RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 08.09.2017 2:04
Oorlewendes en families van slagoffers van die 1992 Bisho slagting sê daar is nog nie veel gedoen om hulle te help nie. Hulle dring aan op behuising en beurse vir kinders asook werksgeleenthede. Dit was gister die 25e herdenking van die tragedie. 28 Betogers en een soldaat is dood toe die destydse Ciskei verdedigingsmag en betogers, wat aan 'n optog vir politieke vryheid deelgeneem het, slaags ger...
Monitor 07.09.2017 2:32
Die Suid-Afrikaanse Bedrog Voorkomingsdiens het 'n nuwe manier om bedrog by inbel-sentrums, die stryd aan te sê. Hulle nuwe wapen is die skep van 'n stembank, wat die skakelpersoon inlig wanneer iemand hulle kontak en maak of hulle iemand anders is. Marlinee Fouche berig die stelsel gaan oor die volgende 6 maande deur spesifieke maatskappye getoets word, waarna dit landwyd in gebruik geneem kan wo...
Monitor 07.09.2017 5:10
Die busongeluk hierdie week op die N3 buite Pietermaritzburg, waarin die lewe van 'n Michaelhouse-leerling geëis is en 45 ander leerlinge beseer is, het herinneringe teruggebring by 'n ouer wat verlam gelaat is in 'n Kaapse busongeluk in 2005. Leerlinge van die Dennegeur Avenue primêre skool in Strandfontein was hierby betrokke. Die ouer, Yulanda Anne Gombard, het met Heindrich Wyngaard gepraat.
Monitor 07.09.2017 25:58
Mediese Regskostes het ontplof. SO het die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi in Junie al sy kommer uitgespreek oor die manier waarop pasiente toenemend hof toe hardloop. In baie van die gevalle kan die geskille besleg word sonder daardie duur draai in die hof. SO glo advokaat Alan Nelson, voorsitter van MEDIATION IN MOTION, en ook voormalig n waarnemende regter in die WES-KAAPSE Hoog Gereg...
Monitor 07.09.2017 4:52
Wanneer daar oor Noord-Korea gepraat word, is die eerste prentjie wat dikwels by mens opkom die van kernwapens, die loods van missiele en millitêre parades. Dikwels lewer Noord-Koreaanse burgers wat uit die land ontsnap, hartroerende toesprake oor hulle ontberinge in die land. Die buitewêreld het verder min toegang tot wat regtig in die land gebeur... Maar wie is die mense en het die Koreaanse kul...
Monitor 06.09.2017 4:03
In die derde aflewering van Monitor se onderhoud met die Inspekteur-regter vir Korrektiewe Dienste, regter Johann van der Westhuizen, het Heindrich hom gevra oor die persepsie dat die lewe vir sommige mense beter binne die tronk is as buite. Regter Van der Westhuizen praat veral oor kinders wat in tronk gebore word.
Monitor 06.09.2017 4:32
Net minder as 'n maand vandat Kenia op 8 Augustus verkiesing gehou het, is die land weer vasgevang in verkiesingskoors nadat die Kenia Hooggeregshof die uitslag ongeldig verklaar het. Heindrich praat met Crystal Orderson van The Africa Report oor die opvolgverkiesing wat nou moet plaasvind.
Monitor 05.09.2017 6:34
Die Valke ontken dat enigiemand in die besonder ondersoek word oor Outa, die organisasie teen belastingvergrype, se klagte van verrraad teen ministers Mosebenzi Zwane van minerale hulpbronne en Faith Muthambi van staatsdiens en administrasie en voorheen van kommunikasie. Heindrich praat met Ben Theron, uitvoerende hoof van OUTA.
Monitor 05.09.2017 5:33
Die Inspekteur-regter oor Korrektiewe Dienste, Johann van der Westhuizen, praat met Heindrich oor 3 bekende vroue-aangehoudenes en hoe hulle aanpas in die tronk. Die bydrae begin en eindig met die musieklegende Taliep Petersen se liedjie "Queen of Hearts".
Monitor 05.09.2017 4:15
Japan se koloniale heerskappy oor Korea is in 1945 beëindig na die Tweede Wêreldoorlog. Drie jaar later is die land verdeel in Noord- en Suid Korea. Suid-Korea is ondersteun deur die VSA, terwyl die Noorde bygestaan is deur die Soviet lande. Dit is een van die min lande wat steeds kommunisties regeer word, en word beskou as die mees geïsoleerde lande in die wêreld. Volgens die VN se 2012 syfers, w...
Monitor 04.09.2017 5:18
Die Inspekteur-regter vir Korrektiewe Dienste, regter Johann van der Westhuizen, praat met Heindrich Wyngaard oor die lot van Suid-Afrika se net meer as 4 000 vroue-gevangenes.
Monitor 04.09.2017 5:05
Suid-Afrika se netbal-span het Sondag teen Engeland geseëvier, toe die span vir Engeland 54 - 51 geklop het. Engeland is derde op die wêreldranglys, en Suid-Afrika vyfde. Suid-Afrika het ook goed gevaar teen die wêreld se twee beste spanne, Nieu-Seeland en Australië, in die vierhoekige toernooi. Die Proteas het 56 - 63 teen die Kiwis verloor, en 52 - 58 teen Australië. Die skeidsregter-mentor en o...
Monitor 01.09.2017 4:31
Die herdenking van die dood van Prinses Diana 20 jaar gelede, sluit oproepe in dat een van haar belangrikste humanitêre projekte - die ontmyning van landmyne - bespoedig moet word. Heindrich Wyngaard het hieroor met prof. Abel Esterhuyse van die Fakulteit Krygskunde by die Universiteit Stellenbosch gepraat.
