RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 12.02.2018 4:17
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, het partyleiers gevra om inspirasie uit die voormalige president, Nelson Mandela, te put wanneer hulle oor die kwessie van Jacob Zuma as staatshoof moet besluit. Rampahosa het op die Parade in Kaapstad gepraat, vanaf dieselfde balkon vanwaar Mandela sy toespraak in 1990 gelewer het. Ramaphosa het aan duisende partylede gesê Zuma se uittrede moet versigti...
Monitor 12.02.2018 7:04
Die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers is deur Zimbabwe se rugbyraad as nuwe afrigter van die land se nasionale span aangestel. Hy praat met Heindrich Wyngaard oor die nuwe uitdaging.
Monitor 09.02.2018 10:49
Politieke waarnemers kou aan verskillende scenarios wat gevolg kan word om van pres. Jacob Zuma as staatshoof ontslae te raak. Heindrich Wyngaard het hieroor met 'n beleids- en politieke analis van die Noordwes-universiteit se Besigheidskool, Theo Venter, gepraat.
Monitor 09.02.2018 4:28
Terwyl die land in afwagting is op die verwagte gedwonge uittrede van pres. Jacob Zuma as staatshoof, meen politieke ontleders daar is 'n aantal van sy kabinetslede wat saam met hom in die pad gesteek moet word. Hierdie bydrae deur Heindrich Wyngaard.
Monitor 09.02.2018 8:04
Die privaat manskoshuis Sonop in Pretoria was die afgelope week in die nuus. Die Universiteit van Pretoria het die koshuis se deelname aan universiteitsbyeenkomste opgeskort. Dit volg nadat die koshuis nie aan transformasievereistes voldoen het nie. Die koshuis is glo te wit. Izak du Plessis het gaan uitvind of dit so is.
Monitor 08.02.2018 4:47
'n Nuwe studie aan die Universiteit Stellenbosch het bevind dat net 'n derde van Kapenaars voedseletikette van produkte lees om voedselinligting te bekom. So wat is die dryfveer agter die Kapenaars se koopkrag? Hanri Wondergem het met Dr. Nelene Koen, 'n dosent in die afdeling Menslike Voeding by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die universiteit gepraat om agter die kap van...
Monitor 07.02.2018 4:05
Die resultate van 'n nuwe peiling deur die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos dui daarop dat meer as sewe uit tien Suid-Afrikaners voel dat pres. Jacob Zuma nie goed presteer as staatshoof nie.
Monitor 01.02.2018 5:45
Die EFF eis 'n stemming oor 'n mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma voor die lewering van die 2018-staatsrede. Heindrich Wyngaard het die EFF-woordvoerder dr. Mbuyiseni Ndlozi hieroor uitgevra.
Monitor 31.01.2018 4:35
Die hoof-ekonoom van die Efficient groep, Dawie Roodt, reageer op die beskuldigings wat teen Capitec Bank gemaak word in 'n verslag van die maatskappy Viceroy Research. Roodt het met Heindrich Wyngaard gepraat.
Monitor 31.01.2018 4:35
Die hoof-ekonoom van die Efficient groep, Dawie Roodt, reageer op die beskuldigings wat teen Capitec Bank gemaak word in 'n verslag van die maatskappy Viceroy Research. Roodt het met Heindrich Wyngaard gepraat.
Monitor 31.01.2018 8:54
Die hoof-ekonoom van die Efficient groep, Dawie Roodt, reageer op die beskuldigings wat teen Capitec Bank gemaak word in 'n verslag van die maatskappy Viceroy Research. Roodt het met Heindrich Wyngaard gepraat.
Monitor 29.01.2018 10:32
Adj.pres. Cyril Ramaphosa se teenwoordigheid by die Wêreld Ekonomiese Forum-beraad in Davos het die internasionale gemeenskap en media behoorlik van hom laat kennis neem. Hoe vergelyk dit met die beeld van Amerika se pres. Donald Trump, wat ook by die beraad was, het Heindrich Wyngaard aan die politieke en beleidsanalis Theo Venter van die NWU se Besigheidskool gevra.
Monitor 29.01.2018 4:24
Suid-Afrika het 'n belangrike rol gespeel om die Jode in Nazi-konsentrasiekampe te help. Só sê die direkteur van die Centre for Holocaust and Genocide in Johannesburg, Tali Nates. Nates het met die stories grootgeword, omdat haar pa self 'n Joodse konsentrasiekamp oorleef het. Hy het sy oorlewing aan Oskar Schindler toegeskryf, die Duitse nyweraaar wat meer as 'n duisend Jode se lewens gered het -...
