RSG

Monitor

News AF ↓ 4395 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 24.05.2017

Staatskaping en die familienaam Gupta loop soos goue drade deur elke parlementêre ondersoek en hofsake waarin regeringslui betrek word. Dit het gister weer duidelik geword toe die minister van openbare ondernemings, Lynne Brown, verantwoording moes doen oor haar besluit om Brian Molefe weer as uitvoerende hoof van Eskom aan te stel. Izak du Plessis het aan Pieter-Louis Myburgh, skrywer van die boe...

Monitor 24.05.2017

Groen-energie was die sleutelwoord by vanjaar se Africa Utility Week-uitstalling in Kaapstad. By die toekenningsgeleentheid wat die uitstalling afgesluit het, is vroue vereer vir hulle bydrae tot die energie- en waterbedryf. Suid-Afrika het ook tydens die toekennings uitgeblink met vier pryse. Dianke Nel het meer besonderhede.

Monitor 23.05.2017

Noorweë het pas spesiale noodmaatreëls ingestel om sy saadbankbergingsfasiliteit verder te beveilig teen enige iets wat dalk die saad binne kan beskadig. Dit volg nadat klimaatsverandering die ys romdom die bergingsfasiliteit, wat in Svalbard geleë is, laat smelt het. Die water het in die fasiliteit ingeloop maar gelukkig is niks beskadig nie. 'n Plantkundige van Cape Nature, Rupert Koopman, sê as...

Monitor 23.05.2017

'n Span van die Universiteit Stellenbosch en die Tygerberg Akademiese Hospitaal het onlangs 'n tweede penis-oorplanting suksesvol voltooi. Die ontvanger is 'n 40-jarige man wat sy penis 17 jaar gelede weens komplikasies met ʼn tradisionele besnydenis verloor het. Professor Andre van der Merwe, die hoof van die Afdeling Urologie aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het die m...

Monitor 23.05.2017

Die bekende ekonoom, Mike Schussler van economist.co.za, het oor nog moontlike afgraderings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie gemaan. Hy was 'n spreker by 'n leierskapseminaar van die Universiteit van Johannesburg se konvokasie. Heinrich Wyngaard het met hom gepraat.

Monitor 22.05.2017

Suid-Afrika se hoë kommissaris na Sri Lanka, Nepal, Bangladesj en die Maldives-eilande, Ruby Marks, het die naweek eksklusief met Monitor gepraat oor haar eie ervaring van seksuele mishandeling as 'n jong dogtertjie. Sy vertel ook vir Heindrich Wyngaard dat haar ma in hul eenvertrek-woonhokkie, in haar teenwoordigheid,deur 'n familievriend verkrag is.

Monitor 19.05.2017

In die derde deel van 'n onderhoud met die skrywer van die boek, APARTHEID, GUNS AND MONEY, fokus Hennie Van Vuuren op die 1977 moorde van Robert en Jean-Cora Smit. Van Vuuren, direkteur van die nie-regeringsorganisasie, OPEN SECRETS, het vier jaar lank navorsing gedoen oor onwettige wapenhandel in die apartheidserea, en trek vandag al die drade saam.

Monitor 19.05.2017

Die Nampo-Oesdagfees 2017 kom vandag tot 'n einde op Bothaville. Suzanne Paxton praat met Jannie de Villier van Graan SA hoe die landbouskou verloop het. En Justin Kennerley praat met 'n jong boer van Botswana oor sy eerste Nampo-ervaring.

Monitor 18.05.2017

Nuwe navorsing van die WNNR steun die Life After Coal-veldtog en Greenpeace Afrika se standpunt dat daar nie meer in steenkoolkragsentrales belê moet word nie. Hulle beveel aan dat die regering en Departement van Energie die oorgang na volhoubare energie moet prioritiseer. Hoewel die WNNR fokus op die koste van steenkoolbedrywighede, sê die Life After Coal-veldtog daar moet meer klem gelê word op...

Monitor 18.05.2017

Die Minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane, het onlangs die groen lig gegee vir die ontginning van skaliegas in die Karoo. Volgens hom sal dit die ekonomie van die Noord-Kaap ʼn hupstoot gee. Hoewel skaliegas-ontwikkeling nog in die toekoms lê, word daar reeds vrae gevra oor die moontlike impak hiervan op die omgewing. Justine Rudman het onlangs haar meestersgraadstudie by die Universite...

Monitor 18.05.2017

Gister het Monitor berig oor Hennie van Vuuren se boek, APARTHEID, GUNS AND MONEY, wat fokus op die groot getal lande, onder meer Rooi Sjina, wat met die medewete en hulp van die destydse Zaïre, wapens aan die Pretoria-regime verskaf het. Vandag vertel van Vuuren vir Anita Visser van die R500-miljard se spesiale weermagrekening waarvan selfs die naaste vetrouelinge van PW Botha niks geweet het nie...

Monitor 18.05.2017

Dit is dag drie van die Nampo-Oesdagfees wat net buite Bothaville in die Vrystaat plaasvind, en die grondhervormingskwessie bly 'n warm patat. Suzanne Paxton en die span by Nampo hou deurentyd 'n oog op gebeure daar.

