RSG

Monitor

News AF ↓ 4392 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 17.01.2018

Die digter en skrywer, Antjie Krog sal die eerste Suid-Afrikaner ooit wees om 'n gesogte Nederlandse kulturele toekenning te ontvang. Die sogenaamde Goue Gansveer word jaarliks aan 'n persoon of 'n isntelling oorhandig wat 'n belangrike bydrae in geskrewe-en gedrukte werke in Nederlands lewer. Corbin August doen verslag

Monitor 17.01.2018

Facebook, WhatsApp en Twitter is die norm vir moderne gemeenskappe, so waarom kan die bankwese nie ook gebruik maak van hierdie wyer aanlyn-netwerke nie? Dit is die vraag wat die entrepreneur Michael Jordaan geinspireer het. Dit is ook die dryfveer agter 'n nuwe, slegs elektroniese bank, genaamd Bank Zero. Joan-Marie Verhoef het by Jordaan, ook die medestigter van Bank Zero gaan uitvind wat die ko...

Monitor 15.01.2018

Fort Klapperkop in Pretoria word vandeesweek 120 jaar oud - en groot feesvieringe word beplan. Melissa Tighy het by 'n professor in Geskiedenis van die Noordwes Universiteit, Professor Anton von Vollenhoven gaan uitvind wat die geskiedkundige betekenis en waarde is.

Monitor 12.01.2018

'n Hof in Myanmar het aanklagte teen twee Reuters joernaliste aanhangig gemaak ingevolge oortredings van die Wet op Geheimhouding. Dit is weens hul dekking van die probleme wat Roehindja Moslems in die noordelike Rakhine provinsie, daagliks ervaar. Diewet laat toe dat die twee joernaliste, Wa Lone en Kyaw Soe Oo, vir tot 14 jaar lank tronk toe gestuur kan word. Hulle is laas maand gearresteer na h...

Monitor 12.01.2018

'n Nuwe dorpie is besig om uit die snuif gebrande grond van Namakwaland te verrys. Die dorpie, bekend as Eureka, is eksklusief bedoel vir wit Suid-Afrikaners. En die man agter die plan is Suid-Afrika se kubuskoning, Adriaan Nieuwoudt. Izak du Plessis doen verslag...

Monitor 12.01.2018

Sy of haar naam is Forfeus en die kan tennis speel en jou lyftaal so goed interpreteer om jou van die baan af te speel. Hoekom is dit hoegenaamd belangrik? Want ons praat hier van n robot - daarom dat die soort interpretasie besonders is. Alhoewel die spesifieke robot pas deur die Japanese ontwerp is, word daar in Japan ook hard gewerk aan 'n robotprogram, getitled: "Bemagtiging, Ervaring en Empat...

Monitor 11.01.2018

Selfone en selfs slimfone word deur miljoene Suid-Afrikaners gebruik in plakkerskampe, middelklaswoongebiede en luukse huise. Die fone en gepaardgaande sosiale media netwerke verbind so baie mense dat 'n organisasie die tegnologie gebruik om mense regte te beskerm. Amandla.mobi is 'n selfoon-gebaseerde platform wat mense in verbinding hou met mekaar oor kwessies soos misdaad en werkloosheid. In di...

Monitor 09.01.2018

Duisende studente het nie ag geslaan op waarskuwings dat hulle nie toegelaat sal word by universiteite as hulle net opdaaag nie. Studente by verskeie universiteite was veronderstel om aanlyn te registreer. Die wat dit nie gedoen het nie, is die deur gewys, soos Hanri Wondergem berig

Monitor 09.01.2018

Agri-Wes-Kaap sê byna 400 000 permanente- en seisoenale werksgeleenthede sal in gedrang wees as die damme in die provinsie heeltemal. Die departement van Water en Sanitasie sê hulle sal amptenare binne die volgende 2 weke stuur om met waterbesparingsmetodes te help. Lyndon Khan het meer besonderhede oor die Wes-Kaapse waterkrisis.

Monitor 09.01.2018

'n Ekonoom by Graan S.A, Luan van der Walt, sê dit is nog te vroeg om die skade van die hittegolf op oeste te bepaal, maar daar sal grooot skade wees. Die temperatuur was op plekke in Noordwes veertig grade selsuis. Van der Walt sê die warm Januarie en Februarie maande is 'n kritieke tyd vir graanprodusente. Hy het met Metzi van der Merwe gepraat.

Monitor 09.01.2018

Die inhegtenisname van die Nigeriese pastoor, Timothy Omotso het groot belangstelling gewek. Die valke het hom in hegtenis geneem op aanklag van onder meer mensehandel, seksuele aanranding en verkragting. Die selferkende profeet en leier van die "Jesus Dominion International Church" is reeds maande in aanhouding nadat twee borgaansoeke onsuksesvol was weens die aard van die aanklagte. Hy staar 48...

