RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 25.09.2017 5:25
Die Alternatief vir Duitsland-party het na vore getree as die derde grootste party in Duitsland ná die algemene verkiesing waarin bondskanselier Angela Merkel vir 'n vierde termyn verkies is. Ons praat nou met Roland Henwood van die Universiteit van Pretoria.
Monitor 25.09.2017 4:56
Twee jong sakemanne se droom om geld te maak is verydel toe hulle Vrydag 22 September 2017 van al hul geld beroof is. Adriaan Veldsman en sy vriend Ruhan du Toit is R24 000 kwyt waarmee hul vir skape en bokke wou betaal. Sowat 20 mans het hulle glo Vrydag op die plaas Vaalbank tussen Makwassie en Wolmaransstad oorval en beroof. Izak du Plessis berig.
Monitor 25.09.2017 4:14
'n Gedeelte van die NG Kerk is in rep en roer oor wat hulle 'n Oscar vir dominees noem. Dit volg na Coram Deo Gemeente in Risiville, Vereeniging, besluit het om predikante te beloon vir hul prediking. Vir talle lidmate is dit onvanpas. Izak du Plessis berig.
Monitor 25.09.2017 3:19
Die Patriotic Alliance, wat die DA in die Nelson Mandela Metro in die Oos-Kaap gehelp het om van die onderburgemeester, Mongameli Bobani van die UDM ontslae te raak, het sy steun aan die DA onttrek. Metzi van der Merwe het meer besonderhede.
Monitor 25.09.2017 4:07
Bewerings van mishandeling het by 'n ouetehuis in Prieska in die Noord-Kaap aan die lig gekom. Inwoners van Huis du Pickardt sê die reëls word voortdurend verander en indien hulle daarteen kapsie maak, word hulle deur personeellede gedreig. Een bejaarde man vertel dat hy gereeld die k-woord toegesnou word. Reginald Witbooi het die ouetehuis besoek en het die verslag saamgestel.
Monitor 22.09.2017 6:05
Die uitgesproke ANC-LP dr. Makhosi Khoza het uit haar pos bedank, maar nog nie die aap uit die mou gelaat oor presies wat sy volgende gaan doen nie. Heindrich Wyngaard pols die politieke ontleder dr. Oscar van Heerden hieroor.
Monitor 22.09.2017 2:39
Die ou Broederbond, nou die Afrikanerbond genoem, is 'n onmisbare - indien nie ongemaklike - deel van die Afrikaner se erfenis. Dit is die onderwerp van 'n bespreking Sondag, op Erfenisdag, op die program Rights & Recourse op die SABC Nuuskanaal 404 op DStv. Hier gee die aanbieder Dumile Mateza 'n voorskou.
Monitor 22.09.2017 4:40
Ter viering van 2017 se Erfenisdag het Monitor 'n paar mense gevra wat erfenis en Erfenisdag vir hulle beteken. Hierdie bydrae deur Heindrich Wyngaard begin met die digter Diana Ferrus en die musiek van The Sons of Table Mountain in die agtergrond.
Monitor 22.09.2017 2:52
Ook in Nederland word Suid-Afrika se Erfenismaand-tema as deel van die Week van die Afrikaanse roman tussen 29 September en 8 Oktober voortgesit. Die koordineerder van die Week en redakteur van Maandblad Zuid-Afrika, Ingrid Glorie, is deur Heindrich gevra waarom dit belangrik is om die erfenisband tussen die twee lande op hierdie wyse lewendig te hou.
Monitor 22.09.2017 7:12
Die Duitsers gaan Sondag na die stembus te midde van dinamika wat heelwat verskil van die in Frankryk en Nederland. MONITOR praat met die politieke wetenskaplike Roland Henwood van die Universiteit van Pretoria hieroor.
Monitor 21.09.2017 3:37
Aanlyn diereforums en groepe is 'n plek vir diereliefhebbers en troeteldiereienaars om fotos, oulike stories en selfs gesondheidsIs aanlyn advies vir troeteldiere te deel. 'n Inskrywing op een van die groepe beveel aan dat honde wat aan brandsiekte lei, in vuil olie of diesel gedoop moet word om die velsiekte te behandel. Joan-Marie Verhoef berig dat mense gereeld na die soort groepe draai vir 'n...
Monitor 21.09.2017 3:56
Kenia word sedert onafhanklikheidswording, regeer deur politici wat nie die belange, van al die 42 bevolkingsgroepe in die land, op die hart dra nie. Dit is die mening van Dr Westen Shilah, van die Universiteit van Johannesburg. Die land se hoogste hof het gister beslis dat die vorige verkiesing in Augustus ongeldig is. Metzi van der Merwe berig.
Monitor 21.09.2017 4:47
Vandag is Wêreld Alzheimer Siekte dag. Dit is een van die drie vorms van demensia, wat die meeste voorkom en die brein aantas. Die tema vanjaar is: "Onthou My". Klem word gelê op die vinnige diagnose van die toestand. 'n Bekende kenner van Plaaslike Regering, Werner Zybrands se vrou, Bibette is veertien jaar gelede met die siekte gediagnoseer. Hy glo dit is belangrik om oop kaarte te speel met die...
