RSG

Monitor

News AF ↓ 4394 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 14.08.2017

67 KOMBERSE VIR NELSON MANDELA het sy jongste poging vir nog 'n wêreldrekord bekendgestel, om Madiba se 100e verjaarsdag volgende jaar te vier. Werk aan die Massiewe Mandela Meesterstuk (MMM) het reeds by die maksimumveiligheidseenheid by die Zonderwater Korrektiewe Fasiliteit, buite Cullinan, begin. Caroline Steyn, die stigter van die projek, sê wanneer hulle klaar is, hulle die grootste portretk...

Monitor 11.08.2017

Leon van Nierop het verlede week in sy fliekrubriek op Monitor die rolprent KROTOA, oor 'n Khoi-vrou en Jan van Riebeeck, geprys as een van die beste plaaslike rolprente wat nog gemaak is. Maar terwyl Van Nierop die fliek gegradeer het met 'n punt van 9 uit 10, woed 'n debat elders, veral op sosiale media, oor wie die reg het om hierdie soort verhale te vertel. Heindrich Wyngaard het die uitvoeren...

Monitor 04.08.2017

'n Jaar ná die plaaslike munisipale verkiesing wag die Kaapse Koalisie vir Onafhanklike Kandidate (KOKO) steeds op 'n herverkiesing in Namakwaland. Die Verkiesingshof het bevind dat die OVK gefaal het om nie die party op die kiesersrol te plaas nie. Die party meen hy sou genoeg stemme gekry het vir 'n proporsionele-setel op die distriksraad. Reginald Witbooi doen verslag.

Monitor 04.08.2017

Politieke teenstanders van president Jacob Zuma moet vrede maak daarmee dat niemand hom gaan dwing om uit te tree nie. Dit is die boodskap van die politieke ontleder Moeletsi Mbeki. Mbeki het aan 'n paneelbespreking van die Sondagkoerant, Rapport, deelgeneem. Izak du Plessis berig.

Monitor 04.08.2017

Suid-Afrikaanse rugbyspanne put hulle inspirasie uit die dierewêreld. Dr. Willem Botha, die uitvoerende direkteur en hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, gesels oor die Leeus en ander groot katte.

Monitor 04.08.2017

Die vrou van Stephen McGowan, Catherine, sê die herontmoeting met haar man was nie soos dit vir al die jare in haar kop afgespeel het nie. McGowan is vir amper ses jaar deur Al-Kaïda in Mali gyselaar gehou. Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, het in Pretoria aangekondig dat McGowan op 29 Julie in Suid-Afrika aangekom het. Hy was met vakansie in Timbu...

Monitor 03.08.2017

Kontant-in-transito-rowers het die hoogste aansien in die misdaadhierargie. Hulle word ook nie doeltreffend vervolg nie. So sê dr. Hennie Lochner van Unisa. Volgens die Bankrisiko-inligtingsentrum, SABRIC, is daar reeds vanjaar 203 kontant- en kontant-in-transito-rooftogte aangemeld. In 2016 is daar vir dieselfde tydperk slegs 140 voorvalle opgeteken. Mètzi van der Merwe doen verslag.

Monitor 03.08.2017

Die MetroFM-aanbieder en skrywer, Rams Mabote, het in 'n artikel geskryf dat skole leerlinge vir 'n diverse samelewing moet voorberei. Dit was nadat hy 'n sportgeleentheid by Helpmekaar Kollege in Johannesburg bygewoon het. Hy sê hierdie skool berei nie sy leerders voor vir 'n diverse samelewing nie. Hy sê hulle word deur 'n kokon van Afrikanerdom beskerm, of dan in Engels: " they are cushioned in...

Monitor 03.08.2017

Heindrich Wyngaard het ook oor diversiteit in skole gepraat met Paul Colditz van die Federasie van skoolbeheerliggame in Suid-Afrika, en Irma du Plessis, 'n sosioloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria.

Monitor 03.08.2017

Oudpresident Nelson Mandela is in die nuus oor 'n omstrede boek oor sy gesondheidstoestand in sy laaste jare, wat verskyn het, Wyngaard en ook oor die viering van Internasionale Mandela-dag. Anita Visser en Heindrich praat met Madiba se voormalige persoonlike assistant, en hekwagter sê sommige mense, Zelda la Grange.

Monitor 02.08.2017

'n Bedryfsielkundige van Stellenbosch, Johan Ludik, sê hy is beïndruk met die feit dat die Nederlanders so 'n hoë premie op geluk stel, want gelukkige werknemers beteken doelgerigte en gemotiveerde personeel. Ludik het aan Anita Visser verduidelik dat die begrip, BESTUUR IN DIE WERKSPLEK, ingewikkeld is.

Monitor 02.08.2017

'n Nederlandse maatskappy, INCENTRO, het met 'n innoverende benadering vorendag gekom om sy werknemers gelukkig te hou. Die werkers in Den Haag, Rotterdam, Amsterdam en Utrecht, is so gelukkig dat die IT-maatskappy in 'n peiling verkies is as die gelukkigste in die hele land. Anta Visser het by die maatskappy se woordvoerder, Coert Prins, gaan kers opsteek oor hulle sukses.

Monitor 02.08.2017

Die Suid-Afrikaans-gebore voormalige Britse kabinetsminister en oudstryder teen apartheid, Lord Peter Hain, is deesdae onder meer 'n besoekende professor aan die Wits-besigheidskool. Dit is waar hy gisteraand 'n publieke lesing gelewer het oor die Islamitiese staat en terreur. Heindrich Wyngaard praat met hom.

