RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 04.10.2017 14:04
Grondherrvorming is altyd 'n vuurwarm onderwerp op enige platform. Dit was vanoggend ook die fokus op die Monitor-verhoog by Aardklop vanwaar die span die week regstreeks uitsaai. Die gaste, UDM-leier, Generaal Bantu Holomisa en Theo Boshoff, hoof van Agbiz se afdeling regsintelligensie het verskeie uitdagings ontleed en ook die suksesse wat tot dusver behaal is...
Monitor 04.10.2017 14:04
Grondherrvorming is altyd 'n vuurwarm onderwerp op enige platform. Dit was vanoggend ook die fokus op die Monitor-verhoog by Aardklop vanwaar die span die week regstreeks uitsaai. Die gaste, UDM-leier, Generaal Bantu Holomisa en Theo Boshoff, hoof van Agbiz se afdeling regsintelligensie het verskeie uitdagings ontleed en ook die suksesse wat tot dusver behaal is...
Monitor 04.10.2017 14:04
Grondhervorming is altyd 'n vuurwarm onderwerp op enige platform. Dit was vanoggend ook die fokus op die Monitor-verhoog by Aardklop vanwaar die span die week regstreeks uitsaai. Die gaste, UDM-leier, Generaal Bantu Holomisa en Theo Boshoff, hoof van Agbiz se afdeling regsintelligensie het verskeie uitdagings ontleed en ook die suksesse wat tot dusver behaal is...
Monitor 03.10.2017 17:10
Die jaarlikse Aardklop kunstefees het amptelik begin. Suzanne Paxton het met die feesdirekteur, Alexa Strachan en die voorsitter van die Aardklop direksie, Japie Gouws oor die fees gesels. Aardklop Kunstefees bied ook vir die eerste keer een tot een teater aan.
Monitor 03.10.2017 6:57
'n Hofaansoek van die verloorfaksie in die Oos-Kaapse ANC om die uitslag van die afgelope naweek se leierskapkonferensie ongeldig verklaar te kry, is deur die hof uitgegooi. Dit is die nuutste verwikkeling in die onderlinge bakleiery in ANC-geledere, onder meer ook in ander provinsies soos KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap. Vir sy ontleding van die situasie, het Heindrich Wyngaard met professor Andr...
Monitor 03.10.2017 11:44
Die jaar is daar 'n unieke produksie en 'n eerste vir Suid-Afrika wat op die planke gebring word by Aardklop. Dit is genaamd Deurnis. Suzanne Paxton het met Johan Smith Stigterslid van Deurnis gepraat. En Aardklop vind plaas in Potchefstroom, wat die afgelope ruk gereeld in die nuus was weens die politieke verwikkelinge in die gebied. Die woordvoerder vir die burgermeester van die JB Marks munisip...
Monitor 03.10.2017 2:25
Die Suid-Afrikaanse inskrywing vir vanjaar se Oscar benoemings is bekend gemaak. The Wound is 'n Xhosa rolprent wat handel oor een van die kultuurgroep se inisiasieskole. Die regisseur, John Trengrove, het toegang gekry tot die geheimenisse van die praktyke wat gevolg word by die skole, en die verhaal oor 'n sensitiewe onderwerp in die gebruike verweef. Ons fliek-resensent, Leon van Nierop, het aa...
Monitor 03.10.2017 3:49
Die burgemeester van die Kouga munisipaliteit in die Oos-Kaap, Elza van Lingen, sê hulle kon uiteindelik die afgelope naweek die Seekoei-riviersmonding met 'n sloot oopmaak. Die vleilande aan beide kante van die laevlak-brug, wat Paradys Strand met Astonbaai en Jeffreysbaai verbind oorstroom gereeld. Van Lingen sê die langtermyn oplossing word met die hulp van die Nelson Mandela Universiteit bepla...
Monitor 02.10.2017 5:43
Die United Democratic Front is 20 jaar gelede deur Bantu Holomisa en die oud-NP-politikus Roelf Meyer gestig. Die stigting is die afgelope naweek by die Gallagher-landgoed in Midrand, Gauteng gevier en ons praat met die UDM-leier, Generaal Bantu Holomisa.....
Monitor 02.10.2017 7:03
Die sosio-politieke kommentator Christo van der Rheede het met 'n rubriek vir Beeld die wenkbroue laat lig toe hy gemaan het teen, wat hy noem, 'n onverdraagsame en roekelose element wat genot daaruit put om rassekonflik te stook en dat dít die potensiaal het om in 'n volskaalse volksmoord te ontaard. Hierdie bydrae begin met Van der Rheede, die uitvoerende adjunkhoof van AgriSA, se verduideliking...
Monitor 02.10.2017 6:41
Die woord Siembamba kan in die volksmond na 'n gedig, wiegeliedjie, of Afrikaanse kinderradio verwys. En nou is inspirasie hieruit ook vir 'n Afrikaanse gruwelfliek geput. Maar waar kom die liedjie en die mite daaragter vandaan? Anna-Marie Jansen van Vuuren het gaan uitvind...
Monitor 29.09.2017 4:47
Slegte eetgewoontes en 'n beheptheid met gewig en voorkoms veroorsaak baie keer eetversteurings. Daarom het die depressie en angs groep, SADAG, op Facebook regstreekse gesprekke met mense om hulle te help met die probleem.. Ons het met die Psigiater, Dr Rykie Liebenberg van die Sandton Mediclinic gepraat oor eetversteurings.
