RSG

Monitor

News AF ↓ 4393 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 15.11.2017

Die Kaapstadse Metroraad waarsku dat skole Geelstert moontlik Groot withaaie na die kuslyn kan lok. Die Metroraad vra dat Kapenaars en vakansiegangers bedag moet wees hierop. Daar sal tydens die feestyd mense op strande ontplooi word om die kuslyn vir haaie te moniteer.

Monitor 15.11.2017

Die hulplenigings-organisasie, Gift of the Givers, het begin om boorgate in die Beaufort Wes-omgewing aan te bring. Die boorgate behoort daagliks 'n bykomende 1-miljoen liter water aan inwoners te verskaf.

Monitor 14.11.2017

Die Suid-Afrikaansgebore atleet, Irmgard Bensusan gesels oor haar benoeming vir Paralimpiese Sportvrou van die Jaar in Duitsland.

Monitor 14.11.2017

Die Heher-kommissie van Ondersoek na die befondsing van tersiêre onderrig, het bevind dat die land nie nou gratis onderrig vir almal kan bekostig nie.

Monitor 14.11.2017

Die Heher-kommissie beveel aan dat aansoek- en registrasie betalings geskrap moet word en dat die studente hulpskema, NSFAS met 'n inkomste gebeurlikheids lenings-model vervang word. Die Hoof ekonoom by die Efficient-groep, Dawie Roodt deel sy mening hieroor.

Monitor 14.11.2017

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens verloor daagliks meer as R12m. Die gevolg hiervan is dat sy kapitaal kontantvloei verlede week klaar was. So sê die Hoof direkteur van die Vrye Mark Stigting, Leon Louw. Saam met hom in ons ateljee is die hoof van die Skool vir Ekonomiese en Sake Wetenskappe by Wits universiteit, professor Jannie Rossouw.

Monitor 13.11.2017

Die Vereniging van Gesertifiseerde Bedrog Eksaminators ondersteun die Beskermde Openbaarmakings-Wysigingswetsontwerp. Dit bied addisionele beskerming aan fluitjieblasers van bedrog en korrupsie. Die wysigings maak onder meer voorsiening vir beskermde openbaarmaking van ongerymdhede in die werksplek. Die vereniging se voorsitter, Jaco de Jager sê dit is veronderstel om 'n kultuur van etiese nakomin...

Monitor 13.11.2017

Die migrante-kwessie wek toenemend kommer onder heelparty inwoners van Europa. Baie is onder meer ongelukkig dat migrante onderhou word deur belastingbetalers se geld, terwyl ander verdere terreuraanvalle vrees. Marlinee Fouche berig dat juis die kwessie tweespalt onder burgers van Denemarke veroorsaak . Sy het met 'n Deense vrou, Marie Reiter, gepraat oor haar ervaring as vrywilliger wat met Siri...

Monitor 13.11.2017

Apartheid het n bruikbare bloudruk gelaat vir die korrupsie wat ons tans beleef. Dit was die strekking van n boodskap deur twee joernaliste, Karyn Maughan en Pieter-Louis Myburgh, skrywer van The Republic Of Gupta, a Story of State Capture. Maughan het tydens n voorlegging aan die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Konstitusionele Regte en die Skool vir Publieke Leierskap, gesê staatskaping...

Monitor 13.11.2017

Die uitvoerende burgemeester van Beaufort-Wes, Japie van der Linde, sê die dorp het geld nodig om ondergrondse water,wat buite die dorp is, vir daaglikse gebruik aan te lê. Die dorp se damme is dolleeg en waternood moet daagliks bestuur word.

Monitor 13.11.2017

'n Boer in die Aberdeen in die Oos-Kaap se se pleidooi vir droogtehulp het boere in die Vrede en Newcastle-omgewing geraak. Dertien vragmotors vol voer is die afgelope naweek aan boere in die streek oorhandig. 'n Boer in die Aberdeen-omgewing, Louis Lategan vertel dat daar in byna vier jaar nog geen noemenswaardige reën in die gebied geval het nie.

Monitor 10.11.2017

Die amptelike bekendstelling van RSG Skatkis 2018.

Monitor 09.11.2017

Die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, het vandag die nuutste ontvanger geword van die Afrika-netwerk vir etiese sakeleierskap (BEN-Africa) se Orde van die Kremetart. Gordhan het met Heindrich Wyngaard op Monitor gepraat.

Monitor 08.11.2017

Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sê President Jacob Zuma het 'n ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens goedgekeur. 'n Afgetrede regter sal die ondersoek na die onderverhaling van belastinginkomste lei. Gigaga sê die kommissaris van die Inkomstediens, Tom Moyane, is oor die ondersoek ingelig en het onderneem om sy samewerking te gee. Ons praat met 'n ekonoom by Rebalance Fund Mana...

