RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 08.01.2018 3:34
Daar gaan nie 'n dag verby dat Amerika se president Donald Trump die nuus haal vir al die verkeerde redes nie. Dit is veral sy onbedagte uitlatings op Twitter wat sorg vir 'n stroom negatiewe nuus teen hom. Maar verdien Trump al die negatiewe mediaberigte? Izak du Plessis het probeer uitvind...
Monitor 05.01.2018 2:16
Leerlinge wat matriek druip dink in baie gevalle hulle lewens is verby. Maar die woordvoerder van SADAG, Dessie Tzonêva, glo die jong mense het ondersteuning nodig om perspektief te kry en te behou. Metzi van der Merwe het met haar gepraat.
Monitor 05.01.2018 3:44
Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het bekend gemaak dat 75-komma-een persent van 2017 se matrikulante die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geslaag het. Dit is twee-komma-vyf persent hoër as die vorige jaar se 72-komma-vyf persent. Die Vrystaat is vir die tweede agtereen volgende jaar die provinsie met die beste matriekuitslae in die land.
Monitor 05.01.2018 15:55
Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het aangekondig dat 75,1% van die 2017 matriekklas geslaag het, wat 'n bietjie hoër is as 2016. Maar hoe goed is die uitslae? 'n Opvoedkundige Sielkundige aan die Universiteit van Pretoria, professor Kobus Maree en 'n dosent van die Departement van Kinder Opvoeding aan die Universiteit van Johannesburg, Francious Naude gee hulle indrukke oor die...
Monitor 03.01.2018 5:23
Pensioen- fondse en aftrede was die afgelope ruk weer pal in die nuus, weens die Steinhoff korrupsie skandaal. Kort na Steinhoff Internasionaal se uitvoerende hoof, Markus Jooste se bedanking, het aandele pryse van Steinhoff begin tuimel. Die openbare beleggings korporasie wat die staatsdiens pensioen- fonds bestuur en wat groot beleggings in Steinhoff het, het hul lede VERSEKER dat hulle pensioen...
Monitor 02.01.2018 10:02
'n Sport wat baie vinnig groot aanhang begin kry in Suid Afrika is Boks en gemengde Verweerkuns. Vir die meeste gaan dit oor die dissepline wat die sportsoort hulle leer. Suzanne Paxton het saam met Given "Bonecracker" Majuba, in die bokskruit geklim.
Monitor 01.01.2018 4:37
Daar is toenemend weerstand teen die stad Kaapstad se voorgestelde droogtebelasting. Die droogteheffing word op die waarde van die eiendom gebaseer, eerder as die eintlike waterverbruik. Die heffing tree op 1 Februarie in werking, mits die Minister van Finansies dit goedkeur. Die stad beoog om die geld vir sy waterverskaffingsprojekte te gebruik.
Monitor 29.12.2017 6:16
Die polisie op Upington in die Noord-Kaap het die vrou van die veel bekroonde landskap kunstenaar Walter Meyer in hegtenis geneem vir sy moord. Meyer is op 22 Desember dood in sy huis in Augrabies Park gevind. Intussen reageer die kuns wêreld met skok en afgryse op Meyer se moord.
Monitor 28.12.2017 4:26
Die Suid-Afrikaanse vlieënier Michael Kemp se vrou, Lora, is oppad na Maleisië om hom in die hospitaal by te staan. Kemp is gister gevind na hy op 23 Desember in Kuala Lumpur vermis geraak het. Izak du Plessis berig.
Monitor 26.12.2017 1:24
Meer as 400 babas is vanjaar op Kersdag gebore. In Gauteng is 145 babas gebore en 70 in KwaZulu-Natal.
Monitor 26.12.2017 2:20
Ten minste vyftien mense is die naweek op die paaie dood. Die Padverkeersbestuurskorporasie sê baie van die sterftes is as gevolg van roekelose en agterlosige bestuur, sowel as die gebruik van alkohol. Die Johannesburgse metropolisie sê talle motoriste het Kersfees agter tralies deurgebring.
Monitor 26.12.2017 7:35
Die dood diskrimineer nie. Of jy nou 'n koninklike, staatspresident, eerste minister, oorlogsheld, ter dood veroordeelde, doodgewone landsburger of armlastige is - stof is jy en tot stof sal jy terugkeer. Die geskiedkundige Kerkstraatbegraafplaas in Pretoria diskrimineer ook nie.....soos Hanri Wondergem uitgevind het toe sy saam met 'n historikus daar besoek gaan afle^ het....
Monitor 24.12.2017 56:51
'n Spesiale Kersdag-uitgawe van RSG se oggend-aktualiteitsprogram.
