RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 22.05.2018 32:36
Die herrie rondom die voormalige Sprinkbokvleuel Ashwin Willemse het wye reaksie uitgelok. Willemse wat Saterdagaand tydens 'n regstreekse uitsending uit die Supersport-ateljee gestap het na 'n oenskynlike bekgeveg met sy medeaanbieders, Nick Mallet en Naas Botha, is grootliks in bruin en swart geledere, verwelkom. Die vraag is, wat het veral bruinmense aanklank laat vind by Willemse se optrede? I...
Monitor 21.05.2018 4:29
Die teorie oor hoe die heelaal ontstaan het, het onlangs 'n bietjie eenvoudiger geword. Die bekende teoretiese fisikus, wyle Stephen Hawking, se laaste teorie hieroor is onlangs bekend gemaak. Hy het saam met sy kollega, Thomas Hertog daaraan gewerk.
Monitor 21.05.2018 6:30
Het jy geweet daar is toilette wat nie van water gebruik maak om ontslae te raak van menslike ontlasting nie? Dit word dan as kompos in tuine gebruik. Periodes van droogte en waterbeperkings, veral in die Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal, het sommige mense se siening oor hierdie onkonvensionele waterbesparings-metode verander. Darren Taylor doen verslag.
Monitor 18.05.2018 6:44
Twee 12 jarige seuns het op 6 Januarie 2018 in die oë van Suid-Afrikaners in helde verander nadat hulle mense uit 'n brandende trein wrak gered het. Die trein het teen 'n vragmotor gebots naby Kroonstad in die noord Vrystaat. Mokoni Chaka en Evert du Preez het self hulle storie aan ons kom vertel by die Nampo oesdag 2018.
Monitor 16.05.2018 3:26
'n Onlangse verslag oor die finansiële realiteit van huishulpe in Suid-Afrika, toon dat 84% van huishulpe se salarisse die enigste bron van inkomste in hulle huise is. Opnames toon dat huishulpe soms meer as die voorgestelde minimum loon verdien, en dat baie van hulle hul finansiële toekoms beplan. Maar is dit volhoubaar gegewe die stygende lewens kostes, wil Joan-Marie Vehoef weet?
Monitor 16.05.2018 24:08
Die Afrikaanse burgerregte groep, Afriforum, het die afgelope week onder skerp kritiek deur geloop na hul terugkeer uit Amerika om die aandag te vestig op plaas moorde en grondgryoe sonder vergoeding. Die Mail and Guardian se Mashadi Kekana skryf die week: "Die vraag of Afriforum 'n fasistiese groep is, het nou 'n besprekings punt geword." Monitor het met Afriforum se hoof, Kallie Kriel en die Hoo...
Monitor 16.05.2018 3:52
Die burgerregte organisasie Afriforum, het onlangs heelwat aandag getrek met hulle besoek aan Amerika oor plaasmoorde, asook oor uitlatings wat gemaak is dat Aparthied nie 'n misdaad teen die mensdom was nie. Ons het by van die land se jong Afrikaanssprekendes gaan hoor hoe hulle voel oor die organisasie...
Monitor 14.05.2018 19:23
Israel het op 14 Mei 2018 70 jaar oud geword. Anita Visser het hierdie verslag saamgestel.
Monitor 10.05.2018 4:34
Die afsnydatum vir die openbare verhore van die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee, wat die onteiening van grond sonder vergoeding moet oorweeg, gaan heel moontlik uitgestel word. Die komitee het reeds meer as 'n 100-duisend skriftelike voorleggings ontvang. Die afsnydatum vir die skriftelike voorleggings is einde Mei, terwyl die openbare verhore se Augustus afsnydatum dalk tot September...
Monitor 10.05.2018 3:23
Afriforum sê president Cyril Ramaphosa se kritiek dui aan dat die ANC nie in voeling is met minderheidsgroepe in Suid-Afrika nie. Die burgerregte-organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het so gereageer na Ramaphosa Kriel en Ernst Roets se toer na Amerika in die parlement gekritiseer het. Izak du Plessis berig.
Monitor 08.05.2018 8:00
Terwyl geskiedkundiges meen dat politici geskiedenis dikwels manipuleer en inspan om hulle eie posisie te versterk, sê argeoloë die aarde vertel nie leuens nie. Marlinee Fouche berig dat argeologie juis kan help om van die leë spasies in ons geskiedenis in te vul. Vondse uit veral die ystertydpek, toon dat hier wel mense in Suider-Afrika voor Jan van Riebeeck se aankoms in 1652 gewoon het.
Monitor 08.05.2018 8:00
Geskiedenis word tot 'n groot mate deur die maghebbers bepaal. Die Suid-Afrikaanse geskiedenis AANLYN blad - SA History Online - het 'n artikel gepubliseer oor die sogenaamde leë land-teorie. Daarin verduidelik die skrywers hoe die Britse Ryk en later die Nasionale Party aangevoer het dat die land leeg was en dat swart mense vanuit die noorde en wit mense van die suide deur die land getrek het. Di...
Monitor 08.05.2018 8:30
Suid-Afrika behoort aan die Khoe en San en daarom is die regering se konsultasieproses oor die onteiening van grond sonder vergoeding 'n bedrogspul en nie werkbaar nie. So se^ Anthony Phillip Williams, leier van die Inheemse Eerste Nasie-beweging van Suid-Afrika. Dit volg na 'n Khoe- en San-grondberaad in Johannesburg waaraan verskeie belangegroepe waaronder Afriforum, Black First Land First en di...
