RSG

Monitor

News AF ↓ 4393 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 01.11.2017

Die Wêreldrugbybeheerraad het Suid-Afrika as voorkeurland - bó Frankryk en Ierland - aangewys om die 2023 Wêreldrugbybekertoernooi aan te bied. 'n Amptelike stemming word op 15 November gehou om die wenner amptelik aan te wys. Hier is Heindrich se onderhoud met SA Rugby se uitvoerende hoof, Jurie Roux.

Monitor 01.11.2017

Die burgemeester van Kaapstad het vandeesweek gesê dat agt ontsoutingsaanlegte gebou sal word, om die waterkrisis in die Wes-Kaap die hoof te bied. Melissa Tighy het by die departementshoof by die Departement Siviele Ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch, Professor Kobus du Plessis gaan uitvind hoe die aanlegte werk.

Monitor 31.10.2017

Daar word verskeie planne met water gemaak, maar dit beteken nie dat Kapenaars nou 'n verskoning het om meer water te gebruik nie. So verduidelik die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille. Die gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap is op die oomblik 36,3%, waar dit verlede jaar 61% was. De Lille het aan Melissa Tighy vertel dat 'n ontsoutingsaanleg reeds in Februarie twee miljoen liter water pe...

Monitor 31.10.2017

'n Video wat bende-geweld en misdaad op die Kaapse Vlakte uitbeeld het die sosiale media netwerke aan die gons, en die polisie warm onder die kraag. Die video is nie realiteit nie, maar is as soetkoek opgevreet voordat die man wat dit gemaak het verduidelik het waaroor dit gaan. Die minister van polisie is glad nie hiermee ingenome nie.

Monitor 31.10.2017

Suid-Afrika se water krisis is nie beperk tot die Kaap nie, maar dit help nie om nou beskuldigings rond te slinger nie, ons moet praktiese oplossings kry wat op die lang termyn volhoubaar sal wees. So sê een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde water aktiviste, professor Anthony Turton verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Omgewingsbestuur.

Monitor 31.10.2017

Die IVP staan voor sy grootste krisis met die voorgenome uittrede van dr. Mangosuthu Buthelezi as partyleier, sê die politieke ontleder Theo Venter van die Noordwes-universiteit se besigheidskool. Venter het met Heindrich gepraat en begin met 'n beskrywing van Buthelezi se rol oor byna 60 jaar in die Suid-Afrikaanse politiek.

Monitor 31.10.2017

'n Navorsingsprojek, wat in 'n kuns ervaring verander het. So vertel die kunstenaar, Masello Motana, oor hul Kwaito-pedia-projek by die pas afgelope Aardklop Kunstefees in Potchefstroom.

Monitor 31.10.2017

Leeus en ander groot katspesies is op bylaag twee van die Konvensie op Migrerende diere geplaas. COP 12 het pas in Manila in die Filipyne plaasgevind, en alle aanduidings volgens navorsing was dat die leeus en luiperde, en alle ander groot katsoorte, bedreig is. Die programkoordineerder van die CITES en van die konfensie op migrerende diere, Clara Nobbe, sê hoewel leeubevolkings in lande soos Suid...

Monitor 30.10.2017

Die voormalige Gautengse LUR vir Gesondheid se beweerde akademiese verpligtinge word met agterdog bejeën. Daar is wyd berig dat Qedani Mahlangu nie spoedig kan getuig voor die Life Esidimeni Arbitrasie proses nie, omdat sy akademiese verpligtinge by die London School of Economics and Political Science in Engeland het. Die Mail & Guardian se gesondheids-joernalistiek-sentrum, Bhekisisa, het egter b...

Monitor 30.10.2017

Die veteraan-joernalis en skrywer Jacques Pauw maak opspraakwekkende onthullings in sy nuwe boek, "The President's Keeper", oor pres. Jacob Zuma se beweerde belastingontduiking en geldskieters wat hom finansieël sou ondersteun. Heindrich Wyngaard het Pauw hieroor uitgevra.

Monitor 26.10.2017

Die minister van finansies, Malusi Gigaba, het vanjaar se Mediumtermynbegrotingsoorsig onder die valkoë van opposisiepartye, die finansiële markte, gaderingsagentskappe en politieke waarnemers gelewer. Heindrich het die ekonoom Dawie Roodt en die politieke ontleder dr. Piet Croucamp hieroor gepols.

Monitor 26.10.2017

Pres. Jacob Zuma en presidente Donald Trump van Amerika, Vladimir Poetin van Rusland en Recep Tayyip Erdogan van Turkye vorm 'n viermanskap, wie se ooreenkomste 'n nuwe soort ideologie aandui, aldus 'n sosioloog van die Universiteit van Pretoria, prof. Andries Bezuidenhout. Hy verduidelik sy standpunt aan Heindrich Wyngaard.

Monitor 25.10.2017

Die Wes-Kaapse minister van finansies, dr. Ivan Meyer, vertel vir Monitor van sy verwagtinge van min. Malusi Gigaba se mediumtermynbegrotingsoorsig. Heindrich Wyngaard het met hom gepraat.

