RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 17.05.2017 19:54
Dit is dag twee van die Nampo-Oesdagfees wat net buite Bothaville plaasvind. Die eerste dag is oorskadu deur gesprekke oor grondhervorming in die landbousektor en die onstabiliteit wat dit in die sektor veroorsaak.
Monitor 16.05.2017 18:46
Die enigste manier hoe moeilike kwessies in die landbousektor opgelos sal word, is deur dialoog. Dít was die boodskap by die openingsfunksie van die Nasie in Gesprek-reeks by die Nampo-Oesdagfees op Bothaville. Die gesprekke is geopen met dialoog oor grondhervorming. Suzanne Paxton gesels met Francios Strydom, uitvoerende hoof van SENWES en dr. John Purchase van Agribiz.
Monitor 12.05.2017 7:42
Marlinee Fouche berig dat die SAUK hoofsaaklik deur advertensies befonds word, in teenstelling met die internasionale tendens van parlementêre- of staatsubsidies. Watter bevondsingsmodel sal in Suid-Afrika werk?
Monitor 12.05.2017 3:20
Die SAUK sê sy voorstel aan die parlement om wetgewing betreffende TV-lisensies te verander, is bloot om aan te pas by tegnologiese vooruitgang. Woordvoerder Kaizer Kganyago het aan Marlinee Fouche gesê hulle wil keer dat sekere landsburgers betaal vir inhoud, en ander nie.
Monitor 11.05.2017 8:44
Whatsapp-stemboodskappe kan gebruik word om bystand in noodsituasies te kry. Dit kan egter ook gebruik word om paniek te saai, vals nuus te versprei, of 'n situasie uit verband te ruk. Hanri Wondergem het gaan ondersoek instel na die voor- en nadele van Whatsapp-stemboodskappe en beweerde en werklike nuusgebeure.
Monitor 08.05.2017 10:19
Die eerste openbare byeenkoms van die Nasionale Stigtings Dialoog-inisiatief is Vrydag in Johannesburg gehou. Hierdie inisiatief is begin deur die stigtings van onder andere die voormalige presidente FW de Klerk, Thabo Mbeki en Kgalema Mothlanthe. Heindrich Wyngaard praat hieroor met F.W. De Klerk.
Monitor 05.05.2017 4:13
'n Mens koop gewoonlik met groot sorg 'n huis. Alle moontlike gebreke en risiko's word ondersoek. Dit is presies wat Marais en Ardel Wessels gedoen het die dag toe hulle hulle huis in Alberton gekoop het. Maar hoe sal jy nou weet as jou huis se buitemuur 'n groot aantrekkingskrag vir die dorp se dronkbestuurders het?
Monitor 02.05.2017 4:22
'n Huldigingsgeleentheid vir die ontslape dominee-digter Patrick Petersen, wat 20 jaar gelede in 'n motorongeluk gesterf het, is by die 2017 Suidoosterfees in Kaapstad gehou. Dit het nou aanleiding gegee tot planne vir 'n groter viering van sy lewe en werk. Die voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, Marlene le Roux, brei hierop uit.
Monitor 01.05.2017 5:08
Nog 'n naam is hierdie naweek gevoeg by die lys voorlopige kandidate vir die ANC se leierskapsverkiesing in Desember. Ofskoon die amptelike nominasieproses nog nie geopen is nie, het die sakeman en voormalige ANC-tesourier, dr. Matthews Phosa, gesê hy sou bereid wees om te staan. Heindrich Wyngaars het met hom gepraat.
Monitor 01.05.2017 10:08
Die mense van Coligny maak sedert verlede week die stukkies van hulle lewe bymekaar ná grootskaalse geweld op die dorp. 'n Groep wat ongelukkig is oor die dood van 'n twaalfjarige seun, nadat hy glo sonneblomme gesteel het, het die dorp ingevaar en talle ondernemings geplunder en gevandaliseer. Die groot vraag is nou: Wat het verkeerd geloop op Coligny? Izak du Plessis het Coligny besoek.
Monitor 01.05.2017 4:35
Werkersdag word sedert 1994 in Suid-Afrika gevier. Dit spruit uit die historiese struikelblokke wat werkers en vakbonde ervaar het, soos regverdige indiensnemingstandaarde en menseregte in die werksplek. Werkersdag is ook 'n dag waarop ons die miljoene werkende Suid-Afrikaners vier en vereer, wat die land elke dag help bou en wat die ruggraat van die ekonomie is. Dianke Nel het by arbeidsontleder...
Monitor 01.05.2017 5:45
Die vraag of sport bydra tot nasiebou is hierdie naweek by die Jakes Gerwel-gesprekkereeks by die Suidoosterfees bespreek. Twee van die deelnemers was die oud-Springbokkaptein Theuns Stofberg en die sporthistorikus dr. Andre Odendaal, skrywer van die onlangs verskene Cricket & Conquest. Heindrich Wyngaard het met hulle gepraat, en begin deur vir Odendaal sy standpunt te vra.