Monitor 08.05.2018 4:37
Terwyl geskiedkundiges meen dat politici geskiedenis dikwels manipuleer en inspan om hulle eie posisie te versterk, sê argeloë die aarde vertel nie leuens nie. Marlinee Fouche berig dat die argeologie juis kan help om van die leë spasies in ons geskiedenis in te vul. Vondse uit veral die ystertydpek, toon dat hier wel mense in Suider-Afrika geleef het voor Jan van Riebeeck se aankoms in 1652...
Monitor 01.05.2018 3:51
As mens aan boelies dink, dink jy gewoonlik aan die skoolterrein. Marlinee Fouche berig egter boeliegedrag kom ook gereeld in die werkplek voor. Hoewel dit post-traumatiese spanning in slagoffers veroorsaak, word dit oor die algemeen nie amptelik erken as 'n probleem nie, en daarom ook nie by die horings gepak nie. Verder toon navorsing dat strukture in die werkplek hierdie gedrag as't ware aanmoe...
Monitor 27.04.2018 2:26
Die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid-Afrika, OKOSA, het gister sy amptelike wysigings aan die huidige eind-verbruiker en intekenaardienshandves bekend gemaak. OKOSA het verlede jaar ondersoek begin instel na van die kwessies rakende netwerk-verskaffers se reëls en regulasies oor verbruikers se data-bondels. Joan-Marie Verhoef het die besonderhede.
Monitor 27.04.2018 5:25
Monitor praat met Dr Christo Wiese, wie se maatskappye 'n dagvaarding bedien het op Steinhoff. Hulle eis R59 miljoen. Wiese was die voormalige voorsitter van Steinhoff Internasionaal.
Monitor 25.04.2018 3:21
Die Tshwane metroraad wil die verspreiding van siektes soos MIV en Hepatitis C onder dwelmverslaafdes verminder. Die burgermeesterskomiteelid vir Gesondheid, Sakkie du Plooy, sê een spuitnaald word deur meer as een persoon gebruik om dwelms in te spuit en so word die siektes versprei. Hy sê die metroraad het 'n projek waar gebruikte spuitnaalde omgeruil word vir nuwe spuitnaalde. Du Plooy sê dis d...
Monitor 24.04.2018 13:15
Probleme by die Departement van BINNELANDSE SAKE strek ver terug. Op 30 November 2005 het KABELO THIBEDI die Binnelandse Sake gebou in Markstraat, Johannesburg binne gegaan met n SPEELGOED geweer wat NES DIE WARE JAKOB Gelyk het. Hy het die takbestuurder GYSELAAR geneem in ruil vir sy Identiteits Dokument waarvoor hy geduldig TWEE JAAR LANK gewag het. In 2010 was die departement in die nuus weens...
Monitor 20.04.2018 13:54
Jana van der Merwe van HUISGENOOT en haar kollega, Marizka Coetzer, is besig om 'n boek oor die Krugersdorp-moorde, met die titel, "DIE AFSPRAAK MOORDE" te skryf, en Jana kuier nou by ons in die ateljee. Sensitiewe luisteraars of luisteraars met kinders het nou die kans om die radio af te skakel, omdat van die inligting ontstellend mag wees..
Monitor 19.04.2018 3:41
'n Student aan die Universiteit van KwaZulu-Natal het die week 'n internet-sensasie geword, nadat sy 'n video van haar gradeplegtigheid op sosiale media netwerke geplaas het. Die 22-jarige fashionista het die verhoog as 'n loopplank gebruik om haar liefde vir mode, wat sy ook by haar studies ingewerk het, ten toon te stel. Hanri Wondergem het met haar gepraat.
Monitor 18.04.2018 4:38
'n Saak, wat moontlik in die geskiedenisboeke opgeskryf sal word, word op 23 April in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Die Amadiba-gemeenskap gaan poog om die departement van minerale hulpbronne te dwing om insae en toestemming van gemeenskappe te kry, voordat daar gemyn word. Hanri Wondergem het die verslag saamgestel.
Monitor 18.04.2018 1:09
Die bekende Dalene Matthee-roman, Toorbos, gaan binnekort nuwe lewe ingeblaas word in die vorm van 'n rolprent. Andre Scholtz sal die vervaardiger van die rolprent wees en Rene van Rooyen die draaiboekskrywer en regisseur. Hanri Wondergem het by Scholtz gehoor hoe NOG 'n bosverhaal uit Matthee se pen in 'n speelfilm omskep sal word.
Monitor 18.04.2018 2:04
'n Jong man van KwaZulu Natal het talle verbaas toe hy op die ouderdom van net 19 'n BA- Graad aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf het. Hanri Wondergem het by hom gaan uitvind hoe hy dit reggekry het om graad te vang op 'n ouderdom waarop meeste mense met hulle tersiêre onderrig begin.
Monitor 17.04.2018 3:15
Die kragvoorsiener ESKOM sê daar is 'n tekort aan steenkool by nege van sy kragstasies. Die kragstasies sluit in Arnot, Hendrina en Komati. Die kragvoorsiener sê planne is in werking gestel om die tekort aan steenkool aan te vul. Jean Esterhuizen berig.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.