RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 23.10.2017 3:51
Oliver Reginald Tambo sou op 27 Oktober sy 100ste verjaardag gevier het. Bizana, in die Oos-Kaap, is waar die langsdienende president van die ANC groot geword het. Op 27 Oktober 1917 het Julia Tambo geboorte geskenk aan 'n seun wat later in sy lewe 'n internasionale ikoon sou word. Tambo het in Nkantolo, sowat 20 kilometer van Bizana af, grootgeword langs die Ingeliberge.
Monitor 20.10.2017 3:35
Hernubare energie, en spesifiek windkrag, is veelbesproke onderwerpe. Maar wat is die gevolge wat windkrag inhou vir ons geveerde vriende? Hanri Wondergem het met Doktor Hanneline Smit-Robinson van Birdlife South Africa gepraat oor hoe voëls, en veral bedreigde voëlspesies, geraak word deur windplase in Suid-Afrika. Smit-Robinson was die week 'n spreker by die agtste jaarlikse Oppenheimer De Beers...
Monitor 20.10.2017 9:22
Die SAUK en die SAL, wat albei in 'n diep finansiële verknorsing verkeer, het pas nuwe raadsvoorsitters en nuwe raadslede gekry. Die vraag is nou: hoe gemaak om 'n omkeerstrategie te bewerkstellig sodat sake kan verbeter? Heindrich het hieroor met die toekomskundige en stelselsdenker dr. Morne Mostert en die geoktroeërde rekenmeester Barend Petersen van Sizwe Business Recoveries gepraat.
Monitor 19.10.2017 4:59
Oud-ambassadeur Febe Potgieter-Gqubule praat oor haar nuwe rol as ondervoorsitter van die nuwe SAUK-raad, wat deur pres. Jacob Zuma goedkgekeur is. Heindrich het die vrae gevra.
Monitor 18.10.2017 5:23
Johannesburg is Afrika se geliefde toerisme bestemming stad. Kaapstad trek die buitelanders, maar die Goudstad is die metropool van keuse vir ander Afrikane. Die hoof van Besigheidsonwikkeling by Mastercard Suid-Afrika, Anton van der Merwe, sê die Goudstad het verlede jaar 4,6 miljoen oornag besoekers gelok. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat Johannesburg so goed vaar, met Kaapstad in die...
Monitor 18.10.2017 5:41
Die ANC in KwaZulu-Natal het 'n herrie ontketen met sy planne om nie meer Indiërs en Bruinmense as begunstigdes van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) te erken nie. Sihle Zikalala, ANC-voorsitter en LUR vir ekonomiese sake, toerisme en omgewingsake in die provinsie is aan die voorpunt van die ongewilde plan. Kenners in die betrokke minderheidsgroepe sê egter die plan is kortsigtig en ongrondwetlik...
Monitor 18.10.2017 4:53
AfriForum se vervolgingseenheid het hulle eerste openbare strafregtelike vervolging bekendgemaak. Advokaat Gerrie Nel sê dat almal gelyk is voor die reg en dat hulle die Dube-familie gaan verteenwoordig om president Jacob Zuma se seun, Duduzane moontlik te vervolg.
Monitor 18.10.2017 7:44
'n Chroniese gebrek aan politieke leierskap en aanspreeklikheid - dít, sê dr. Theuns Eloff van die FW de Klerk-stigting, is die oorsaak dat Suid-Afrika 'n land geword het met infrastruktuur op die rand van mislukking.
Monitor 18.10.2017 3:07
"Daar is meer ooreenskomste as verskille wat ons as mense bind." Dit is die woorde van die kurator van die "Arabiese Nagte"-afdeling van die Kaapstad Internasionale Filmfees. Die fees vind by die Kaapse Waterfront plaas.
Monitor 18.10.2017 2:47
Die hoof ekonoom by die Efficient-groep, Dawie Roodt, gee sy mening oor die ekonomiese implikasies van die groei in toerisme na Johannesburg.
Monitor 17.10.2017 3:29
'n Nuwe venster is oopgemaak in die sterrestelsel. Dit is die mening van Professor Sergio Colafrancesco van die Universiteit van die Witwatersrand. Navorsers van die universiteit het vir die eerste keer ooit die voorreg gehad om elektromagnetiese straling, wat verbind word met gravitasie golwe wanneer twee massiewe neutronsterre saamsmelt, waar te neem en op te neem . Dit het die wetenskap-wêreld...
Monitor 17.10.2017 5:51
Noem haar briljant óf vervelig, maar net nie "die voormalige vrou van pres. Jacob Zuma" nie, skryf Ferial Haffejee op HuffingPost SA oor dr. Nkosazana Dlamini-Zuma. Heindrich praat met die vryskut politieke joernalis Carien du Plessis, wat pas 'n boek oor Dlamini-Zuma die lig laat sien het.
Monitor 16.10.2017 3:49
Suid-Afrikaners word aangeraai om eerder reisplanne na Madagaskar uit te stel. 'n Dodelike pes in Madagaskar het reeds meer as 50 lewens geeis en meer as 500 is dodelik siek. Skole is gesluit en massabyeenkomste is voorlopig verban. Op lughawens, in banke en elders by openbare plekke word maskers gedra om te probeer om die verspreiding van die pes te keer. Dr Albie de Frey van die reiskliniek, The...
