RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 14.07.2017 2:57
Ons fokus op die sogenaamde Dakar-safari wat van die land se mees hoëprofiel Afrikaners 30 jaar gelede meegemaak het. Theuns Eloff gesels oor die verskeidenheid mense wat die besoek meegemaak het. Jy kan ook die stemme hoor van Max du Preez, Monitor se voormalige uitvoerende regisseur, en wyle Chris Louw.
Monitor 13.07.2017 3:27
Die skolerugby Cravenweek is op die oomblik in Bloemfontein by Grey Kollege aan die gang. Keurders het die seuns deur die loop van die jaar dop gehou, en volgens Hannes Nienaber, 'n skolerugbyjoernalis, is skolerugby baie gesond.
Monitor 13.07.2017 3:48
Die DA het sy visier op die Gupta-familie ingestel na bewerings van korrupsie by 'n suiwelplaas naby Vrede in die Vrystaat. Die DA-leier, Mmusi Maimane, het die plaas besoek. Saam met hom was die mense wat bedoel was om voordeel uit die plaas te trek. Hulle sê egter hulle het nog nooit enige inkomste uit die suiwelprojek gekry nie, en die plaas word skynbaar teen 'n verlies bedryf.
Monitor 12.07.2017 5:08
Die dood verlede week van die rugbylegende, Salie Fredericks, het opnuut 'n debat ontketen oor of swart sportlegendes uit die apartheidsera genoeg erkenning geniet. Heindrich Wyngaard berig.
Monitor 11.07.2017 2:37
Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het erken dat sy verkeerd was om die parlement te beveel om die grondwet te verander. Sy sê verder dit was verkeerd van haar om 'n verandering in die reserwebank se mandaat te beveel. Mkwhebane gaan nie die reserwebank se aansoek teenstaan dat haar verslag ongedaan gemaak moet word nie. Tog berig Marlinee Fouche dat Mkhwebane steeds volhou dat haar versl...
Monitor 11.07.2017 2:10
Die nasionale verbruikerskommissie se ondersoek na wanpraktyke in die tyddeelbedryf begin vandag in Kaapstad. Die kommissie hoop dat die openbare verhoor aanleiding sal gee tot een wet wat die bedryf kan reguleer. Een van die groot tekortkominge van die huidige wetgewing is dat verbruikers geen seggenskap het in die vakansieskemas nie. Talle verbruikers voel hulle is vasgevang in 'n tronk waaruit...
Monitor 10.07.2017 4:49
Eskom se gebrek aan deursigtigheid is Vrydag gekritiseer tydens openbare verhore wat deur die Nasionale Energie-reguleerder gelei is. Die direkteur van Energie by OUTA, Ted Blom, sê Eskom kon nie syfers gee oor hoeveel steenkool en water hulle gebruik by die verskeie kragopwekkingsfasiliteite nie.
Monitor 10.07.2017 2:23
Die !Khomani-kulturele landskap se insluiting by Suid-Afrika se nege wêrelderfenisgebiede, is volgens inwoners nog net die begin. Die woordvoerder vir die gebied se inheemse tale en ook die huidige leier se raadgewer, Ruben Festus, sê die proses om ingesluit te word was nie maklik nie.
Monitor 10.07.2017 3:09
Baleka Mbete het haarself beskikbaar gestel vir die posisie van die ANC-president. Mbete was ook voorheen Suid-Afrika se adjunkpresident en sekretaris-generaal van die ANC vroueliga. Maar 'n politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, Professor Susan Booysen, het aan Jean Esterhuizen gesê Mbete se kans om die top posisie te beklee is baie skraal.
Monitor 10.07.2017 1:39
Die speaker van die parlement, Baleka Mbete, het haar steun toegesê aan die reserwebank se hofaansoek rakende die bevindinge van die openbare beskermer se CIEX verslag. Advokaat Busisiwe Mhkwebane het in haar verslag gevind dat die mandaat van die reserwebank verander moet word van 'n instansies wat inflasie teiken, na 'n instansie wat ekonomiese groei bevorder. Die hoofekonoom van economist.co.za...
Monitor 10.07.2017 2:33
Die !Khomani-kulturele landskap in die Kalahari Gemsbok Nasionale Park, is deur die VN aangewys as 'n wêrelderfenisgebied. Die gebied van meer as negehonderd duisend hektaar is deel van die Dawid Kruiper Distrik-munisipaliteit en sluit die hele park in. Suid-Afrika het nou nege wêrelderfenisgebiede. 'n Professor in geskiedenis aan die Noordwes Universiteit, en die direkteur van Archa-Etnos Argeolo...
Monitor 07.07.2017 1:52
Die Britse openbare skakelgroep Bell Pottinger het 'n senior vennoot afgedank en drie ander werknemers geskors na beskuldigings dat die groep 'n veldtog ondersteun het wat rasseverdeling in Suid-Afrika aangeblaas het. Dit hou verband met hulle hantering van die mynmaatskappy Oakbay se rekening. Oakbay behoort aan die Gupta-familie. Bell Pottinger het ook 'n internasionale regsfirma, Herbert Smith...