Monitor 21.09.2017 3:08
Die Suid-Afrikaanse regering moet die hoë voorkoms van fetale alkohol sindroom as 'n krisis verklaar. Dit is die mening van Dr. Gavin Williams, van die Oxford-Universiteit in die Verenigde Koninkryk, wat op besoek aan in Suid-Afrika is. Hy het by die Universiteit van die Wes-Kaapland gesê dat die volle omvang van die verskynsel nog onbekend is en dat meer navorsing nodig is. Malixole Gwatyu doen v...
Monitor 21.09.2017 11:32
RSG se Tossie Lochner is vanoggend verras met 'n ATKV mediaveertjie op die lug in Monitor se ateljee. Sy het vanjaar 80 jaar oud geword en is, om 'n effe geykte uitdrukking te gebruik, volksbesit. Luister hier na van haar staaltjies en die oomblik toe sy hoor sy is nie genooi vir 'n gewone onderhoud nie...
Monitor 21.09.2017 1:33
'n Man van Durban dagvaar die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens vir vier-en-twintig miljoen Rand, nadat hy gediagnoseer is met T-Sel Leukemie NA 'n bloedoortapping. Die bloeddiens het die dagvaarding bevestig, en sê die man eis vir mediese omkostes, die verlies van inkomste en skadevergoeding na sy diagnose. Marlinee Fouche berig die bloeddiens het intussen 'n waarskuwing gerig aan dokters en p...
Monitor 20.09.2017 2:55
Dokters Sonder Grense het 'n dringende beroep gedoen op die regering van Myanmar om toegang tot die land te kry. Duisende mense kry nie die nodige mediese hulp waarop hulle, volgens die organisasie, geregtig is nie. Duisende Rohingya Moslems uit Myanmar se Rhakine Staat, vlug daagliks na Bangladesh om te ontsnap van die geweld wat teen hulle gepleeg word. Marlinee Fouche berig dat mense uitgeput,...
Monitor 20.09.2017 5:22
STANISLAV PETROV is waarskynlik vir meeste Suid-Afrikaners net nog n Russiese naam, maar die man wat onlangs op 77 dood is, het die wêreld in 1983 van n moontlike kern-oorlog gered. Luitenant-kolonel Petrov was in die vroee oggend-ure van 26 September aan diens by die OKO vroee waarskuwings operasionele sentrum buite Moskou toe verskeie rekenaars verkeerdelik aangedui het dat amerikaanse missiele...
Monitor 19.09.2017 4:42
Die hoofskrywer van die boek "Cricket & Conquest: The History of South African Cricket Retold", prof. Andre Odendaal, praat met Heindrich Wyngaard oor die belangrikheid daarvan dat die onkunde oor SA se volledige sportgeskiedenis teengewerk moet word.
Monitor 19.09.2017 3:14
Daar word jaarliks nagenoeg 20 tot 30 gevalle van hondsdolheid onder Suid-Afrikaners aangemeld. Maar die probleem is glo aansienlik groter. Studente in veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria, die Suid-Afrikaanse Bloeddiens en die Instituut vir Oordraagbare Siektes werk saam om die tekort aan hondsdolheid immuneglobiene in die land te probeer oplos. Plasma van superskenkers word gebruik...
Monitor 19.09.2017 3:20
Daar is meer as 500 000 dowe mense in Suid-Afrika. Maar, sonder die erkenning van gebaretaal as een van Suid-Afrika se amptelike tale, word sekere regte, wat ander landsburgers as vanselfsprekend aanvaar, geskend. Toegang tot howe, skole en gesondheidsorg is dikwels van die grootste uitdagings.
Monitor 19.09.2017 3:51
'n Paar weke na die kategorie vyf orkaan, Harvey, groot dele van die Amerikaanse deelstaat, Texas getref het, het opruimingswerk nou begin. 'n Suid-Afrikaner wat in Houston woon, Dawid Pieterse het egter aan Joan-Marie Verhoef gesê die gemeenskap word deur talle uitdagings in die gesig gestaar. Intussen is die kragtige orkaan Maria ook in aantog.
Monitor 19.09.2017 13:19
Uitsprake deur die komediant en radiopersoonlikheid Tumi Morake oor swart mense se apartheidspyn, het gelei tot 'n koppestamp tussen Kallie Kriel, die burgerrregte-organisasie Afriforum se uitvoerende hoof, en Max du Preez, skrywer en kommentator. Monitor se Heindrich Wyngaard het vrederegter probeer speel.
Monitor 18.09.2017 3:26
Die feesseisoen is in aantog. Terwyl Suid-Afrikaners gebibber en beef het die winter, was dit somer in die Noordelike Halfrond. So wat kan ons by die deel van die wêreld se toerisme bedryf leer? Hanri Wondergem het gaan uitvind.
Monitor 18.09.2017 9:10
Die voormalige woordvoerder van die SA Inkomstediens, Adrian Lackey, praat met Heindrich Wyngaard oor die ouditeursfirma KPMG se bekentenis oor hul onetiese optrede met hul ondersoek na die sogenaamde "rogue" (of onwettige) ondersoekeenheid by die Inkomstediens.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.