Monitor 16.10.2017 8:57
Die Nasionale Vervolgingsgesag en Pres. Jacob Zuma se mislukte aansoek by die Appèlhof om bedrogklagte teen die president te laat vaar, het die vraag laat ontstaan oor wat volgende met die saak gaan gebeur of behoort te gebeur. Ons praat nou hieroor met die grondwetlike kenner prof. Pierre de Vos en de hoofredakteur van News24, Adriaan Basson, skrywer van die boek "Zuma Exposed".
Monitor 16.10.2017 2:44
Die Irakese ambassadeur in Pretoria, Dr Saad Kindeel, het die naweek gereageer op die roofgtog op sewe lede van n Irakese afvaardiging na Suid-Afrika, wat deur n groep misdadigers aangeval is. Suid-Afrika se oud-ambassadeur in Tokio wat steeds op n ad hoc basis betrokke is by die Departement van Internasionale Samewerking, Gert Grobler sê misdaad bly 'n belangrike besprekingspunt onder hoofde van...
Monitor 16.10.2017 4:19
'n Voormalige ondersoeker van die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK), Zenzile Khoisan, reken die volgende saak wat ondersoek behoort te word ná die Timol-uitspraak is die van die sogenaamde Guguletu-7 wat deur die veiligheidspolisie koelbloedig doodgeskiet is. Hy sê een van die uitdagings met die soort ondersoeke, is die traagheid van die vervolgingsowerhede.
Monitor 16.10.2017 2:47
Die leier van die UDM, genl. Bantu Holomisa, sê in reaksie op die Ahmed Timol-uitspraak dat dit reg is dat oortreders van menseregteskendings vervolg word. Maar hy wys ook vinger na hoe Pres. Jacob Zuma versoeningspogings in die land in die wiele ry deur die raskaart te speel. Heindrich Wyngaard het met hom gepraat....
Monitor 13.10.2017 7:20
Die 48-jarige Dan Kriek, die president van Vrystaat Landbou en 'n boer van Tweeling in die Oos-Vrystaat, is Donderdag (12 Oktober 2017) op Agri SA se nasionale kongres in Muldersdrift, noordwes van Johannesburg, as die nuwe persident aangewys. Hy is die afgelope drie jaar 'n visepresident van Agri SA, en neem die leisels oor by Johannes Möller van die Noord-Kaap.
Monitor 13.10.2017 5:54
Die Universiteit Stellenbosch-dosent in ekonomie, prof. Rachel Jafta, het Donderdag (12 Oktober 2017) die jaarlikse kongres van die landbou-organisasie AgriSA toegespreek. Haar fokus was die belangrikheid van vennootskappe vir kommersiële landbou in Suid-Afrika.
Monitor 13.10.2017 6:20
Fatah en Hamas het 'n vredesooreenkoms bereik wat 'n elf-jaar lange stryd tussen die twee Palestynse faksies beeindig. Die ooreenkoms wat grootliks deur Egipte gefassiliteer is, is gistermiddag in Kairo bekendgemaak. Maar Suid-Afrika het ook hier 'n rol gespeel om die tafel te dek vir n vrede, wat hopelik wyer as Palestina sal strek. Roelf Meyer verduidelik wat die ooreenkoms presies behels.
Monitor 12.10.2017 2:31
Aan die Wes-Rand in Gauteng, word skadebepaling vir versekeringsdoeleindes na Maandag se storm gedoen. Die eienaar van die Versilia Blommeplaas net buite Krugersdorp, Riana du Plessis, het aan Jamaine Krige gesê hulle het miljoene rand se skade gely.
Monitor 12.10.2017 1:19
Ander inwoners van Krugersdorp het wonderbaarlik aan die stormskade ontkom. Elsa Erasmus is die eienaar van die Bankenveld House-gastehuis, en sy sê hulle het hulle deure oopgemaak vir diegene wat dakloos gelaat is.
Monitor 12.10.2017 4:40
Jy kan, en veral in 2017, leer uit die geskiedenis. So meen die skrywer, Frans Johan Pretorius. Hy is die redakteur, en een van 11 skrywers, van die boek Verskroeide Aarde, wat gaan oor die beleid tydens die Anglo Boere Oorlog. Hy het aan Melissa Tighy gesê dat kennis van die geskiedenis is nou meer belangrik as ooit.
Monitor 12.10.2017 10:25
Die Spaanse eerste minister, Mariano Rajoy, het die Kataloniese streeksregering gistermiddag vyf dae tyd gegee om te besluit of hy werklik onafhanklik van die res van Spanje te wees. Vir meer konteks hieroor, praat Monitor met Theo Bekker van die Noordwes Universiteit.
Monitor 12.10.2017 6:53
Daar was wye reaksie op die Minister van Polisie, Fikile Mbalula, se versoek aan President Jacob Zuma om die weermag in bendegeteisterde gebiede in die Wes-Kaap te ontplooi. Sommige waarnemers meen dat dit nie die taak van die weermag is nie. Monitor praat hieroor met Prof Abel Esterhuyse van die Krygskunde-fakulteit by Universiteit Stellenbosch.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.