Monitor 07.07.2017 4:05
Die volgende bydrae bevat enkele vloekwoorde, en kan sensitiewe of jong luisteraars ontstel. Die gelykheidshof het vroeer die week beslis dat die kunswerk bekend as "f**k white people" as 'n uitdrukking van kuns beoordeel moet word, eerder as haatspraak. Jack Miller, die leier van die politieke party, die Cape Party, het die kunstenaar, Dean Hutton, vir haatspraak hof toe geneem. Die uitspraak het...
Monitor 06.07.2017 4:13
Die Adjunk-Sekretaris-Generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Jeremy Cronin, sê Suid-Afrika word toenemend soos n Zimbabwiese diktatorskap regeer
Monitor 05.07.2017 2:06
Die tweejaarlikse Nasionale Kwilt-fees is weer na tien jaar in Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Die fees roteer tussen verskillende stede in die land. Honderde kwilters vertoon hulle kunstige handwerk by die fees, met die tema "siyadala" wat beteken "ons skep". Die fees lok kwiltmakers reg oor die wêreld. Dit word gereken as 'n kunsvorm. Veronica Fourie doen verslag.
Monitor 05.07.2017 3:08
Die ANC stel voor dat sy verkiesingskommissie herontwerp word om faksievormining uit te roei. Die voorstel is deur die sub-kommitee oor party hernuwing by die ANC se nasionale beleidskonferensie gemaak. Jean Esterhuizen berig.
Monitor 05.07.2017 2:52
In die Wes-Kaap het die Waterstone Village winkelsentrum in Somerset Wes, 'n belangrike les vir hulle klante probeer leer. By die winkelsentrum is rolstoele in normale parkeerplekke geplaas met boodskappe soos, "Ek trek net gou geld" en "Dit was die enigste oop parkeerplek". Die organisasie vir kinders met gestremdhede, Senecio het die reaksies van die klante opgeneem en die video is reeds byna 60...
Monitor 03.07.2017 2:13
Daar is goeie nuus vir verbruikers! Die prys van alle brandstof sal die week daal. Harri Kemp, 'n ekonoom verbonde aan die buro vir ekonomiese ondersoek, het aan Hanri Wondergem die redes hiervoor verduidelik. Redes is onder meer die rand se wisselkoers en die internasionale prys van olie.
Monitor 03.07.2017 2:29
Die ANC het 'n nuwe manier voorgestel om die gestoei vir leierskapsposisie en faksievorming tydens die verkiesings te verminder. Die party wil die sogenaamde Revolusionêre Verkiesingsraad stig wat uit staatmakers sal bestaan. Die komitee sal toesig hou oor die verkiesingsproses van lede in verskeie party strukture en leierskapsposisies. Jean Esterhuizen berig.
Monitor 03.07.2017 4:17
'n Voortdurende ramp wat swak bestuur word, slegte besluite wat die belastingbetaler se sak net verder gaan ruk en 'n bloedneus vir die geloofwaardigheid van die nasionale tesourie. Só reageer die DA se skadu-adjunkminister van finansies, Alf Lees, op die Suid-Afrikaanse lugdiens se jongste reddingsboei van 2 miljard rand.
Monitor 03.07.2017 1:58
Die Wes-Kaapse minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, sê hy is bekommerd oor 'n toename in bendeverwante aktiwiteite in Worcester. Plato het geloofsleiers aangemoedig om betrokke te raak by jeugprogramme wat by skole aangebied sal word tydens skoolvakansies. Daar is meer as 'n honderd van die programme waarby nagenoeg seweduisend jeugdiges kan baat. Hanri Wondergem berig.
Monitor 03.07.2017 6:54
Die Nasionale Gesondheidsversekeringsbeleids-witskrif is Vrydag in die staatskoerant gepubliseer. Die minister van Gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, sê die publiek is welkom om nou kommentaar op die omstrede dokument te lewer. Ons vra vir Marieny Erasmus, 'n gesondheidspesialis by die ekonomiese konsultasiefirma, Econex in Stellenbosch, wat die kruks van die witskrif behels.
Monitor 30.06.2017 8:13
Vanoggend neem ons afskeid van ons kollega, Suna Venter. Haar liggaam is gisteroggend in haar woonstel in Fairlands, Johannesburg, gevind. Sy is onlangs gediagnoseer met die harttoestand, streskardiomiopatie, of algemeen bekend as die “gebrokehart-sindroom”. Dit word veroorsaak deur uitgerekte periodes van onnatuurlike spanning en stres. Ons onthou haar vanoggend as mens en joernalis, en deur die...
Monitor 29.06.2017 7:08
Prostitusie in die Amerikaanse Deelstaat, Rhode Island, is in 1980 as wettig verklaar. In 2009 is díe praktyk egter weer gekriminaliseer weens 'n toename in seksuele geweld en mensehandel in die gebied. Die organisasie Dokters vir Lewe, sê in die lig híervan kan die praktyk in Suid-Afrika nie gewettig word nie. Liza Lombaard, 'n lid van die organisasie se uittree program vir vroue in prostitusie,...
Monitor 29.06.2017 1:56
AngloGold Ashanti gaan moontlik 8 500 werknemers aflê om die mynmaatskappy weer ekonomies winsgewind te maak. Díe mynmaatskappy het 'n konsultasieproses saam met vakbonde begin oor die herstrukturering van sy sakebedrywighede. AngloGold Ashanti se senior visie-president vir Wes Wits, Francios Naude, het aan Jean Esterhuizen gesê díe proses word deur die KVBA gefasiliteer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.