Monitor 29.09.2017 3:52
Die DA in die Wes-Kaap kies Saterdag, 7 Oktober, 'n nuwe provinsiale leier. Heindrich het 5 vrae aan die twee vernaamste kandidate, Bonginkosi Madikizela en adv. Lennit Max gestel.
Monitor 29.09.2017 5:00
Ons waarsku sensitiewe luisteraars dat die volgende bydrae ontstellend kan wees:Die familie van die vier-jarige Shaynice Talla, wie se lyk in 'n drein in Eldoradopark, suid van Johannesburg, gevind is, dring aan op antwoorde. Die kind se oom het op haar lyk afgekom laat Woensdagaand. Sy is Woensdagmiddag as vermis aangemeld. Die polisie het bevestig dat 'n man ondervra word in verband met haar moo...
Monitor 28.09.2017 7:06
Die gevierde Johnny Clegg, wat vanoggend 'n ateljeegas op Monitor was, is bekend vir sy sang in Engels en Zoeloe, kitaarspel en tradisionele danspassies. Maar wat minder bekend is, is dat hy ook 'n liedjie met Afrikaanse lirieke op sy 2006-album "One Life" opgeneem het. Heindrich het hierdie bydrae saamgestel.
Monitor 28.09.2017 2:49
Vandag is Wêreld Hondsdol-dag. Hondsdolheid is 'n virus wat in die speeksel van 'n besmette dier, na mense oorgedra kan word, en tot 'n aaklige dood lei. Dr Jannie Crafford van Onderstepoort, sê die goeie nuus is dat daar 'n entstof is om die siekte te voorkom.
Monitor 28.09.2017 24:03
Johnny Clegg het geen bekendstelling nodig in Suid-Afrika waar hy pas in verskeie stede weer te hoor was as deel van sy Final Journey World Tour. Woensdag vlieg hy Amerika toe en daarna volg n Kanadese konsert toer. Minder bekend is die feit dat hy ook n antropoloog is en Brits van geboorte is. Oor die afgelope drie dekades het Johnny Clegg meer as vyf miljoen van sy albums wêreldwyd verkoop. Trou...
Monitor 27.09.2017 4:29
Hoewel pres. Donald Trump van Amerika se toespraak by sy ete met Afrika-leiers in New York dalk om die verkeerde rede soos 'n veldbrand op sosiale media versprei het, was dit tog 'n betekenisvolle geleentheid. Só sê die Afrika-kenner Liesl Louw-Vaudran aan Heindrich.
Monitor 27.09.2017 4:39
Die ekonoom Dawie Roodt sê aan Heindrich Wyngaard die Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini sit die pot mis met sy aandrang op 'n groter salaris oor die Zoeloes se bydrae tot die land se belasting-inkomste.
Monitor 27.09.2017 3:17
Die Star inisiatief of MIV selftoetsprogram vir Afrika het toestelle landwyd begin versprei waarmee mense hulself vir die virus kan toets. Joan-Marie Verhoef berig dat dit reeds in ander Afrika-lande baie suksesvol is.
Monitor 26.09.2017 9:03
Adj.pres. Cyril Ramaphosa het die Suid-Afrikaanse bodafvaardiging vir die Rugbywêreldbeker-toernooi in 2023 na Londen gelei. Hier het die regering waarborge aangebied van 160 miljoen POND, of byna drie miljard rand. Kan die staatskas dit egter bekostig, vra Heindrich die bekende ekonoom Mike Schussler van economist.co.za
Monitor 26.09.2017 4:48
'n Nuwe opname deur die maatskappy Ipsos dui op 'n afname in die aantal Suid-Afrikaners wat tussen 2015 en 2017 hulself as "Trots Suid-Afrikaans" beskou - in 2015 was dit 77%; nou is dit 63%. Heindrich het hieroor met die ontwikkelingsekonoom en trustee van die Jakes Gerwel-stigting, Hein Gerwel, gepraat.
Monitor 26.09.2017 4:59
Die hoof van die DA-koukus in die JB Marks raad op Potchefstroom, Hans-Jurie Moolman, sê die munisipaliteit op Venterdorp gaan tot stilstand ruk, na die beslaglegging van bates deur 'n skuldeiser verlede week. Dit volg nadat die Pretoria Hooggeregshof 'n aansoek om 'n beslaglegginsbevel van 50 miljoen rand op bates van die voormalige Ventersdorp-munisipaliteit aan 'n private maatskappy toegestaan...
Monitor 26.09.2017 4:48
'n Nuwe opname deur die maatskappy Ipsos, waarvan die resultate gister bekend gemaak is, dui op 'n afname in die aantal Suid-Afrikaners wat tussen 2015 en 2017 hulself as Trots Suid-Afrikaans beskou - in 2015 was dit 77%; nou is dit 63%. Heindrich Wyngaard het hieroor met die ontwikkelingsekonoom en trustee van die Jakes Gerwel-stigting, Hein Gerwel, gepraat.
Monitor 26.09.2017 5:13
Leeus is toenemend in stropers se visier. Bewarings-organisasies sê misdaad-netwerke smokkel leeus se tande en pote na die Verre Ooste, waar daar geglo word dit bring geluk. Leeu-bene word ook in sekere tradisionele medisyne in lande soos China, Thailand en Viëtnam gebruik. Suid-Afrika is die enigste land wat die uitvoer van leeus se bene, wat in aanhouding gebore is, gewettig het. Volgens die reg...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.