Monitor 26.04.2017 7:18
Dis vandag Wêreld Gidshonddag. Monitor het 'n spesiale ateljeegas - O'Reilly. Hy is al agt jaar lank 'n gidshond vir sy eienaar, Pieter van Niekerk. Pieter is die hoof van die skakelafdeling by die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging in Johannesburg. Volgens die vereniging is dit belangrik dat die samelewing ingelig word oor die belangrike rol wat gidshonde speel, en vanjaar moet daar klem gelê wor...
Monitor 26.04.2017 6:13
Kenia ervaar steeds 'n knellende droogte, en is tot 'n rampgebied verklaar. Oor die laaste paar maande het gewapende veewagters in die Laikipia-streek groot getalle vee na grond in privaatbesit gedryf, op soek na voer vir die diere. Daar is egter inwoners van die gebied wat politici daarvan beskuldig dat hulle geweld aanhits in aanloop tot die verkiesing in Augustus. Hulle beloof na bewering aan h...
Monitor 26.04.2017 2:11
Kenia ervaar steeds 'n knellende droogte, en is tot 'n rampgebied verklaar. Die Rooikruis in Kenia sê sowat 350,000 kinders, swanger vroue en nuwe ma's is ondervoed. Boopop dryf die droogte veeboere daartoe om kommersiële plase te beset. James Mwangi, die spanleier van die Rooikruis in die land, het aan Dianke Nel gesê sowat driemiljoen mense benodig dringend voedselhulp.
Monitor 26.04.2017 19:41
Ons staan op die vooraand van 'n vyf tot tien-jaar lange resessie. Só waarsku die beleggingstrateeg, Magnus Heystek, wat ook die kredietgraderingsagentskap, Moodys, vergelyk met Openbaring se ruiters. Anita Visser het hom gevra of hierdie vergelyking nie melodramaties is nie.
Monitor 25.04.2017 18:47
Verskeie voorvalle die afgelope tyd het die rol van Suid-Afrika se media in die kollig geplaas. Eers was daar die Huffington Post se blog wat voorgestel het dat wit mans hulle stemreg behoort te verloor. Die HuffPost moes in opdrag van die Persombudsman om verskoning vra vir die mening, wat as seksisties en rassisties beskryf is. Die SAUK was Vrydag in die nuus toe vyf seniorjoernaliste se rekenaa...
Monitor 25.04.2017 5:51
Die boksgemeenskap het verslae gereageer op die nuus dat die Suid-Afrikaanse boksafrigter, Nick Du Randt, Vrydag is in 'n motorfietsongeluk in die Vrystaat oorlede is. Hy was die president van die Crusaders Motorfietsklub, en het teen 'n motor gebots tussen Bethlehem en Clarens. Hy was 53 jaar oud. Du Randt het 95 Suid-Afrikaanse kampioene in al 17 gewigsklasse opgelewer, 38 wêreldkampioene en 27...
Monitor 20.04.2017 3:57
Die Johannesburgse Metroraad het na Reinette Venter se klagtes geluister, en om verskoning gevra vir haar ongerief. Die raad se departementshoof in die Speaker se kantoor, Linus Muller, het die volgende beloof…
Monitor 20.04.2017 5:21
Reinette Venter sit met die hande in die hare na meer as 'n jaar se gesukkel om haar waterrekening uitgesorteer te kry. Die Venters, wat in Johannesburg woon, se waterrekening het uit die bloute van 'n gemiddeld van R3,500 per maand, skielik gestyg na tussen R8,000 en R15,000 elke maand. In weerwil van herhaalde oproepe na JOHANNESBURG WATER en na die betrokke DA-raadslid, is die saak steeds onopg...
Monitor 18.04.2017 4:57
Die toekoms van die jonger geslag kry min oorweging in die manier hoe die ouer geslag die aarde misbruik. Dit is die mening van die voormalige arbeidsleier, politikus en nou 'n kampvegter vir menseregte, Jay Naidoo. Hy het onlangs sy jongste boek, CHANGE, in Johannesburg bekendgestel. Mètzi van der Merwe het die geleentheid bygewoon.
Monitor 13.04.2017 3:59
'n Derde van die inwoners van Vryheid in Kwazulu-Natal het na 'n meer as 'n jaar weer toegang tot lopende WATER. Dit is te danke aan 'n DA-wyksraadslid, Alta Roos de Kock. Sy het doodgewoon besluit om van swaartekrag gebruik te maak met positiewe resultate. Metzi van der Merwe berig….
Monitor 10.04.2017 6:46
die president van die Progressive Professionals Forum en die Decolonisation Foundation, Mzwanele Manyi, het gister saam met dr. Matthews Phosa aan die bespreking by die KKNK op Oudtshoorn deelgeneem. Ons praat nou met hom oor 'n paar stellings wat hy gemaak het.
Monitor 10.04.2017 5:35
Die ANC gaan die 2019-verkiesing verloor, voorspel die voormalige ANC-tesourier dr. Matthews Phosa. Hy het gister met Heindrich Wyngaard by die KKNK op Oudtshoorn gepraat.
Monitor 05.04.2017 9:38
Ons fokus bly op Sirië waar minstens 58 mense die week weer in n chemiese aanval dood is. Anita Visser het met Borrie la Grange van Medicins Sans Frontieres oftewel Dokters Sonder Grense en die internasionale regskenner, professor Hennie Strydom van die Universiteit van Johannesburg gepraat.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.