Monitor 02.08.2017

Die minister in die presidensie, Jeff Radebe, het nou ook amptelik sy naam in die hoed gegooi as 'n moontlike kandidaat om pres. Jacob Zuma einde vanjaar as ANC-leier op te volg. Wat is sy kanse teen ander kandidate soos dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, adjunkpresident Cyril Ramaphosa en Speaker Baleka Mbete? Anita Viss en Heinrich Wyngaard praat hieroor met die politieke ontleder en skrywer Max du Pre...

Monitor 01.08.2017

Sagteware sal in die volgende 20 jaar die meeste tradisionele nywerhede ontwrig. Tegnologie en wetenskap verander so ingrypend dat ons in die toekoms meeste van ons nywerhede sal verloor. Tesla en Google ontwerp reeds elektriese motors wat hulleself kan bestuur. Anita Visser en Heinrich Wyngaard praat hieroor met dr. Duncan Coulter, visehoof van Rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Johannesb...

Monitor 01.08.2017

Volgens 'n verslag van die Wêreldnatuurfonds gaan sowat 'n derde van die kos wat Suid-Afrika produseer, verlore. Die WNNR raam die waarde van hierdie verlies op sowat R61-miljard. En terwyl hierdie kos op ashope lê en verrot, is daar 11-miljoen mense in Suid-Afrika wat onseker is oor waar hulle volgende maaltyd vandaan sal kom. Hendrik Martin het die besonderhede.

Monitor 31.07.2017

Die kopiereg van skeppers van onder meer musiek, kuns en letterkunde kan deur nuwe wetgewing ondermyn word. 'n Sambreelorganisasie, die Suid-Afrikaanse Kopiereg Alliansie, sê kopieregwetgewing is opgestel om skeppers te beskerm. Daar is egter vrese dat die voorgestelde wysigings aan die wetgewing juis die skeppers te na sal kom. Hanri Wondergem het meer inligting.

Monitor 28.07.2017

Die konflik oor die aanstelling van 'n swart hoof by die oorwegend bruin Klipspruit-Wes Sekondêre Skool in Eldoradopark in die suide van Johannesburg, kan nie sonder meer aan rassisme toegeskryf word nie, meen sommige waarnemers. Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, het die skool se beheerliggaam in reaksie op die rassekonflik ontbind. Heindrich Wyngaard het meer besonderhede.

Monitor 26.07.2017

Is Suid-Afrikaners te liggeraak as dit kom by reklameveldtogte, of moet bemarkers meer sensitief wees vir kultuur- en rasseverskille? Dit is van die vrae wat Hanri Wondergem aan 'n kundige gestel het nadat die gort behoorlik gaar was oor 'n twiet deur 'n geselsradiostasie. In die twiet word gevra wie is ouliker - honde of swart kinders? Hanri het die kwessie met die hoofskeppendebeampte van Joe Pu...

Monitor 26.07.2017

Om iemand te deradikaliseer moet gedragspatrone eers verander, voordat daar van die ideologieë afstand gedoen sal word. Dit is die mening van 'n kenner oor die deradikalisering van mense wat in die kloue van terreurorganisasies beland het, maar wil ontsnap. Jasmin Opperman, die Afrika-direkteur van die Terreur Navorsing- en Ontledingskonsortium, TRAC, sê deradikaliserings-programme is 'n reuse toe...

Monitor 26.07.2017

Tossie Lochner het geen bekendstelling op enige van RSG se aktualiteitsprogramme nodig nie. Tussen September 1978 en September 2008 het sy 'n soort kultusstatus onder haar talle aanhangers in Suid-Afrika bereik. Vandag is die einste Tossie 80 jaar oud. Anita Visser het haar gevra hoe haar klankryke loopbaan by Monitor en die destydse Spitstyd begin het.

Monitor 26.07.2017

Bitcoin, 'n kriptogeldeenheid, se waarde het die afgelope twee jaar met 740% toegeneem, en sedert die begin van die jaar verdubbel. Die vinnige groei van hierdie virtuele geldeenheid het vrese laat onstaan dat dit weer in die gesigte van beleggers sal ontplof, net soos in 2013. In daardie jaar het die groei in die waarde van Bitcoin met 10 000% toegeneem voordat dit in duie gestort het. Die hoofek...

Monitor 26.07.2017

Daar is genadige, vinnige, en pynlose maniere om van rotte en muise ontslae te raak. Dit is die boodskap wat die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaagbeheer wil oordra nadat 'n video, waarin 'n rot gemartel word, diereliefhebbers warm onder die kraag gekry het. Hanri Wondergem het hierdie verslag saamgestel, en ons waarsku dat die grafiese besonderhede sensitiewe luisteraars mag ontstel.

Monitor 25.07.2017

Daar is selfoon-toepassings om byna elke deel van jou alledaagse lewe makliker te maak. Van banksake en klets, tot kos bestel en lewensmaats ontmoet word aanlyn gedoen. Nou kan diegene wat nie groenvingers het nie, 'n toepassing aflaai en 'n toestel aanskaf wat vir jou presies aandui wat jou plant nodig het om aan die lewe te bly. Hanri Wondergem berig dat die produk sonlig, water, bemesting en te...

Monitor 25.07.2017

Een van die beste Afrikaanse joernaliste ooit. So word wyle Hennie Serfontein beskryf. Serfontein was 'n joernalis en dokumentêre filmmaker wat in die laat jare sestig en sewentig naam gemaak het oor sy berriggewing oor die geheime Broederbond-organisasie. Hy was die skrywer van die opspraakwekkende boek, BROTHERHOOD OF POWER: AN EXPOSÉ OF THE SECRET AFRIKANER BROEDERBOND, wat in 1978 gepubliseer...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.