RSG

Monitor

News AF ↓ 4331 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 02.08.2017

Die minister in die presidensie, Jeff Radebe, het nou ook amptelik sy naam in die hoed gegooi as 'n moontlike kandidaat om pres. Jacob Zuma einde vanjaar as ANC-leier op te volg. Wat is sy kanse teen ander kandidate soos dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, adjunkpresident Cyril Ramaphosa en Speaker Baleka Mbete? Anita Viss en Heinrich Wyngaard praat hieroor met die politieke ontleder en skrywer Max du Pre...

Monitor 01.08.2017

Sagteware sal in die volgende 20 jaar die meeste tradisionele nywerhede ontwrig. Tegnologie en wetenskap verander so ingrypend dat ons in die toekoms meeste van ons nywerhede sal verloor. Tesla en Google ontwerp reeds elektriese motors wat hulleself kan bestuur. Anita Visser en Heinrich Wyngaard praat hieroor met dr. Duncan Coulter, visehoof van Rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Johannesb...

Monitor 01.08.2017

Volgens 'n verslag van die Wêreldnatuurfonds gaan sowat 'n derde van die kos wat Suid-Afrika produseer, verlore. Die WNNR raam die waarde van hierdie verlies op sowat R61-miljard. En terwyl hierdie kos op ashope lê en verrot, is daar 11-miljoen mense in Suid-Afrika wat onseker is oor waar hulle volgende maaltyd vandaan sal kom. Hendrik Martin het die besonderhede.

Monitor 31.07.2017

Die kopiereg van skeppers van onder meer musiek, kuns en letterkunde kan deur nuwe wetgewing ondermyn word. 'n Sambreelorganisasie, die Suid-Afrikaanse Kopiereg Alliansie, sê kopieregwetgewing is opgestel om skeppers te beskerm. Daar is egter vrese dat die voorgestelde wysigings aan die wetgewing juis die skeppers te na sal kom. Hanri Wondergem het meer inligting.

Monitor 28.07.2017

Die konflik oor die aanstelling van 'n swart hoof by die oorwegend bruin Klipspruit-Wes Sekondêre Skool in Eldoradopark in die suide van Johannesburg, kan nie sonder meer aan rassisme toegeskryf word nie, meen sommige waarnemers. Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, het die skool se beheerliggaam in reaksie op die rassekonflik ontbind. Heindrich Wyngaard het meer besonderhede.

Monitor 26.07.2017

Is Suid-Afrikaners te liggeraak as dit kom by reklameveldtogte, of moet bemarkers meer sensitief wees vir kultuur- en rasseverskille? Dit is van die vrae wat Hanri Wondergem aan 'n kundige gestel het nadat die gort behoorlik gaar was oor 'n twiet deur 'n geselsradiostasie. In die twiet word gevra wie is ouliker - honde of swart kinders? Hanri het die kwessie met die hoofskeppendebeampte van Joe Pu...

Monitor 26.07.2017

Om iemand te deradikaliseer moet gedragspatrone eers verander, voordat daar van die ideologieë afstand gedoen sal word. Dit is die mening van 'n kenner oor die deradikalisering van mense wat in die kloue van terreurorganisasies beland het, maar wil ontsnap. Jasmin Opperman, die Afrika-direkteur van die Terreur Navorsing- en Ontledingskonsortium, TRAC, sê deradikaliserings-programme is 'n reuse toe...

Monitor 26.07.2017

Tossie Lochner het geen bekendstelling op enige van RSG se aktualiteitsprogramme nodig nie. Tussen September 1978 en September 2008 het sy 'n soort kultusstatus onder haar talle aanhangers in Suid-Afrika bereik. Vandag is die einste Tossie 80 jaar oud. Anita Visser het haar gevra hoe haar klankryke loopbaan by Monitor en die destydse Spitstyd begin het.

Monitor 26.07.2017

Bitcoin, 'n kriptogeldeenheid, se waarde het die afgelope twee jaar met 740% toegeneem, en sedert die begin van die jaar verdubbel. Die vinnige groei van hierdie virtuele geldeenheid het vrese laat onstaan dat dit weer in die gesigte van beleggers sal ontplof, net soos in 2013. In daardie jaar het die groei in die waarde van Bitcoin met 10 000% toegeneem voordat dit in duie gestort het. Die hoofek...

Monitor 26.07.2017

Daar is genadige, vinnige, en pynlose maniere om van rotte en muise ontslae te raak. Dit is die boodskap wat die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaagbeheer wil oordra nadat 'n video, waarin 'n rot gemartel word, diereliefhebbers warm onder die kraag gekry het. Hanri Wondergem het hierdie verslag saamgestel, en ons waarsku dat die grafiese besonderhede sensitiewe luisteraars mag ontstel.

Monitor 25.07.2017

Daar is selfoon-toepassings om byna elke deel van jou alledaagse lewe makliker te maak. Van banksake en klets, tot kos bestel en lewensmaats ontmoet word aanlyn gedoen. Nou kan diegene wat nie groenvingers het nie, 'n toepassing aflaai en 'n toestel aanskaf wat vir jou presies aandui wat jou plant nodig het om aan die lewe te bly. Hanri Wondergem berig dat die produk sonlig, water, bemesting en te...

Monitor 25.07.2017

Een van die beste Afrikaanse joernaliste ooit. So word wyle Hennie Serfontein beskryf. Serfontein was 'n joernalis en dokumentêre filmmaker wat in die laat jare sestig en sewentig naam gemaak het oor sy berriggewing oor die geheime Broederbond-organisasie. Hy was die skrywer van die opspraakwekkende boek, BROTHERHOOD OF POWER: AN EXPOSÉ OF THE SECRET AFRIKANER BROEDERBOND, wat in 1978 gepubliseer...