Monitor 08.01.2018

Daar gaan nie 'n dag verby dat Amerika se president Donald Trump die nuus haal vir al die verkeerde redes nie. Dit is veral sy onbedagte uitlatings op Twitter wat sorg vir 'n stroom negatiewe nuus teen hom. Maar verdien Trump al die negatiewe mediaberigte? Izak du Plessis het probeer uitvind...

Monitor 05.01.2018

Leerlinge wat matriek druip dink in baie gevalle hulle lewens is verby. Maar die woordvoerder van SADAG, Dessie Tzonêva, glo die jong mense het ondersteuning nodig om perspektief te kry en te behou. Metzi van der Merwe het met haar gepraat.

Monitor 05.01.2018

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het bekend gemaak dat 75-komma-een persent van 2017 se matrikulante die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geslaag het. Dit is twee-komma-vyf persent hoër as die vorige jaar se 72-komma-vyf persent. Die Vrystaat is vir die tweede agtereen volgende jaar die provinsie met die beste matriekuitslae in die land.

Monitor 05.01.2018

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het aangekondig dat 75,1% van die 2017 matriekklas geslaag het, wat 'n bietjie hoër is as 2016. Maar hoe goed is die uitslae? 'n Opvoedkundige Sielkundige aan die Universiteit van Pretoria, professor Kobus Maree en 'n dosent van die Departement van Kinder Opvoeding aan die Universiteit van Johannesburg, Francious Naude gee hulle indrukke oor die...

Monitor 03.01.2018

Pensioen- fondse en aftrede was die afgelope ruk weer pal in die nuus, weens die Steinhoff korrupsie skandaal. Kort na Steinhoff Internasionaal se uitvoerende hoof, Markus Jooste se bedanking, het aandele pryse van Steinhoff begin tuimel. Die openbare beleggings korporasie wat die staatsdiens pensioen- fonds bestuur en wat groot beleggings in Steinhoff het, het hul lede VERSEKER dat hulle pensioen...

Monitor 02.01.2018

'n Sport wat baie vinnig groot aanhang begin kry in Suid Afrika is Boks en gemengde Verweerkuns. Vir die meeste gaan dit oor die dissepline wat die sportsoort hulle leer. Suzanne Paxton het saam met Given "Bonecracker" Majuba, in die bokskruit geklim.

Monitor 01.01.2018

Daar is toenemend weerstand teen die stad Kaapstad se voorgestelde droogtebelasting. Die droogteheffing word op die waarde van die eiendom gebaseer, eerder as die eintlike waterverbruik. Die heffing tree op 1 Februarie in werking, mits die Minister van Finansies dit goedkeur. Die stad beoog om die geld vir sy waterverskaffingsprojekte te gebruik.

Monitor 29.12.2017

Die polisie op Upington in die Noord-Kaap het die vrou van die veel bekroonde landskap kunstenaar Walter Meyer in hegtenis geneem vir sy moord. Meyer is op 22 Desember dood in sy huis in Augrabies Park gevind. Intussen reageer die kuns wêreld met skok en afgryse op Meyer se moord.

Monitor 28.12.2017

Die Suid-Afrikaanse vlieënier Michael Kemp se vrou, Lora, is oppad na Maleisië om hom in die hospitaal by te staan. Kemp is gister gevind na hy op 23 Desember in Kuala Lumpur vermis geraak het. Izak du Plessis berig.

Monitor 26.12.2017

Meer as 400 babas is vanjaar op Kersdag gebore. In Gauteng is 145 babas gebore en 70 in KwaZulu-Natal.

Monitor 26.12.2017

Ten minste vyftien mense is die naweek op die paaie dood. Die Padverkeersbestuurskorporasie sê baie van die sterftes is as gevolg van roekelose en agterlosige bestuur, sowel as die gebruik van alkohol. Die Johannesburgse metropolisie sê talle motoriste het Kersfees agter tralies deurgebring.

Monitor 26.12.2017

Die dood diskrimineer nie. Of jy nou 'n koninklike, staatspresident, eerste minister, oorlogsheld, ter dood veroordeelde, doodgewone landsburger of armlastige is - stof is jy en tot stof sal jy terugkeer. Die geskiedkundige Kerkstraatbegraafplaas in Pretoria diskrimineer ook nie.....soos Hanri Wondergem uitgevind het toe sy saam met 'n historikus daar besoek gaan afle^ het....

Monitor 24.12.2017

'n Spesiale Kersdag-uitgawe van RSG se oggend-aktualiteitsprogram.

Monitor 21.12.2017

Die ANC het laat gisteraand aan die einde van sy 54ste nasionale leierskapskonferensie by Nasrec in Johannesburg, 'n opskudding veroorsaak met die bekendmaking dat afgevaardigdes hulle steun toegesê het aan grondonteiening sonder vergoeding. Die uitvoerende hoof van AgriSA, Omri van Zyl het hierop gereageer....

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.