RSG

Monitor

News AF ↓ 4394 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 25.07.2017

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, het gister strafregtelike aanklagte teen die Minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane, by die Randburg-polisiestasie in Johannesburg ingedien. Die aanklagte sluit in verraad, korrupsie, afpersing, bedrog en diefstal. Die bedryfshoof van OUTA, Ben Theron, sê Zwane is aangestel om die Gupta-familie en hulle sakevennote se belange te beskerm.

Monitor 24.07.2017

Die menseregteorganisasie, Human Rights Watch, is besig om vergrype teen Siriese burgers in Libanon aan die groot klok te hang. In 'n verslag wat pas gepubliseer is, word die dood, en oënskynlike marteling van vier Siriese burgers in Arsel, 'n gebied teenaan die Siriese grens, in besonderhede uiteengesit nadat foto's van die mans deur 'n internasionale forensiese kenner, bestudeer is. Die Libanese...

Monitor 24.07.2017

Zimbabwe moet volgende jaar verkiesing hou, maar kommer bestaan dat die land dalk nie die nodige $270 miljoen (sowat R3,5 miljard) sal hê om veral te bestee aan 'n nuwe biometriese registrasiestelsel nie. Heindrich Wyngaard het hieroor met dr. Jakkie Cilliers, voorsitter van die raad van trustees van die Instituut vir Sekerheidstudies, gepraat.

Monitor 24.07.2017

Opgrawings by die voormalige Britse Oos-Fort op Strubenskop in Pretoria, kan lig werp op die mense wat hier gestasioneer was meer as 100 jaar gelede. Marlinee Fouche berig daar is ook aanduidings van 'n moontlike skietgeveg, wat nooit opgeteken is nie. Sy het 'n dag deurgebring saam met dr. Anton van Vollenhoven van Archaetnos Argeloë en Erfenis Raadgewers.

Monitor 24.07.2017

Ondanks die uitdagings in townships, is daar een jong vrou van Khayelitsha wat vasbeslote is om haar droom te laat realiseer. Kholiswa Ntshinga wou nog altyd 'n rekenaarprogrameerder word. En ten spyte van beperkte toegang tot 'n rekenaar en die internet, berig Joan-Marie Verhoef dat sy goed op pad is om naam te maak as een van Suid-Afrika se vooraanstaande leiers in die tegnologiesektor.

Monitor 24.07.2017

Die voorgestelde wysigings aan die Inkomstewet, wat Suid-Afrikaners wat oorsee werk, van Maart 2019 sal belas, kan tot gevolg hê dat baie dit eerder sal oorweeg om te emigreer. Dit is die mening van die belastinghoof by Baker en Mckensie, Mark Preiss. Mètzi van der Merwe doen verslag.

Monitor 21.07.2017

Die ATKV het vroeër vandeesweek aangekondig dat hulle 'n wyer gemeenskap as net die Afrikaanse gemeenskap wil bereik. Die aankondiging het gemengde reaksie ontlok. Só lui 'n inskrywing op Flip Buys van Solidariteit se Facebook-blad: "As ek reg verstaan, wil die nuwe ATKV-hoof die organisasie nou min of meer die Suid-Afrikaanse Tale en Kulture Vereniging maak." Dianke Nel doen verslag.

Monitor 21.07.2017

Die direkteur van die Mail & Guardian se Bhekifisa Gesondheidsentrum, Mia Malan, het pas navorsing voltooi oor geweldsmisdade teen vroue - waarom slaan mans vroue? Die meeste studies fokus op die gevolge van aanranding op vroue, sonder om met die mans te praat oor hulle beweegredes. Malan se navorsing is oor die afgelope jaar en 'n half gedoen met die fokus op Diepsloot, noord van Johannesburg.

Monitor 20.07.2017

Die voorsitter van die parlement se ad hoc-komitee oor partybefondsing, Vincent Smith, glo die werk van die komitee sal uiteindelik bydra tot die bevordering van veelpartydemokrasie in Suid-Afrika. Heindrich Wyngaard het Smith gevra wat die mandaat van die veelpartykomitee is.

Monitor 20.07.2017

Dr Dian Spear van die Universiteit van Kaapstad glo dat tegnologie toenemend ingespan sal word om water weer te gebruik. Sy sê oorbevolking is die grootste las op waterbronne. Mètzi van der Merwe doen verslag.

Monitor 20.07.2017

Eskom sê die laer verbruik van duur diesel-kragopwekkers en sy verhoogde oorgrensverkope is te danke vir sy beter finansiële resultate. Eskom het gister sy jaarverslag bekend gemaak, waarvolgens R47-miljard uit sy bedryfsfunksies verdien is. Die resultate moes op 11 Junie vrygestel word, maar is uitgestel tot gister. Dit wys 'n 8% toename in inkomste. Die onderneming se verlies op sy netto wins du...

Monitor 20.07.2017

Bedrog met mediese fondse beloop na raming meer as R22-miljard per jaar. Dit is 'n kwessie wat pas by 'n konferensie vir gesondheidsorgfinansiers in Kaapstad bespreek is. Anita Visser en Heinrich Wyngaard praat met dr. Gregory Pratt, 'n mediese adviseur vir forensiese ondersoeke van die administrateur Medscheme, en dr. Elsabe Conradie van die Raad vir Mediese Skemas oor die omvang van bedrog, spes...

Monitor 19.07.2017

Zirk kom agter dat die arme Petrus vir hom wegkruip. Dan kom Kardoes in met groot nuus...