Monitor 17.05.2017

Tweemiljoen dokumente, honderde gesprekke op verskeie vastelande, en vier jaar se navorsing het vrug gebaar: die boek, APARTHEID, GUNS AND MONEY, geskryf deur die direkteur van die nieregeringsorganisasie, OPEN SECRETS, Hennie van Vuuren. In die boek bewys van Vuuren sonder twyfel dat die apartheidsregering alles behalwe sonder vriende was. Trouens selfs lande wat ideologies ver verwyder was van P...

Monitor 17.05.2017

Maak die grondwet voorsiening vir 'n geheime stemming wat 'n mosie van wantroue in president Jacob Zuma betref? Opposisiepartye sê hulle is optimisties dat die Konstitusionele Hof in hulle guns sal beslis in die aansoek deur die UDM of parlementslede in die geheim mag stem tydens die debat oor die mosie van wantroue in die president. Loammi Wolf is 'n grondwetregspesialis verbonde aan Democracy fo...

Monitor 17.05.2017

Dit is dag twee van die Nampo-Oesdagfees wat net buite Bothaville plaasvind. Die eerste dag is oorskadu deur gesprekke oor grondhervorming in die landbousektor en die onstabiliteit wat dit in die sektor veroorsaak.

Monitor 16.05.2017

Die enigste manier hoe moeilike kwessies in die landbousektor opgelos sal word, is deur dialoog. Dít was die boodskap by die openingsfunksie van die Nasie in Gesprek-reeks by die Nampo-Oesdagfees op Bothaville. Die gesprekke is geopen met dialoog oor grondhervorming. Suzanne Paxton gesels met Francios Strydom, uitvoerende hoof van SENWES en dr. John Purchase van Agribiz.

Monitor 12.05.2017

Marlinee Fouche berig dat die SAUK hoofsaaklik deur advertensies befonds word, in teenstelling met die internasionale tendens van parlementêre- of staatsubsidies. Watter bevondsingsmodel sal in Suid-Afrika werk?

Monitor 12.05.2017

Die SAUK sê sy voorstel aan die parlement om wetgewing betreffende TV-lisensies te verander, is bloot om aan te pas by tegnologiese vooruitgang. Woordvoerder Kaizer Kganyago het aan Marlinee Fouche gesê hulle wil keer dat sekere landsburgers betaal vir inhoud, en ander nie.

Monitor 11.05.2017

Whatsapp-stemboodskappe kan gebruik word om bystand in noodsituasies te kry. Dit kan egter ook gebruik word om paniek te saai, vals nuus te versprei, of 'n situasie uit verband te ruk. Hanri Wondergem het gaan ondersoek instel na die voor- en nadele van Whatsapp-stemboodskappe en beweerde en werklike nuusgebeure.

Monitor 08.05.2017

Die eerste openbare byeenkoms van die Nasionale Stigtings Dialoog-inisiatief is Vrydag in Johannesburg gehou. Hierdie inisiatief is begin deur die stigtings van onder andere die voormalige presidente FW de Klerk, Thabo Mbeki en Kgalema Mothlanthe. Heindrich Wyngaard praat hieroor met F.W. De Klerk.

Monitor 05.05.2017

'n Mens koop gewoonlik met groot sorg 'n huis. Alle moontlike gebreke en risiko's word ondersoek. Dit is presies wat Marais en Ardel Wessels gedoen het die dag toe hulle hulle huis in Alberton gekoop het. Maar hoe sal jy nou weet as jou huis se buitemuur 'n groot aantrekkingskrag vir die dorp se dronkbestuurders het?

Monitor 02.05.2017

'n Huldigingsgeleentheid vir die ontslape dominee-digter Patrick Petersen, wat 20 jaar gelede in 'n motorongeluk gesterf het, is by die 2017 Suidoosterfees in Kaapstad gehou. Dit het nou aanleiding gegee tot planne vir 'n groter viering van sy lewe en werk. Die voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, Marlene le Roux, brei hierop uit.

Monitor 01.05.2017

Nog 'n naam is hierdie naweek gevoeg by die lys voorlopige kandidate vir die ANC se leierskapsverkiesing in Desember. Ofskoon die amptelike nominasieproses nog nie geopen is nie, het die sakeman en voormalige ANC-tesourier, dr. Matthews Phosa, gesê hy sou bereid wees om te staan. Heindrich Wyngaars het met hom gepraat.

Monitor 01.05.2017

Die mense van Coligny maak sedert verlede week die stukkies van hulle lewe bymekaar ná grootskaalse geweld op die dorp. 'n Groep wat ongelukkig is oor die dood van 'n twaalfjarige seun, nadat hy glo sonneblomme gesteel het, het die dorp ingevaar en talle ondernemings geplunder en gevandaliseer. Die groot vraag is nou: Wat het verkeerd geloop op Coligny? Izak du Plessis het Coligny besoek.

Monitor 01.05.2017

Werkersdag word sedert 1994 in Suid-Afrika gevier. Dit spruit uit die historiese struikelblokke wat werkers en vakbonde ervaar het, soos regverdige indiensnemingstandaarde en menseregte in die werksplek. Werkersdag is ook 'n dag waarop ons die miljoene werkende Suid-Afrikaners vier en vereer, wat die land elke dag help bou en wat die ruggraat van die ekonomie is. Dianke Nel het by arbeidsontleder...

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.