RSG

Monitor

News AF ↓ 4393 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 12.10.2017

'n Asteroïde het na verwagting vanoggend (Donderdag 12 Oktober 2017) om 07:42 Suid-Afrikaanse tyd rakelings verby die aarde beweeg. Die asteroïde sou op sy naaste punt aan die aarde gewees het, en op 'n soortgelyke hoogte as geo-stasionêre satelliete. Vir meer hieroor praat Monitor met 'n senior navorsingsgenoot by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap, Dr Pieter Kotze.

Monitor 12.10.2017

Die landbou-organisasie AgriSA hou Donderdag en Vrydag (12-13 Oktober) sy jaarlikse kongres met vennootskappe as oorhoofse tema. Monitor praat met die uitvoerende hoof van AgriSA, Omri van Zyl.

Monitor 11.10.2017

Liberiers is gister na die stembus om 'n opvolger vir Afrika se eerste vroue president en Nobel vredespryswenner, Ellen Johnson Sirleaf te kies. Gegewe die land se 14-jaar lange burger-oorlog en geskiedenis van brutale geweld, het Sirleaf haar landsburgers gemaan om vreedsaam hul kruisies te gaan trek. Nie minder as 20 presidents kandidate het hulself verkiesbaar gestel, onder andere, die voormali...

Monitor 11.10.2017

Die literator en Taurus uitgewer, Ampie Coetzee, het 'n lang pad met die oorlede skrywer Ryk Hattingh geloop. Coetzee het met Anita Visser gesels oor Hattingh se lewe en werk.

Monitor 11.10.2017

'n Lid van die regerende Demokratiese party in Suid-Korea, Lee Cheol-Hee, sê Noord-Koreaanse kuberkrakers het in September verlede jaar die weermag se data basis geinfilitreer en dokumente gesteel wat 'n bloudruk vir 'n oorlog tussen die twee buurlande is. Die onthulling wat hy gisteroggend gemaak het, het die politieke kwik verder laat styg te midde van die Hoof van die Amerikaanse weermag, Mark...

Monitor 11.10.2017

Ryk Hattingh, die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer wat in Nieu Zeeland woon, is op sestigjarige ouderdom aan 'n hartaanval daar dood. Die skrywer, Joan Hambigde, sê Ryk Hattingh het 'n groot bydrae tot Afrikaanse letterkunde gegee, toe hy in 1984 met "Die Tonnel" gedebuteer het. Sy ander boeke was, Marcus Vermoed 'n Verhaal, Ingnatius Brand, Mynhoop, Witskrif en Mnr van Bonge, Die Forster Bende s...

Monitor 11.10.2017

Oor die afgelope paar weke was daar verskeie boelie-voorvalle by skole in die nuus. Maar Dr Ruan Spies van die Noordwes Universiteit sê boelies kom ook in by die werk voor. Melissa Tighy het met hom oor die omvang van die probleem selfs in 'n professionele omgewing gepraat.

Monitor 10.10.2017

Maatskaplike werkers wêreldwyd het in 2010 tot die besef gekom dat haweloses die beste deur mense in hulle eie omgewing gehelp kan word. Sedertdien word 10 Oktober elke jaar as Wêreld Hawelose-dag beskou. Een organisasie wat hom vir die welstand van hawelose beywer is JOSH, die Johannesburg Organisation of Services to the Homeless. Anita Visser het met die stigter en uitvoerende hoof van JOSH, Mar...

Monitor 09.10.2017

Die Wes-Kaapse DA het hierdie naweek 'n nuwe leier verkies om Patricia de Lille op te volg. De Lille het in Januarie verras met haar bedanking en die leierspos is in die tussentyd deur Bongikosi Madikizela, die provinsie se minister van behuising, beset. Madikizela is Saterdag bevestig as nuwe provinsiale leier toe hy die verkiesing teen adv. Lennit Max gewen het. Heindrich Wyngaard het met hom ge...

Monitor 09.10.2017

Die Kaapse musiekmeester Camillo Lombard, mede-stigter van die Cape Music Institute, praat met Heindrich Wyngaard oor hoe die instituut 'n tuiste van ontvlugting bied vir jong musikante van die Kaap se minder gegoede gebiede. Hier word hul talent en sakevaardighede geslyp.

Monitor 09.10.2017

Dis kuberveiligheidsmaand en 'n deskundige in die gebied, Professor Elmarie Biermann, sê die regering se beleid oor kuberruimte is na ses jaar nog nie behoorlik uitgetrap nie. Sy sê 'n groot deel van die modêrne mens se lewe gebeur in die digitale ruimte. Dit is voeg sy by, uiters noodsaaklik om jou digitale identiteit te beskerm en om die nodige leiding van die regering te kry.

Monitor 09.10.2017

Die Departement van Menslike Nedersettings stel ondersoek in na die gebruik van innoverende bou-tegnologie en ander modelle, wat kan help om die agterstand in die verskaffing van behuising te laat krimp. Afgevaardigdes by 'n konferensie in Durban het gehoor dat Suid-Afrika een van die grootste verskaffers van gratis laekoste-behuising ter wêreld is. Dries Liebenberg berig.

Monitor 09.10.2017

Die nuutgestigte Musicians Association of South Africa het Saterdag hul Wes-Kaapse jaarvergadering gehou. Die vereniging beywer hom vir die regte van musikante en wil help verseker dat voorsiening vir hulle gemaak word, wat betref voordele soos mediesesorg en aftrede-voorsiening. Heindrich het met die bekende Kaapse musikant, komponis en regiseur Camillo Lombard hieroor gepraat.