Monitor 21.12.2017 7:46
Die ANC het laat gisteraand aan die einde van sy 54ste nasionale leierskapskonferensie by Nasrec in Johannesburg, 'n opskudding veroorsaak met die bekendmaking dat afgevaardigdes hulle steun toegesê het aan grondonteiening sonder vergoeding. Die uitvoerende hoof van AgriSA, Omri van Zyl het hierop gereageer....
Monitor 18.12.2017 22:06
Regstreekse oorskakeling na Heindrich Wyngaard by NASREC, waar die ANC se 54ste verliesingskonferensie plaasvind.
Monitor 15.12.2017 11:39
In 2016 is meer as vyfduisend voetgangers op Suid-Afrikaanse paaie oorlede. Statistiek oor voetgangers wat beseer is, is egter nie beskikbaar nie. Een so 'n voetganger is die tien-jarige Herman van der Merwe. Op Dinsdag 8 Augustus het klein Herman se lewe dramaties verander, toe hy op pad na die skool, deur 'n voertuig raak gery is. Hier is sy storie.
Monitor 15.12.2017 21:51
Die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, sê stemgeregtigdes wat aan 'n opname deelgeneem het, verkies by verre adjunkpresident Cyril Ramaphosa wanneer hulle gevra word wie hulle dink die nuwe president van Suid-Afrika behoort te wees. Ipsos se direkteur vir openbare menings, Mari Harris, verduidelik die uitslag van die opname. Daarna neem die politieke ontleders, Melanie Verwoerd en prof. Susan Booyse...
Monitor 13.12.2017 10:28
"In een oomblik verander alles". "Dit is hoe maklik 'n ongeluk kan gebeur." Dit is van die vele stellings wat jy jaarliks tydens padveiligheidbewusmakingsveldtogte hoor. Volgens statistiek van die Padverkeersbestuurskorporasie, word 4 mense ernstig beseer vir elke mens wat op Suid-Afrikaanse paaie sterf. Volgens die jongste statistiek van 2016, is net meer as 14 duisend mense dood. Die statistiek...
Monitor 13.12.2017 4:46
Hoewel die tyd vir baie mense 'n vreugdevolle tyd is, veroorsaak dit vir ander spanning en laat dit sommiges teneergedruk voel. Dr. Rykie Liebenberg, 'n psigiater verbonde aan die Depressie en Angsgroep (SADAG) sê aan Hanri Wondergem selfmoordpogings en die misbruik van middels soos dwelms en drank neem ook oor die feestyd toe.
Monitor 13.12.2017 6:04
ONS WAARSKU DAT HIERDIE BYDRAE SE INHOUD SEKSUEEL VAN AARD IS: Seksuele hulpmiddels is niks nuut nie... Maar is jy bereid om duisende rand te bestee aan 'n pop om jou sekslewe op te kikker of dalk jou seksmaat te vervang? Hanri Wondergem het meer gaan uitvind.
Monitor 13.12.2017 13:01
Ondersteuners van adj.pres. Cyril Ramaphosa is bekommerd oor hul veiligheid in die aanloop tot - en by - die ANC se komende nasionale leierskonferensie. Heindrich Wyngaard vra die ANC se Wes-Kaapse sekretaris, Faiez Jacobs, hieroor, oor gerugte van "betaalstemme" en wat hulle sal doen as Ramaphosa nie wen nie.
Monitor 12.12.2017 3:14
Vakansietyd het vir talle Suid-Afrikaners aangebreek - maar saam met vakansie-planne kom daar ook kommer oor eiendom en besittings wat agtergelaat word. Mike Bolhuis, 'n spesialis ondersoeker van ernstige misdade en ekonomiese misdrywe, het aan Hanri Wondergem 'n paar praktiese wenke gegee oor hoe om jou eiendom te beveilig.
Monitor 12.12.2017 9:32
Om president Jacob Zuma self toe te laat om 'n nuwe Nasionale Vervolger aan te wys na die hooggeregshof sy aanstelling van advokaat Shaun Abrahams ongeldig verklaar het, sal absurd wees. Die oud-regter Johann Kriegler het in 'n onderhoud met Heindrich Wyngaard gesê dit sal, op die minste, 'n botsing van belange wees.
Monitor 11.12.2017 6:26
Die veteraan-politieke joernalis Tim du Plessis praat met Heindrich Wyngaard oor die raakpunte tussen die ANC se konferensies in 1997 (Mahikeng), 2007 (Polokwane) en die 2017-een.
Monitor 11.12.2017 10:57
Die skrywer van die veelbesproke "The President's Keepers", Jacques Pauw, reageer op die polisie se planne om hom te probeer gryp en bewerings oor oudmin. Pravin Gordhan glo by die skryf van sy boek betrokke was. Heindrich Wyngaard vra die vrae.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.