RSG

Monitor

News AF ↓ 4393 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 22.11.2017

Duisende Zimbabwiërs het tot in die vroeë oggend-ure feesgevier in die strate van Harare, oor die nuus dat Robert Mugabe as president bedank het. Ook in Suid-Afrika het die vreugdevure hoog gebrand. Zimbabwe se afgedankte adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa, sal vóór Vrydag as waarnemende president van Zimbabwe beëdig word.

Monitor 22.11.2017

Die Poskantoor sal van 1 April aanstaande jaar die uitbetaling van maatskaplike toelaes behartig. 'n Ooreenkoms hieroor is onderteken tussen die Poskantoor en die Maatskaplike sekerheids-agentskap, oftewel Sassa. Die inter-ministeriële komitee het die besonderhede van die ooreenkoms aan die Parlement uitgestippel.

Monitor 22.11.2017

Die voormalige adjunkpresident van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa sal na verwagting vandag as tussentydse president ingehuldig word. Oud-president Robert Mugabe het gister bedank en talle Zimbabwiërs het gisteraand sy bedanking gevier. Ons verslaggewer Noma Bolani is in Harare in Zimbabwe.

Monitor 22.11.2017

Die voormalige ANC-LP dr. Makhosi Khoza, wat weens haar uitgesprokenheid jeens korrupsie, staatskaping en president Jacob Zuma in onguns by die party verval het, het haar plan bekend gemaak om 'n opposisiegroepering in die 2019-verkiesing te lei. Monitor het vir die politieke ontleder Theo Venter en die hoof van die FW de Klerk stigting dr. Theuns Eloff gevra oor wat hulle dink van Khoza se plan.

Monitor 22.11.2017

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, wat haar magsbasis met vier verkiesings oorwinnings verskans het, se politeke toekoms lyk onseker nadat gesprekke oor 'n koalisie regering misluk het. Merkel wil 'n herverkiesing uitskryf eerder as om 'n minderheidsregering te lei. Wat is die implikasies hiervan vir die Duitsers en hul Europese bondgenote? Dis die vraag wat ons aan professor Erwin Schwella van...

Monitor 22.11.2017

Na 37 jaar is Zimbabwe nie meer onder die bewind van Robert Mugabe na sy bedanking gistermiddag laat nie. Die politieke wetenskaplike, Theo Bekker van Noordwes Universiteit, verskaf sy reaksie op die jongste verwikkelinge in Zimbabwe.

Monitor 21.11.2017

Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, en sy afgedankte adjunk-president, Emmerson Mnangagwa, sal na verwagting vandag samesprekings oor die huidige politieke dooiepunt voer. Die weermag het gister onthul dat die twee reeds met mekaar in kontak was. Volgens die militêre leier, generaal Constantino Chiwenga, word daar verwag dat Mnangagwa binnekort uit die buiteland na Harare sal terugkeer.

Monitor 21.11.2017

Die organisasies Corruption Watch, Freedom Under Law en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet het die hooggeregshof in Pretoria genader vir 'n bevel wat die verwydering van die voormalige baas van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mxolisi Nxasana, nietig sal verklaar. So 'n bevel sal ook die aanstelling van Shaun Abrahams, die dienende hoof, ongeldig maak. In hofstukke word b...

Monitor 21.11.2017

Die veelbekroonde menseregte aktivis en prokureur, Beatrice Mtetwa oor die politieke verwikkelinge in Zimbabwe.

Monitor 21.11.2017

In die Oos-Kaap het bouwerk aan die N2 Wildekus-tolpad begin, vyftien jaar na dit vir die eerste keer voorgestel is. Die pad sal die roete tussen Oos-Londen en Durban verkort, en twee reuse brûe insluit. Die tolpad-projek sal 'n geraamde agt duisend werksgeleenthede skep, en die toerisme-verwante moontlikhede veral in Pondoland uitbrei.

Monitor 21.11.2017

Brian Molefe, die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, se skielike aanstelling as deel van 'n poel van spesialiste wat die weermag met navrae help het baie vrae laat onstaan. Molefe het onder 'n wolk verlede jaar uit Eskom bedank, en is toe later as LP ingesweer, waar hy ook later bedank het. Advokaat Pikkie Greeff, die nasionale sekretaris van die militêre vakbond Sanwu, sê hulle raadpleeg hul...

Monitor 21.11.2017

Die Hoofbestuurder van Agri-Wes-Kaap, Carl Opperman, sê een van die positiewe gevolge van die ergste droogte in 'n honderd jaar in die Wes-Kaap is die welwillenheid van ander landbouers in die res van die land. Daar vertek Vrydag uit Caledon 'n groep mense om voer by boere in Sutherland te gaan aflewer. Essie Esterhuyse het aan Metzi van der Merwe gesê hulle sal vroegdag in die pad val.

