. Die Ahmed Kathrada-stigting het gistermiddag aangekondig dat die struggle-veteraan se toestand die afgelope 24-uur versleg het en dat hy dubbele longontste...

Monitor 27.03.2017

Kuns kan gebruik word om maatskaplike kohesie, in 'n oënskynlik verdeelde gemeenskap, te bewerkstellig. So meen Desiree Barnard, wat binnekort haar meestersgraad Cum Laude by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie sal ontvang. Haar navorsing het gefokus op die gebruik van kuns as 'n intervensiemiddel in die Olifantsriviervallei gemeenskap, wat Vredendal, Lutzville en Klawer in die Wes-...

Monitor 24.03.2017

Die jongste uitgawe van die wetenskapsjoernaal, Nature, berig dat die klassifikasies van dinosourusse hersien sal moet word. In die Britse studie het hulle bevind dat sommige dinosourusse selfs nou aan ander familiegroepe moet behoort. Melissa Tighy doen verslag.

Monitor 24.03.2017

Die hewige debat wat hierdie week ontketen is deur die sogenaamde Spur-voorval, het die vraag laat ontstaan of identiteitspolitiek die plaaslike openbare diskoers oorgeneem het? Heindrich Wyngaard het met 'n paar kenners en deelnemers aan die openbare debat gepraat.

Monitor 24.03.2017

Roelf Meyer, een van die hoofonderhandelaars tydens Suid-Afrika se oorgang van apartheid na demokrasie, sê die Grondwet moet die rigtingwyser wees in 'n debat soos die oor identiteitspolitiek.

Monitor 22.03.2017

Spastiese diplegie, of te wel dubbelsydige verlamming, was nog altyd deel van die 23-jarige Anita Engelbrecht se lewe, maar dit keer haar glad nie om grense te verskuif nie. Nie net het sy bo alle verwagtinge op skool presteer nie, sy het ook verlede week 'n B. Com.-graad in bestuursrekeningkunde verwerf, en is besig om te oefen vir haar tweede Comrades-marathon.

Monitor 21.03.2017

'n Opgewonde gesin op 'n Sondagaand op die N1, op pad na 'n vakansiebestemming... Hulle 23-maande-oue dogtertjie is op die agtersitplek in haar babastoeltjie. Skielik is daar donkerte toe haar pa beheer van die voertuig verloor. Daar is nagte in die hospitaal langs haar bed, en nuus dat sy ernstige breinskade opgedoen het. Hulpeloosheid. Spring ses jaar vorentoe na 'n agtjarige dogtertjie wat haar...

Monitor 21.03.2017

Suid-Afrikaners vier vandag Menseregte. Weet jy wat jou regte is? Weet jy wat die historiese betekenis van die dag is? Hier om te help met antwoorde op die vrae, is dr. Leon Wessels, direkteur van die Sentrum vir Menseregte by die Vrystaatse Universiteit.

Monitor 20.03.2017

Baie Suid-Afrikaners is geneig om saans te gaan slaap sonder om tande te borsel. Wêreld Mondhigiënedag word vandag gevier, en 'n Johannesburgse tandarts, dr. Mishka Dirk Vrey, het raad oor hoe om jou roetine só aan te pas dat jou mond higiënies bly. Hanri Wondergem het met hom gepraat.

Monitor 03.03.2017

Die nie-betaling van maatskaplike toelae kan tot sosiale onrus lei, maan die teoloog dr. Chris Jones van die Universiteit Stellenbosch. Terselfdertyd wys hy daarop dat die toelae alleen nie in die lange duur sosiale geregtigheid gaan verseker nie - sowel die regering as gewone burgers sal anders moet begin dink oor hul rol in die verband. Hierdie bydrae deur Heindrich.

Monitor 02.03.2017

Seksopvoeding is, volgens 'n kenner, die antwoord op die toenemende probleem van blootstelling aan pornografie onder tieners. Navorsing deur die jeugnavorsingseenheid by Unisa se Buro vir Marknavorsing wys dat meer as die helfte van hoërskoolleerders al na pornografie gekyk het. Dr. Antoinette Basson, 'n sielkundige verbonde aan die eenheid sê dit skep 'n verwronge beeld van seks onder die jeug. H...

Monitor 02.03.2017

Suid-Afrika se Mervyn Davis het 'n internasionale reputasie gebou as 'n maker van uitstekende gesnaarde musiekinstrumente, soos kitare, banjos en viole. Hy sê sy hartstog is om musiekinstrumente te bou wat aan die behoeftes van moderne komponiste sal voldoen, deur moderne tegnologie te gebruik, maar om terselfdertyd die romanse van klassieke instrumente te behou. Tog verskil baie van sy skeppings...

Monitor 28.02.2017

Honderde teologiese studente vanuit Afrika se grade, wat hulle by 'n Bybelkollege in Barberton verwerf het, is nie die papier werd waarop dit gedruk is nie. Die grade word die afgelope sowat 15 jaar deur die Back to the Bible Training College in Barberton toegeken. Die instelling is egter volgens die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding 'n swendelkollege. Monitor het ondersoek ingestel.

Monitor 14.02.2017

Die FEES MUST FALL-veldtog het die klem geplaas op die finansiering van tersiêre onderrig, terwyl die eintlike probleem akademies van aard is. So sê die direkteur van die Universiteit Stellenbosch se bestuurskool, prof. Piet Naude. Hy het sy saak sonder skroom aan Anita Visser gestel.

Monitor 10.02.2017

Pres. Jacob Zuma het gisteraand sy 2017-staatsrede in die Nasionale Vergadering gelewer. Om die inhoud van sy toespraak te ontleed, verwelkom twee ontleders wat weinig bekendstelling nodig het - die politieke kommentator dr. Piet Croucamp en die Efficient Groep se hoofekonoom, Dawie Roodt.

Monitor 10.02.2017

Meer as 80 polisielede het op Rosettenville in Johannesburg toegesak om die verhouding met inwoners te verbeter. Dit volg nadat inwoners verlede week die reg in eie hande geneem het, en gewelddadig teen dwelmhuise, prostitusie en onwettige immigrante betoog het. Jamaine Krige het die uitvoerende burgemeester, Herman Mashaba, en ander amptenare op die klopjagte vergesel.

Monitor 08.02.2017

Een van die sake wat die minister van finansies na verwagting in sy begrotingsrede sal aanraak, is die voorgestelde suikerbelasting. 'n Belastingskenner van die Universiteit Stellenbosch se Besigheidskool, Lee-Ann Steenkamp, sê die belasting kan dalk eers in 2019 ingestel word. Sy sê besonderhede oor hoe die belasting gehef sal word, is nog onduidelik.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.