Monitor 08.11.2017

Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sê President Jacob Zuma het 'n ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens goedgekeur. 'n Afgetrede regter sal die ondersoek na die onderverhaling van belastinginkomste lei. Ons praat hieroor met die politieke en beleidsontleder prof. Erwin Schwella van die Skool vir Publieke Leierskap by die Universiteit Stellenbosch.

Monitor 08.11.2017

Pres. Jacob Zuma beplan glo om gratis tersiêre onderrig in te stel ten spyte daarvan dat 'n kommissie van ondersoek hierna daarteen besluit het. Die president het tot nou versuim om die kommissie se verslag openbaar te maak. Ons praat met Adv. Frans Rautenbach wat in sy boek "South Africa Can Work: How a Free Market and Decentralised Government Can Make Us a Winning Nation" ook oor die kwessie van...

Monitor 08.11.2017

Die onvertelde stories van Suid-Afrikaners wat in die verlede oor die hoof gesien is en deur die geskiedenis opsy gelaat is, gaan die lig sien. Dit is te danke aan ʼn nuwe projek gesetel in die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Hierdie projek is getiteld Biography of an Uncharted People. Ons praat met die projekleier, Prof Johan Fourie.

Monitor 07.11.2017

Die Nelson Mandela-stigting het 'n kat in die duiwehok gegooi deur 'n oproep dat die ou Suid-Afrikaanse vlag verbied word - en dit weens die verdeling wat dit dikwels veroorsaak. Maar is dit die beste wyse om verdelende simbole uit die verlede te hanteer? Die uitvoerende hoof van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening, Stan Henkeman, en die sanger, akteur, skrywer en sosiale aktivis Steve Ho...

Monitor 07.11.2017

Die Cyril Ramaphosa-veldtog vir die ANC se leierskapstryd het verras deur min. Naledi Pandor aan te kondig as sy kandidaat om as ANC-adjunkpresident verkies te word. Melanie Verwoerd, politieke ontleder en oud-ANC-LP, beantwoord Heindrich Wyngaard se vrae hieroor.

Monitor 07.11.2017

Die uitgewers van die boek "The President's Keepers" het die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) se regsverteenwoordiger laat weet hulle gaan nie die boek van die mark onttrek nie, terwyl die familie van die SSA-baas Arthur Fraser nou ook met regstappe dreig. Heindrich Wyngaard praat hieroor met grondwetkenner prof. Pierre de Vos.

Monitor 07.11.2017

Carl Niehaus, woordvoerder van die ANC se MK militêre veterane, reageer op min. Naledi Pandor as adj.pres. Cyril Ramaphosa se verkiesingsmaat vir die ANC se Top 6-leierskapstryd. Heindrich Wyngaard het die vrae gevra.

Monitor 06.11.2017

Die mediamaatskappy Tiso Black Star se besluit om die gedrukte weergawe van sy dagblad The Times te sluit, en dit slegs aanlyn voort te sit, laat opnuut vrae ontstaan oor die lewensvatbaarheid van gedrukte media in Suid-Afrika. Styli Charalambous, uitgewer van die nuuswebwerf Daily Maverick, praat oor die toekoms van gedrukte en digitale media.

Monitor 06.11.2017

Vandag (6 November 2017) is dit die internasionale dag vir bewusmaking oor die effek van oorlog op die omgewing. Die Verenigde Nasies se algemene vergadering het 16 jaar gelede besluit dat die publiek meer moet weet oor die effek van konflik op moeder aarde en natuurlike hulpbronne. Allessandra Vellucci, die VN se direkteur van inligting in Geneve verduidelik....

Monitor 06.11.2017

Minstens agt ontsoutingsaanlegte sal al langs die Kaapse kus gebou word. Dit sluit in by Houtbaai, Strandfontein, Monwabisi en die Kaapse Hawe. Maar wat is die omgewingsimpak van 'n ontsoutingsaanleg? Die departementshoof by die Departement Siviele Ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch, Professor Kobus du Plessis sê dit is waarom behandeling van die stowwe wat gebruik word, so belangrik...

Monitor 02.11.2017

Tuisonderwys kan binnekort deur die Departement van Basiese Onderwys ge-mikroreguleer word, indien voorgestelde wysigings aan die skolewet aanvaar word. Dit is die mening van die voorsitter van die Pestalozzi Trust vir Tuisonderwys, Bouwe van der Eems. Hy beweer verder dat die voorgestelde wysigings administratiewe laste en finansiële implikasies vir ouers tot gevolg kan hê. Joan-Marie Verhoef ber...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.