Monitor 19.07.2017

Die 17-jarige Breyton Poole het die afgelope naweek uitgeblink by dieInternasionale Atletiekfederasie se onder-18 wêreldkampioenskap in Kenia. Hy het weggestap met 'n goue medalje en 'n prag-rekord van 2,24 m in hoogspring. Wat hierdie rekord besonders maak, is dat Polle maar net 1,72 m lank is. Vincent Mofokeng het met hom oor sy toekoms gepraat.

Monitor 19.07.2017

Die Moerane-kommissie wat ondersoek instel na die toename in politiek-gedrewe moorde in KwaZulu-Natal, duur vandag voort. 'n Onafhanklike navorser en KwaZulu-Natal se geweldsmonitor, Mary de Haas, het vroeër die week voor die kommissie getuig. Sy het aan Dianke Nel gesê die grootste struikelblok, en die kern van die probleem, is swak polisiëring.

Monitor 18.07.2017

Die nasionale atletiek jeugspan het Saterdag vier medaljes by IAAF onder-18 wêreldkampioenskappe verower. Een van die atlete wat die skare op hulle voete gehad het, is Breyton Poole, wat 'n 18 jaar oue rekord vir hoogspring verbeter het. Poole wat net 1,72 m lank is, het 'n rekord van 2,24 m gespring. Atletiek Suid-Afrika se uitvoerende hoof, Richard Stander, sê hy is baie trots op die span. Poole...

Monitor 18.07.2017

Munisipale afvalwater kan dalk ʼn belangrike bondgenoot wees in die stryd teen antibioties-weerstandige bakterieë en swamme wat verskeie siektes veroorsaak. Dít is een van die hoofbevindinge van 'n nuwe studie aan die Universiteit Stellenbosch. Dianke Nel het meer besonderhede.

Monitor 18.07.2017

Eskom ontken dat hy finansieël in die moeilikheid is. Die woordvoerder van die kragverskaffer, Khulu Phasiwe, sê die waarheid is eerder dat Eskom finansieël op 'n spoedige herstelplan is. Dit ten spyte van berigte dat daar net R20 miljard beskikbaar is vir bedryfkoste wat slegs tot die einde van Oktober sal hou. Mètzi van der Merwe doen verslag.

Monitor 18.07.2017

Die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat sê 240 mense is vanjaar in polisie-aanhouding dood. In die vorige jaar is daar net 169 mense dood. 'n Misdaadkenner, dr. Johan Burger, sê die toename is 'n weerspieëling van die toenemende misdaad en geweld in die land.

Monitor 17.07.2017

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê sy besluit by die party se veertiende kongres om afsonderlik aan verkiesings deel te neem is nie 'n wegbreek van die ANC-alliansie nie. Die party het egter die alliansie se bestaande formaat gekrtitiseer, en is bekommerd oor die toekoms. Die SAKP kla daaroor dat hy glo soos 'n junior-vennoot behandel word, en dat president Jacob Zuma steeds aan bewind is. Ani...

Monitor 17.07.2017

Afrikaanse digkuns verower stukkie vir stukkie die harte van internasionale filmfeeste. Filmverse 2 is die ATKV en die animasiekunstenaar, Diek Grobler, se tweede digkuns-animasieprojek sedert 2014. Films wat gebasseer is op Afrikaanse-gedigte, wat hierin te sien is, word nou gewys by feeste in Spanje, Portugal, Duitsland, Amerika en Frankryk. Marlinee Fouche berig.

Monitor 14.07.2017

Ons fokus op 'n groepie Afrikaners, wat tuis as kommuniste beskryf is, se besoek aan Dakar dertig jaar gelede. Die rede vir die sogenaamde Dakar-safari, Senegal toe, was om met die ANC te gaan gesels. Jy kan luister na die stemme van Max du Preex, Monitor se voormalige Uitvoerende Regisseur, wyle Chris Louw, Theuns Eloff en dr. Andries Treurnicht van die destydse Konserwatiewe Party.

Monitor 14.07.2017

Die Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer, Nathaniel Ndazana Nakasa, beter bekend as Nat Nakasa, is vandag 52 jaar gelede oorlede. Hy het op 14 Julie 1965 sy eie lewe in New York geneem. Nat Nakasa het Suid-Afrika in 1964 verlaat en 'n Nieman-beurs by die Harvard Universiteit aanvaar. Deur dit te doen moes hy onder die apartheidsregering sy Suid-Afrikaanse burgerskap prysgee. Dianke Nel doen versla...

Monitor 14.07.2017

Suid-Afrika beklee wêreldwyd 'n topdrie posisie op die ranglys van atlete wat orgaanoorplantings gehad het. Dit is pas weer bevestig by die 2017 Wêreld-Oorplantingspele in Spanje. Heindrich Wyngaard praat met Stan Henkeman, voorsitter van die SA Oorplantings-Atletiekvereniging.

Monitor 14.07.2017

Die week is dit presies dertig jaar gelede dat 'n groep Afrikaners vanuit verskillende beroepe en politieke standpunte, Dakar toe gevlieg het om eerstehands te gaan kennis maak met die ANC, wat destyds nog in ballingskap was. Die baanbreker joernalis, Max du Preez, was een van diegene wat die besoek aan Senegal meegemaak het. In die bydrae kan jy ook die stemme hoor van Monitor se voormalige uitvo...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.