Monitor 09.10.2017

Terwyl die regering met toenemende behuisingsagterstande worstel, word dit noodsaaklik dat die publiek deel is van besluite oor die soort huise wat gebou word en die soort stede waarin hulle woon. Dít het geblyk aan die einde van 'n nasionale konferensie oor menslike nedersettings in Durban. Bykans 30 navorsingsverslae is aan 4-honderd afgevaardiges van regoor Afrika voorgelê. Dries Liebenberg ber...

Monitor 09.10.2017

Die Minister van Toerisme, Thokozile Xasa, sê hulle het projekte van meer as 20 miljard rand regoor die land geidentifiseer wat 'n belangrike rol kan speel in die ontsluiting van die oseaan-ekonomie. Sy sê dit is ook deel van Operasie Phakisa. Xasa het die seisoen se blouvlag strande op Jeffreysbaai bekendgestel. Dit dui aan dat strande aan internasionale standaarde voldoen. Veronica Fourie doen v...

Monitor 06.10.2017

Die Aardklop-span het verskillende rasse en rasse-kwessies met verskeie rolspelers bespreek.

Monitor 06.10.2017

'n Alternatiewe geskilbeslegtingproses begin eersdaags vir gesinne wat deur die Esidimeni tragedie geraak is. Afgetrede hoofregter Dikgang Moseneke gaan die saak waarneem waarin ondersoek ingestel word na die meer as 100 psigiatriese pasiente wat in Life Esidimeni se sorg was. Die sterftes volg op 'n omstrede besluit van die Departement van Gesondheid om die pasiente oor te plaas na nie-regeringso...

Monitor 05.10.2017

Akademici en administrateurs van tersiêre instellings is by die Eiffel Corp Innoveringsberaad gekonfronteer met die uitdaging van 'n snelbewegende digitale wêreld en die impak daarvan op hul instellings en leerprosesse. Hoe gemaak met die nuwe geslag tegnologiese gevorderde studente uit die Millennial-generasie? Dis die vraag wat Heindrich Wyngaard aan die adjunkdirekteur: e-Leer en Media-ontwikke...

Monitor 05.10.2017

Monitor se Aardklop-span praat met Dawid Minnaar oor hoe moeilik dit is om produksies in Afrikaans te vertaal. Hy praat ook oor die produksie Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran. Rocco de Villiers maak musiek. En op Theo Vorster gee insig oor die Minister van Finansies se Medium Termyn Begrotingsraamwerk Toespraak, wat later hierdie maand plaasvind.

Monitor 05.10.2017

Die vroeër reën vanjaar aan die einde van September, beteken nie noodwendig dat dit 'n nat somerreënseisoen gaan wees nie. So sê 'n Klimaatkundige van die Wetenskaplike Nywerheidsnavorsings raad, dr Francios Engelbrecht. Die eerste reën in die binneland val gewoonlik in die middel Oktober, maar hy sê daar is 'n moontlikheid van 'n La Ninja weerpatroon wat enigiets kan beteken vir reënval in die so...

Monitor 05.10.2017

Daar kan dalk teen Maart volgende jaar geen drinkwater in Kaapstad beskikbaar wees nie. Dis indien gesamentlike waterverbruik nie verminder word na 500 miljoen liter per dag nie. Die burgemeester van Kaapstad, Patricia De Lille het gister die metro se plan om 'n watertekort te vermy bekendgestel. Lynne Arendse berig.

Monitor 05.10.2017

Vandag is Wêreld Ballet Dag. Dit word gevier met 'n lewendige uitsending op Facebook. Verskeie internasionale geselskappe neem daaraan deel. Dit is die vierde jaar dat die kunsvorm internasionaal met 'n dag gevier word. Nicole Ferreira-Dill, wat op 13 Oktober, die vroulike hoofrol in die Sneeuwitjie ballet by die Johannesburg Teater dans, sê ballet het in die vyftiende eeu in Italië ontstaan.

Monitor 05.10.2017

Die een positiewe gevolg in Suid-Afrika se politieke landskap, is dat die burgerlike gemeenskap en sommige sakeleiers hardkoppig baklei teen endemiese korrupsie. So sê die Direkteur van die Sentrum vir Eenheid in Verskeidenheid, by die FW De Klerk Stigting, Zohra Dawood. Sy glo dat die huidige politieke koers van die land finansieel onvolhoubaar is. Hiermee saam is sy van mening dat baie probeer o...

Monitor 05.10.2017

President Jacob Zuma, se broerskind, Khulubuse Zuma, woon in die Verenigde Arabiese Emirate. Dit terwyl die likwidateurs van die Pamodzi-myn 'n aansoek in die Durbanse Hooggeregshof gebring het vir sy sekwestrasie. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het Zuma en sy mede-direkteure in 2015 skuldig bevind aan nalatige bestuur van die Pamodzi-mynbates. Die hoofsekretaris van die vakbond, Solidariteit,...

Monitor 05.10.2017

President Jacob Zuma, se broerskind, Khulubuse Zuma, woon in die Verenigde Arabiese Emirate. Dit terwyl die likwidateurs van die Pamodzi-myn 'n aansoek in die Durbanse Hooggeregshof gebring het om hom te sekwestreer. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het Zuma en sy mede-direkteure in 2015 skuldig bevind aan die nalatige bestuur van die Pamodzi-mynbates. Die hoofsekretaris van die vakbond, Solidari...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.