Monitor 25.07.2017

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, het gister strafregtelike aanklagte teen die Minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane, by die Randburg-polisiestasie in Johannesburg ingedien. Die aanklagte sluit in verraad, korrupsie, afpersing, bedrog en diefstal. Die bedryfshoof van OUTA, Ben Theron, sê Zwane is aangestel om die Gupta-familie en hulle sakevennote se belange te beskerm.

Monitor 24.07.2017

Die menseregteorganisasie, Human Rights Watch, is besig om vergrype teen Siriese burgers in Libanon aan die groot klok te hang. In 'n verslag wat pas gepubliseer is, word die dood, en oënskynlike marteling van vier Siriese burgers in Arsel, 'n gebied teenaan die Siriese grens, in besonderhede uiteengesit nadat foto's van die mans deur 'n internasionale forensiese kenner, bestudeer is. Die Libanese...

Monitor 24.07.2017

Zimbabwe moet volgende jaar verkiesing hou, maar kommer bestaan dat die land dalk nie die nodige $270 miljoen (sowat R3,5 miljard) sal hê om veral te bestee aan 'n nuwe biometriese registrasiestelsel nie. Heindrich Wyngaard het hieroor met dr. Jakkie Cilliers, voorsitter van die raad van trustees van die Instituut vir Sekerheidstudies, gepraat.

Monitor 24.07.2017

Opgrawings by die voormalige Britse Oos-Fort op Strubenskop in Pretoria, kan lig werp op die mense wat hier gestasioneer was meer as 100 jaar gelede. Marlinee Fouche berig daar is ook aanduidings van 'n moontlike skietgeveg, wat nooit opgeteken is nie. Sy het 'n dag deurgebring saam met dr. Anton van Vollenhoven van Archaetnos Argeloë en Erfenis Raadgewers.

Monitor 24.07.2017

Ondanks die uitdagings in townships, is daar een jong vrou van Khayelitsha wat vasbeslote is om haar droom te laat realiseer. Kholiswa Ntshinga wou nog altyd 'n rekenaarprogrameerder word. En ten spyte van beperkte toegang tot 'n rekenaar en die internet, berig Joan-Marie Verhoef dat sy goed op pad is om naam te maak as een van Suid-Afrika se vooraanstaande leiers in die tegnologiesektor.

Monitor 24.07.2017

Die voorgestelde wysigings aan die Inkomstewet, wat Suid-Afrikaners wat oorsee werk, van Maart 2019 sal belas, kan tot gevolg hê dat baie dit eerder sal oorweeg om te emigreer. Dit is die mening van die belastinghoof by Baker en Mckensie, Mark Preiss. Mètzi van der Merwe doen verslag.

Monitor 21.07.2017

Die ATKV het vroeër vandeesweek aangekondig dat hulle 'n wyer gemeenskap as net die Afrikaanse gemeenskap wil bereik. Die aankondiging het gemengde reaksie ontlok. Só lui 'n inskrywing op Flip Buys van Solidariteit se Facebook-blad: "As ek reg verstaan, wil die nuwe ATKV-hoof die organisasie nou min of meer die Suid-Afrikaanse Tale en Kulture Vereniging maak." Dianke Nel doen verslag.

Monitor 21.07.2017

Die direkteur van die Mail & Guardian se Bhekifisa Gesondheidsentrum, Mia Malan, het pas navorsing voltooi oor geweldsmisdade teen vroue - waarom slaan mans vroue? Die meeste studies fokus op die gevolge van aanranding op vroue, sonder om met die mans te praat oor hulle beweegredes. Malan se navorsing is oor die afgelope jaar en 'n half gedoen met die fokus op Diepsloot, noord van Johannesburg.

Monitor 20.07.2017

Die voorsitter van die parlement se ad hoc-komitee oor partybefondsing, Vincent Smith, glo die werk van die komitee sal uiteindelik bydra tot die bevordering van veelpartydemokrasie in Suid-Afrika. Heindrich Wyngaard het Smith gevra wat die mandaat van die veelpartykomitee is.

Monitor 20.07.2017

Dr Dian Spear van die Universiteit van Kaapstad glo dat tegnologie toenemend ingespan sal word om water weer te gebruik. Sy sê oorbevolking is die grootste las op waterbronne. Mètzi van der Merwe doen verslag.

Monitor 20.07.2017

Eskom sê die laer verbruik van duur diesel-kragopwekkers en sy verhoogde oorgrensverkope is te danke vir sy beter finansiële resultate. Eskom het gister sy jaarverslag bekend gemaak, waarvolgens R47-miljard uit sy bedryfsfunksies verdien is. Die resultate moes op 11 Junie vrygestel word, maar is uitgestel tot gister. Dit wys 'n 8% toename in inkomste. Die onderneming se verlies op sy netto wins du...

Monitor 20.07.2017

Bedrog met mediese fondse beloop na raming meer as R22-miljard per jaar. Dit is 'n kwessie wat pas by 'n konferensie vir gesondheidsorgfinansiers in Kaapstad bespreek is. Anita Visser en Heinrich Wyngaard praat met dr. Gregory Pratt, 'n mediese adviseur vir forensiese ondersoeke van die administrateur Medscheme, en dr. Elsabe Conradie van die Raad vir Mediese Skemas oor die omvang van bedrog, spes...

Monitor 19.07.2017

Zirk kom agter dat die arme Petrus vir hom wegkruip. Dan kom Kardoes in met groot nuus...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.