Monitor 28.08.2017 4:41
Die komedie, Vuil Wasgoed het met die meeste pryse by jaarlikse die Silwerskermfees weggeloop. Intussen is Vaselinetjie as beste speelfilm by die fees bekroon. Anna-Marie Jansen van Vuuren doen verslag vanaf die Silwerskermfees in Kampsbaai.
Monitor 28.08.2017 15:39
Die History Workshop by Wits-universiteit en die Wits Historiese Dokumente Navorsingsargiewe het einde verlede week 'n seminaar oor apartheidsargiewe en die rekordhouding in die post-apartheidsera gehou. Heindrich Wyngaard praat hieroor met Alida Kok, dosent in politieke wetenskap aan Unisa, en Hennie van Vuuren, skrywer van die boek Apartheid Guns and Money: A tale of profit.
Monitor 25.08.2017 2:44
Die DA sê die Britse Skakelmaatskappy, Bell Pottinger sal vyf dae tyd hê om te appelleer teen die Britse Openbare Skakelliggaam se beslissing wat betref sy veldtog vir die Guptafamilie. Die DA het by die Verenigde Koningryk se Openbare Skakelvereniging gekla dat Bell Pottinger rassespanning in Suid-Afrika aangeblaas het terwyl hy die belange van die Guptas, Duduzane Zuma en ander bevorder het. 'n...
Monitor 24.08.2017 4:15
Die jaarlikse Silwerskermfees het met 'n swierige geleentheid afgeskop. Die ster van die aand was die agt-jarige, Ian Roelofs, wat die rol van die outistiese seun, Alexander, in die fliek Raaiselkind vertolk. Die fliek wat op Annelie Botes se gelyknamige roman gegrond is, was die openingsrolprent van die fees. Anna-Marie Jansen van Vuuren doen verslag.
Monitor 22.08.2017 4:32
Die Hooggeregshof in Pretoria het Sondag aan die departement van Omgewingsake opdrag gegee om 'n permit aan die renoster teler en wildboer, John Hume van Klerksdorp in Noordwes, toe te ken vir die doeleindes van die veiling. Die verbod op handel met renosterhoring binne Suid-Afrika se grense, is sowat drie maande gelede opgehef, na 'n lang hofstryd tussen eienaars en die departement van Omgewingsa...
Monitor 22.08.2017 4:37
Dit gons steeds in omgewingskringe oor die eerste aanlyn-renoster-horing-veiling. Die veiling sou gister begin het, maar is vir eers uitgestel tot Woensdag. Die hoof van die renosterbewaring- bestuursprogram van die Wereld Natuurlewe Fonds, Dr Jo Shaw sê, sy is bekommerd oor die uitkoms van die veiling. Shaw sê sy kan nie anders as om te dink dat die horings op die swart mark gaan verdwyn nie.
Monitor 18.08.2017 15:57
Die internasionale betrekkinge-kenner Dr. Oscar van Heerden maan in 'n artikel op die webwerf Daily Maverick teen 'n reddingsboei van die Internasionale Monetêre Fonds om Suid-Afrika uit sy huidige ekonomiese toestand te lig. Intussen sê die ekonoom, Chris Harmse dat die sogenaamde kapitaal besittingsmagte is gevaarlik, en die vraag wat mens moet vra is: "Wat het aanleiding gegee tot die wêreld se...
Monitor 18.08.2017 3:02
Die uitgesproke vuurvreter ANC parlementslid, wat nie skroom om die regerende party en veral vir Jacob Zuma te kritiseer nie, Makhosi Khoza, het die trekpas gekry. Khoza is voorsitter van die parlementere komitee oor staatsdien en administrasie. Anita Visser praat met die politieke wetenskaplike van die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood oor die implikasies hiervan.
Monitor 17.08.2017 4:37
Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, het glo aansoek gedoen om diplomatieke immuniteit. Dit volg op die aanranding van 'n jong Johannesburgse model die naweek. Mugabe het die 20-jarige Gabriella Engels na bewering met 'n verlengkoord in 'n hotel in Sandton aangeval. Volgens 'n berig deur die nuusagentskap AFP het die polisie gistermiddag bevestig dat Mugabe steeds in Suid-Afrika is, en nie la...
Monitor 17.08.2017 14:19
Augustus het die afgelope paar jaar sinoniem met vrouestories geword. Hoewel die media allerlei aspekte rakend vroue belig, is daar een sektor van die samelewing wat min aandag kry - die vroue in tronke. Tans sit 4,174 vroue in die land agter tralies. Drie vroue in die Bethal maksimum gevangenis in Mpumalanga het hulle stories met Anita Visser gedeel.
Monitor 16.08.2017 3:49
Gabriella Engels, die jong Suid-Afrikaanse model midde-in die Grace Mugabe-aanrandingskandaal, vrees dat haar loopbaan vernietig is weens die wond wat sy aan haar gesig opgedoen het. Heindrich Wyngaard het die onderhoud met haar gevoer.
Monitor 15.08.2017 6:33
Ons vier Vrouemaand, en vanoggend fokus ons op Roegshanda Pascoe van die Manenberg Veiligheidsforum. Sy is 'n bekende teen-bendestryder van die Kaapse Vlakte. Die afgelope naweek het sy op Facebook geskryf oor die doodsdreigemente wat sy uit die tronk van bendeleiers ontvang. Heindrich Wyngaard het haar hieroor uitgevra.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.