Monitor 25.10.2017

Die VF Plus-leier dr. Pieter Groenewald, die DA se David Ross en die ACDP se Steve Swart praat op Monitor oor wat hulle in min. Malusi Gigaba se mediumtermynbegrotingsoorsig wil hoor. Heindrich Wyngaard het die vrae gevra.

Monitor 24.10.2017

Verskeie opgeknapte sale is amptelik by die Knysna-hospitaal in die Suid-Kaap geopen. Die herstelwerk van sowat R22 miljoen het al voor die verwoestende brande in Junie begin. Tydens die ramp moes die hospitaal ontruim word, en was dit vir 'n week gesluit weens rookskade.

Monitor 24.10.2017

Lord Peter Hain, die Suid-Afrikaans-gebore Britse LP en oud-kabinetslid, sê dit is ANC-veterane wat hom genader het met inligting oor die Guptas se beweerde skelmtransaksies waarby twee Britse banke glo betrokke was. Ongelukkig soos wat hy is oor staatskaping, is hy egter nie van voorneme om sy nasionale Orde wat hy in 2015 van pres. Jacob Zuma ontvang het, terug te gee nie.

Monitor 24.10.2017

Sowat 630 000 matrikulante skryf vandag eksamens. Maar van die byna 66 000 kandidate in die Wes-Kaap is bekommerd, dat hulle nie betyds gaan wees nie. Die meeste van die leerlinge maak daagliks van openbare vervoer gebruik. Die Departement van Onderwys sê geen student wat 'n uur laat kom, sal in die eksamen-lokaal toegelaat word nie, en sal eers vir die aanvullende eksamen in aanmerking kom. Die e...

Monitor 24.10.2017

Voëlgriep is steeds aan die versprei. Die Wes-Kaapse regering sê daar is nou 56 bevestigde gevalle van voëlgriep in die provinsie. Byna drie miljoen hoenders is van kant gemaak. Die Wes-Kaapse Minister vir Landbou en Ekonomiese Geleenthede, Alan Winde het aan Jean Esterhuizen gesê daar mag dalk 'n tekort van hoenderprodukte oor die volgende paar weke wees.

Monitor 24.10.2017

Net een uit elke vier persone wat aan 'n geestesiekte ly, kry die nodige behandeling in Suid-Afrika. Oktober is Geestesgesondheidsmaand.'n Kliniese sielkundige in Noordwes, One Silohiwe het met ons oor die kwessie gepraat. Sy meen dit plaas die ekonomie onder verdere druk.

Monitor 24.10.2017

Oliver Tambo was 'n produk van die spog Anglikaanse privaatskool, St. Peter's College in Rosettenville, Johannesburg, wat uitstekende akademiese resultate gelewer het. Hy was later ook 'n onderwyser by die skool, wat die Black Eton genoem is omdat dit met die gerekende Eton College in Brittanje vergelyk is.

Monitor 23.10.2017

Die evolusie van die mens word gereeld ondersoek, nagevors en bespreek. Maar wat van die evolusie van siektes? Navorsers het onlangs menslike en patogeniese DNS van argeologiese afsaksels ondersoek om 'n grondlyn van menslike siektes te probeer vasstel. Hanri Wondergem het meer gaan uitvind oor hulle bevindings.

Monitor 23.10.2017

Jan en San Alleman kan help met navorsing oor paddas... Die Debshan-Padda-Opname het bevind dat daar in 'n klein gebied sowat 35 padda-spesies is. Die opname is gedoen deur Prof. Louis du Prees van die Noordwes Universiteit en sy span. Hulle het ook gekyk na hoe sterk die padda-koor sing, diversiteit, gedragspatrone en die bevolkingstalle. Du Preez het die opname met Hanri Wondergem bespreek by di...

Monitor 23.10.2017

Die toekoms van universiteite was 'n besprekingspunt op die program van die Universiteit Stellenbosch se Instituut vir Toekomsnavorsing. Dr. Chris van der Merwe, bekend as die grootbaas van die Curro skole en nou die uitvoerende hoof van die maatskappy Stadio Holdings, het sy insigte hieroor met ons gedeel.

Monitor 23.10.2017

Suid-Afrika bevind homself by 'n keerpunt en dit is alles die gevolg van slegte regeringsbeleid, sê 'n direkteur van die Vryemarkstigting, Temba Nolutshungu. Hy het Vrydag by die Instituut vir Toekomsnavorsing van die Universiteit Stellenbosch se jaarlikse konferensie gepraat. Heindrich het hom gevra waarop sy standpunt berus.

Monitor 23.10.2017

Ons fokus op stories wat die Afrikaanse diens die afgelope 80 jaar uitgesaai het wat te doen het met menslike drama en pyn. Ons begin by Januarie 1990 waar n jong vrou, bekend as Joan, uit die kloue van die pedofiel, Gert van Rooyen en sy minnares, Joey Haarhoff gered is. Die SAUK se destydse nuusredakteur in die Pretoria kantoor, Elsabe Smit, het met Joan gaan praat.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.