Monitor 21.11.2017

75 Ministers van gesondheid en verteenwoordigers van 114 lande het pas die wêreld se grootste beraad nog ooit oor TB in Moskou bygewoon. Die geleentheid was 'n waterskeiding in terme van nuwe riglyne oor die voorkoming en behandeling van tering. So sê professor Martie van der Walt, hoof van die Mediese Navorsingsraad se tering platform.

Monitor 21.11.2017

'n Droom is vir twee ou vriende bewaarheid wat 'n onvergeetlike lugreis langs die ooskus van Afrika onderneem het. Hulle het ook moontlik 'n rekord opgestel. Hulle is sover bekend die eerste avonturiers wat 'n lang-afstand vlug, in twee giro-vliegtuie van Duitsland na Suid-Afrika onderneem het.

Monitor 20.11.2017

Zimbabweërs sal tot vanmiddag moet wag om te sien of President Robert Mugabe uiteindelik gaan toegee om as die land se leier te bedank. Gisteraand het die 93-jarige leier die wêreld geskok toe hy in 'n toespraak nie sy verwagte uittrede aangekondig het nie. Vroeër gister ZANU-PF op 'n spesiale Sentrale komitee vergadering besluit om hom as party-leier uit te skop.

Monitor 20.11.2017

Presies 'n maand van vandag af sal Suid-Afrikaners weet wie die ANC se nuwe leier is - dr. Nkosazana Dlamini-Zuma of Cyril Ramaphosa of 'n buiteperd soos dr. Zweli Mkhize. Sommige waarnemers meen Ramaphosa loop gerieflik voor, en dat Dlamini-Zuma se veldtog stoom verloor. Is dit die geval? Dis die vraag wat Monitor aan een van Dlamini-Zuma se grootste ondersteuners, Carl Niehaus van die MK Militêr...

Monitor 20.11.2017

Wes-Kaapse skole spaar duisende rande, met 'n nuwe sogenaamde slim watermetertoestel. Watergebruik het boonop by die skole merkwaardig afgeneem, met die gebruik van die toestel. Corbin August doen verslag.

Monitor 20.11.2017

Ten spyte daarvan dat Zanu PF Robert Mugabe met Emmerson Mnangagwa vervang het as leier en Grace Mugabe gister uit die party geskors het, blyk Mugabe steeds te weier om af te staan as president. Vir 'n ontleding oor die jongste verwikkelinge het Monitor met Theo Bekker van Noordwes Universiteit gepraat.

Monitor 20.11.2017

In Pretoria het groot getalle Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon, by die Uniegebou saamgetrek om die veldtog teen president Mugabe in Zimbabwe, te steun. Baie van hulle hoop dat hulle na 'n Zimbabwe sonder president Mugabe kan terugkeer, berig Liela Magnus.

Monitor 20.11.2017

Universiteit Stellenbosch bied vandag en môre vir die eerste keer 'n internasionale beraad aan om kwaksalwery, pseudo-wetenskap en vals nuus in die gesondheids-bedryf teë te werk. Ons wetenskapkorrespondent en die organiseerder van die beraad, George Claassen, verskaf meer besonderhede.

Monitor 20.11.2017

Hoe groei mens die videospeletjie bedryf in Suid-Afrika? 25 Videospeletjie-ontwikkelaars uit 11 lande is hierdie week by die Goethe Instituut in Johannesburg bymekaar om hulle kennis met Suid-Afrikaners in die bedryf te deel. Anna-Marie Jansen van Vuuren het die konferensie bygewoon en die verslag saamgestel.

Monitor 15.11.2017

Die weermag het die staatsbeheerde Zimbabwe Broadcasting Corporation in Harare oorgeneem. Tydens die regstreekse uitsending, is president Mugabe en sy gesin die versekering gegee dat hulle veilig is en dat slegs die kamerade rondom hom geteiken word. Ons praat met die politieke wetenskaplike professor Anthoni van Nieuwkerk van Wits Universiteit.

Monitor 15.11.2017

Werkloosheid is reeds 20 jaar 'n krisis in Suid-Afrika. Daar is nie 'n land in die 100 grootste ekonomieë wat vir twee dekades 'n werkloosheidsyfer van bo 20% getoon het nie. Dit is volgens Mike Schussler, hoof ekonoom van economist.co.za. Hy het die vakbond, UASA se Suid-Afrikaanse Indiensname verslag vir 2017 bekendgestel.

Monitor 15.11.2017

Die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Professor Hlengiwe Mkhize, het studente vir kalmte gevra terwyl die regering die Heher-verslag verwerk. Die kommissie het bevind dat gratis tersiêre onderrig nie haalbaar is nie, en dat slegs studente by tegniese kolleges ten volle deur die regering befonds moet word.

Monitor 15.11.2017

As jy vandag op 'n plaaslike vlug vanaf die OR Tambo internasionale lughawe vertrek, gaan jy ongekende stilte ervaar. Die lughawe het besluit om mikrofone vir eers af te skakel.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.