Monitor 29.01.2018 3:12
Die drukgroep SA Eerste wys vinger na politici oor die Kaapse waterkrisis. Die groep beplan nou 'n beraad waar rolspelers kan saamdink oor oplossings, het adv. Rod Solomons aan Heindrich Wyngaard gesê.
Monitor 26.01.2018 3:45
Die langverwagte riglyne vir die geregtelike ondersoek na staatskaping is in die staatskoerant gepubliseer. Dit spruit voort uit die ondersoek en aanbevelings van die voormalige Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela, wat met Heindrich Wyngaard gepraat het.
Monitor 26.01.2018 8:25
Die grondwetlike kenner prof. Pierre de Vos van die Universiteit van Kaapstad gee in gesprek met Heindrich Wyngaard ook sy mening oor die bekendmaking van die riglyne vir die geregtelike ondersoek na staatskaping. Die ondersoek word deur regter Ray Zondo gelei.
Monitor 25.01.2018 8:23
Wat hou 2018 vir Suid-Afrika in wat betref die politiek, onderwys, ekonomie en die tegnologie? Dit is die vraag wat kundiges beantwoord het by die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool se jaarlikse scenario-beraad. Heindrich Wyngaard praat hieroor met dr. Morne Mostert, direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing.
Monitor 24.01.2018 3:22
Hugh Masekela... Beskermer van jazz en 'n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikanse musikale en politieke landskap. Dit is onder meer hoe veterane wyle Masekela beskryf. Maar, wat het die sogenaamde vader van Suid-Afrikaanse jazz-musiek vir die jeug beteken? Joan-Marie Verhoef het met die pianis Randall Scheepers oor sy verhouding met Masekela gepraat...
Monitor 24.01.2018 2:55
'n Bestanddeel wat algemeen in tandepasta voorkom kan ingespan word teen vorms van malaria wat weerstandig teen bestaande medisyne geword het. Hierdie ontdekking deur navorsers by die Universiteit van Cambridge in Engeland, is met die hulp van 'n kunsmatig-intelligente robot gedoen. Hendrik Martin het meer besonderhede....
Monitor 24.01.2018 1:46
'n Suid-Afrikaanse rolprentmaker, Triggerfish, is vir die Oscar-toekennings genomineer. Dit is vir 'n kort film, Revolting Rhymes, in die beste animasiekategorie. Een van die firma se karakteranimeerders, Anneke Pienaar, het aan Hendrik Martin gese^ dit is 'n verrassende, maar welverdiende eer......
Monitor 24.01.2018 7:40
Heindrich Wyngaard het met die projekleier van die Interdissiplinêre Forum vir Populêre Musiek by die Africa Open Instituut vir Musiek, Navorsing en Innovering, Dr Stephanie Vos, oor Hugh Masekela se lewe en werk gepraat.
Monitor 23.01.2018 3:30
Suid-Afrikaners hou asem op om te hoor of die plaaslike fliek "The Wound" wel vandag vir die Oscars benoem gaan word. Die benoemings word vanmiddag in Los Angeles aangekondig. Die Oscar-bekroonde regisseur, Gavin Hood, het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê toe sy fliek Tsotsi vir die Oscars benoem is, het sy lewe verander.
Monitor 23.01.2018 5:11
Die politieke kommentator Max du Preez meen die 2019-verkiesingsveldtog het vir alle praktiese doeleindes reeds begin. Dit voorspel niks goeds vir die DA en die EFF nie, het hy in gesprek met Heindrich Wyngaard gesê.
Monitor 22.01.2018 5:44
Die private ondersoeker Mike Bolhuis begin vandag met 'n hernieude veldtog om die vermiste bendebaas Ralph Haynes te vind. Haynes het sewe jaar gelede op pad tussen Middelburg en Krugersdorp verdwyn. Niemand het hom sedertdien weer gesien nie, of het iemand dalk? Izak du Plessis berig.
Monitor 17.01.2018 4:21
Volgens Outisem Suid-Afrika is die fliek, Raaiselkind, die mees realistiese uitbeelding van die outisme-spektrum-afwyking wat hulle nog gesien het. Raaiselkind is gegrond op die gelyknamige boek van Annelie Botes. Outisme SA het 'n spesiale voorskou vertoning daarvan bygewoon. Anna-Marie Jansen van Vuuren berig.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.